Kortverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek het skaars my sak bo-op die lessenaar neergesit toe die telefoon lui. Aai tog, wie sal dan nou so vroeg in die oggend lastig wees, kan ek nie anders om te wonder en hardop te sug nie. Ek het juis besluit om vroeër in te kom om eers deur my e-pos te gaan voor my kollegas die nuuskantoor ingewals kom en alles in ‘n dolle gejaag na deadlines ontkiem.

“...koerant goeiemore,” probeer ek so vriendelik as moontlik antwoord en hoop innerlik ek klink darem nie te suur die tyd van die more nie. Ons is immers afhanklik van ons lesers vir nuuswenke.
Doodse stilte aan die anderkant van die telefoonlyn begroet my egter.
“Hello?”
Steeds geen antwoord nie.
“Luister, ek het nie tyd vir bullshit nie,” kan ek nie anders om te sê nie.

“Meneer?”
Die stem klink vaagweg bekend, maar ek kan dit nie picture nie.
“Ja...?” antwoord ek effens huiwerend. “Waarmee kan ek help?”

Vir ‘n wyle gons die telefoonlyn en ek wens dat die gode my kan toe smile en dat die gesprek om een of ander rede afgesny is. Tog, die hoop beskaam hom skaamteloos helaas nie.
“Dit is ek, Anna, meneer. Onthou meneer dan nie meer vir my nie?”
“Anna? Anna van die Plain?
“Ja meneer dit is weer ek en weet meneer wat- die tokkelossies is nou eers erg besig, ek sweer hulle operate nou met ‘n nuwe remote.”

My gedagtes hardloop memories vêr na maande vantevore toe my paadjie die eerste keer met die van Anna Prins gekruis het. Dit was knap voor saktyd en ek sal nooit die huilende stem vergeet wat my begroet het toe ek vererg die foon beantwoord het nie. Ek was reeds laat met my storie en een of ander verdompde regeringswoordvoerder het boonop niks van hom laat hoor, soos plegtig belowe nie.
Die gehuil het geklink soos die van iemand wat lankal nie meer trane oorgehad het om te stort nie. Oor Anna en die lastige tokkelossie wat haar so verpes het. Oor haar neighbours wat agter die hele siek gebeure gesit het. Oor die horny tokkelossie wat haar sommer helder oordag wou gryp en seks en met ‘n remote deur die bure beheer word.

Net die tipe storie wat ons lesers met smaak sou wou lees het ek gedink en met haar gereël vir ‘n onderhoud.
Dit was omtrent ‘n missie om Anna in Mitchells Plain op te spoor. Volgens haar, het sy nooit te lank op een plek gebly nie uit vrees dat haar bure en die se tokkelossie haar sou opspoor.
“Ek kan snags nie slaap nie soos wat die tokkelos my net wil seks ek kan nie meer so voortgaan nie,” onthou ek Anna se laaste woorde van ons telefoniese gesprek.

Vyf cops was by die betrokke huis toe ek en die fotograaf opdaag. Anna het ‘n lys met voertuie se nommerplate na vore gebring en aan ons en die polisiebeamptes haar sêd, sêd storie vertel. Die nommerplate was glo van buitelanders wat aangestel was om op haar te spioeneer.

“My lewe is niks anders as hel wat ek nie eens vir my grootste vyand toewens nie,” het Anna gesê terwyl die trane ins strome oor haar wange gebiggel het

Volgens haar, was alles een groot komplot waar haar bure nie sou rus tot sy ses voet onder die kluite was nie. Die polisiebeamptes is daar weg met die belofte dat hulle Anna se bewerings sou ondersoek, maar ek kon aan die vonkel in hul oë sien, daar sou niks van die saak kom nie.

Anna, die het ek later uitgevind, was al in tallose psigiatriese instellings waar sy ieder en elk daarvan beskuldig het dat hulle haar wou vermoor. Maar sy het hoog en laag gesweer dat daar niks met haar skort nie, dat sy al haar varkies en die se families op hok het.
Ek het eintlik al van Anna, haar horny tokkelossie en die remote vergeet. Dit was immers net vir my ‘n storie van ‘n vrou wie se kop duidelik uitgehaak het.

“Ek kan nie meer nie,” sê Anna sag. So sag dat ek eers dink dat ek my verbeel het, dat haar woorde net so verregaande soos haar bewerings was.

“Anna...” Ek weet nie eintlik wat om vir haar te sê nie. Haar te oortuig dat die grombeelde in haar mind niks anders doen as om haar stadig op te vreet nie. Dat dit tyd was dat sy haar medikasie soos ‘n windgat dissipel moet begin te neem en aanbeweeg met haar lewe nie.

“Die remote,” val Anna my in die rede. “Ek het die remote in die hande gekry.”
“Rêrig?” vra ek terwyl ek in my siel weet dit is weer een of ander wolhaarstorie wat in haar stowwerige gedagtegange opgetower was.
“Ja,” sê Anna, terwyl ek nie anders as om die helderheid in haar stem te bespeur nie.
“Ek het dit hier in my hand en weet meneer wat?”
“Wat Anna?” vra ek en weet ek gaan die vraag berou.
“Haai nee meneer, ek try mos toe die remote op my TV en skrik my toe amper annerkant my dinges.

“Dieselfde verbeeldinglose, absurde goed wat elke dag op TV uitgesaai word, word in die remote gestoor en...”
En die foon gaan dood en ek weet dat Anna se kleingeld vir die tiekieboks op is.

Daar is hoop vir Anna, dink ek kopskuddend terwyl my kollegas een vir een die nuuskantoor binnedrentel.

Daar is hoop vir Anna as sy die kaf op TV kan sien vir dit wat dit is: siellose prentjies, almal gebrou in die kombuis van ‘n mind wie se remote-batterye stof begin opgaar het.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Anna en die remote
Daar is nogal ooreenkomste!
9 jaar 10 maande 3 weke 1 dag 3 ure oud



Weerloos

deur Maangodin

Eroties Afrikaans - sodat ons in ons eie taal geprikkel kan word.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar