Kortverhale

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Dit is n koue wintersmore wanneer n middeljarige vrou stadig oor die park gestap kom en op n bankie gaan sit. Sy is in n dik jas van goeie kwaliteit geklee en oor haar hare het sy n gebreide mussie wat oor haar ore getrek is om haar ore warm te hou. Haar handsak wat sy langs haar neersit is duidelik ook van goeie kwaliteit en dan vryf sy haar hande vir bietjie warmte. Haar asem maak wit stoomwolkies voor haar neus. Sy het dit vanoggend ernstig oorweeg om hierdie afspraak vandag nie na te kom nie omdat dit so bitter koud is maar op die einde het sy besluit om hierdie afspraak tog na te kom.

Mense wat oor die park loop om by hulle werke te kom staar haar vir n oomblik verbaas in die verbygaan aan, wat maak so n netjies geklede vrou so vroeg in die oggend op n bank in die parkie.

Ingedagte haal sy n pakkie krummels uit haar jassak uit en begin die duiwe, wat mekaar dadelik vlerk klappend verdring, voer terwyl haar gedagtes ver terug gaan.

Vandag is sy, Aletta de Beer, vyf en vyftig jaar oud. Vir dertig jaar kom sy op haar verjaarsdag hierdie afspraak in die park na.

Dertig jaar terug het sy vir Pierre Roux gesê: “Nee Pierre, duisend maal nee. Hiervoor sien ek nie kans nie al het ek jou hoe lief. Ek gaan nie n ander vrou van haar man en twee kinders van n pa beroof nie al het ek jou hoe lief en ek gaan ook nie die derde persoon in n liefdesdriehoek wees nie. Ek gaan ook nie my geluk op n ander een se ongeluk bou nie.”.

Sy en Pierre het mekaar ontsettend lief gehad en het hulle in n verhouding beland ten spyte van die feit dat sy geweet het dat Pierre n getroude man was. Die liefde tussen hulle het spontaan ontstaan, hulle het mekaar een middag in n eetplek ontmoet. Daar was net daardie vlam tussen hulle van die begin af wat in hulle harte vir mekaar gebrand het.

Soos met enige buite egtelike verhouding het hulle op n punt gekom dat daar besluit moes word. Gaan Pierre vir Veronica skei en sy en Pierre n pad saamloop of gaan hulle afsien van mekaar ter wille van Veronica en die twee kinders.

Die finale besluit het hulle geneem nadat Pierre haar een aand huis toe genooi het sodat hulle Veronica saam kon vertel. Daar het niks van gekom nie want nie een van hulle het die moed gehad om Veronica te vertel nie.

Die volgende dag het hulle mekaar in dieselfde park ontmoet en was dit toe dat Aletta vir Pierre gesê het sy sien nie kans nie.

Pierre het nie n woord gesê nadat sy hom gesê het sy sien nie kans nie en het sy hom innig jammer gekry maar dit kon nie anders nie. Toe hy voorstel dat hulle mekaar nog af en toe sien het sy net haar kop geskud; “Nee Pierre glad nie. ek gaan in elk geval weg om n skoon begin op n ander plek te maak, weg van jou af”

Haar afskeidswoorde aan Pierre was: “Pierre een maal n jaar, op my verjaarsdag, kan ons mekaar hier ontmoet en dan behoort die dag aan ons. Die jaar as een van ons twee nie kom nie sal die ander een weet, dis verby”.

Sy het met trane in haar oë weg gestap en Pierre agter gelaat. Sy het haar werk bedank en pad gegee soos sy gesê het sy gaan doen. Sy is ook nooit getroud nie want sy het net gevoel dat sal nie reg wees om te trou terwyl haar hart aqan n ander man behoort nie.

Vir dertig jaar kom hulle albei hierdie afspraak na. Dan vertel hy hoe dit met haar gaan en sy vertel hom van haar en haar lewe. Hulle gaan eet die middag saam en dan dwaal hulle maar net rond tot dit tyd is dat sy weer moet ry.

Elke slag as sy na Veronica vra antwoord hy altyd: “Sy is n goeie vrou vir my”.

Dan sien sy hom aangestap kom en sy kan nie help nie, soos gewoonlik voel sy die heerlike gevoel in haar as sy hom sien. Ten spyte van sy sestig jaar bly hy n aantreklike man, al is hy ook vandag in n warm jas aangetrek om die koue uit te hou.

Hy sien haar en kom na haar toe en gaan sit langs haar: “More Aletta dit is goed om jou weer te sien. Gaan dit goed met jou”.

Aletta kyk vir hom; “Dit gaan goed met my Pierre en hoe gaan dit met jou”.

Vir n oomblikkie is dit of Pierre verstyf: “Onder omstandighede gaan dit goed Aletta. Veronica is ses maande gelede oorlede. Die kanker het haar skielik oorval en binne n paar weke was alles verby”.

Die trane lê vlak in Pierre se oë en Aletta trek hom teen haar vas: “Ek is so bitter jammer om dit te hoor Pierre. Dit was seker bitter moeilik”.

“Gelukkig was alles gou verby Alette. Sy het ie baie gely nie’, antwoord Pierre.

Dan staan Pierre op: “Aletta ek wil hê dat jy saam met my huis toe kom. Daar is n brief wat Veronica kort voor haar dood vir jou geskryf het en gevra het ek in die huis vir jou moet gee. Die kinders is ook daar en wag vir jou. Jy sal hulle ook nie meer ken ne hulle is ook al uit die huis uit en op hulle eie. Jy weet mos, ek het jou elke jaar vertel hoe dit met hulle gaan”.

Aletta knik haar kop en hand aan hand stap hulle na hulle motors toe. Sy volg Pierre en by sy huis stop sy agter hom en wag vir hom hy maak die deur oop en vinnig hardloop hulle voordeur toe om uit die koue uit te kom.

In die sitkamer sit Pierre se dogte, n pragtige groot meisiekind en sy seun, net so n pragtige jong man.

Pierre is dadelik aan die woord: “Sandra. Louis, dit is tannie Aletta’.

Altwee staan op en groet Aletta hartlik en neem Sandra haar hand en lei haar om langs haar te kom sit.

Pierre haal n koevert uit sy binnesak uit en gee dit vir Aletta; “Veronica se wens was dat jy dit hardop voorlees in ons almal se teenwoordig heid sodat ons dit almal kan hoor”.

Aletta neem die koevert by Pierre en maak dit oop. Stadig trek sy die brief uit die koevert uit en vou dit oop. die netjiese handskrif swem vir n paar oomblikke voor haar oë en dan begin sy lees.

“Liewe Aletta,
Al die jare het ek geweet van jou en Pierre se liefde vir mekaar. Ek het ook geweet dat julle mekaar een maal n jaar ontmoet. Ek het nooit om gegee nie want dit was die minste wat ek julle kon gun. Julle het albei julle liefde vir mekaar op die altaar gelê ter wille van my en my twee kinders. Aletta ek is innig dankbaar daaroor want ook ek het Pierre innig lief gehad en sou nie oor die weg kon kom sonder hom nie, ek is nie so onafhanklik soos jy nie.
Soos jy sal weet wanneer jy hierdie brief lees is ek nie meer met julle nie.
Genadiglik is dit n vinnige kanker en sal dit gou gaa. Ek het vrede gemaak met my lot Aletta en my saak met my Skeper is reg, ek is gereed.
Aletta my laaste wens is dat jy vir Pierre in die paar jaar wat nog vir julle oor is n vrou sal wees en n ma vir my kinders wamt dan weet ek hulle is in goeie hande. Daar kan tog nie beter hande wees as die van n vrou wat op geoffer het wat jy op geoffer het nie. ek wens julle net mooi dinge toe Aletta, wees goed vir hulle
Veronica’.

Die trane loop vryelik en Aletta vou die brief toe en sit dit in die koevert.

Dan kyk sy vir hulle; “As julle my hier wil hê dan is dit goed so. Dan sal ek julle ma se laaste wens respekteer omdat my liefde vir julle pa nog nooit verflou het nie”.

Sandra neem weer Aletta se hand: “tannie Aletta. Tannie het in tannie se liefde vir my pa tannie se hele lewe op geoffer. Ons kinders weet ook van alles en vir ons is dit goed en reg dat tannie nou huis toe kom as ons muwe ma en vrou vir my pa om te vergoed vir al die jare se opoffering”.

Soos in koor hoor sy dit: “Welkom tuis”.

Soos in n droom dink sy: “Na al hierdie jare, uiteindelik maar met n skoon gewete”.

Dan kyk Sandra vir Louis: “Kom ons gaan maak koffie. Ek is seker my pa en taniie Aletta het baie om oor te gesels”.













.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Afspraak
Baie mooi Neels!
1 jaar 2 maande 1 week 3 dae 7 ure oud


afspraak
En na al die jare van verlange, 'n happy ending!
Ja die lewe loop soms met 'n mens wye draaie.

Mooi verhaal, lekker gelees Neels, man, dankie!
1 jaar 2 maande 1 week 3 dae 23 ure oud


Afspraak in die park
Pragtige verhaal Neels !
1 jaar 2 maande 1 week 4 dae 22 ure oud


park
Ek onthou hierdie storie van lank gelede en dit trek weereens die trane. Ek dink dis my gunsteling storie uit jou pen :-)
1 jaar 2 maande 1 week 4 dae 22 ure oud


Afspraak
Ek is nou sommer heel bewoë, pragtige werk Neels
1 jaar 2 maande 1 week 5 dae 21 ure oud


afspraak in die park.
Oulik. Dit laat my baie aan Jane Eyre dink - die vrou wat meer van haarself dink as 'n man se afleiding en weier om tussen 'n man en sy vrou te kom, al het sy hom ook hoe lief.
1 jaar 2 maande 1 week 6 dae 1 uur oud


afspraak
Wonderlike liefde hier uitgebeeld Neels. Mooi man.
1 jaar 2 maande 1 week 6 dae 12 ure oud


Hupstootjie
Baie, baie mooi geskryf.
Dankie daarvoor.
En dankie ook vir die herinnering aan 'n verhaal wat as basis dien vir my vertellinkie: Afspraak in 'n Park.
GvT
1 jaar 2 maande 1 week 6 dae 18 ure oud


Afspraak in die park
Baie dankie vir jou pragtige bydrae tot die LIEFDE projek.

*Hierdie inskrywing is gedupliseer Neels
1 jaar 2 maande 2 weke 7 ure oud


Afspraak
Dit is onvoorwaardelike liefde.
1 jaar 2 maande 2 weke 13 ure oud


Afspraak . . .
Sjoe . . . regtig onselfsugtige liefde!
1 jaar 2 maande 2 weke 14 ure oud


AFSPRAAK IN DIE PARK PROJEK LIEFDE
bLYKBAAR HET DAAR IETS FOUT GEGAAN MET DIE SKAKEL TOE EK DIE VERHAAL GEHERPLAAS HET EN WYS DIT VERWYDER.; EK PLAAS DUS NOU WEER DIE OORPRONKLIKE MANUSKRIP
1 jaar 2 maande 2 weke 14 ure oud



Die Lady en die Leeu

deur Rachelle du Bois

Sy is een keer gevang, maar nou is sý die jagter met die prooi in háár visier



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar