Kortverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Antwoorde vir gister

Hy sit in sy hotelkamer waar hy die afgelope week bly. Vandag se gebeurtenis hinder hom. Hy weet nie juis hoe om dit te hanteer nie. Hy’t haar daar sien lê. Sy’t ‘n rokkie aangehad. ‘n Vaal ou meisietjie. Sy het so weerloos gelyk. Toe hy verby haar stap het sy weggekyk en hy kon sweer hy het haar sy naam hoor sê. Maar hy weet ook nie. Hy kon hom mos verbeel het. Hoe kan hy daardie meisietjie vergeet, haar net daar los. Hy het besluit om terug te gaan, terug na waar hy haar die oggend sien lê het. Hy het haar nie gekry nie – net ‘n briefie wat sê: Ek sal reg wees. Dankie. Hy het rond gevra maar niemand het haar daar sien lê nie. Hulle het hom snaaks aangekyk asof hy ‘mal’ is – ander het hom uitgelag. Maar hy hét haar gesien. Tog as hy terug dink aan die oggend se gebeure let hy dat hy nie regtig kon agterkom dat die ander mense enige ontferming vir die arme meisie getoon het nie. Hulle het nie eers haar sku aangekyk nie. Net verby geloop asof sy nie regtig daar gelê het nie. Toe hy terug kom na sy hotelkamer het hy op sy bed gaan lê en dink…
Hy kon haar nie uit sy gedagtes kry nie. Hy het die heel tyd haar beeldskone gesiggie in sy geestesoog gesien met haar fyn handjie wat haar gesig half probeer wegsteek, haar lang maer beentjies – nie uitgeteer nie, net fyntjies – en haar klein voetjies, perfek geskape om haar beeldskoonheid netjies af te rond. Sy het op ‘n stuk lap gelê amper soos ‘n laken. Haar een been was half onder die ander een weggesteek. Sy het blonde hare gehad en soos die son daarop geskyn het, het dit pragtig geblink. Hy kon sien dat haar vel sag was soos ‘n babatjie se boudjies – dit het hom aan háár laat dink. Haar klere was stowwerig, nie regtig vuil nie, meer soos ‘n kindjie s’n wat in die sand gespeel het – die laken ook. Tog het dit gelyk of sy goed versorg is. Sy het nie uitgeteer gelyk nie. Sy het ook nie honger of dors gelyk nie. Hy weet steeds nie hoe om dit te hanteer nie. Hy wens hy kon haar weer sien; haar gesig sien. Hy wens hy kon sien hoekom sy weggekyk het. Wat was regtig fout? Hoekom kon sy hom nie aanskou het nie, hoekom moes sy weg kyk? En hoekom het sy daar gelê? Hoekom kon net hy haar sien?
Hy moes aan die slaap geraak het, want toe hy die klop aan die deur hoor, sien hy dit is al 09:30. Hy moet om 10:00 uit wees. Die klop aan die deur is seker die skoonmakers. Hulle kom gewoonlik hierdie tyd hier aan. Hy skarrel rond om vinnig ander klere aan te trek. Die persoon buite klop weer aan die deur – die klop klink nou ongeduldig. Hy gaan deur toe en maak oop. Daar is niemand. Hy kyk in die gang af: niemand. Hy besluit om maar weer in te gaan en sy goed te pak. Hy wil graag weer daar gaan verby loop, waar hy die meisie gister sien lê het, voor hy die groot stad verlaat. Dalk sien hy haar weer.
Hy loop na ontvangs toe om uit te boek en loop dan na waar sy motor geparkeer is onder ‘n groot ou wilgerboom. Toe hy die lang treurende latte van die boom sien dink hy weer aan die meisie van gister. Hy maak die kattebak oop, sit sy bagasie in en maak weer die kattebak toe. Hy sluit dit en gee ‘n sagte sug asof hy nie regtig wil weggaan nie. Hy het gekom vir antwoorde oor sy verlede en dit gekry, maar steeds gaan hy weg met meer vrae as waarmee hy gekom het. Vrae oor die meisietjie. Vrae wat hy nie kan antwoord nie. Wat hy wens hy kan antwoord.
Toe hy in sy motor wil klim loop ‘n blonde vrou vinnig verby en in die verbystap laat val sy haar sleutels. Hy sien dit en tel dit op. Die vrou gaan in die hotel in en hy hardloop agter haar aan. Toe hy binne kom kyk hy rond, maar hy sien nie die vrou met haar tweed mini-romp en haar lang, maer bene nie. Hy vra vir die een ontvangsdame of sy haar nie gesien het nie, maar geen geluk. Die volgende oomblik toe hy omdraai sien hy die vrou met die mini-romp en lang bene. Hy stap na haar en vra of dit dalk haar sleutel is. Iets hinder hom. Sy is dan nie blond nie. Sy verstaan hom ook nie. Hy wys vir haar die sleutels, maar sy skud haar kop. Hy gee toe maar die sleutels vir die ontvangsdame en gaan na sy motor toe. Hy sien weer die vrou met die blonde hare, tweed mini-romp en lang bene. Hy loop na haar toe en tik op haar skouer. Sy draai om, maar nie heeltemal nie. Sy steek ‘n gedeelte van haar gesig weg met haar hand. Haar hand is fyn en sag. Hy neem haar hand sonder om iets te sê en trek dit weg van haar gesig. Hy sien die blou merke oor haar wang en haar geswole oog. Dan as hy vir ‘n oomblik probeer wegkyk sien hy haar blou enkel. En vir ‘n oomblik wil hy weghardloop, maar hy bly net staan. Hy vind uiteindelik krag om iets te sê: “Dis jy.” Sy skud net haar kop en probeer wegkyk, maar sy sien ‘n traan oor sy wang rol. Dis asof hy haar herken. Asof dit sy is oor wie hy sy antwoorde kom soek het. Hy dink aan wat die man vir hom gesê het, hy dink aan háár, hy dink aan die dood en skielik word al sy vrae beantwoord: dié oor gister en dié oor sy verlede, want vir die eerste keer na haar dood besef hy hoe sy werklik gevoel het…§



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Antwoorde vir gister
Baie goed
koekoe
11 jaar 2 maande 1 week 1 dag 18 ure oud



KIEKIES

deur Kiekies

'n Potpourri van aardse en menslike insidente, wat wissel van skreeusnaakse humor tot hartroerende tragedie.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar