Kortverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die aand is perfek. Die restaurant het toe n vioolspeler gekry soos ek gevra het. Jani se die heeltyd dat dit nie nodig was vir so moerse okkasie nie. Sy sal sommer tevrede gewees het met Spur. Daar is kerse opgesteek en ons albei geniet eers n lekker glasie wyn. Ek laat ook nie langer op my wag nie en neem haar hand. Ek probeer so diep as moontlik in haar oe kyk. Dit is net om haar te laat besef sy het nie n keuse nie en moet ja se. Ek weet ook nie regtig hoekom nie, maar ek vra haar in engels om met my te trou. Seker maar om dit meer gesofistikeerd te laat klink. Sy lyk verbaas. Voordat sy iets kan se, wys ek aan haar dat sy eers moet stil wees sodat ek die ring aan haar vinger kan steek. Toe sy die ring sien verander die verbasing in haar oe na die van ekstase. Sy se dat sy jammer is en dat sy nie te koop is nie. Daar gaan al my verwagtinge. Sy meld toe dat dit nie vir haar oor die ring of geld gaan nie. Sy se ook dat sy bang is om ja te se want dan sal ek en ander mense dalk dink sy het net ja gesê vir geld en nie vir liefde nie. Ek vra toe aan haar wanneer sal sy dan kan ja se, aangesien ek altyd n miljoenêr sal wees. Sy glimlag meteens en se dat sy my maar net wou wys dat geld nie alles is nie en dat haar antwoord ja is. Nou is ek so, so bly. Ek gee toe vir die kelner n teken wat ons afgespreek het sodat die sanger kan inkom. n Groot ronde omie kom die kamer binne. Hy sing die liedjie “Love changes everything”. Ek en Jani dans stadig op die musiek. Die musiek is klaar en ons geniet die vyfgang maaltyd. Terwyl ons eet vra ek haar om haar werk te bedank. Sy se aan my dat sy nog nie so iets impulsief kan doen voordat ons wettiglik getroud is nie. Maar sy belowe my dat sy dit sal doen wanneer ons getroud is.

Ek besluit ook sommer om alles makliker te maak en stel n persoonlike assistent aan. Sy naam is Rubin. Ek moet se die mannetjie weet nogal wat hy doen. Ok, maar vir die salaris wat ek hom moet betaal, verwag ek dit van hom. Binne n japtrap het hy die huis wat ek gekoop het op my naam en alles. Ek reel ook met hom dat hy die huis moet uitmeubelleer. Ek moet se nou verstaan ek hoekom my ouers altyd se die lewe is duur. Daar is al klaar n redelike hap uit my geld uit. Ek sal nou moet begin briek aandraai. Ek het darem al die groot geld vreters klaar gekoop, so nou is die geld net myne.

Dit is nie eers twee weke nadat ek en Jani verloof is nie, dat ons trou. Natuurlik het ek weer uitgehaal vir die troue. Sy is die mooiste bruid wat daar al was. Ek moet se ek het ook nie te sleg gelyk nadat ek aan my neus laat sny het nie. Never mind hoe ons lyk, ons is baie gelukkig. Nou kan sy haar werk as sekretaresse bedank en haar toegewyde aandag op my en ons toekomstige kinders vestig. Vir ons wittebrood sal ons sommer maar n vinnige toer in vele ander lande gaan maak. Oor die reëlings hoef ek nie te worry nie, my PA doen alles.. Sjoe kan die lewe nog lekkerder word?

Die wittebrood is verby en ons is tuis. Jani se dat haar verlof amper klaar is en ons maar die laaste paar dae saam moet geniet. Toe ek dit hoor is ek ontstel. Ek trap haar sommer dan en daar uit omdat sy my bedrieg het. Sy het dan gesê sy sou bedank. Sy raak dinge kwyt dat sy nie soos n leeglêer kan rondlê by die huis nie. Haar werk is glo vir haar belangrik omdat dit haar met haar studies help. Donderswil, moenie vir my se sy is nog steeds van plan om haar studies klaar te maak nie. Ek het genoeg geld. Sy moet nie haar tyd op sulke onbenullige dinge mors nie. Sy moet eerder haar lewe geniet.
Na ons uitval voel ek effens sleg. Ek besef dat sy seker nie soos n nikswerd wil voel nie. Dit moet seker vir haar sleg voel met n man aan haar sy wat al die aandag trek. Om op te maak sal ek maar vir haar n nuwe motor en klere en goed koop. Dit behoort die ding te doen.

Daardie aand maak ons toe op en ek se vir haar sy kan doen wat haar gelukkig maak. Ek se toe vir haar dat ek wil kinders he en dat sy in elk geval binnekort sal moet ophou werk. Sy verstaan my punt ook in en daar is weer vrede in die huis. Ons liefdesband voel nou sommer sterker as voorheen. Ek dink toe dat dit sommer n goeie tyd is om nou weer vir n baba te probeer. Toe ons by die restaurant uitstap word ek weer oorval met fortuin soekers. As dit so aangaan sal ek n lyfwag ook moet aanstel. By die motor besef ek ook die ander probleem. Dit is vir my vreeslik ongerieflik om elke keer die deur vir haar oop te maak en dan self te moet bestuur. n Bestuurder behoort ook gou aangestel te word. My volgende mylpaal sal wees om die lewe so gemaklik as moontlik vir ons te maak.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Suid-Afrika in die Eerste Wêreldoorlog

deur Francis Gillieron

Kroniek van die rol van Suid-Afrika in Eerste Wêreldoorlog. Gedenkuitgawe.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar