Kortverhale

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

“Sweet dreams!” wens vroutjie my toe en toe kry ek mos laasnag een van daai drome waarmee mens wakker word en weet dit was ’n sweet-enetjie, maar jy weet nie wat jy gedroom het nie. Teleurstellend mos die uitvee van die sweet gedeelte van so ’n droom. En dan verloor mens mos slaap om, teen béter weet in, te probeer oopskoffel wat gedroom was. Weet net ek het van ongesplete pote gedroom en van mielies. Droë mielies. Spesifiek geelmielies. En daar lê ek so wragtag wakker en my brein blaai deur alles wat verband mag hê met harde geelmielies…

Etlike dekades gelede het ’n skerp knaap vir my geleer dat ’n kopbreker genaamd Confucius sou geleer het dat ’n mens enige ding wat bestaan se ontstaan deur logika kan uitredeneer. Redeneer die knaap nou saam met dié filosoof oor die vraag waarom brandweerwaens rooi van kleur is. Sien, redeneer hulle, brandweerwaens het ses wiele en as ’n mens aan die syfer ses dink dan beredeneer ’n mens mos logies dat ses die helfte van twaalf is, dat twaalf ’n dosyn is, dat ’n dosyn mens onmiddellik aan eiers laat dink omdat dit in dosyne verkoop word, dat eiers jou weer aan ’n hen laat dink wat dit lê, dat die hen jou weer aan die haan laat dink en dat die haan jou aan ’n kerktoring laat dink (Dis die haan, dis die haan, dis die haan wat op die kerktoring staan!) So ja, die kerktoring wat ’n hoë mas op land het laat jou weer dink aan die hoë mas van ’n skip op die oop see; die see laat jou aan visse dink en as jy aan visse dink dink jy weer aan vinne waarsonder hulle nie kan beweeg nie en as jy aan vinne dink en jy ken ’n bietjie geskiedenis dan dink jy aan die Finne (Inwoners van Finland.) en as jy aan die Finne dink dan dink jy aan see-oorloë en veral hulle onderonsie met die Russe en as jy aan die Russe dink dan dink jy aan die kleur waarmee hulle ge-assosieer word, naaamlik rooi en sie daar! Dit is waarom brandweer-waens rooi is! Maklik en logies nie waar nie? Ja en net so probeer ek by my droom se geel van mielies op die spoor van Confucius te filosofeer en warempel: Eureka! En dié warempelse storie loop so:

Desembervakansie toe ek in standerd ses was en Pa het my .22 wat ek vir ’n gehawende-bontskietende-windbuks geruil het ingeruil vir ’n Gecado nommer1 windbuks. Daai nuwes wat nie meer nek gebreek word nie maar bo gelaai word. (Die inruiling was in wese ’n onteiening omdat Amos gekla het ek het hom voetpad aangejaag met koeëls komende uit die een-patroon-op-’n-slag .22. Só oordryf mens sou sê ek het hom met ’n brenmasjiengeweer getakel terwyl ek nie vinniger as sê so ’n handvolskote kon laat waai het nie…) Ewewel, die Gecado is by Basson-en-Groblaar bestel maarsou eers aan die einde van Desember te wagte wees dus kon ek maar vir neef Wouter op hulle se plaas annekant die dorp gaan kuier. Saam met oom Wouter wat daar in ons geweste gewerk het gery.

My eerste takie op die plaas was om die seepvark te skiet. Met oom se .22. Ek het Wouter en ’n ander neef met dieselfde naam, maar wat vir voor-die-hand-liggende-redes Wolla genoem is, as my skildknape saamgesleep, want ek was hélemal onkundig met die skiet van só ’n tamaai beer wat reeds sy jare by die sôe van ouderdom vergeet het en net gelê en spek word het.

WAARSKUWIG!!!
(Mense met ’n sensitiwiteit vir geweld, bloed, slag en varkgskree word gewaarsku om lesers deskresie te gebruik omdat die volgende beslis sal skok!)

Ek en my skildnkape is die Maandagoggend net na oom Wouter werk toe gery het met die .22 varkhok toe. Die getroue ou Moses wag reeds en met die wysheid van die ouderdom hou hy hom heeltemal op die agtergrond. Maak nie eers hok se hek oop nie maar leun stuitjie teen een van die hekpale. Ek stap die vark so ’n keer of wat rondom om indruk te maak en sien nie die verstaan glinstering in ou Moses se oë nie, daardie blinkerigheid wat mos verklap dat hy ook op my ouderdom behep was met indruk maak, veral as die jong Zulu-meisies moedswillig naby die beesoppassertjies gaan water skep… En ek lê onseker aan, want waar skiet jy so ’n logge gedierte? Tussen die oë? Of is dit waar die snylyne kruis as jy oorkruis die een oor met die een oog en die ander oor met die ander oor verbind? Of is dit… En toe gaaan ek aan’t bewe, maar pose en act soos ’n John Wayne . Trek toe die visier sekuur tussen die twee oë half toegeswel deur die vettigheid van niks doen en trek die sneller. Die skoot tref dodelik sekuur maar die vark vertel op die hoogste en langste uitgerekte noot wat nog uit ’n vark se keelgat geskree is dat ek sy brein hélemal gemis het! Paniek bars in my los deels oor die onaardige geklaag van die verwonde vark en deels oor my wapendraers wat verraad pleeg en ooplê huis se kant toe. Toe ek hulle so in hulle se hardloop agterna skree ek skiet hulle vrek as hulle nie dadelik terug kom nie, toe draai hulle skrik vir ’n skoot in die agterent hulle soos een man om. (Later my vertel hulle het die geskinder dat ek vir Amos doodgeskiet en iewers begrawe het gehoor en daarom maar liewer omgedraai het…) Ek jaag toe aldrie .22-longs die vark se kop in maar tref nie die doodgaan kol nie. En die vark skree weer op sý beurt omdat ek skynbaar nie wil luister nie en veral omdat hy hom oor jaresó onkapabel gevreet het dat hy nie op sy pote kan kom om te verdedig of te ontvlug nie. Onthou ek Jabula het altyd die vark agter die linkerblad gesteek. Die voorpoot opgetrek en dan daar waar die poot se elmboog teen die sy druk gesteek ebn dan was alles sommer japtrap verby. Wapendraer Wolle word verskree en hy gee die slagmes aan en die twee kom gee hand en ek steek! Toe dawer die klanke van die hel sterio vanuit godzilla se massas! Ek bly steek en karring om dan tenminste die hart te deurboor en so end te maak aan dié nagmerrie, maar als verniet! Toe kyk ek oor die vark verby my skildwagte vas in die oë van ou Moses vas en sien die begrip so half hartseer uit sy oë straal. Toe maak hy sy stuitjie van die hekpaal los en kom vat saggies die mes uit my hand. En toe hou die helse klanke stomp op! Die wapendraers het baie stil maar met spoed verkas. Ek het by die dooie vark bly staan met ou Moses wat so by homself om die varkhokke gedrentel het en toe hy sien ons is alleen, toe kom die ou wyse met ’n vredigheid op sy gesig tot by my en sê: “Kleinman, jy kom geester, ek sien hauw! dáár een hy’s soos my! Sommer so by jou voet se trap ek sien jys soos my toe ek ôk gewees het die kjênd. Nou ek sien ôk jou hart hy hyl soos jy hoor die dood hy wil nie kom soos jy wil hê hy moet kom nie en ek sien jou skrik. Auk! Die skrik vir die dood wat móét maar hy willie ês groot skrik daai! Hy laat djou by die nag nie mooi slaap nie. Maar Kleinman hy moenie die slaap verloor oor hierdie vark nie want hy hy was moedswil omlat hy nie kjênd gesoek het om hom te slag nie maar die ouman want hy ôk hy was die ouman… Nou djy moet hardloop die ander piekanienies hy soek jou klaar om hulle trop voor te loop… Hamba gaslê! En met dié hou hy ’n V-stuk wat hy uit die vark se oor geny het na my toe uit en sê so terugstappend na êrens: Nou die vark hy hoor mooi jy sê jammer. Nou hy sal mooi loop anderkant en djy djy kan mooi slaap vanaand…”

Ek het soos ’n klip geslaap sonder om van geelmielies te droom…
(Word vervolg…)



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Ek onthou van die seep`vark slag`dae [ ?? Hammer ?? Nagmerries !! ] Sjoe, dit was dan nou ook moons ago se onthou hierdie!

--- “Kleinman, jy kom geester, ek sien hauw! dáár een hy’s soos my! Sommer so by jou voet se trap ek sien jys soos my toe ek ôk gewees het die kjênd.....

??? Toe loop my trane ???
9 jaar 3 weke 1 dag 6 ure oud



VOLLEDIG CHRISTEN, VOLLEDIG MéNS

deur Johann P. Boshoff

"We need to rediscover ourselves as full human beings and discover that it is precisely as full human beings that God wants us to come to him. His salvation, his love, his mercy are designed for full human beings, not for theological or religious creatures who have stifled their humanity or repressed their deepest emotions. We ought to be fully human and unashamed of our humanity ... as we approach the God who made us that way and is waiting for us to come to him in that way. Jesus himself approached God in that way and communicated with his whole heart in prayer to the Father. (Hebrews 4:15-16 and 5:7) The Spirit is imparting to our heart the faith and desire to approach God." ■ Ralph Martin in Hungry for God (1974)



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar