Kortverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

My naam is Carla
Hoofstuk 2

Petrii da Silva sit by die verste hoek van die kroegtoonbank. Hy is `n taamlike gereelde besoeker aan die nagklub. Die plek is bekend daarvoor dat hier snaakse dinge gebeur, en is al `n paar keer deur die polisie gestroop. Hy was nog nooit in die moeilikheid nie. Die klub is bekend daarvoor dat dit `n ontmoetingsplek vir guy mense is, albei kante toe, maar ook vir die doodnormales. Dit is nog nie gewettig nie en diesulkes word skeef aangekyk.
Petrii is nie “skeef” nie, alles behalwe, maar nadat sy verloofde die perke van ordentlikheid oorskry het, en dit terwyl hulle op troue gestaan het, het hy sy vertroue in die vroumensdom verloor. Hy het ontaard in `n geswore vroue hater, nie so dat hy hulle wou vermy nie. Nee, hy wou wraak neem. Hy wou hulle veneder. Hy wou hulle gebruik. Hy wou met hulle mors, en dit was nie onbekend nie.
Hy kon nooit sover kom om aangetrokke te voel tot die mans geslag nie. Hy is verskeie kere in hierdie kroeg deur mans genader, tot hul eie ergernis. Sy blas kompleks en pikswart hare wat hy lank in `n poniestert dra, trek dadelik die aandag. En hy is altyd glad geskeer. Hy is altyd netjies aangetrek, informeel maar met smaak. Hy is `n prokureur, en geld is nie skaars nie. Hy rook nie, en drink altyd lig, net om die tyd om te kry, en vir ingeval....
Maar hy bly `n man en sy hormone laat hom dit nie vergeet nie. Toe hy die meisie aan die ander end van die toonbank sien sit, weet hy instinktief hier kom `n ding....
Hy sit na haar en kyk in die hoop dat hy haar oog sal vang. Dis eers toe hy in die spieël agter die bottelskyk wat hy sien sy sit hom lankal en dophou. Toe sy oog hare vang, draai sy dadelik dwars en kyk reguit in sy oë. Hy staan net daar op en neem langs haar plaas. Hy steek sy hand uit: ”Petrii.”
“Aangename kennis”,: sê sy maar stel haarself nie bekend nie. Dit verbaas hom nie want hy het dit al baie belewe. HY weet dat die regte naam wel sal uitkom, dat die eerste een in elk geval vals sal wees.
“En wat soek `n mooi meisie soos jy in `n kroeg soos hierdie,” breek hy die ys.
“Seker maar dieselfde as jy? Dis mos hoekom alleen mense hiernatoe kom, Miskien omdat hulle hier veilig voel, kan verdwyn in die niet, sonder reperkussies, sonder om te veel vrae te moet be-antwoord.”
Hy vang die skimp, en sê so. “`n Mens kan nie help om te wonder en ek gaan nie vrae vra nie, behalwe om te vra hoekom jy handskoene dra nie. Dit lyk nie normaal nie.”
“Dit is ook nie. Ek het my hande verbrand, en hulle het nog nie heeltemal genees nie. Ek moet versigtig wees met infeksies. Dit sal regkom met die tyd. Ek wil nie daaroor praat nie.
Hy sit na haar en kyk. Hy verstaan nie mooi nie. Sy is duidelik baie mooi, maar kruip agter `n donkerbril weg. Haar leerjas hang los. Die minirokkie wat onder uitsteek bedek beswaarlik die nodige. Hy hoef nie te wonder hoe die res lyk nie. Hy voel hoe sy binnegoed maal en benoud in sy bors opstoot. Hy vermoed dat sy dieselfde ervaar. Haar lyftaal vertel `n storie.
“Jou plek of myne?” vat hy `n kans, maar sy is nie in die minste geskok nie.
“Ek gaan nooit die eerste aand al met `n man na sy plek toe nie, en ek kan jou nie na myne toe neem nie. Dis te gevaarlik!”
“Getroud?”
“Jy kan maar so sê. Miskien weet jy van `n plek waar ons kan gaan parkeer, privaat en eenkant. Ek wil nie gesien word nie.” Hy sit `n lang oomblik na haar en kyk
“Kry my buite by die deur” Hy haal `n noot uit en sit hul glasies daarop neer. Sy verlaat die toonbank en hy volg `n oomblik later.
Sy sien dadelik aan die motor uit watter klas hy kom. Geld is duidelik nie `n kwessie nie.
“Waar gaan ons heen?”
“Daar is `n plek op die pad Brits toe. Dis eenkant en daar kom nie eintlik mense nie, veral nie in die middel van die week nie, en beslis nie Maandae nie. Dit behoort te werk.
Hulle het skaars die pad gevat toe hy voel hoe sy haar hand op sy been sit en dadelik begin vroetel. Sy is duidelik nie subtiel in wat sy wil doen nie. Hy voel hoe sy haar hand opbeweeg en sy belt losmaak. Hy wonder hoe dit gaan voel om deur in hand in satyn betas te word.
Maar hy hoef nie te gewonder het nie. Sy weet duidelik hoe dit in die praktyk werk. Hy voel hoe haar hand by sy onderbroek inglip en dit afskuif. Hy weet hy is nou behoortlik ontbloot, en hy moet hard konsentreer om nie die pad byster te raak nie. Maar dan leun sy oor na sy kant toe en hy voel hoe die warm natheid van haar mond hom omsluit.
Toe hy by die stilhouplek intrek en stilhou, klim sy dadelik uit en hy doen dieselfde. Sy asem jaag. So-iets het hy nog nooit belewe nie.
Haar jas bly op die sitplek agter. Sy stap met mening om na sy kant toe. Hy voel hoe sy in die donker sy hemp van hom afskeur en in die kar ingooi..
Haar tong glip saggies teen sy bors af terwyl sy sy broek en onderbroek laat afgly. Hy staan in afwagting en bewe terwyl hy wag om weer die warmte van haar mond te ervaar. Maar dan word hy yskoud.
Haar hand is besig om teen die binnekant van sy been op te beweeg, maar dan besef hy iets is fout. Te laat besef hy dat die koue ding wat hy nou voel nie die gladde satyn van haar handskoen is nie. Voor hy iets kan doen, voel hy hoe die snykant van `n mes tussen sy bene `n rusplek bekom. Hy besef ook dat hierdie nie `n gewone mes is nie, maar iets veel skerper. Hy hoor haar saggies lag.
“Moenie roer as jy jy toekoms wil beskerm nie. Maak soos ek sê en jy sal dalk lig daarvan afkom. Maar moenie eers dink daaraan om jou teë te sit nie. Jy kan nooit vinniger wees as die saaglem van hierdie LEATHERMAN nie.
“Skop nou jou skoene uit en skop dit diep die bosse in, in twee verskillende rigtings. Toe, maak gou.
Nog nooit was Petrii da Silva so bang nie. Hy het sy rieme erg styf geloop. Haastig maar versigtig doen hy wat sy sê. Hy trek versigtig die laaste klere uit wat hy nog aan het en gooi dit in die kar in. Hy is poedelnakend.
Met die skerp tande van die saaglem nogsteeds op `n dodelike plek, trek sy hom voor haar verby en stamp hom van haar af weg. Sy spring in die kar in en sluit die deure.
Die sleutel is nog steeds in die slot. Versigtig sit sy die masjien aan en draai die kar om. Voor sy wegry, gaan die venster effe af en ry gooi iets by die venster uit. Hy sien dit nie want hy staan poedelnakend in die ligte van die motor. Instinktief probeer hy toehou
Terwyl die kar stadig voor hom verby beweeg, hoor hy haar saggies lag.
Naby haar eie motor, dubbelparkeer sy die duur duitse motor en sluit die deure sonder om die kar af te sit. Vinnig verdwyn sy met haar eie motor in die rigting van die stad.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

VOLLEDIG CHRISTEN, VOLLEDIG MéNS

deur Johann P. Boshoff

"We need to rediscover ourselves as full human beings and discover that it is precisely as full human beings that God wants us to come to him. His salvation, his love, his mercy are designed for full human beings, not for theological or religious creatures who have stifled their humanity or repressed their deepest emotions. We ought to be fully human and unashamed of our humanity ... as we approach the God who made us that way and is waiting for us to come to him in that way. Jesus himself approached God in that way and communicated with his whole heart in prayer to the Father. (Hebrews 4:15-16 and 5:7) The Spirit is imparting to our heart the faith and desire to approach God." ■ Ralph Martin in Hungry for God (1974)



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar