Kortverhale

Bladsye:
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende




Middernag hang teen die muur. Die wysers lê soos een oor mekaar. Sy kyk na die foon in haar hand. Net die een boodskap van hom. Volg die 3 leidrade. Sy het hom terug geantwoord, maar hy is tjoepstil. Stiller as die wind hier in Pretoria.

Die slaap ontwyk haar. Sy het reeds ‘n halwe slaappil gesluk maar haar ooglede wil nie sielsmaats word en klaasvakie se sand help niks nie. Pieng. Sy skrik uit haar droom wêreld. Jou eerste leidraad. By die vlooimark in Sinoville Saterdag, is daar n stalletjie wat parfuum verkoop. Daar is ‘n jong vrou wat daar werk. Sê net die kodewoord: White satin. Sy sal weet en jy sal leidraad 2 by haar kry. Dis môre en sy het reeds ‘n haarafspraak. Sy sal moet vroeg wikkel om alles in te pas.

Haar foon se alarm skril teen ses uur. Dit was ‘n onrustige slaap. Sy vlieg behoorlik uit die bed, reguit vir die stort. ‘n Vinnige was en dan pad vat vir daardie leidraad. Sy loop oor van nuuskierigheid. Wat beplan die man? Met denim en bypassende bloes is sy gou-gou reg.

By die vlooimark val haar moed in haar skoene. Waar begin jy, daar is letterlik honderde stalletjies. Sy vleg soos ‘n renjaer deur die magdom mense. En daar sien sy die jong blondekop vrou. Môre, kan ek help vra sy vriendelik. Met ‘n blosende gesig antwoord ek: Ja asseblief, die kode woorde is White Satin. Sy gooi haar kop agteroor en lag. O ja my broer het gesê jy gaan kom. Wag hier is jou leidraad. Moet sê ek hou van sy smaak. Terloop my naam is Tertia. Sy steek haar hand uit, ek is Willemien. Dankie vir die leidraad.

Haastig maak sy die bottel oop. Watter speletjie is die man mee besig, wonder sy. Gaan na die Pretoria dieretuin. Daar is ‘n man wat daar werk. Vra maar net by die hek vir Hennie. Agge nee dink sy, nou moet ek weer parkeerplek gaan soek en die skelms is reeds so bedrywig daar. Hoekom kon hy dit nie makliker gemaak het nie en half een is haar afspraak vir die hare wat al lastig oor haar oë hang.

Sy is gelukkig en kry ‘n oop parkeerplek reg oorkant die hek. Nou moet sy nog geld uithaal vir n motorwag wat hooplik mooi na haar geliefde BMW sal kyk. Wonder nou wie is die Hennie en waar pas hy in die storie in. Saggies skel sy vir Johan wat seker heerlik sit en lag waar hy in London sit. Kan ek asseblief met Hennie praat, vra sy by die hek. Die ou man lag, jy is nie dalk Willemien nie? My seun het gesê hier gaan ‘n mooie vrou dalk aankom en dan moet ek vir haar die boodskap gee. Aangename kennis, ek is sy pa. Sy stap nader en gee hom ’n soen op die wang. Ek kan sien waarom Johan so ‘n aantreklike man is en uiters goed gemanierd. Hier is jou finale leidraad. Ek hoop dit is goeie nuus.

Sy draai so vinnig om dat sy amper in haarself vasloop. Sy ruk die koevert oop. Al wat daar staan is: Bel die volgende nommer. En vra vir Ansa – 831766. Sy sal jou help. So draf terug kar toe. Sy brand om te bel maar hier is dit te gevaarlik. Nou eers vir die hare storie wat sy ook nie nou voor lus is nie.

Sy stop ‘n blok van die salon en gryp haar selfoon. Sy het darem nog ‘n paar minute en moet net eenvoudig die vrou bel. Die foon lui en niemand antwoord nie. Al wat sy hoor is die blikstem wat sê sy kan ‘n boodskap los. Nou nog dit ook. Dan maar eers die hare gedoen kry en weer probeer.

Die een wat haar hare doen babbel aanmekaar maar dis asof die woorde met gemak die een oor ingaan en weer by die ander een uit. Haar gedagtes is by leidraad drie en by daardie man in Londen. Al wat sy hoor is dankie, jy kan maar voor betaal. Sy mompel n dankie en pluk ‘n honderd rand uit haar beursie.

Terug in die kar gryp sy weer die foon. Die keer is sy gelukkig. Goeie middag, SA Travel, Ansa wat praat. Sy verstik in haar woorde: Middag Ansa, dis Willemien hier. Ek het ‘n boodskap om jou te bel. O ja ek wag al die hele oggend. Wel ek het jou kaartjie reg. Jy vlieg vroegoggend van die 14de Februarie oorsee na Parys. Johan het alles klaar betaal en alles is vir julle twee bespreek. Ek sal vir jou alles aanstuur of jy kan dit kom afhaal hier in Hatfield. Al wat sy uitkry, is n sagte dankie en totsiens. Johan, Johan my liefste mens.

© Werner Die WoordSkilder – 18 November 2015



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Verassing
ai dit was nou lekker en tog so romanties!!! heerlik gelees Werner
4 jaar 4 maande 2 weke 10 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    Alles-in-een-toerustingspakket

    deur Christo Nel

    Wat Joyce Meyer gedoen het in Engels, doen Christo Nel nou in Afrikaans! Hier voor jou het jy iets unieks in Afrikaans. Leer om in Jesus se Naam mense te bedien, met behulp van die Alles-in-een- Potpouri-toerustingspakket uit die Nuwe Wyn-kelder!



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar