Kortverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die statige ou huis hou baie aantrekkingskrag vir ons as kinders in. En kinders wil mos by elke geleentheid ondersoek instel om self te wil sien of ervaar wat aangaan. Spook dit werklik in daardie huis? Almal praat altyd van die huis, wat nou taamlik lank leegstaan. So reg uit die storieboeke – spookagtig, leeg en verlate. Daar het nog niemand gebly sedert die laaste inwoners jare gelede inderhaas uit die huis uit is nie. Ek en my vriende wil gaan ondersoek instel, maar elkeen is duidelik te bang om in te gaan. Uitdagings is links en regs tussen ons geslinger. Uiteindelik besluit ons dat stokkies trek die beste opsie sal wees, en raai wat?? Ek was die gelukkige wenner van die kortste stokkie!

Ek stap nader. My vriende por my aan om in te gaan en ek probeer om die banghied weg te steek. Sweet tap van my voorkop af en my hande is papnat toe ek aan die deurknop vat. My hart klop oorverdowend hard in my ore. Na al die jare het die voordeur begin verbrokkel. Dit kraak toe dit oopgaan asook die houtvloere toe ek my eerste tree gee daarop. Ek kyk om. Die groep staan en klets en giggel. Hul vra onder mekaar of hul dink ek die guts het om die taak deur te voer. Ek kyk terug na die stowwerige ingangsportaal. Voetsprore . . . Iemand anders was voor my hier. “Jy is mos nie bang nie!” sê ek braaf vir myself en stap in. Ek sal hulle wys ek is nie die bangbroek wat hulle dink ek is nie!

Ek stap stadig in die gang af en kyk oral om my. Ek stop by die ingang van die sitkamer. Die is so leeg soos ‘n eierdop. Die voetspore is ook in die sitkamer. Dis vreemd. Wie sal nou in so’n huis wil ronddwaal? Dis te klein om ‘n tiener sin te wees . . . Ek draai om en stap verder die gang af. Ek stap verby die kombuis – niks. Nie eens voetspore nie. Wie dit ookal was, was seker te bang om verder te gaan as waar ek nou is. ‘n Trotse gevoel sak op my neer, maar terselfdetyd voel dit asof iemand my dophou. Ek draai om, maar ek kyk af, net vir ingeval . . .

Nog voetspore! Maar diè lyk nuut- asof dit nou net gemaak is. ‘n Koue rilling rol by my rug af. “Wie’s daar?”vra ek- my stem bewerig. “Danika? Eddie?” Ek hoor niks behalwe my eie asemhaling en my hart wat nou wild in my keel klop nie. Die voetspore lei na die eetkamer. Stadig stap ek in en kyk rond. Daar is niks en niemand. Skielik vang iets my oog in die verste hoek van die kamer. Ek kyk stip na die area van beweging met die hoop dat daar niks sal wees nie, maar weereens tot my spyt, was daar .. .

Ek word yskoud. ‘n Jong dogtertjie, seker so 8 jaar oud, staan en kyk vir my. Haar wasbleek gelaat val my eerste op. Haar yskoue oë kyk stip na my. Haar rokkie hang tot by haar knieë, sy het sokkies en skoene aan en haar donker hare, skouerlengte, met ‘n mooi strik om haar koppie gebind. Sy kom outyds voor as ek moet aflei van die kleredrag. Baie jare gelede se mode. My mond val oop, maar geen klank kom uit nie. Die eetkamer voel eweskielik yskoud, so asof daar ‘n wind van iewers af waai., Nog steeds op dieselfde plek vasgenael, hou ek die dogtertjie noukeurig dop. Wat gaan sy doen? Dan beweeg sy en steek haar hand uit na my. “ Ek sal jou niks maak nie,” sê sy in ‘n fyn, rasperige, dog amper hol stemmetjie. “ Ek gaan dit nie eens waag nie!” kry ek uiteindelik uit. Sonder om twee keer te dink, draai ek om en begin hardloop.
Alles flits vinnig verby my en dit voel asof ek in ‘n baie lang gang terug na die voordeur hardloop. Dit voel nou eweskielik dan so ver. Ek kom by die deur, maar dis toe. Het ek dit nie oop gelos nie!?? Ek ruk en ruk aan die deur, maar ek kry dit nie oop nie. Ek was dan dood seker ek het die deur oopgelos, net ingeval . . .

Angs pak my beet en ek voel hoe die yskoue van netnou om my vou. Ek draai om, rug teen die muur, en daar staan sy . . .



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

spook spook
Magties, die kind wil jou iets gaan wys het......
8 jaar 9 maande 1 week 6 dae 22 ure oud



Tong in die kies

deur Delene de Wet

My menswees: my blydskap, humor, nostalgie, ironie, walging en poppies uit pram gooi, en ja, natuurlik ook vuurwarm liefde in die vorm van kortverhale, gedigte, monoloë en briewe. Die boek is 'n gesprek met jou, die leser, want op die einde van die dag is ons eintlik almal besig met dieselfde avontuur in die soeke na oorlewing.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar