Kortverhale

Titel: WAARHEID
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek lees op die muur van die Franse meisie, “Ek is nie dieselfde persoon as aan die begin van hierdie jaar nie.” Dit ,saam met al die gesegdes van die Illuminati besef ek dat dit eintlik op my muur mos wees. Die gesegdes slaan raak. Alles het verander, my hele menswees het verander. Ek sien dinge raak, ek hoor die naggeluide en droom, ek vat my rekenaar orals saam met my, want ek weet iemand baie spesiaal gaan my kontak en dan moet ek haar kan help.Die afgelope twee dae dans ek weer, ek sien uit na die lewe, ek is weer mens! En dit is alles te danke aan ‘n intense kyk op die stoep van Café 41, die dag voor Kersfees!

Vir die heel eerste keer in elf maande staan die mees beeldskone vrou voor my in ‘n rompie, spesiaal vir jou aangetrek! Ek ken al die kontoere en weggesteekte lekkertes van die ellegante Franse meisie met die Griekse naam, maar my oë bly streel oor daardie pragtig welgeskape kuite wat uitloer onder die rompie.
Oppad na die kospotte van Egipte wat haar Zanzibar en Australiese drome gaan waar maak, streel ek liefderyk oor haar kaal, gladgeskeerde been, maar ek is ‘n gentleman en ek beheer my hand. Terwyl sy haar onderhoude doen, wag ek baie geduldig op die leerbanke wat binnekort in haar voorste TV Kamer gaan staan. Toe ons weer in haar naam voertuig klim, kan sy nie wag om haar spesiale Kersgeskenkie oop te maak nie. En op daardie oomblik, toe die papiere afgeskeur word, het ek besef, die simboliek van die geskenkie, is die waarheid.
My mond is gesnoer toe ek haar dophou toe sy hom oopmaak. Die klippie, toegevou in die was wat haar naakte liggaam so lekker masseur, omgevou in die staal van die hart. Die was wat in die son uitdrup, is eintlik my eie hart se bloed. Ja, ek het sopas my hart, my siel, my alles weggegee, toegevou in die hand van die mees begeerlikste vrou op aarde. Jy kan hom in jou hand hou, die hitte van jou sagte hand sal die was laat drup op jou hart, tussen daardie twee pragtige, welgeskape borste. Maar ek weet ook, daardie was, daardie bloed, gaan nooit jou hart bereik nie, want jy is nie myne nie, en sal ook nooit wees nie.
Jy bly ‘n toe boek, soms kan ek met my vingers die bladsye omblaai, maar ek verstaan nie wat ek lees nie, dit is Etiopies vir my. Jou hande is toegevou en dit is nie as gevolg van die lugversorger nie. Jou hande wil nie vir my kyk nie, maar jy laat my toe om te kyk. My hand laat jou hand kyk, maar jy bly steeds blind, die sonbrille is op daardie mooi versorgde naels.
Oor die geroosterde toebroodjie wat ons uiteindelik op Ou Kersdag te kope kry, verslind my oë jou laggende vel en kyk deur daardie pragtige oë terwyl jy jou kwotasie uitwerk wat vir jou internasionale vlerke gaan gee. Ek besef dat jy mooier as ‘n mens is en jy het my in jou lewe toegelaat om jou te help om die internasionale ster te word. Ek het jou egter nie net gehelp nie, jy het deel van my geword. Jy het my weer laat leef, weer laat droom, weer laat uitsien na die toekoms.
Ek het jou met jou tuiskoms na die slakkepas en twee ongelukke verder, gevra dat jy my nie in die swembad moet laat verdrink nie. Die waarheid is egter, ek het alreeds verdrink.
Vir dae, weke, maande loop ek met hierdie wroeging in my. Dit is egter nie ‘n wroeging nie, dit is ‘n gevoel. ‘n Baie lekker gevoel. Ek weet wat dit is, maar ek wil dit nie sê of erken nie, want dit is ek, en ek praat nie. Ek het myself belowe dat ek dit nooit ooit weer sal beleef of toelaat nie. Hierdie onbeskryflike gevoel is dat ek jou in alles sien. Jy is 24/7 in my gedagtes. Die woord vir hierdie gevoel het ek geweier om te sê. Dit sal nooit ooit met my gebeur nie.Ek sal dit nie toelaat nie, maar ongelukkig het dit gebeur. Ek het myself oopgemaak. Jy het in my hart ingekruip. Ek is weer die seuntjie wat op die dogtertjie verlief geraak het. Daardie naakte lyfie wat soms teen my lê, het my laat besef dat ek weer moet begin leef, en jy laat my leef.
Ek ken jou nou al amper ‘n jaar en vir die eerste keer het ek jou in ‘n rompie gesien. My hande het jou gesien, maar jy het my nog nooit gesien nie. Dalk wil jy my nie sien nie, dalk is jou skaam hande blind. Ek het myself nou nakend uitgetrek, my Kersgeskenk hart is nou in jou hand.
Ek het vir jou vandag vir Kersfees die grootste geskenk denkbaar gegee. My hart in die vorm van ‘n klippie, omring deur die was wat bedoel is vir daardie pragtige ruggie, die hemelse borste en die vlindertjies wat my mal gemaak het.
Ek het besef. Ek is verlief op hierdie beeldskone vrou. Maar nee, ek is nie meer verlief op haar nie, ek het my hart vir haar gegee. Ek is lief vir haar.Hoekom ek dit toegelaat het, weet ek nie. Ek het altyd gesê ek is spyt dat ek haar ooit ontmoet het, en dit was die rede. My hart het nie na my brein geluister nie. Ek erken dit nou. Ek het weer lief geword op die wonderlikste vrou.
Ek is nou weer vry. Die waarheid is uit. Die leuen aan myself om nooit weer lief te kry nie, is uit. Ek is lief vir jou! Gaan kyk gou op kanaal 101. Katy Perry sing in Egipte tussen die skoenlappers. En waaroor sing sy? Onvoorwaarlike liefde.
Ek het jou onvoorwaardelik lief. My obsessie is verby. My spoke is dood. Ek kan nou weer in die aand slaap. Ek is nou jou beste vriend, deur dik en dun. Ek sal altyd daar wees vir jou. Ek verwag niks meer nie. Elke sekonde, elke minuut, elke uur en elke dag saam met jou is net ‘n bonus. Ek is ook realisties en weet dit is nie altyd haalbaar nie, maar die tydjies wat ek kry gaan saam met iemand wees wat ek lief het.
Die prentjie in die Mitt is baie duidelik en ek kan dit beskryf, want alles is nou uit. Daar is nie meer verwagtinge nie. Daar is nie meer teleurstelling nie. Mykonos, die Griekse Eilande en Zanzibar is nie meer ‘n obsessie nie. Dit is nou nog net ‘n droom. ‘n Droom saam met ‘n vrou wat ek lief het.
Die lustigheid in my oë het verander. Deur my oë is jy nou die vrou wat gelukkig is en nooit myne gaan wees nie, maar die vrou wat my hart gesteel het. My beste vriendin, my venoot, my sielsgenoot en my intiemste liefde.
Ek is nou gelukkig, die las is van my skouers af. Ek is weer die vis in die water. Die waarheid is uit. Ek is lief vir jou en elke keer as jy my sien, sal jy weet. My oë is nou my hande en jou hande kan nou jou oë wees, want daar is geen boeie nie. Die vlindertjies kan nou sorgeloos vlieg, hulle het nou ook ‘n tweede liefdevolle hawe gevind waar daar ‘n haardroër is om hulle vlerkies droog te blaas, sonder enige verwagtinge, sonder ene gevangeniskap.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Gebroke Harts Gebede

deur Anze Bezuidenhout

Gebroke Harts Gebede is ‘n digbundel oor die einas van die lewe. ‘n Soeke na liefde op ‘n stormagtige pad. Mag hierdie bundel vir die leser ‘n pad na herstel aanwys. Die diepe besef dat jou krag van Bo kom. Ja jy is tot alles in staat deur Christus wat jou krag gee.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar