Kortverhale

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

[Na aanleiding van Neels Claasen se gelyknamige kortverhaal]


Die Duiters was altyd onder die Hollywood grotes, as daarsteller, regissieur, tegnikus wat in die agtergrond met ligte werk, skrynwerker, toneelskilder – as draaiboekskrywer. So ene was Kurt (of Curt?) Götz*, wat die boeke van 'n hele reeks films geskryf het. Daartoe het hy eie werke geskryf, veral toneelstukke en -stukkies. Hy het trots verklaar, hy kon elkeen van sy eenakters in 'n vollengte toneelstuk omwandel of uitbrei. Dit het hy ook gedoen, en van heelwat van sy stukke is wraggieswaar twee weergawes beskikbaar. Of hy dit met die volgende stukkie gedoen het, weet ek nie. Ek het dit self as eenaktertjie gelees. Nie gesien nie, gelees.

* Sê: Koert Ghûts

Die voorhang gaan op waar 'n verpleegster 'n rolstoel by 'n bankie in 'n park opstel. Die son kom uit die regte hoek, daar's plek vir iemand om daar skuins teenoor die ou dame te sit en gesels, haar bene is teen die wind met 'n wolkombers goed afgedek, haar tjalie dek haar skouers warm toe. „Dankie, Lena. Jy kan my nou alleenlaat.“
      Die suster stap regs van die toneel af met haar boek wat sy 'n entjie verder wil gaan lees. Mevrou het haar toevertrou dat sy na vyftig jare haar jeugliefde weer gaan ontmoet. Hulle ouers was soos by Romeo en Julia daarteen en het hulle uitmekaargeskeur; haar kêrel het weggetrek en êrens anders 'n nuwe lewe opgebou. Maar nie voordat die tweetjies gesweer het om na vyftig jaar op die datum om vieruur by hierdie bank, onder hierdie boom mekaar weer te ontmoet.
      Die dame sit daar en geniet die tere herfssonstraaltjies deur die blare op haar wang. „Dis nou seker al vier. Of hy gaan kom?“
      En daar hoor ons voetstappe van links naderkom.
      'n Man verskyn, 'n ouere man, goed geklee, met 'n wandelstok wat hy eerder deur die lug swaai as dat hy daarop stut. Hy slender aan die boom verby, kyk so in die rondte, loer terug op die pad waarlangs hy gekom het, draai om, loer weer in die ander rigting, vorentoe. Hy staan penregop, wydsbeen en leun dan met altwee hande op die knop van sy kierie. 'n Struis blomme hang laks tussen die vingers van sy linkerhand. Hy sug en haal sy sakhorlosie uit. „Drie minute na vier. Of sy gaan kom?“
      „Soek u iets? Of iemand? Kan ek miskien help?“
      „Nee, nee. Is goed so.“
      „Ek kom die meeste namiddae hierheen, dis my geliefste plek in die park, en ek ken die meeste mense. Kom u ook dikwels?“
      „Nee, nee, ek is nie van hier nie. Nouja, lank gelede het ek hier gewoon. En – u weet hoe dit is – jong mense doen mal dinge en maak verrukte beloftes. Nouja, ek het belowe om 'n meisie na vyftig jare onder hierdie boom weer te sein. En die vraag is, of sy ooit daaraan gaan dink. Of haar lewe 'n heeltemal ander koers gevat het. Miskien is sy getroud en het 'n eie familie, waarskynlik het sy ons belofte al lankal vergeet. Miskien is sy al dood.“
      „Maar u het ook seker al getrou? Wat gaan u familie dink...?“
      „Nee, nee. Ek het teveel na haar verlang. Ek kon nie met 'n ander een trou nie.“
      „Ek het ook nie getrou nie.“
      „Ja, ja, dis nie ons almal beskore nie, maar ek het uit liefde nooit aan 'n ander meisie eers gedink nie.“
      En so stolper hul gesprek vorentoe. Sy nooi hom uit om op die bank te kom sit. Hy is verlore in sy verlange na die neëntien-, twintigharige meisie van destyds. Hy kom nie op haar naam af nie: „Amalia? Annemarie?“
      „Ariane, miskien?“
      „Ja, ja. Ariane! Ditsem, Ariane!“
      Na 'n tydjie kyk hy op sy horlosie. „Nou al kwart voor vyf. As sy wou gekom het, was sy al hier.“ Hy staan op, sug, gooi sy blomstruis agtelosig op die bank neer. „Totsiens, Mevrou.“ En hy stap weg in die rigting waar hy vandaan gekom het.
      „Totsiens, Meneer.“
      Sy wag 'n bietjie, tot sy voetstappe nie meer hoorbaar is nie. „Lena, kom haal my, asseblief,“ roep sy nie alte hardop nie. „Ag,“ sê sy, as die suster kom, „ek vind my blomstruis nie...“
      „Ek sien hom, Mevrou. Hy't op die gras geval. Het u besoek gekom? O, ek sein hier lê nog 'n struis op die bank.“
      „Ja, Lena, hy het gekom. Maar hy het my glad nie eers raakgesien nie. Ek dink hy is die een wat blind is. Nie net ek nie.“

2015.....................................................◄]:o(...||...(o;Þ...............................................................tje

[Hierdie storie behoort onder die opskrif
„Verhale wat ek self graag sou wou geskryf het”
.]



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Afspraak in n park
Baie dankie vir jou pragtige bydrae tot die LIEFDE projek.
4 jaar 11 maande 2 weke 4 dae 21 ure oud


afspraak in 'n park
Oulik. Ek hou van die einde - dit wys so mooi hoe alles nie altyd is wat ons wil hê dit moet wees nie. Dankie vir die deel.
4 jaar 11 maande 2 weke 6 dae 16 ure oud


PARK
Dis jammer dit moes so eindig.
4 jaar 11 maande 3 weke 3 ure oud


AFSPRAAK IN DIE PARK PROJEK LIEFDE
Toom dit is nou sommer n pragverhaal
4 jaar 11 maande 3 weke 7 ure oud



Die Ander Vrou

deur http://www.woes.co.za/

Die boek belig 'n wereld oue situasie uit die perspektief van die "ander vrou"- soos deur die vroue self vertel Die boek sluit ook perspektiewe deur 'n maatskaplike werker en 'n predikant in.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar