Kortverhale

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Dawie gril vir die vrou langs hom. Hy wens hy kon haar strot uitruk of selfs net een stewige vuishou tussen haar vergeelde tande inplant. Sy kyf en kerm en kla oor alles. Niks wat hy doen is goed genoeg nie en sy kan nie verstaan waarom hy so afsydig geraak het nie. Al wat sy doen is eet en kerm en kla oor pyne en verwyte rondslinger.

Kan die vroumens dan nie ‘n man verstaan nie. Libido het te doen met waarneming en emosie. Dit is instinktiewe energie. Die kermende stem, drillende stuk vleis met haelskade op haar dik dye en rekmerke soos riviere op ‘n landkaart, is alles behalwe ‘n testosteroon inspuiting vir begeerte. Die naaste wat hy aan begeerte voel is om haar te lyf te gaan. Die gevoel oorweldig hom byna, hy gluur haar aan en sit liewer ‘n wag voor sy mond. So ‘n optrede sal verreikende gevolge hê en druis in teen sy opvoeding. ‘n Ware man slaan nie aan sy vrou nie, het pa hom geleer. Hy wonder of pa nie die res van die sin uitgelaat het nie. Dalk ‘n opsie moes bygevoeg het nie? Hy onthou hoe skoonma ewe kekkelend vir skoonpa kon afkraak met fyn berekende woorde en die aanval dan verdoesel met ‘n sluwe laggie, haar optrede geregverdig. Arme ou man, hy moes ook maar vergeet het van ‘n ware man en haar dalk gemoker het, vol op die smoel! Sy het die voorbeeld gestel vir die nagmerrie waarmee hy nou opgeskeep sit. ‘n Uitskotproduk van haar dominerende opvoeding en die rede vir sy afsydige gedrag.

Hy draai sy rug op haar, sy bly verwyt: “Jy is net soos jou ou ma, lui, koud, mislik en gevrek en ruk jou vir alles op”……. Hy dink: jaaaaa jong praat maar, jou skurwe hakskene pas by die skurfte van jou venynige stem. Die walm van haar asem is benouend, hy word naar, gelukkig hou dit darem die muskiete van hom af weg. Hy ignorer haar, maak of hy slaap en snork dawerend net om haar uit sy hare te kry. Sy ruk die lompe lyf half regop en val op haar sy. Van saggies omdraai is daar nie meer sprake nie. Hy word amper van die bed af geslinger. Haar gewig wat neergegooi word maak van die matras ‘n springmat en skiet hom sentimeters die lug in op. Met die afkom na sy lêplek, raak sy arm aan haar sweterige lyf en hy verstik in sy snorkpoging. As hy onder haar beland het, was hy sekerlik dood, versmoor of dalk vergruis deur een van haar boude.

Hy gryp sy kussing, strompel spaarkamer toe, slaan met ‘n sug van verligting op die bed neer. As dit nie vir haar geld was nie, het hy lankal die pad gevat. Finansieel kan hy nie ‘n skuif maak nie, daarvoor is hy te stewig in die strik. Hy maak sy oë toe en dink aan die spreekwoord: Geld wat stom is en wonder hoekom maak dit nie reg wat vet en bakleierig is nie. Hy dryf hy na ‘n droomwêreld in die buitenste ruimte, 'n wêreld van seepsoda, swembadsuur, miergif en slagysters……. ‘n wêreld waar stom vrouens onderdanig bly.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar