Kortverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

In die middel van ‘n traandruppel lê ‘n legio onvertelde sprokies. Soms van heimwee en verdriet, soms van swaarkry maar sterk word, en meestal miljoene van vreugde.

Buite die sig van ‘n doodgewone persoon is daar ‘n plekkie genaamd Die Orkaan se Oog. In ‘n warm gebakte kantoor met karamel-kleur mure, yswit vloerlyste en spierwit plafonne sit Zumi. Haar wat-agtige hare swaai ritmies saam met haar voet en daar sweef vrolike gevoelens reg rondom haar. Sy werk nou al sedert haar 11de laggie in Trane-van-vreugde, ‘n kettingwinkel in Emosica. Haar werk is om te sorg dat daar genoeg vog bymekaar gemaak word vir Trane-van-vreugde en traan-einde is sy ook verantwoordelik vir die boekhouding van elke traan-(s)aksie. Waar sy nou voor haar lessenaar sit met die numeria, kou sy ingedagte haar potlood.

“Ek wonder wat fout is met Fasi, sy is hierdie afgelope ses maande in ‘n baie bedrukte bui”, praat Zumi met haarself. Dis ‘n ou gewoonte wat sy sukkel om af te skud. Sy probeer altyd stiltes vul met vrolike klanke, hetsy dit haar neurie is, of ‘n paar retoriese vrae aan haarself, waar jy vir Zumi opspoor, daar sal jy klanke kry.

Fasi is haar kamermaat en werk in ‘n ander werkswinkel. Meer uiteenlopende geaardhede sal jy nie sommer teëkom nie. Fasi is baie meer intens en donker as wat Zumi is. Dis dan ook nie ‘n verrassing as jy sien dat Zumi ligte hare met pastelblou oë het terwyl Fasi, raafswart hare het, met groen oë, wat jou dadelik laat dink aan die reënwoude in Suid-Afrika. Fasi werk vir die wispelturige baas van die Trane-van-Woede kettingwinkel. Zumi weet tot vandag toe nie hoe dit gebeur het dat hulle twee in een kamer opge-eindig het nie, want as sy eerlik is met haarself verstaan sy glad nie hoe Fasi altyd so ernstig en bewolk voorkom nie. Sy floreer wanneer Oë besluit om op dun splete getrek word en wanneer Wenkbroue saamgetrek word in ‘n spastiese beweging.

Van gisteraand af is dit asof ‘n gejaagdheid in Zumi posgevat het. Vir ses maande is die vog vir vreugde skaars en beinvloed dit die ekonomie van Emosica. Die trane van vreugde doen glad nie goed nie, wat maak dat Blydi, Zumi se baas nie meer gereeld inkom nie. Fasi is meer ingenome want haar werk floreer. Waar Zumi probeer dink aan Fasi, kan sy nie onthou of sy al ooit gesien het dat Fasi lag nie. Wanneer hulle soms oor hul verlede praat, is Fasi baie terughoudend, dis net met uiterse wilskrag van Zumi dat sy so paar sinne uit Fasi uit kry. Dis nie dat Zumi dink dat Fasi ‘n slegte traan is nie, die teendeel is waar. Zumi glo dat woede ook ‘n plek het, maar soms, soos gisteraand, speel Fasi vuil, wat natuurlik beteken dat die winkel tot oorlopens toe vol raak met vog. Fasi se baas is baie gelukkig met haar werksvermoë, want besigheid was nog nooit so goed nie.

Albei die meisies is weeskinders. Fasi praat egter nie van haar ouers nie, sy stuur gewoonlik die gesprek in ‘n ander rigting. Sy glo dat Zumi baie beter stories vertel as sy, daarom luister sy altyd aandagtig en vol bewondering as Zumi in ekstase, elke staaltjie vertel wat van geslagte af oorgedra was aan haar. Zumi se ouma was ‘n baie besonderse traan. Sy was een van min trane wat dit buite hul traandruppel dorpie gemaak het. Na ‘n droogte van 28 jaar was Zumi se ouma genomineer om van Ooghoek na Mondhoek te reis via Wang.

Die sprokie lei dat wanneer die hand van liefde jou van Wang af vang, jy sal voortleef vir legendes. Zumi glo dat sy, nes haar ouma, eendag genomineer gaan word vir hierdie voorreg. Fasi lag dit altyd af as belaglik, Sy weet dat die wereld buite Traanville, die provinsie waarin hulle bly, nie rooskleurig is nie, daardie prag blomme waarvan Zumi vertel haar nefie van afkom, het lelike dorings, wat maak dat rooi trane val. Fasi weet wat gebeur as jy teen Neuskant bots. Het haar ma dan nie self daaronder gelei nie. Haar pa is van Neuskant af geklap en hy moes vrede maak om te val tot jy bid vir verdamping.

Die gerinkel van die winkeldeur ruk Zumi uit haar bepeinsing. Blydi stap moeisaam in. Sy lyk oud en afgerem.
“More Blydi, hoe gaan dit vandag daarbuite? Is almal hard aan die werk?”, groet Zumi vriendelik. Sy hou nie daarvan as traandruppels neerslagtig is nie, dit laat hulle, hul sprank verloor.
“Ek sien swaar maande wat voorlê, Zumi, ons het vandag nuus ontvang van Hart dat daar weer ‘n wêreldwye staking is in Emosica, dis net Trane-van-woede en Trane-van-verwerping wat weier om in te gee. Daar is sanksies uit teen liefde, ek dink ons moet die winkel toemaak vir ‘n ruk. Vat tyd af en gaan verken Traanville, ek sal oorneem by jou.”
Blydi stap kop onderstebo na haar kantoor toe. Sy laat nie Zumi met ‘n keuse nie. Zumi staan met loodswaar voete op. Dit kan mos nie waar wees nie. Wat gaan sy met haar tyd doen as sy nie mag sing en huppel nie? Wie gaan die vog bymekaarmaak wat hierdie kant gestuur moet word? Gaan hierdie in ‘n oorlog ontaard en hoe gaan sy te werk om steeds met Fasi vriende te wees? Gaan sy verplaas word, of gaan sy dalk vroeër genomineer word om te probeer red wat te redde is? Is dit moontlik om te bly voortbestaan as liefde skielik afwesig raak?
























































Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Maalkolk

deur Rachelle du Bois

Adele Coetzee will nie vir Francois Bekker as nuwe plaasbestuurder op Goedgeloofd hê nie. Sy kan self hul familieplaas bestuur. Francois is ‘n indringer en hoort nie op die plaas nie. Sy vertrou hom nie, maar Francois besluit dat hierdie tierwyfie getem moet word. Deon Kelder woon op die buurplaas Goedehoop en hy is verlief op die misterieuse nuwe onderwyseres by die plaaslike laerskool, Madri Viljoen. Waarvoor het die hoogsbegaafde Madri gevlug en wat kom maak sy hier op Heidelberg? Hy wil haar hê, maar dis toe nie so maklik nie, want haar pynlike verlede kom staan soos ‘n skim tussen hulle. En wie is Alex ….?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar