Kortverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Hoe brand julle kole?
Kom ons gesels bietjie oor ‘n anner soort gevatte dingetjie wat so lekker uit die see gehaal kan word: Witmossels – Dis darem nie net vir aas nie hoor, hier aan die kus van die Weskus kan ons hom op allerande lekker maniere gaarmaak. Loop kry jou 50 vir die dag – kwota jy weet – en sorg dat hulle groot genoeg is, daar is darem so ‘n ding soos opmaat – 35mm of groter.
Om hom te kry is nou weer ‘n saak van ‘n anner kleur, maar as jy hom raakloop, kan jy lag soos ‘n Eskimo wat op ‘n bosbrand afgekom het! Wag tot laagwater begin stoot, en trap dan daar in die vlat water gate in die sagte sand. Jy voel hom roer onder die voet, dan kan jy hom sommer optel en in die emmer of sag gooi. As jy hom vir aas wil gebruik, kan jy hom in die dop vries tot vir so lank as 14 dae. Mix hom met ‘n sandkrewel, en dis dodelike aas vir steenbras, en selfs mosselkrakers.
Maar magtag man, jy kan hom maar eet ook – heerlike voorgereggie, of maak dit sommer ‘n Weskus okkasie, iets naais vir ‘n hoofgereg.

Capie-mossels:
Vat vir jou 50 mossels (dit kan maar minder ook wees) en kook dit in soutwater. Die wat oopgaan, gebruik jy, die res is asblik kos.
Kap 1 middelslag ui, pietersielie, sampioene en braai liggies in ‘n bietjie olyfolie tot die uie so deurskynend raak. Voeg die mossels by en so ‘n teelepel vars knoffel. Nou om die ding so ‘n bietjie skop te gee soos Hildatjie van 7de Laan altyd sê, gooi jy 200ml vars room (of 400ml as daar baie mossels is) by, en piets hom met bietjie growwe sout en gemaalde peper na smaak. Vir die ekstra skop voeg jy so 200ml droë sjerrie by, en laat die storie prut vir so 5minute. Die mossels kan jy op gaar pasta sit, of eet hulle net so met stukkies vars gebakte brood wat jy so deur die sousie smeer. ‘n Lekker vars slaai daarby en jy is in mossel-hemel! As jou batterywater laag is, is dit net die ding om weer die huppel in jou trippel te sit!



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar


Inge

deur Rachelle du Bois

Inge Bergh is ‘n suksesvolle sakevrou. Sy besit en bestuur haar eie teetuin in die Bergh Kwekery. Sy is gelukkig en tevrede solank sy net genoeg tyd kry om te verdwyn na haar spesiale hoekie by die fontein. Tot haar skok en ontnugtering vind sy een aand iemand anders daar. By haar plek. Wat soek die stil en teruggetrokke buurman, André Grobler, snags in hulle tuin by haar fontein? Hoekom is hy hier waar sy is, nag na nag? En hoekom kan sy nie wegbly nie – wat is dit wat haar snags hierheen bring, net om hom hier te kry? Sal sy ooit verstaan wat dit is wat hom dryf? Sal sy kan verklaar hoekom sy aan die bewe gaan by die blote gedagte aan die aantreklike man met die versluierde oë?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar