Kortverhale

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Deel 21.


Stadig maar verseker skud die lente die lang winter van sy skouers af en bring nuwe lewe in die atmosfeer. Met groen baadjies word elke plant nou beklee, zoem die bye vir die blomme se nektaar vir die voortbestaan siklus. Nou’s daar ook nuwe lewensverwagting vir die mens.

“Laura ek sien daarna uit om jou ouers te ontmoet,” met ʼn paaiende drukkie van agter af.
“Wanneer dink jy om te gaan?” draai sy in Albertus se arms om en gee hom ʼn soentjie in sy nek en dan knubbel sy aan sy een oor, met ʼn bewuswording dat hy dit terdeë geniet.
“Ek sal by die Kaptein reël dat ons hierdie naweek na jou ouers toe gaan.”
“Hierdie naweek het ons die braai by Dirk en Merie, Albertus, wat van oor twee weke dan is dit langnaweek?”
“O-o-oo j-a-a-aa. Amper vergeet ek van die afspraak.”
“O-o-oo m-a-a-a-ar jou kop is vol muisneste,” karnuffel sy hom so ʼn bietjie in die ribbes.
“Mmmmm, en ek wonder wie het dit ged-o-o-o-oen,” met ʼn tergende gebaar is die twee op die sitkamermat inmekaar se arms.
“Ek boelie jou sommer nou,” dan kom daar nog ʼn sarsie van Laura se kant af.
“Ohooo vir hierdie dametjie moet ek ligloop.”

Saterdag het aangebreek .

Albertus en Laura gaan doen inkopies by die bekende supermark. Al geselsende loop hulle en praat oor ditjies en datjies, “jou verdatste en verditste swaap, amper ry jy my dood. Wat gaan met die mense van vandag aan? Dit is nou amper die derde keer, Laura.”

So is die twee die supermark binne om hul inkopies te doen vir die dag se braai, “Albertus al wat ons nog kortkom is ʼn bietjie groente, dan kan ons maar gaan.”

“Laura om terug te kom na ons gesprek van so ʼn rukkie gelede. Jy weet, ek staan en verkyk my aan daardie vetplantjie mensie en dit verbaas my dat sy so aan alles vat en druk, om net die beste en grootste vir haarself toe te eien. Dan verkyk ek my aan daardie lang paal van ʼn man, hy moet net nie sy arm omhoog lig nie, dan val hy verseker deur sy eie — “ giggel-lag sy uit haar maag uit dat die mense wonder wie het nou die grootste grap van die dag vertel. Min steur die twee hulle aan wat die mense nou eintlik van hulle dink en gaan ongestoord voort asof niks gebeur het nie.

“Ag sies vir jou Albertus, om so iets te sê van daardie man. Kyk hy vat al die klein appeltjies, en sonder om dit te druk of te kneus,” kyk sy vir Albertus vas in die oë aan.

“Dit is nou presies wat ek jou wil vra my liefling. Wat sal ʼn mens dit nou noem, tussen hierdie twee uiterste pole? Die een soek net die beste en grootste en die ander een vat net die kleinste en voor die voet,” half verergelik kyk hy na dáárdie vetplantjie mensie, dan skud hy maar net sy kop.

“Ek moet erken dat jy my nou hier vas het met hierdie twee vergelykings, Vlooi,” bewonder sy die man in sy slanke lyf.

“Die vetplantjie mensie leer haar kinders om net in dieselfde voetspore te volg en die ander een leer ook seker sy kroos om net dieselfde as hy te doen. Nou lyk dit vir my die een is gulsig en die ander een leef in vergenoegdheid.”

“Vlooi kan jy dit rêrig so uitdruk, my lief?” met haar fyn stemmetjie en die ogies op ʼn snaakse skrefiesmanier getrek.

“Wat sal ek dit nou anders noem, my suikerbekkie liefie?”

“Kom ons vergeet dit. Al wat ek weet, is dat ek nou met vergenoegdheid saam met jou wil lewe. Wat help dit om die hele wêreld aan jou voete te wil hê, en daar is nie harmonie tussen ons mense nie?” in mekaar se arms gehaak stap die twee tussen die winkel se rakke deur om te gaan betaal.

Oppad na die braai verklaar Albertus sy liefdesverklaring aan Laura, “Suikerbekkie, daardie eerste aand toe ek jou daar gesien het, het ek geweet, die meisie met kosbare pêrels. Sy is die pêrel in my lewe.”

“Kom julle twee verliefdes, julle is laat vir die braai. Die liefdesvure en braaivleisvuur brand hoog.”
“Jy sal nie glo wat het ons amper oorgekom nie, Dirk. Die mense met hul spoggerige sport modelle ry mos met die neus in die lug. ʼn Mens sal wil sê, dat die wêreld net aan hulle behoort,” wys hy hoe probeer diésulkes bestuur.
“Albertus, en dié wat graag hul kar se toeter gebruik om jou uit die weg te blaas, in plaas van dat hy sy toeter verkoop en sy kar paaiement betaal.”
“Wel, daar is nie meer medisyne vir onverdraagsaamheid van hierdie karakterlose kar eienaars nie, en nou kan ons rustig ontspan, en die dag geniet,” skink hy vir elk ʼn ietsie om te drink.

Bier in die hand en die vleis is op die kole, word land en sand gesels oor die laaste paar dae se dinge wat nou iets van die verlede blyk te wees. Laura vertel aan Albertus dat Mnr. G met haar gepraat het.

“Albertus sê jy niks my hartedief,” daai fronskyk op haar gesig.
“Nou maak jy my nuuskierig met daardie geheimsinnige Meneer G, van jou Laura.”
“Ag Dirk, miskien wil Albertus nie die aand bederf nie,” stuur sy die gesprek in ʼn ander rigting.

“Mmmm wat ruik so lekker op die kole Dirk?” watertand die mond vir ʼn vale.
“Jy moet vir Albertus vra, hy is in beheer — “
“Kan ek proe Albertus?”
“As jy my mooi genoeg vra Merie. Hulle sê die kok moet eerste proe om te sien óf hy nie die emmer gaan skop nie,” al tergend word geklets om die braaivleisvuurtjie.

“Dan moet jy gou maak, al die ander lekkernye wag vir daardie sm-u-u-ul lekker skaaptjops en bees T-been stukke.”
“Albertus ek moet jou komplimenteer. Dit smaak nou vinger-lek vorentoe, jy kan maar volgende keer weer so maak,” kom dit al tergend van Merie.

“Wel dan sal julle ons weer moet nooi hoor,” en hou sy biertrog omhoog.
“Vertel ons, wanneer is nou die groot dag Laura?”
“Dit sal jy vir Albertus moet vra,” draai sy haar oë na Albertus se kant toe.
“Kom nou Albertus, ons is nuuskierig,” kom wurm sy haar by Albertus in om te hoor wanneer is daardie groot dag.

“ — Die visserman wag vir die regte dag om die vishoek te werp.”
“En wanneer gaan die visserman dit doen, mmmmm?” pomp sy hom in die ribbes.
“Die dag van sekelmaan, dan is die gety reg vir daardie groot vangs, Merie,” voel hy nou heel geëerd tussen die twee beeldskone evatjies.
“Dan sien ons mekaar binnekort, hopelik met goeie nuus óf hoe, Albertus.”
“Dankie julle twee, weereens vir die lekker dag saam, dit is altyd lekker om julle hier te kan hê.”

Die volgende week het so stadig verbygetrek, net te veel ure in sy dag wanneer daar nie veel by die polisiestasie aangaan nie, behalwe met die vangs van die sluipmoordenaar, “ʼn Mens sou sê; die week was die hele week by ʼn begrafnis betrokke. Gelukkig het begrafnis ook ʼn sperdatum,” en kon ons die bus vat na Laura se ma en pa toe.

“Goeiemôre Ma en Pa, hoe gaan dit nog met julle? Met graagte wil ek vir Albertus aan julle voorstel,” pronk die trots so uit haar innerlike.
“Goeiemôre Albertus, aangename kennis, en jy is baie welkom hier in ons huis.”
“Goeiemôre Mnr. en Mev. Hoffmann, dit is vir my ʼn groot voorreg om Laura se ouers te kan ontmoet.”
“Die plesier is ons s’n.”
“Dit is nou Stoftrappertjie soos hy by die werk bekend staan, dis my kêrel wat ek vir geen geld onder die son sal verruil nie.”
“Vertel ons nou; hoe gaan dit met jou, nadat iemand jou amper bokveld toe gestuur het, Albertus?”
“Dit gaan al weer klop-dissel-boom met my, en dankie vir die belangstelling oor my gesondheid, Tannie. Ek moet sê, as dit die vir jul wonderlike dogter was nie, dan weet ek nie so mooi nie.”
“Ons is dan dankbaar dat dit goed gaan met jou,” kom dit met ʼn simpatieke ouerhart van Laura se ouers af.

“Voor ek vergeet. Terwyl Laura nou so oor my spog, wil ek graag van die geleentheid gebruik maak om haar hand te vra. Ek vertrou dat dit julle toestemming sal wegdra, ek is lief vir julle dogter en sal graag my lewe met haar wil slyt as my geliefde vrou,” met ʼn blik op die gesig wat wys dat hy weet wat hy wil hê in die lewe.

Laura se ma en pa hang omtrent uit om Albertus te beïndruk. Die vuur is vroegoggend aan die brand gesteek vir potjiekos. Dit is haar pa se gunsteling gereg om sy gaste mee te trakteer. Terwyl die potjie staan en prut word daar geproe aan die ongeëwenaarde rooiwyn uit die kelder, wat Albertus nooit in sy lewe kon gedroom het nie. Haar ma staan ook nie terug met versnapperings uit die boonste rakke. Daar word land en sand gesels.

“Oom is die potjiekos nie al reg nie?”
“Mmmmm, nee ou boetman, nie so haastig nie. Alles het sy tyd, smul maar solank aan die versnapperings, wat tant Dorra gemaak het.”

Die geur van die potjiekos wat so nou en dan in die lug gepomp word, maak Albertus al rasend van die honger. Dan hoor jy weer daardie bekende geluid hoe die deksel lig dat die potjie weer asem kan skep vir die volgende skof, prut die potjie al rustend voort.

“Nee oom, dit laat ons almal watertand staan, dan die honger wat al stadig begin knaag.”
“Albertus my lief, is jy al honger?”
“Honger is nie die woord vir hierdie reuk wat die potjie so in die lug in blaas,” sluk hy die speeksel net so gedweë maar weer terug vandaar waar dit vanaf kom.
“Paps, Albertus kan nie meer wag nie.”

“Mmmmm, amper klaar ou Albertusie, nog iets om te knaag aan tant Dorra se lekkernye.”
“Nee Oom, my oë is nou net gerig op daardie potjie en daar sal dit nie vir een oomblik wyk nie,” watertand die mond sonder ophou.
“Kom julle honger wolwe, die potjiekos is reg, bring die borde dan skep ek vir julle, maar ons vra eers die seën op die kos. Albertus sal jy vir ons die seën vra?”
“Met graagte,” na die seën word dit net sommer vingerlek lekker geëet.
“Is dit lekker Albertus?” kyk Laura se pa met ʼn lekker hart om te sien hoe Albertus aan die potjiekos weglê.
“Sonder woorde, anders bederf ek dalk die aand, want my woorde sal te kort skiet om hierdie onvergeetlike ete te beskryf. Daar moet seer sekerlik ʼn geheim wees .....” kyk hy na haar pa met ʼn gesig wat alles vertel.
“Die geheim is; wanneer die monde watertand, dan is dit nog so ʼn rapsie wat die potjie moet prut.”
“Is dit al!” het hy al begin wonder hoekom wil haar ouers nie toestemming toestaan nie. Ek sal geduldig wag, al is dit nog so lank as wat ek tot hiertoe gewag het. Dit kan ek vir julle ʼn briefie gee, al moet ek ook soos ʼn Jakob vir sy vrou werk.
“Ja my hartedief.”

“Om terug te kom waar jy om ons dogter se hand vra, ons berus ons by Laura se besluit.”
“Kom Albertus, waarvoor wag jy nog, laat ons die vonkelwyn skink vir die aangeleentheid. Dankie Ma en Pa en vir my Hartedief,” klim Laura amper uit haar vel van opgewondenheid.
“Dankie Mnr. en Mev. Hoffmann, dat ek Laura eers as my verloofde en dan as my aanstaande vrou mag bemin,” gelukkig hoef ek nie toe so lank as Jakob te wag nie dink hy so by homself, “dan wil ek so ʼn ietsie kwytraak.”

“Het jy na my hand gevra
in mooie beloftes
aan my hart verseël.

Ek soek my in jou oë
dis waarin ons tog glo,
het die liefde in my gegoël.

Diamantglinstering aan die vinger
is my hart nou gekroon
met die mooiste droom.”

“Albertus jy het my droom kom vervul, dankie my Hartedief,” antwoord sy met haar geliefde soen om vir hom te wys dat hy nie spyt sal wees nie.

Laura se ouers is daarvan oortuig dat sy die regte besluit geneem het. Sy verklaar aan Albertus dat sy altyd getrou aan hom en aan hul vriende sal wees. Die naweek lê op sy rug, dit is nou 16:00 en die tyd ken geen keer aan waarheen hy so spoedig oppad is nie. Word daar gegroet tussen ouers en hul dogter waarop hulle so trots is en die nuweling in die familie.

“Albertus ons sal seker voor middernag by die huis wees, ek wil vir Merie verras met haar verjaarsdag, om hulle twee te nooi vir ʼn braai by ons.”

“Dan word daar weer gegroet, en julle moet laat weet as julle by die huis aankom, hoor.”
“Ons sal so maak, onthou ek is lief vir julle twee, wat my deur die jare gelei het om die regte besluite te neem. Totsiens, Mams en Paps.”
“Van my kant af ook, en ek sal begin om te leer sê, Ma en Pa.”
“Ag dankie Albertus, dit sal vir ons ʼn eer wees om jou as toekomstige skoonseun te mag hê.”

Daar vloei die trane vrylik uit die twee evas se oë, met ʼn knop in Albertus se keel wat hy nie kan afsluk nie.

Intussen het hulle twee ook vir Albertus se ouers gaan kuier, om te gaan spog wie sy toekomstige lewensmaat is. Sy word hartlik verwelkom as hul toekomstige skoondogter.

Die Hofsittings maak groot opslae in die plaaslike en nasionale koerante, waar die juries nog geen uitsluitsel het omtrent die Mejuffrou Laura Hoffmann saak nie. Almal spekuleer wat hierdie week in die Hof gaan gebeur. Gaan hulle die skuldige een kry? het op almal se lippe gehang.

Dit is senutergende vrae: wie het amper Konstabel Van der Plooi vermoor, is dit dalk dieselfde persoon wat Laura probeer vermoor het?

Die plaaslike en nasionale pers staan reg met hul kameras, daar is ʼn buitengewone belangstellende skare mense wat graag wil weet wie die geheimsinnige moordenaar is. Elke dag word die ordinêre Hofproses voortgesit.

“Sal die verweerder asseblief opstaan!" beveel die klerk.
“Mnr. Lucian Mendez, sweer jy dat jy net die waarheid as waarheid sal getuig.”
“So help my God,” as hy sou weet wat die betekenis is waarop hy antwoord moes lewer.

“Mnr. Lucian Mendez, jy word aangekla vir strafbare manslag op Mnr. Tom Brend. Jou hand was ook gerig teen een van die Geregsdienaars van die staat, nl; op Konstabel Albertus van der Plooi waarop jy aangekla word vir poging tot moord,” met die aanklagdossier so half opgerol in sy hand stap hy met sulke senuagtige tree na Mnr. Lucian Mendez toe.

“Ek sal toegee op die tweede aanklag, maar die ander een weet ek niks van nie,” kom sy woorde met oortuiging, waar hy sy oë na die juriebank rig.
“Waar was jy die aand van maansverduistering?”
“Ek kan glad nie meer onthou van watter datum u hier praat nie.”
“Kom ek verfris jou geheue. Waar was jy op 4 Mei 2004 die nag van maansverduistering om 19h30 tot ongeveer 22h30?” weer rol hy die aanklagdossier oop, bekyk dit so ʼn effe en rig sy blik dan op die aangeklaagde vir sy antwoord.
“Ek sal sê, saam met my gesin,” probeer hy sy oë op die dossier kry om te wil sien wat staan alles daar geskrywe.
“Het jy ʼn alibi, Mnr. Lucian Mendez?”
“Ja, ek het ʼn alibi. Ons het as huisgesin saam gaan eet by die bekende Gold Mine Restaurant,” dan kyk hy direk in die rigting waar sy vrou sit.
“Geen verdere vrae, Edelagbare.”

“Mnr. Lucian Mendez, kan jy onthou wat het alles gebeur die aand in die restourant?” kyk die staatsaanklaer hom direk in die oë.
“Soos ek alreeds verklaar het dat ek daardie aand saam met my familie gaan uiteet het!”
“Hoe verklaar jy dan, Mnr. Lucian Mendez. Hoe is dit moontlik dat daar van jou weefsel aan Meneer Tom Brend gevind is?”

“Appèl, Edelagbare!” kom dit van Mendez se prokureur.
“Van die hand gewys,” kyk die Regter met ʼn emosielose uitdrukking na die aangeklaagde.

“Mnr. Lucian Mendez, is jy doodseker dat jy die hele aand saam met jou gesin aan tafel was?” sy oë so effe op skrefies getrek.
“Ek dink tog so, Edelagbare,” hy kyk verwilderd rond in die hofsaal, dan flits sy gedagtes soos ʼn diskoteek se ligte, eers vaag, dan meteens helder, dan net so asof hy niks kan onthou nie.
“Mnr. Lucian Mendez!”

“Ja ja, ek onthou nou. Ek het wel met iemand gesels, ja dit was met Mnr. G se dogter, ʼn ene Mejuffrou Anna Brouer,” daar’s ʼn ligte roering in die Hofsaal.

“Albertus, hy getuig van ʼn Meneer G. Dit is hy waarvan ek jou vertel het die dag by Dirk se braai en jy het niks daarop geantwoord nie.”
“Laura my lief ek was nie meer lus om van al die nare dinge te hoor nie. Ek het genoeg gehad,” sy sê ook nie meer ʼn dooie woord verder nie en hou haar besig met haar eie gedagtes.

“Appèl, Edelagbare!” kom dit van Mendez se prokureur.
“Van die hand gewys.”
“Stilte in die Hof.”

“Mnr. Lucian Mendez, waaroor het die gesprek gegaan?” rol draai hy sy bolpen al in die rondte op die punte van sy vingers, om hom te probeer ontsenu.
“Ek kan nie meer so mooi onthou nie.......” druk hy sy hand teen sy kop vas vir wat weet net hy alleen.
“Het julle twee harde woorde gehad? Was dit binne of buite die restourant gewees?”

“Dit was buite, my vrou het nogal vir my gevra waar kom die bloed op my hemp vandaan...” lank peins hy na oor wat hy nou net gehoor het. Probeer hy weer terugdink wat het presies dáárdie aand gebeur.
“Geen verdere vrae, Edelagbare.”

“Mnr. Lucian Mendez, die bloed op jou hemp, wie se bloed was dit gewees?” kom dit van sy prokureur.
“Al die woorde kan ek nie meer met klaarheid onthou nie. Sy het my beskuldig van dinge waarvan ek nie kennis gedra het nie en ek dink dis waar die bloed vandaan kom....” niks maak nou vir hom sin nie, die gesprek wil na vore kom dan slaan dit net weer so op die vlug.
“Geen verder vrae, Edelagbare,” probeer hy sy hees stem skoonmaak.

“Mnr. Lucian Mendez, toe gaan jy en gaan vermoor Meneer Tom Brend!” slaan die staatsaanklaer met geweld toe met hierdie beskuldiging.
“Appèl, Edelagbare!” kom dit van Mendez se prokureur.
“Van die hand gewys.”
“Stilte in die Hof, stilte!”

“Ek het ʼn alibi, ek het nie Meneer Brend vermoor nie. Ek is onskuldig, Edelagbare,” draai hy sy oë in die rondte en dan weer na die Regter se kant toe.
“Vertel ons wat het dan gebeur by die restourant, Mnr. Lucian Mendez!” geen beduidenis van enige simpatie in sy stem meer oor nie.

Mnr. Lucian Mendez, sak inmekaar van al die spanning. Die gemoedere loop hoog onder die dorpsbewoners. Die saak lyk belowend dat daar binnekort iemand aan die pen gaan ry.

“Die hof verdaag tot na middagete.”

Na die oggendsitting hang daar ʼn doodse stilte tussen Laura en Albertus. Hy is ook besig met sy eie gedagtes om hierdie hele besigheid te wil probeer ontrafel wat die uiteinde gaan oplewer.


Woorde; 47944 is 51191.

Vervolg op; Die nagtegaal wil ook iets te kenne gee.

Boek; DIE ONHEILSPELLENDE MAANSVERDUISTERING.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

vraag
Van die heerlike braaivleis, na die groot vraag na die hof ... jy hou mens se aandag vasgevang, Arnold!!!
4 jaar 1 week 10 ure oud


groot vraag
uiteindelik word die groot vraag gevra. weereens word die hofverrigtinge puik beskryf
4 jaar 2 weke 1 dag 22 ure oud


Vraag
Uiteindelik vra hy toe die groot vraag. En nogal op die outydse manier!
4 jaar 2 weke 2 dae 9 ure oud


groot vraag
ai dis sommer lekker om die trouklokke in die verte te hoor klingel!! Baie lekker gelees dankie Arnold
4 jaar 2 weke 2 dae 12 ure oud


Die groot vraag
Ek is bly Albertus het uiteindelik die vraag gevra, ek kon nie wag dat dit moet gebeur nie. En dit streel my hart dat hy dit gedoen het soos ons geleer was. Pragtige werk!!!
4 jaar 2 weke 2 dae 19 ure oud



HOOP

deur Ano

HOOP is 'n hulpmiddel vir persone wat sukkel om die dood van 'n geliefde te verwerk. Die hoofstukke is kort en aan die einde van elkeen is 'n paar vrae wat jy aan jouself kan stel. Vrae soos 'Van watter metodes maak jy gebruik om van jou rou af weg te vlug', of 'Hoe hanteer jy verjaarsdae en ander feestelike byeenkomste'? Hierdeur hoop ek die leser sal tyd in introspeksie deurbring en vir homself 'n paar antwoorde vind.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar