Kortverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Dis toe hulle by nommer 10 Eksteenstraat se oprit stilhou wat die probleme begin het.
Want kyk, toe gaan die voorstoep se ligte aan. Iets wat nie altyd sommer gebeur na ‘n aandjie uit nie. En sy bly nog by haar ouers, wie se adres die is.
Maar laat ek min of meer by die begin begin.

Die Vrydagaand is Jaco en Brenda uit soos baie aande voor dit. Niks ongewoons nie, behalwe vir die feit dat nie een van hulle seker horlosies kon bekostig nie, want van tred hou met tyd was daar nie sprake nie. Tyd is in elk geval ‘n relatiewe begrip na so twee of drie doppies.
Maar na ‘n hele paar doppies by Cantina is hulle eers gou weg na die natuurtuin da bo teen die kop.

Nou dit moes seker in die somer gewees het, want toe hulle daarvandaan terugkom, (so half drie se kant) en voor die huis stop was Jaco se skoene uit, en sy hemp nog oopgeknoop. Seker baie warm gewees (weet nie waarvan) en die Renault het nie ‘n aircon nie.

Nou-ja, so is Brenda toe nou maar solank met die trappe op en sê ook sommer vir Jaco dit sal nie nodig wees om die “gentleman” ding te doen en saam te loop nie. Vir almal se veiligheid.
Die trappe is so 12 trappies redelik steil op tot by die voordeur, maar Brenda het hulle met moed aangepak. Gelukkig het sy ook ouder gewoonte ‘n knoffeltjie ge-eet om die drank asem weg te steek.

Jaco wou net terug in die kar om te ry, toe Brenda terugkom en sê haar pa roep hom.

Nou as jy vir oom Hendrik ken, sal jy weet hy’s ‘n goeie mens, maar jy krap hom nie waar dit nie jeuk nie.

So dit was die vinnigste wat ‘n hemp se knope nog toegemaak is. Wel, van hulle.

Toe’s Jaco hier op met die trappe. Maar ook net halfpad, want toe wag Hennie vir hom halfpad teen die trappe uit. Nou wat alles daar vir hom gesê is weet ek nie, en hy wil ook nie regtig sê nie, maar ek kan myself indink.

Wel, toe’s hy maar weer terug na die Renault.
Hier moet ons eers bietjie perspektief kry:
Jaco is ‘n redelike groot ou. Lank en dan nog baie lyf ook. Soos iemand gesê het : “n Hele Chekers sak vol vleis”
En die Renaultjie was ‘n klein karretjie. ‘n Renault 5. Soos ek verstaan was die sitplek al so deurgesit dat hy ‘n paar bakstene in die kussing se plek moes sit net om nie op die grond te sit nie. Ook net een wiper werk. En een van die agterste skokbreker hang los.
Hier onder by die voete is ook nie meer ‘n vloer nie. Wat dit lekker maak as jy rook, dan tip jy sommer hier tussen jou bene.
Die ergste is die brieke wat ook nie heeltemal lekker is nie.

Maar Jaco het homself toe nou opgevou en ingewurg in die wrakkie. Hulle ken mekaar al ‘n hele tydjie so die karretjie het gaatjies sodat die hele sak vleis darem op ‘n manier kan inkom.
So ry hy toe. Terug na sy ma’le se huis wat ‘n hele entjie daarvandaan is. Eers af tot by Hendrik Verwoerd en daarvandaan moet hy oor Loverslane na Monte Vista se kant.
Alles loop goed tot hier so teen Loverslane se opdraande op. Daar het die karretjie eers ‘n paar rukke gegee soos ‘n ding wat stuipe kry. Toe loop staan hy. Teen die bult.
Gelukkig is Jaco groot, en die karretjie klein, so hy moet hom net stoot tot so oor die bultjie. Wat hy toe ook doen. Maar daarvandaan is dit ‘n lang afdraand. Sonder enige robots of stopstrate. Eers weer een aan die einde van die afdraand.
Nou as jy ‘n kar het wat normaalweg die padwaardigheids toetse slaag, is dit ‘n heerlike besigheid om geen stopstrate te hê nie. Maar in die geval, is dit iets anders.
Kyk, so ‘n kar het die manier om spoed op te bou. Een van gravitasie se nadele.
So begin hy toe nou spoed optel, en Jaco voel-voel so aan die brieke sodat hy nie te vinnig gaan nie. Ook nie te veel briek nie, want dan breek jy weer die spoed.
Maar daar is niks. Wel so bietjie, maar nie genoeg nie.
Die ander nadeel wat Jaco gehad het was dat hy nog nie sy skoene weer aangekry het nie. Net sokkies. Nou jy kan bid soveel as wat jy wil. Sokkies raak nie rubber nie. Hulle bly katoen.
En soos die karretjie toe nou spoed optel, moet hy gekeer word. En soos ek gesê het, die brieke het ook hulle gatte gewip en wou nie hulle volle samewerking gee nie. So Jaco moet houvas en probeer briek met die voete om die ding in toom te hou.
Die handrem was ook nie van nut nie, want sy kabel is al jare terug af.
Wel, so gaan dit skaats-skaats teen die bult af.
Soos dit lyk hy het alles onder beheer, spring hy in en probeer so tussendeur die skoene aankry, want die sokkies is ook nie meer sokkies nie, en sy voetsole is ook nie van rubber nie.
Gelukkig het hy darem voor die einde van die afdraand altwee aan gekry.
Hier na die einde van die afdraand toe moet daar mooi beplan woord, want daar onder is ‘n robot, wat met sy geluk net mooi rooi sal wees teen die tyd dat hy daar kom.
So die dele waar die pad mooi reguit loop, los hy hom so ‘n bietjie, en hardloop sypaadjie toe. Dis nou om solank klippe of bakstene bymekaar te maak. Dit kan nogal vorentoe help as die ding gestop moet word by die robot. Nou met so ‘n oor en weer gehardloopry word mens moeg, want daar is nie altyd oral klippe nie en meeste bakstene sit vas (soos dit maar met ‘n bouery gaan). En dan moet die klippe nog groot ook wees, anders help dit nie. Partykeer kry hy ‘n lekker grote, maar dan breek die sy spoed, en dan wil die karrentjie weghol. Dan gooi hy eers weer die klip sommer daar in die pad neer om eers weer by die Renault te kom en die se spoed te breek.
Noe eers na ‘n paar keer se heen en weer gehardloopry soos iemand wat bietjie sprints oefen, het hy toe darem 2 groterige klippe.
Gelukkig, of miskien ongelukkig was die robot toe nou groen. Ongelukkig, want dit gee die kar se momentum net nog meer spasie om spoed op te bou, wat weer gekeer moet word, want vorentoe is ‘n garage waar hy graag die ding wil stop.
So hier van die robot af is dit hakke in die grond, met skoene wat hy daarna seker nie weer sou dra nie. Dit moes seker vir die peroljoggies ‘n aardige gesig gewees het om die man met die arme karretjie te sien stoei. En hulle het seker ook ‘n hele paar woorde gehoor wat hulle hopelik nie kon verstaan nie.
Gelukkig het hy darem so met die stoeiery die een klip in die hande gekry en die neergegooi voor die agterwiel. Maar die karretjie lyk soos ‘n gesoute deelnemer aan “vasbyt” in Walvis, want hy hop net oor die klip. Gelukkig breek dit sy spoed genoeg sodat die volgende klip ingesit kan word, en Jaco met die laaste stukkie sool aan sy skoene die karretjie tot stilstand kan bring. Reg voor die garage. Waar hy hom ook sommer gelos het. Seker gehoop hy word gesteel of iets.
Daarvandaan is hy toe nou maar huistoe per voeet wat nog steeds ‘n entjie daarvandaan is. Lyk of hy ‘n speedwobble het soos die skoene se sole falfpad af is.
Maar hy het toe darem gemaak.
Net betyds om te sien hoe sy ma’le besig is om die ontbyt se skottelgoed te was.

Wel, die Renaultjie het ook net daar by die garage gestaan en wag, waar hy hom later deur die dag gaan haal het.
















Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Betroubare kar
Oulik geskryf"-)
9 jaar 9 maande 1 week 2 dae 23 ure oud



Toe Snoeks nog Snoekie was

deur Manie Jackson

“Toe Snoeks nog Snoekie was” Is ‘n storie wat vertel word deur die klein malteser, Snoekie. eindlik is die storie vertelle my ma , Babs Lourens. Dit is die storie van al haar mense en die ander diere wat op die kleinhoewe net buite Pretoria saam met haar gebly het. Dis werklike gebeure en mense, dit begin ongeveer in 1995 – oor ‘n tydperk van ongeveer 6 jaar, geen fiktiewe karakters nie, net die gebeure uit die jong hondjie se oogpunt.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar