Kortverhale

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Naamloos

?

Jy het uitgespoel op die kus van Ealandia. Stukke skeepswrak is versprei oor die sand. Die donderweer kraak uit die hemel en woeste branders ontplof uit die swart see teen rotse wat soos grys drake in die see slaap. Jou oë brand. Kaalvoet, met geskeurde klere, val jy oor die sand. In jou sak is `n geroeste dolk. Jy strompel om jou voete te vind, moeg en siek terwyl yskoue reën die vars wonde op jou liggaam lek.

Waar is ek? Wie is ek?

Twee gedaantes verskyn in die vêrte en strompel na jou rigting. Hulp. Mense. Jy swaai jou arms in die lug en begin te skree tot jou longe brand en jy `n straal see water uit kots.

Die gedaantes beweeg nader, en vrees volg kort op hul hakke. Met `n onmenslike pas beweeg die goed nader, en jy neem waar, dat stukke vleis en bloed van hulle liggame af drup. `n Siekte, `n dodelike plaag. Nog voor jy jouself regop kan hou val die eerste lopende lyk oor jou met `n skielike onnatuurlike ontbind. Sy benerige hande gryp en krap na jou gesig. Jy skop instinktief en die verrotte wese trek deur die lug en plof neer op die sand. Met `n geroeste dolk in jou hand konfronteer jy die volgende gedaante wat op jou afstorm met `n dier-agtige misère gil. Met een opskuiwingskrag pen jy die dolk in sy oog. Verward strompel die lyk voor jou.

Jy soek in skok vir `n nuwe wapen en vind `n stuk skeepswrak. Splinters steek in jou hande soos jy die stuk plank oor die gedaante se kop dryf. Die ding is nie dood nie, en lê en ruk op die sand. Die eerste aanvaller beweeg al klaar weer nader. Jy skop en skop tot die brein uit die skedel peul. Net betyds om die tweede een se gretige woede te keer.

Hygend en uit asem, vind jy jou voete. In die vêrte beweeg die aankoms van gewaar. Jy vee die sweet en reën uit jou gesig en gewaar die lopende lyke, slurpende en skreeuend vibreer die klanke van verdriet in die wind. Jy begin te tel; vier, ses, sewe, elf. Jou hart speel dromme, en die stuk hout sweet in jou hand.

Skielik dreun die geluid van perde en `n dosyn ridders gekleed in silver staal en geel en swart blokkies surco val oor die lyke. `n Spies vlieg langs jou wang verby, en jy koes en val op die grond en druk jou ore toe terwyl perde hoewe sand in jou gesig opskop. Die gebots van swaarde en reën dans in die donderweer, en voor jy jou oe kon oopmaak tref n lans jou agter die kop.

?

"Monsters van Ea!" "Trol moordenaars!" "Hater!" "Vervloekte siele van Ea!"

Jou hande is vasgebind agter jou rug, hordes skree uit die skare, meeste van hulle is trolle met groen velle en spits ore. Jy gewaar geen spoor van `n mens nie. Maar jy weet ook niks, jy weet nie eens wie jy is nie, waar jy vandaan kom, en nog minder waar jy jouself nou bevind. Jy loop in `n lyn gevangenes, moeë wesens, vier trolle, `n maer uitgeteerde Aziaat met `n gesig soos `n rot en `n jong Simeriese seun. Mense... ek is nie alleen nie. Jy weet jy is `n mens, dit weet jy ten minste, veral in waarneming hoe jy verskil in jou huidige omstandighede. Jy wonder of hulle ook op die skip was, en waar hulle vandaan kom.

Julle beweeg aan. Die strate is vuil en die huise val uit mekaar, wasgoed hang uit grimmige venters en kinders jaag mekaar rond sonder klere. `n Reuk van ekskrement jaag op in jou neus en `n vrot rot appel tref jou teen die kop. Die soldate lig hul spiese en stoot die skare terug. Die wesens is duidelik in opstand teen die instansie. Veral die trolle, wat met `n deurborende woede na die Soldate skree. Een trol bestorm die voorste soldaat met `n knuppel in sy hand, die soldaat tree links, pluk `n kort swaard uit, en plant die lem in die trol se nek. Strale bloed spuit in die lug en die groen liggaam val in die stof. Die skare skree verwoed.

"Moordenaars!" "Bevoorregte gemors!" "Ons lewens het waarde!" "Trol-hater!"

Hulle praat die taal van die wêreld, die een wat almal gebruik, maar met `n harde aksent wat die konsonante uitspoeg en die sin stres uit trek met `n vieslike toon-dowe lament. Verby haglike leef omstandighede loop julle voort. Hy sien `n gevaarlike gesig op `n plakaat teen `n afgekraakte gebou. Gesoek: Lewendig of Dood, Die Swart Son, vyftig duisend munte... Die stads gebou is reg bo op een van die kranse wat grens met die see en is verdeel in verskillende gebiede en afdelings. `n Groep trolle dans en suip langs die pad. Een vloek en wys drie vingers onderstebo na jou. Na ongeveer dertig minute se stap begin die Argitektuur te verander en die skare se lament `n fluister in die wind. Dit lyk asof julle nou in die koninklike gebied in beweeg. Jy gewaar `n massiewe boog struktuur met twee reuse leeu standbeelde aan elke kant, een manlik en een vroulik. Die mannetjie met sy labirinties maanhare se mond is oop... Vir `n split sekonde voel jy die brul van die magtige leeu en sy vlymskerp slag tande van in jou nek in gly.

Onder deur die boog rys die hare op jou rug, die leeus se oë is ingewig met groot ronde robyne. Die illusie van skemer skep die effek van vlamme wat diep en lewendig in die robyne brand. Breë kasteel mure is geplant in die rotse, en in die vêrte, hoog teen die bult, is `n massiewe paleis in sig. Die soldate draai regs en beweeg weg van die bult af tussen klip huise en stads strukture. `n Biblioteek, `n smid, `n herberg en `n paar winkels en ander geboue word bygevoeg na jou waarneming totdat julle tot stilstand kom voor `n driehoekige struktuur met `n lang toring wat strek na die wolke.

Die deure is skrikwekkend groot, en gekerf uit graniet. Jy wonder hoe hulle dit oopskuif. Donker wolke hang depressief oor die stad, en die koue is vervang deur `n bedompige siekte.

"Halt!" Bulder die een soldaat. Die soldate vries met spies en lans op aandag. Die growwe tou het jou gewrigte al oop geskaaf, en die wonde brand onder soutige sweet. Die reuse deure skuif stadig oop met `n lang harde kreun en `n figuur in `n pikswart kleed verskyn voor die opening. Sy gesig is onsigbaar, en sy hande toegevou in kleed. Agter jou maak `n soldaat die Simeriese seun los, en twee soldate ly hom in na die deur. Die swart figuur knik sy kop, en draai om. `n Glibberige stert sleep agter die figuur se kleed uit en `n bonatuurlike rilling hardloop deur jou rig string. Die deure slaan toe.

Ons lyn beweeg aan, oor klip strate in `n rigting onder langs die kranse wat die paleis ophou. `n Stukkie papier waai onder ou voete in. Op die pamflet is geskrewe "Die Kontinente van Arkea: `n Geografiese opsomming na die slag van Antareus,  deur Leoloris Lewyn."

"Jy!" Breek die stem van `n soldaat. `n Staal voet tref jou in die rug. "Staan op gemors, beweeg!" Jy strompel na jou voete, en druk die pamflet in jou sak. Julle stap wes van die rigting van die paleis tot julle regs langs die paleis, ver onder die kranse tot stilstand kom. Jy kyk reguit op teen die swart kranse en gewaar een toring van die paleis daar bo. Julle beweeg af, tussen rotse en klippe, af en af, dit raak al hoe donkerder, en skielik, tussen die rotse is daar `n klein hout deur.

"Julle spul rotte slaap in die kerker vanaand! "Hoor jy die stem van die voorste soldaat. Julle moet laag af buk om in te beweeg. Net twee soldate volg julle in, voor en agter. Binne die kerker is dit giet donker. Die agterste soldaat steek `n fakkel aan en die rots mure verlig. Die reuk is walglik, een soldaat begin te kots, en die ander een kreun en lamenteer onder sy helm. Julle word oorgevat deur `n vet vieslike mens, met sere oor sy gesig, twee of drie tande, en `n paar hare wat uit sy gevlekte kop uit `n paar moesies groei. Hy dra net `n swart broek met swart boots en in sy hand is a `n lang sweep. Hy glimlag breed. Die soldaat knik sy kop en verdwyn in die donker. Julle word een vir een gestamp in `n donker gat. Dik geroeste bare slaan agter jou toe en die enigstee lig is die laaste fyn grys verskynsel agter `n swart wolk uit die klein blokkies venstertjie hoog bo jou kop. Jy lê in die donker en begin jy dood te kontempleer. Sonder hoop, verlore, en alleen, begin die trane van jou wange af loop.

?

Die volgende oggend ruk `n flikkerende lig jou uit jou half-slaap nagmerrie. `n Fakkel brand voor jou sel, en die oggend son projekteer `n dun magiese straaltjie deur die venster. `n Stukkie hoop. `n Bord kos word onder deur die yster plaat gestoot, wat bestaan uit `n sop van afval vlies, gemeng met water en vrot vrugte. Jy is dankbaar en slurp dit op soos `n straat hond. Jy haal die pamflet uit jou sak en begin te lees...




Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

(H)
Die beeld gebruik in hierdie skrywe is so goed. Dit beskryf alles glashelder. Dit trek mens in. Goeie werk.
4 jaar 4 maande 6 dae 14 ure oud


Kommentaar
Soos ek al voorheen gesê het - ek hou van hierdie reeks. Die beelde wat jy gebruik om tonele te beskryf is so intens, dat 'n mens die gebeurtenisse sien en voel gebeur. Daar is maar net hier en daar spelfoute en taalfoute wat reggemaak moet word, maar die belangrikste is dat jy 'n briljante reeks hier beet het.
4 jaar 4 maande 6 dae 20 ure oud



Geweeg

deur Manie Jackson

Gedigte van skooldae af , die tyd toe ek geweeg is, tot ek getrou het.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar