Kortverhale

Titel: Bie
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Bie

Bie onthou toe hulle in die Huis ingetrek het. Amper 20 jaar terug. Daar was omtrent net 10 huise in die hele buurt. Sy het ‘n foto van haar en Snippie op haar bruin stoeltjie voor in die tuin. Oupa se geel Golfie het nog voor die huis gestaan.

Op daai foto kon mens al sien Bie was windgat. Maar haar ma was ‘n groot PMS-lyer en sy kon nie mooi die tirades verstaan nie. Sy het dus altyd probeer perfek wees. Sy het gedink as sy perfek is, sal almal van haar hou. En sy kon natuurlik nie vir enigiemand vertel van die goed wat sy sien nie.

Bie het van kleins af al geweet dat daar iets fout is met die huis. Sy het baie nagmerries gekry oor die Wolf en ook in haar slaap geloop. En sy sweer tot vandag toe nog dat daai wolf real was. En vicious, moerse vicious. Sy oë was geel en het geblink soos goud. Daar het altyd ‘n onverklaarbare lig van agter hom geskyn. Sy tande en sy mond was baie groot en sy mond was altyd half-oop. Die spoeg het altyd in drade van sy tong gedrup en die bloed van sy tande. Die Wolf het altyd na haar toe geloop. Op sy agterpote. Regop soos ‘n mens. Verwonderd asof hy nog nooit ‘n mens gesien het nie. Maar dan het sy begin skree en hy het verdwyn.

Toe Bie in Sub A was het sy die Mej Roosknoppie kompetisie gewen, maar sy wou nie. Sy het gedroom dat die prys ‘n koek is en sy hou nie baie van koek nie. So sy het nie haar mooiste rokkie aangetrek nie, maar sy het in elk geval gewen. En die prys was toe ‘n koek. ‘n Groot pienk marsipan koek in die vorm van ‘n pop. Bie haat pienk. En die koek was so hard dat jy ‘n spyker daarmee sou kon inslaan. Sy was erg disgusted. Sy sou eerder ‘n boek wou hê.

Bie was altyd erg oor boeke. Haar ma het altyd gespot en gesê dat maak nie saak waar hulle heen gaan nie, sy moes altyd vir Bie ‘n boek en pen saamvat. Die eerste ding wat Bie met haar sakgeld gekoop het, was ‘n boek. ‘n Klein boekie met volkleur prente – Victoria Pruim. Sy was so in haar noppies met haarself. Om prente in te kleur en na sprokies te luister was nog altyd vir haar ‘n ontvlugting. (dalk ‘n konnotasie met die Wolf) Dit is regressiewe gedrag, Bie weet, want sy het Sielkunde 1. Deesdae koop Bie boeke op haar ma se Van Schaik’s rekening. Lekker prettig. Gelukkig kry hulle net ‘n printout van die volle bedrag en nie alles wat gekoop is nie. Of altans Bie hoop nie so nie – sy is nou net mooi uit die kak uit.

Sy kyk na die meerkatte op haar nuwe High Sense TV. Sulke oulike goedjies. Hulle lyk so trots. Een het nou net uit die boom uitgeval. Die groot miervreter. Hy moet regtig gaan vir terapie. Om jou eie verlengde snoet in ‘n miernes te druk. Soos die idioom sê: net moeilikheid.

Miere laat Bie verskriklik gril. Miere en kakkerlakke. Sy het geen problem met spinnekoppe, slange, muise of enige ander stereotype grillings nie, maar miere, veral termiete en kakkerlakke. As die goddelose ding sy voelertjies so wikkel en hardloop asof hy nie weet waarnatoe hy wil gaan nie – oe!!!
DOOM!! Dit freak haar heeltemal uit. Nou die dag het Bie uitgevind dat kakkerlakke, manlik of vroulik, altyd ‘n eiersak met hul saam dra. As jy dan die ding doodtrap word die eiers vrygestel en so vermeerder jy eerder as roei die donnerse goed uit. Hulle moet direk uit die hel kom, want daar word gesê dat hulle selfs ‘n atoombom kan oorleef.

Bie het een nag wakker geword. Dors. Loop kombuis toe om melk te kry. Voel iets hards by haar voet. Dog dis ‘n Marie koekie. Draai lekker in die rondte om die koekie te verkrummel. Sal die volgende oggend byna ‘n hartaanval kry. Die grootste, lelikste blerrie kakkerlak wat sy in haar lewe gesien het. Toe weet Bie sy sal nooit met ‘n entomoloog trou nie.

Maar toe ontmoet Bie ‘n man wat ook die goed in die huis sien. Dit was vir haar moeilik om gewoond te raak aan die idee dat iemand ewe skielik verstaan. Die Wolf het haar egter nogsteeds gejaag.

En toe op een bewolkte dag, (sy het so gewens dat dit wil reën – sy vrek oor reën) het sy weggeloop. Net soos die storie van die verlore seun.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Beskuldig dan die Liefde

deur Rachelle du Bois

Herman Jansen is betower deur die lieflike meisie wat saans in die maanlig in sy tuin dans. Waar sou sy vandaan kom en wie is sy? Hy besluit hy wil haar hê en hy gaan haar kry. Maar wat van sy voorneme om van die liefde af weg te bly na sy pynlike ondervinding in ʼn huwelik wat vir hom byna vernietig het? Sal hierdie beeldskone vrou vir hom vervulling bring? Hoe weet mens jy het lief? Dit is die vraag wat Trixie Hofmann moet antwoord, want skielik is haar speelmaat en skoolvriend nie meer dieselfde nie. En sy verstaan nie die vreemde taal wat haar hart en haar lyf nou praat as hy naby haar kom nie.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar