Kortverhale

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Sewe en dertig muise lê op slag dood. Die inval in die bunker was onverwags. Con se beangste geskreeu toe hy induik en platval, het die helfte van die knaagdier-kolonie aan buikstuipe laat beswyk. Met uitsondering van enkele muise wat die dood rakelings ontkom het deur in die naaste broekspyp in te spring, is dit die einde van hulle sonbak-op-die-rug dae rondom die bunker, waar proviant in oorvloed opgegaar is vir oorlewing. Die bunker is so ingerig dat sou opstande of gevaar die huisbewoners se lewens bedreig, hulle slaggereed is om vir ‘n onbepaalde tyd daar kan skuil.

Paraatheid vir moontike inbrekers en aanvallers was die oorsaak van Con se intense vlugtog na die selfgemaakte bunker in sy agterplaas. Sy ouers het hom van kleins af geleer om nie staat te maak op duur alarmstelsels en panniekknoppies nie. Hy het grootgeword met ‘n polisiefluitjie aan ‘n leerbandjie om ma, pa en sy nek – net vir ingeval, dit was die eerste reël vir oorlewing. Die binnekant van die huis is ook beveilig met vislyn waaraan leë milo blikkies gehang is. Die vislyn is in die gang gespan van muur tot muur en gekoppel aan skroewe in die muur. Die vislyn-alarmstelsel, al vir baie jare, hulle eie unieke geldbesparende uitvindsel. Die geringste stampie laat die blikke ratel om die familie van gevaar in die huis te waarsku. Con se loop en oorklim oor hierdie veiligheismaatreël , het gou tweede natuur geword.

Met die duikslag stamp Con sy kop teen die staalkas by die bunker se deur . Hy is vir ‘n paar sekondes
bedwelmd . Toe hy weer begin fokus, voel hy ‘n eienaardige gekriewel in sy onderlyf. Hy wonder of hy nie dalk sy rug met die duikslag gebreek het nie. Die vreemde gevoel is dalk ‘n rugmurg-senuwee reaksie op ‘n ernstige besering. Sy blaas voel ook nie wel nie. Hy beur effens op en draai op sy rug.

Binne in die sweetpakbroek raak die muise erg beangs. Spring hot-om toe die ‘broek-skuiling’ skielik beweeg. Hulle begin met beangste pogings om gate te grawe om uit die benoudheid te kom. Dit is hier waar Con begin bid. Hy is oortuig sy maag het oopgebars want die dundermwerking is duidelik sigbaar, in bultende en springend bewegings onder sy sweetpakbroek. In sy nood gryp hy van die derms vas, naar van afgryse. Die brandpyne voel soos skerp tande wat in sy vleis sny. Hy wil flou word. Loop kan hy nie, dan verloor hy dalk met sy oopgeskeurde buik, sy ingewande. Kruip is al uitweg!

In die skemerlig gewaar hy dat sy derms nou van sy knieë se kant af aan die woel is. Hy steier orent en voel die gewemel sak af tot by sy enkels en beweeg dan weer opwaarts. Dit is hier waar hy afkyk na sy besering en in ‘n paar pikswart muis-ogies vaskyk. Hy slaan verwoed! Die volgende oomblik voel hy ‘n onbeskryflik pyn blaaslangs. Hy begin sy klere van hom afruk maar verder kan hy nie kom nie, die pyn is te erg en hy snel op hoë spoed oor die agterplaas, by die voorhekkie uit, padlangs, om hulp te soek.

“Ou man” gil Emma histeries. “Kom gou…… kom kyk…… grote genade die buurman is voor die huis verby, hy het net sy oefen-tekkies aan ……. met … dit lyk soos ‘n spul muise wat hier voorlangs ……… haai nee ….. ! Ek kan as kerkmens nie sê waar hulle vasgebyt sit nie.”.

Peet skud sy kop. “Ai tog, nounet was dit blikkies wat sy hoor lui het. Nou is dit weer die buurman wat in sy adamspak hier verby is. Is Emma besig om te yl?….. seker die twee dubbel whisky’s wat die praatwerk doen!

“Vrou los die bure, haal liewer die vislyn van die kat se nek af. Ek wonder wie se vis-aas hy probeer bykom het.”










Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Ano
Agterplaas
hehehe. Dankie vir die opkikkering van my dag :-)
6 jaar 8 maande 3 weke 5 dae 15 ure oud


Bunker
Dit was nou komies verby. Dankie.
6 jaar 8 maande 3 weke 5 dae 21 ure oud


****
Hoe lekker lag ek nou, die Lang nag sommer korter geraak puik!
6 jaar 8 maande 3 weke 6 dae 1 uur oud


***
Lekker gelees en gelag, dankie Fx!
6 jaar 8 maande 3 weke 6 dae 7 ure oud


muis
Dankie vir jou lekker lag storie. Die slot was kostelik. Ek het dit regtig geniet, met of sonder milo blikkies. Sien uit na die volgende een.
6 jaar 8 maande 3 weke 6 dae 13 ure oud


Agterplaas Bunker
Goed geskrewe stukkie werk. Het sowaar my laat skater. Die van ons wat gril vir daai klein gediertes het seker ook 'n rilling langs die ruggraat voel hardloop. Ek kon visualiseer en dit is wat die storie vir my goed maak. Geluk!
6 jaar 8 maande 3 weke 6 dae 14 ure oud



Die Besoeking

deur Kobus van Eden

DIE BESOEKING handel oor 'n Gideonsbende wat die plaasmoorde begin wreek. Hul sukses is verstommend! Gou staan Koos Gerade bekend as die Bloedwreker en sy manskappe as 'die hel.'



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar