Kortverhale

Titel: Beertjie
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

My naam is Mac Manaczynski . Ek sit langs n Kinderbed in die Kanker Afdeling van 3-Millitêre Hospitaal in Kaapstad . Die dogtertjie wat daarop lê is nie myne nie . Ek het nie kinders nie . Ek is ook nie getroud nie . Ek het nie eers n vriendin nie . Ek het n vriendin , ja , maar nie in daardie opsig nie . En al is ek – volgens my vriende – gewild in my ganse vriendekring sal hulle altyd iemand hê , en ek nuwe kennisse deur hulle ontmoet , maar self alleen bly . Ek verkies dit so , bloot omdat dit nie seer maak nie . Aah , die mens se natuur : as dinge te gekompliseerd raak , onkompliseer : wend jou na dit wat vir jou die maklikste is . Vermy . Moet nie in verjoudings betrokke raak nie , dit maak jou seer . Soos n kind wat n teddiebeer moet hê in die nag , teen al die monsters wat in die kas en onder die bed is , en al die geraamtes wat dit nog gaan word wat jy onwetend nie ontgroei het nie in dieselfde kas . Dit laat my skuldig onthou van die dogtertjie wat leukemie het op die bed voor my . En om tot die skuldgevoel by te dra , onthou ek dat ek nie daar wil wees nie . Nie omdat ek nie onselfsugtigheid het nie , maar omdat ek nie die hart het nie . Ek het nie die moed nie , en sluk onsuksesvol teen die knop in my keel . God weet , ek het nie die hart nie , en die knop in my keel keer onsuksesvol die trane . Want die kind wat hier by my op n kinderbed in die Kanker Afdeling van 3-Militêre Hospitaal lê , is besig om dood te gaan . Dit klink hars , maar kinders gaan nie dood nie , hulle gaan net , weg , na n beter plek as hierdie aarde vol vreemde ooms en tannies wat vriendelik is tot jy in hulle karre klim . Weg , want aan sulkes behoort die Hemel waarna hulle toe gaan . Want kinders glo reg : hulle hulle hoop alles , vertrou alles . En partykeer sien hulle dit nooit , want dit lê nie onder in pappa se drankbottel nie , en dit loop nie uit die wonde van die houe wat hy mamma gee nie . Maar hulle bly glo .
Weg , om kinders te bly , en nooit groot te word nie in die Hemel . Die see by die venster uit is ontstuimig , tog mooi , die steenkoolrys lug wat alles donkerder maak as wat dit moet wees intensifiseer die liggies van die stad en die hawe na dit en die ligtoring na dit of dit op maak vir die sterre wat vanaand weggewaai word . Of ons tussen die sterre staan , en hulle in kleure om ons , by ons skitter en gloei , nie net wit ver hang nie . Of Kaapstad n prisma is wat lig in n spektrum van reënboogkleure opbreek om n dogtertjie te vermaak . Dit moet werk , want sy kyk ook daarna . Dan begin dit drup , dan reën , dan huil teen die vensters , of dit ek is , en die Kanker Afdeling ek is , en ek my siel . Hoekom huil ek ? . Omdat die dogtertjie my hart is wat stadig maar seker besig is om op te hou klop en te gaan , nie dood nie , net weg . Sy kyk vir my . Ek weet nie wat om te sê nie , en net om n verskoning te hê om dit nie te doen nie , gee ek vir haar die teddiebeertjie in my hand .
“ Dankie , oom ” .
Sy ken my nie eers nie . Maar ek is al wat sy het . Hier en nou in hierdie ruimte wat haar ruimte is laat sy my onvoorwaardelik toe . Niemand het dit nog ooit vir my gedoen nie . Ek wil saam met haar gaan sodat die gevoel nooit ophou nie , maar ek weet : dit sal moet , want ek mag nie .

Dan verbreek n geraas buite in die gang die stilte binne : skote . Mense skree . Nog skote . Gille word kortgeknip . Die lewe . Die dood . Weers tilte . Grootoog kyk ons altwee vir die deur . Ek vlieg op , los haar hand , draai om , gooi instinktief my liggaam tussen die deur en die bed . Sy laat val die teddiebeertjie . Ek wil dit optel , maar ek is bang ek hoor n skoot , en as ek af buk gaan die deur oop en ek hooe n skoot en n koeël wat bo my verby fluit en as ek weer kyk is sy weg . Ek reik onder my baadjie en bring my pistool te voorskyn . : Colt Peacemaker . Die werking bly dieselfde . Net die trefkrag verskil , genoeg om n verskil te maak . Nodig in Kaapstad waar ons nie speel-speel tussen die sterre is nie , maar rêrig tussen die vlamme van die hel waar die gereg en die onreg cowboys en crooks speel en die crooks wen . Behalwe as die cowboy rooi sien , soos nou : hoekom hier ? . Hoekom nou ? . Sy sal nie so gaan nie . Ek maak vir die deur om uit te storm sodat my pistool dit vir hulle kan gaan skree , met sy bek teen hulle gesigte , sodat hulle die boodskap hard en duidelik kry , so kwaad is . Maar die glas van die ruit agter my bars my uit my vendetta uit , en die vrou wat agterna kom duik my uit die aarde uit . My oog vang n tou wat saam met n helikopter grond toe sak . Sy ruk my aan my hemp op , en stamp my teen die muur wat agter die deur sou wees as sy dit sou oop maak . Dan doen sy dit . Net jammer ek is tussenin .
“ Sluit ! ” , is al wat sy kortaf beveel . Voor ek tot verhaal kan kom , vou haar hand oombliklik om die handvatsel en trek dit met geweld toe .
As ek tot verhaal kom , onthou ek dat sy selfs in die kamoeflering van die Polisie se Spesiale Taakmag beeldskoon gelyk het . Ek hoor nog skote , projektiele wat uit patrone in rondtekamers ontplof , en in mure vasslaan , gevolg deur die geluid van nat Polisie stewels wat hardloop op die hospitaal vloer , gevolg deur stilte . Behalwe die storm wat deur die leë vensterraam woed waaar n ruit oomblikke tevore was . Die dogtertjie op die bed huil bang terwyl die reën in vlae oor haar swiep , en ek word opnuut kwaad . My hand vou om dieselfde handvatsel , en pluk die deur oop . Met my wapen verleng voor my , dek ek die twee punte van die gang . “ Waarheen ?! ” , is al wat ek uit kry .
Die verskrikte matrone wys in die rigting van die ry nat spore wat om die hoek weg raak . “ Soontoe ” .
“ Kry die kind hier weg ! ” . Dan volg ek die water wat my lei , om die hoek , tot by die trappe , boontoe . Ek hardloop , die wapen n verlenging van my arms wat ek uitstrek , op , op . Dan hou die spore op waar die trappe by die boonste vloer stop . Ek pluk die deur oop , maar word met n stel trappe terug en af gegooi as die laers van n haelgeweer patroon in my skouer vasslaan . Ek doen wat enige polisieman sou doen om die beste van die situasie waarin ek is te maak : trek n skoot in die rigting van die vyandelike vuur af . As my kop die muur tref dieselfde tyd as wat my liggaam uitgestrek die landing tref wil ek bly word as ek n kreet hoor , maar die pyn in my skedel knip die gevoel kort af . Vir n oomblik wil alles swart word voor my , maar ek dwing myself op my knieë . Ek sukkel regop , en sukkel met die trappe op , bewus van die nat gevoel in my hare , en in my nek , en die duiseligheid wat my omring . Swart kolle speel voor my oë . As ek deur die ingang tree , sien ek die kolle bloed wat nat spore volg in die gang af , om die hoek . Ek het nie tyd om te wonder wat vir my daar wag nie . Ek moet by dit uit kom voor die gevoel van ‘ ek wil net my oë toemaak en slaap en vergeet van die pyn ’ my oorweldig . Ek verdwyn om die hoek . In die nuwe gang verdwyn die gevoel ook , om plek te maak vir vrees . Dit voel of elke oop deur n kas is waaruit monsters wil kom , elke leë bed ook n monster in het wat daar gaan uit kruip , en my bespring . Dan , voor n toe deur wat sê ‘ Laboratorium ’ , hou die twee rye spore op , en loop onderdeur . Deur die ruit in die deur sien ek n man . Hy lig n 12 Boor Pomp-aksie Haelgeweer op . Ek kyk vlugtig na die wond in my skouer as ek besef het hy het my daarmee geskiet , ek moes dood gewees het , maar ek is nie . Daar is n rede , maar ek het nie nou tyd om vir die rede te luister nie , want
die enkelloop se bek wys in my rigting . Daar gaan nie tyd wees om dieselfde te doen nie . Hy span dit met sy ander hand , en sy vinger druk die sneller . As die skoot afgaan maak ek my oë toe om nie nikksiende met ooop oë in Rigor Mortis in te gaan nie . My brein daaragter wil nie die pyn waarmee ek uit die wêreld moet gaan , registreer nie . Dan besef ek : die glas voor my het nie gebars nie . Die hoë grein laers van die rondte het nie my gesig weggeskil en my skedel agter oopgebreek en dit in my brein agter dit patologies kom ingrawe nie . Want die skoot het nie van daardie haelgeweer afgekom nie , maar van die standaard regering uitgereikte M-16 van die Polisie se Spesiale Taakmag . As ek na sy gesig kyk voor hy reeds dood eenkant toe gegooi word deur die trefkrag van die rondte wat penetreer , oopbars , en vier projektiel skrapnelle word wat in vier rigtings uitsprei in die skedel , is my laaste gedagte voor die pyn in my skouer weer as gevolg van bloedverlies weer by my registreer , dat dit vetrek en verwrong gelyk het , soos n kop in n dekompressie luik waarvan die drukking stadig tot maksimum gedraai is voor die voor die hefboom wat die lug oombliklik skielik af geklap is , en die man bo sy skouers saam met die vakuum leeg geword het . Dan word alles die mooi steenkoolgrys van vroeër in die nag wat alles donkerder maak as wat dit regtig is , en die liggies in die stad , en die hawe na dit , en die ligtoring na dit intensifeer of dit op maak vir die sterre wat weggewaai word . Ek staan weer tussen die sterre . Hulle skitter en gloei by my , om my , en hang nie net wit daar ver nie , of dit n prisma is wat lig in sy spektrum van reënboogkleure opbreek om my te laat vergeet om wakker te worrd uit my diep bewustelose slaap .

Dieselfde stem wat my kortaf beveel het om die deur te sluit vra my moi om oë oop te maak . Ek wil dit doen , of dit daardie selfde deur is wat ek oop pluk met my wapen in my hand , maar alles voel loodswaar .
“ Dit is die narkose “, hoor ek die stem van die verskrikte Matrone wat gewys het in die rigting van die ry nat spore wat gewys het na die spore wat om die hoek verdwyn het .
Ek loop weer in die rigting van dieselfde ry spore , verdwyn om dieselfde hoek . Ek klim met dieselfde ry trappe op , tot dieselfde ry spore voor dieselfde deur ophou wat na dieselfde gang in die boonste vloer van my nagmerrie toe lei . As ek dit oopmaak is ek so bang vir dieselfde oop deure in die gang wat soos die deure van kaste is waarin dieselfde monsters van my geheue wegkruip terwyl ek wag vir dit om ook onder dieselfde leë beddens uit te kruip om my te bespring , dat ek vergeet van die skoot wat voor dit af gegaan het . Die skoot wat my getref het , en die ander skoot uit die ander wapen word een . Ek maak my oë oop . Dit was net n droom . Voor my sien ek die gesig van die vrou met die Polisie kamoeflering aan . Sy is nog steeds beeldskoon . “ Is ek in die Hemel ? ” .
Sy glimlag speel-speel . “ Nee , maar jy was amper ” .
“ En jy is nog steeds n Engel ” .
“ Wat het jou besiel om agter my aan te kom ? ” .
“ Ek is n Polisieman ” . Ek dink daaraan dat dit n swak optellyn is . Ek het nie geweet wat ek nou eintlik wou sê nie , maar sy was eteries mooi . Ek moes iets sê . “ Ek weet nie wat om te sê nie ” . Dit is nou iets . “ Baie Dankie , dat jy mt lewe gered het ” . Eintlik voel dit of ek dood is .
“ Dit is ne ek wat jou lewe gered het nie...hy wou my skiet...toe kom jy...” .
“ Wat het gebeur ? ” . Sy het die mooiste lippe . Ek hang elke woord aan as sy
sê : “ Ons het mekaar raakgeloop . Hy was vinniger . Hy het na my gemik . Ek het geduik , geland , iets omgestamp , dit het op my geval . Sy loop het my gevolg . Ek het my wapen in die proses verloor . Toe kyk hy na die deur , en mik na jou . Alles het so vinnig gebeur , ek het net gegryp , en geskiet . Refleks ” .
“ Goeie refleks . Wat het hy hier kom soek ? ” .
“ Ontsnapte voortvlugtige . Gewapende roof . Ons het hom hier gekry . Ek het gehoor hy is op die vloer . Toe maak ek my ingang ” .
“ Maak jy altyd so jou...ingang ? ” .
“ Net as tyd kort is ” .
“ Waarvoor was hy in ? ” .
“ Mensehandel...liggaamsdele...Nigeriër “ .
“ Waar was die gewapende roof ? ” .
“ Hier ” .
“ Hier ? . Wou hy geld...? ” .
“ Mense . Weet jy waarheen was hy oppad ? ” .
“ Nee ” .
“ Na jou kamer toe ” .
“ Hy sou n fout gemaak het . Ek is n Polisieman ” .
“ Polisiemanne word daagliks dood geskiet ” .
“ Nie dit nie...ek bedoel ek smaak sleg...vir muti...maar op die regte plek , en die regte tyd...” . Ek laat die suggestie in die lug hang . Sy bloos onwillekeurig . Het ek genoem sy het n mooi gesiggie ook ? . “ So , wat nou ? ” .
“ Wat nou wat ? . Wat bedoel jy ? ” .
“ Gaan ons hom lewendig skok en en hom weer dood martel om antwoorde te kry , of gaan ons self uit vind ? ” .
“ Wie is ons ? ” .
“ Ek en jy ” . Vir Polisie is sy ook maar dom . “ Jy het dekking nodig ” .
“ S.W.A.T. Het nie dekiing nodig nie ” .
“ Beertjie het ” .
“ Wie is Beertjie ? ” .
“ Onthou jy die klein dogtertjie wat jy nou-nou onder glas toegestrooi het toe jy soos Spider Woman deur die ruit getrek het ? . Dit is Beertjie ” .
“ Ek...het dit nie so bedoel nie ” . Sy kyk af .
Nee , skop ek myself , moet nie weg kyk nie . Sy het mooi oë , sien . “ Ek weet...Spider Woman ” .
“ My naam is Stephanie...Venter ” .
“ My naam is Mac...Mac Manaczynski . So , het ons n ooreenkoms , Stephanie...Venter ? ” .
Sy skud haar kop . “ Jy is nie gesond nie ” .
Ek byt op my tande , sit regop . Dan swaai ek my bebe van die bed af , en gaan staan voor haar . “ En jy is nie Spider Woman nie ” .
“ En jy is n goeie Polisieman ” .

Ons loop saam met die trappe van die Nigeriese hool op of dit die natuurlikste ding op aarde is . Ons het die lyk se adres maar by die Polisie gekry , want hy wou dit nie vir ons gee nie . Voor nommer dertien stop ons . Ek hoop ek is nie bygelowig nie . Tyd om uit te vind . Ek tree terug om die deur af te skop . Sy tree vorentoe en maak die deur oop . Ek trek tussen n klomp Nigeriërs in wat my verbaas aan kyk omdat ek wit is . Dan spaander hulle om voor my by die deur uit te kom . Ek doen die enigste ding wat ek aan kan dink : trek n waarskuwings skoot af , en rig my wapen op hulle . Daar is ten minste sestien van hulle , en een van my , daarom is ek verlig om te hoor en sien dat Stephanie dieselfde doen . Hulle maak soos volstruise , en duik kop eerste aarde toe . Miskien dink hulle ook dan kan ons hulle nie sien nie . Voetstappe kom aangehardloop . As dit n mens by kry , wil die persoon weet wat aan gaan . Hy kondig aan dat hy nog van die Metro Polisie is , ook . As ons hom inlig , sê hy iets van Nigeriërs , en klim op sy foon . Nie lank daarna nie , is die hele Metro Polisie ook daar .

By nadere kennismaking vind ons uit dat al die volstruise onwettige immigrante
is , en die doel van hulle besoek ook mensehandel . As hulle hoor dat ons hulle vir hulleself gaan voer as hulle nie sing soos kanaries nie , kekkel hulle soos n klomp hoenders op lê-meel . Dit is snaaks hoe n Polisieman hom op die snaaksste plekke op die snaaksste tye bevind : soos byvoorbeeld op n Bosbok oppad Wonderboom Vliegveld toe om middernag . Vanaar pik n Euro-helikopter ons op , en laai ons langs die Hartebeespoort Polisie-Stasie af . Hier laai die Spesiale Taakmag , en Narkotika Buro ( ja , muti is n onwettige dwelm wat van mense gemaak word ) ons op , en ry met ons oor die damwal , deur die tonnel , tot by die kruising , dan links . Hier is daar n taverne . In die taverne is die Nigeriërs – Nigeriese Mafia , besig met die handel van onwettige wapens wat deur mensehandel finansier word . Dit is verbasend hoe gou Nigeriërs uit n plek kan peul as iets onwelkomend daar in gaan . Veral as daardie iets onwelkomend traangas is . Sover as wat hulle met hulle hande voor hulle gesigte blindelings proesend by die deur uit val , word hulle deur honde neergevel deur mense geboei , en en agter in drieton-trokke gegooi wat as vangwaens dien . Kort voor lank klink dit soos Ambulanse met gerookte pasiënte agterin . Die oggend word daar n hoop Adrian Kalasnikov’s se breinkinders gekonfiskeer , n paar wapenkiste vol Makarov’s , en net soveel kiste vol A.K en nege millimeter ballistiese rondtes . Die bose reuk van muti vul die vertrek . Dit ruik of n lykshuis se krag afgegaan het . Daar word n Polisie lint gespan , en begin om die plek leeg te dra , en af te breek . Genoeg drankbottels om Ierland vir vir n feesseisoen gelukkig te hou word op n hoop gegooi , muti , dagga , en ander gekonfiskeerde dwelms bo-op gegooi , en met alkohol aan die brand gesteek . By een gerookde pasiënt kry ons n leidraad : n woonstelgebou in Sunnyside , hoeke Esselen , en Nelson Mandela . Daar ontaard die opruimings-operasie in n skietery tussen Polisie en misdadigers . Baie Polisie sterf daardie oggend . Maar meer misdadigers . Die res word aan die Polisie se genade oorgelaat , die genade wat misdadigers kan verwag as hulle Polisie vermoor : geen . Hulle noem dit Mapogopogo – die doodstraf . Moeg volg ons ons spore weer terug Wonderboom Vliegveld toe . Stephanie moet nie alleen wees nie , want sy het haar kollega wreed voor haar oë verloor . Ek kry respek vir die vrou . Sy het nie net n mooi gesig nie , maar meer moed as die meeste mans , en hel , sy kan skiet : sy het een wat my met n machete – n panga – wou kap , met n M-16 op n afstand van n honderd en vyftig meter in die donker uitgehaal , oombliklik . Soos hy sy arm op en teruggetrek het om my te kap , het sy sy arm by die buig van sy elmboog af geskiet . Toe hy sy stompie vasgryp , en gil , is hy met n koeël deur die agterkop stil gemaak . Ek onthou dat dit vreemd was – selfs vir my wat dink ek het alles gesien – om bloed by sy halwe kop en arm te sien uit spuit . Hy het oor homself gestort , en op sy knieë gesterf . Miskien , dink ek , is dit nie ek wat haar nie alleen moet los nie , maar andersom .

Haar woonstel is n ironiese verlenging van haar vroulikheid . Eers as sy die deur toemaak , val sy in my arms en bigin huil . Ek sit my arms om haar , en druk haar kop teen my bors .
“ Louwtjie was...Louwtjie was...so jonk...hy het nou die dag nog klaargemaak by Waterval...hy was die jongste...ons baby ” .
Ek onthou vir Louwtjie...Louwtjie wat met sy kop op haar skoot in sy eie bloed verdrink het . Sy oë het haar bang aangekyk om hom te red , maar sy was magteloos . Ek gee nie om dat sy bloed ook aan my af smeer nie . Sy moordenaar se bloed is op my hande , my Colt se pantserbrekers . Dit is darem een troos . Ek het die haat in sy oë saam met sy kop mano e mano – man tot man – trompop weggeblaas . Hulle noem hom nie verniet die Peacemaker nie . Daar is so min van die oor met wie ek en Stephanie klaar is , Forensies kon nie eers n I.D. foto neem nie . Dit is nie in-en-uitgangspunte nie , dit is demolisies . Ek kon nie besluit of ek van adrenalien , of vrees gebewe het nie . My oë is nou so koud en hard soos toe ek daaraan dink . Ek moet my lip byt tot ek bloed proe om nie te huil nie . Dan ruk ek myself na ek weet nie hoe lank nie reg , stoot haar saggies van my af weg , en vra sag : “ Hoekom gaan vat jy nie n warm bad , trek jou nagklere aan , wys my waar jou melk , mikrogolf , en neutmuskaat is , en ek maak vir jou iets wat jou gaan laat slaap as jy klaar is nie ” .
“ Ek wil nie alleen wees nie...ek is bang ” . Post traumatiese skok .
“ Ek is in die sitkamer ” .
“ Kom sit by my...asseblief ” .
“ Stephanie , dit gaan wreed wees van my om van jou situasie misbruik te maak om jou liggaam te sien ” .
Sy kyk my grootoog , bang aan . “ Ek het dit nie so bedoel nie ” .
Ek lig haar ken met my vingerop . “ Hou op om verskoning te maak vir iets wat ek klaar weet . Oukei ? ” .
“ Jy maak nie misbruik as ek jou weer vra nie...asseblief ” .
Die aand moes ek haar uit die bad uit in my arms optel en kamer toe dra toe die bloed van haar bene af spoel en in die water rondom haar sprei . Sy het net so in my arms aan die slaap geraak . Ek was bly ek was nie die Polisie Kapelaan wat vir Louwtjie se ouers moes gaan vertel nie .

Al wat ek van die begrafnis onthou is dat dir gereën het . Verder wou ek alles vergeet , daarom het ek dit uitgeblok . Dit is nodig as jy n Polisieman op n Polisieman se begrafnis is – veral as dit n onnatuurlike dood was , en jy hom sien gaan het – want jy moet dit nie kop toe vat nie : volgende keer dra hulle jou dalk in die reën na n moddergat toe . Dit is nie die lewe nie , dit is die Polisie . Dit is die tweede keer dat ek saam met Stephanie agter n toe deur staan . Net , die keer doen sy niks . Miskien is net uit gehuil . Sy laat toe dar ek haar rusbank toe vat . Ek gaan haal haar kussing , haar duvet , en haar Pooh-teddiebeer . Sy drink die warm melk met neutmuskaat in wat ek vir haar maak . As God my gebruik om alles vir haar weg te vat deur alles op myself te vat , is ek bly , want ek kry dit
reg . Dit voel weer of ek voor Beertjie se bed sit .

Die middag bel sy my van die Hospitaal af : ek moet kom . Dit is al wat sy huil . Toe weet ek . Ek probeer weer vereenvoudig – ek gaan net nog n man met n wapen wat hy op my gaan rig en vinniger as ek gaan wees uit die uit haal . Ek gaan met my kop op Stephanie se skoot in my eie bloed verdrink . Die bloed gaan stukke longe word . Ek gaan verstik , verwurg , swaar dood gaan . Dit is makliker . Dit is my vir wie hulle in die reën na n moddergat toe gaan dra . Ek vat dit nie kop toe nie , ek blok dit uit , ek voel niks , sterf op my knieë met my nagmerries weggeskiet , en my hart uitgeruk . Vrees spuit uit my are uit . Die etter daarvan mors op my . Dan tref die harse werklikheid my , wat ek hier kom doen het voor ek agter Stephanie aan is omdat ek n Polisieman – eintlik net n man – is , wat ek oorspronklik hier kom maak het : die ongelukstoneel waar ons afgestaan het , die kind in die kar met die stuk glas in haar kop en die vlamme om haar agter in die kajuit van n tweedeur wat omgekeer gelê het . Hoe ek deur n platgedrukte leë raam waat n ruit was myself gedwing het , en haar uitgetrek het , versigtig om nie die skerf in haar slaap te steur nie . Daar was net tyd om haar uit te haal . Ek het letterlik net my rug op die wrak gekeer met haar in my arms toe dit ontplof . Ek kon nie besluit wie se geskree die ergste was nie –
hare , of haar ouers s,n . Daar was nie tyd om te wag vir die Ambulans nie , ons moes met haar jaag , want dit het gelyk of al die bloed wat in haar was toe op haar was . Ons moes by die Hospitaal kom , en ons moes daar wees voor die Ambulans op die ongelukstoneel was , dit is hoe gou . Nadat die Blitspatrollie motor waarin ons was alle vorige rekords oortref het , en sy ingehaas is , haastig om vir haar bloed te gee , moes ons met n skok uitvind dat dieselfde dogtertjie oppad was na dieselfde hospitaal toe , vir dieselfde bloed . Omdat sy leukemie het . Dit sou dit nie wegvat nie , net verlig , tot dit dit vir die laaste keer uitstel . Want die agt maande wat sy gekry het , het daardie aand nege maande geword . Sy het skielik net ophou asem haal by die huis omdat die asemhaling senuwee in haar brein eerste gefaal het . Toe het haar respiratoriese sisteem gefaal , en sy het blou in die gesig geword . Teen die tyd was haar pappa-hulle reeds oppad hospitaal toe . Sy het nie eers geweet van die ongeluk nie , nie n slag gevoel
nie , nie die skok daarvan nie , nie die kar voel rol nie , nie gehoor hoe dit in vlamme uitbars nie , nie die vlamme om haar gevoel nie , nie die skerf van die agterruit wat in haar slaap gesteek het nie , nie die Polisieman gesien wat homself deur die gat so groot haar lyfie na haar toe gedwing het nie , en hulle saam uitgekry het voor hy sy rug gedraai het en mamma en pappa saam met die kar ontplof het nie . Ek kom agter dat ek van myself praat , soos dit ook net ek was in die Kanker Saal van die 3-Millitêre Hospitaal in Kaapstad , terwyl dit nie oor my gaan nie .

In die Ingangsportaal wag sy vir my in haar lang wye wit kaasdoek rok . Sy lyk soos n engel . En ek is net n mens . Die keer is dit ek wat in haar arms val , en begin huil . Die warm melk van haar woorde , die neutmuskaat van haar stem tel my op uit my trane bad as Beertjie se bloed om my sprei , en gaan lê my net so op haar hart se bed in haar verstaan se arms neer om in Beertjie se dood te slaap terwyl sy vir my in die reën begrafnis toe gaan en Beertjie alleen na n moddergat toe dra . “ Waar is sy ? ” , vra ek .
Stephanie vat my hand . Saam stap ons in die gang af , tot by die hysbak . Sy druk die knoppie , en ons wag . As die deur oopgaan , klim ons in . Sy druk die knoppie vir die boonste vloer . Ek word bang : die boonste vloer is Intensief . As die hysbak daar stop , klim ons uit , verby die oop deure met die leë beddens wat nie meer saak maak nie...nie meer bang maak nie . Snaaks hoe jy wil hê n bed moet leeg wees en die deur oop as jy oppad is na iets toe wat jou banger maak . Ons gaan in by die kamer waar die dogtertjie op die bed lê . Sy glimlag seer as sy my sien . “ Hallo , oom , ek het vir oom gewag “ , fluister sy . Die teddiebeertjie lê op haar bors . Haar bors beweeg te stadig op en af . Die hart-monitor piep nie gou genoeg nie . Ek onthou dat my bloed nou in haar are loop , en in haar hart
pomp . Sy steek haar hand uit . Ek byt op my lip om nie te begin huil as sy my nader trek nie . Ek kom nou eers agter dat Stephanie nog nie die ander hand gelos het vandat ons by die Ingangsportaal weg is nie . Ek byt harder , op my tande , maar dit help nie . Eers begin die trane in my keel af loop , dan oor my wange . Ek kan nie onthou wanneer laas ek so gehuil het nie . Toe ek my vrou begrawe het , kom dit na my toe . Daardie aand het ek die sneller getrek nadat die rower dit gedoen het . Daardie aand het ek saam haar gevoel wat ek nou voel . Op die oomblik wens ek weer dit was anders . Sy druk die beertjie teen
my . Stephanie vat dit omdat ek nie kan nie . Ek kyk vir haar omdat ek moet weg kyk . Sy huil ook . As ek weer terug ky , sit die dogtertjie haar hand voor haar lippe , plak n soen op haar vingers , en bring dit na my mond toe . Ek hou haar hand daar . My trane loop oor die rugkant van haar hand met haar arm af , en meng met haar eie in haar nek . “ Toemaar , oom...ek is nie meer bang nie ...Jesus het die seer eerste gevat ” . Sy draai haar kop , en maak haar oë toe .
Haar bors gaan nie weer op nie . Die groen indikator op die hart-monitor word n reguit lyn . Die piep word n fluit wat skril mure om my onaanvaarding bou , en my veilig binne hou , weg van aanvaarding , uit die kloue van die werkilkheid , en die monsters wat weer terug kom . Dieselfde matrone van daardie dag kom staan net in die deur . Na n ruk loop sy tot agter Stephanie , en sit haar hande op haar skouer . Ons huil omdat net drie mense in die kamer huil . Die vierde een hoef nooit meer nie . Wat het nou gebeur ? . Ek weet niks dat niks die vraag sal antwoord nie . Maar ek weet ook dat Stephanie , soos daardie vraag , my hand nooit sal los nie . Ek sit myne op hare , en ek sien die speel-speel glimlag op haar mond en die probeer in haar oë dat sy dieselfde doen .

Stephanie kerf die beertjiekunstig op die wit graniet uit . Daarna verf sy dit met ligte bruin verf om dit te laat uitstaan . Behendig bring sy die oë , snoet , en mond in swart aan . Onderaan verf sy in pienk : Beertjie . Met dieselfde pienk maak sy kussinkies vooraan die beentjies en armpies in die vorm van hartjies . Bo-aan die prentjie pryk n foto van n dogtertjie met n teddiebeer in haar arms , haar mamma en pappa by haar , en sy self in hulle arms . Ek trek Stephanie na my toe , en vou my arms beskermend om haar as n koue sterk wind begin waai . Met my gesig tussen haar mooi bos hare begin ek weer huil . Ek dink daaraan dat dit waar is wat Job gesê het : God gee , en God neem...God het niks van my gevat nie , want sy was nie myne nie . Maar God het ook iets wat nie myne was nie vir my gegee . Ek lig haar ken met my hande , en vee haar trane af met my duime . My oë kyk oor die begraafplaas . Ironies , dink ek : God gee my lewe in so n
plek . Die aarde het seker dieselfde gedink toe hy dit geskape het .

- Cornè Etchells .



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Arhoma Gedigte

deur Aná Niem

Ses verhalende gedigte voorgedra: Identiteit, Hierdie kind, Uiterste Wil, Alleen-vrou, Leer van sukses, Lobola. Hierdie CD is die ideale geskenk vir iemand met diepte.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar