Kortverhale

Titel: CELESTINA
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Die stilte in die huis is neerdrukkend op my gemoed. Die straatligte se skyn sien ek dofweg deur die gordyne. Selfs buite is geen geluidjie nie.
Ek hoor die aanvangs klik van die groot horlosie soos sy megaisme in werking kom
Dan kom die aanvangs deuntjie en dan kondig hy die uur aan. Dit is presies 01.00. net na middernag en die slaap wil nie in my opkom nie.
Langs my lê Hendrik op die naat van sy rug en snork met die vrede van die Heelal in sy wese.

Hendrik.
Ons huwelik het net gebeur. Ons het lank uitgegaan en op ’n dag noem ek net of ons nie maar aan trou kan dink nie.
Hendrik dink nie. Hendrik doen – met of sonder rede, met of sonder denke.
“Kom ons maak só.”

Uit die ‘huwelik’ is drie kinders gebore. Hulle is nou groot en uit die huis.
Ek?
Hendrik sorg vir my. Ek hoef nie te werk nie. Ek haal asem en ek sorg my vrouesorg vir Hendrik.
Sy nukke, temperature en verskillende emosionele fases, behandel ek so diplomaties soos wat ek vrede en harmonie kan handhaaf.

Ek, Celestina ?
Ek lewe. Ek haal asem. Ek het klere, ek het kos, ek het ’n dak oor my kop, ek kry darem ’n soort van toelae – nou nie juis wonderlik nie, maar ek kan darem een keer per maand haarkapper toe gaan en af en toe die blomwinkeltjie besoek.

Langs my kug Hendrik in sy slaap en draai op sy sy - weg van my af. In sy slaap keer hy sy rug op my.
Ek is ’n goeie vrou. Ek is ’n goeie lêplank.
Lêplank?
So af en toe as hy nie te moeg is nie.

Die stilte tas my gemoed aan. Ek staan op en loop kombuis toe. Ek trek nie my japon aan nie. In die gang draai ek die badkamer in. Ek gaan staan voor die lang spieël.
Ek lig my pajama toppie op en ek draai en kyk na my 45 jaar oud borste
Ek is volbloed Italiaans en ek pas myself op. My lyf wys dit effe, want ek het aljimmers drie pragtige kinders gepasseer.
Ek druk my bos wilde rooiblond hare eff terug in orde. My pa het altyd gesê hy het sy natuur in my hare oorgedra.

Ek gaan vêrder kombuis toe. ’n Koppie rooibostee sal my dalk kalmeer. In die sitkamer langs die lig skakelaar hang die portret van my ouers. Direk uit Italië het hulle die restaurant hier in Suid-Afrika kom open.
Ek trek baie na my pa. My pa het Hendrik goedgekeur. Hy het gehou van die groot fris Boerseun wat soms aandete daar kom nuttig het.

Ek druk my vinger op my pa se neus en praat met hom:
“Pa, jy het reg ge oordeel aan sy getrouheid. Maar jy het verkeerd ge-oordeel aan sy verveeld, sy moeg en sy eentonig; hoor jy my pa?”
Ek stap verder die kombuis binne – weg van pa af, want hierdie is intiem en kan ek nie vir my pa sê nie:
Hendrik is een van die, van die sommige fris boerseuns wie se bors baie gou afgesak het na sy pens se plek toe. Ek is ’n vrou en het die proses nougeset aanskou en in my opbouende vrees het ek hom probeer intoom hou met sy verkeerd eet:
“Hendrik, jy weet jou elmboë gee saam met jou bors in. Ek moet die gewig dra, hoe dink jy gaan ek dit hou?”

Die Liewe Vader is ’n vrou genadig – of is dit nou die Liewe Moeder Natuur?
Want, die afsak van die man se bors, het ’n teenoorgestelde uitwerking.
Die pens het ’n opstuwing wat sy longe toe druk. Dan word hy moeghond tydens die – wat vir my voel – slagtings proses!

Die ketel kook en ek voel spesiaal. Ek maak die hoek kassie oop. Die erfstuk Italiaanse teestel is daar uitgestal. Ek wil vanoggend uit moeder se tee stel my tee skink.
Nie net dit nie, glad nie.
Onder die stapeltjie pierings steek ek dit weg.
Die strand fotograaf se foto van my en Willem.
Die skelm foto.

Julle moet my asseblief mooi verstaan. Die verontwaardiging, die ontevrede wat ek hier bo uitgespreek het, het niks met Willem te doen nie.
Wilem is nou, nog net drie weke.
Hendrik is al 22 jaar! Ek, die plank is 22 jaar net die plank.
Willem en Hendrik is een jaar se kalwers. Willem swem, spiesduik, hardloop 10 kilometer strand af en strand op elke oggend.
Willem se oog sien. As die strandlelies blom, sien hy dit eerste.

Ek sit vroegoggend op die rotse. My siel swerf saam met my troebel kyk reisend oor die wiegende gety.
Dartel soos ’n swewende Meeu oor die deining, wagtend op daardie droom, daardie verdwaalde vissie wat net effe onverskillig te naby die oppervlakte kom.
Ja, dit is waartoe my frustrasie my al dwing.
Droom oor avontuurlike romanse om die opwellende natuurlike warm Italiaanse emosie in my te stil.

Ek het hom nie gesien nie. Inteendeel, ek was glad nie van sy bestaan bewus nie. Hierdie vroegoggend rotse sit – voordat die son op is, want dit is waarvoor ek kom, om daardie wonderskone verskyning van die son oor die wye oseaan te aanskou.
Die geboorte van elke dag kom deel ek en drink dit in.
Miskien is dit die hoop in my dat hierdie dag nie sal verveel nie.

Ek het geskrik vir die hand op my skouer, amper van die rots geval.
Sy beide sterk hande het my vasgegryp en veilig gehou.
Sy stem was musiek:
“Ekskuus. Ek is jammer. Ek hou jou dop. Ek sien jou elke oggend. Ek het ook die strandlelie se geboorte gesien. Hier, druk dit aan jou bors, dit sal jou dag verheerlik; My naam is Willem.”
En met die het hy weggegaan, stil soos hy gekom het en ek het net sy bultende kuite dopgehou soos hy strand op draf. Die ritme van sy boudspiere het opgestuwe na sy rug biltonge en soos basvioolsnare kon ek die musikale ritme van die gespierde rug waarneem.
Willem het oor die duine die dorp in verdwyn,maar sy wese en die strandlelie het ek tussen my borste vertroetel.
En dit vir hierdie, die hele goddelikste, wonderskoonste dag van my lewe.

Dag twee oorweldig die soet reuk van die Katjiepiering wat hy stil soos ’n muis, oor my skouer aangee om my hunkerende kyk oor die deining te versper:
“Môre Nooi, die reuk is medikasie vir ’n bloeiende verlange.”
En weereens is hy katvoet, springende rats van rots na rots die kantwater in en tril sy spiere hom die afstand weg uit my sig uit.
Ek het vergeefs gewag. Hoekom wag ek vir die man? Is ek besimpeld?

Dag vier jaag my hormone my donkeroggend al uit die kooi en ek trek my swembroek aan en gooi die strand jurkie oor my skouers. Vir Hendrik sit ek sy ontbyt in die mikro en eetgery saam met alles reg.
Lui, eentonige, verveelde Hendrik is happy met bediening.
Hierdie keer gaan sit ek nie op die rotse nie. Ek stap kantwaterlangs strandaf. Ek skop die aanvallende inkomende golfies terug die oseaan in en loop dieper die water in net om so hoog moontlik afkoelende water te kry, vir dit wat beslis afkoel en ook skoonspoel nodig het.

Ek het eendag die vliegtuig rand toe gevat om na die Paas skou te gaan
Reg bokant die Vrystaat maak die Loods verskoning vir die vlug skommeling en sê dat dit maar net die Vrystaat grondpad is.
Meteens het die vliegtuig ’n lugleegte binnegegaan en alles wat los is asook ons in die stoele styg op in die lug soos die vliegtuig hoogte verloor tot dit weer stabiliteit kry.

Hierdie was net so meteens. Sy ontsettende sterk arms lig my soos ’n veertjie en sy gespierde bene dra my soos ’n vlinder die see-in.
Diepwater verdwyn ons albei onder die golwe en met brute krag lig hy my veilig uit die water bokant die golwe en vir stabiliteit, klou ek met albei arms om sy nek en ons gesigte raak aan mekaar.
Sy wilde nat kuif bedek die staalgrys oë effe en my hare is in my oë en hy dra my vlakwater toe en sit my sagkens op my voete en sy hand veeg die hare uit my oë en sy een hand is om my lyf en sy magneet trek my teen hom vas en weerloos en broos lig ek my gesig en sluit my oë en ek voel sy lippe sluit op myne en ek word slap in sy staal omhelsing.

Tyd het stil gestaan. Net die musiek van die golwe en deuntjies van die meeue het ons intiemiteit begelei. Later het ons op die rotse gaan sit en onself aan mekaar gedissekteer, blootgelê, ontboesem.
Ons het die naakte stukke weer aan mekaar gevoeg, saam, hand aan hand vir die strandfotograaf gelag, met ons tone sirkels in die nat sand getrek, vierkante in twee gedeel tussenin getrek en hop-scotch gespring tot by die restaurant.

Willem is alreeds van tafel en bed geskei en sy vrou is iewers die binneland in. Sy werk vir ’n toeriste reisburo en Willem is Ingenieur by ’n suiker meule . Hulle is kinderloos – haar fisiologiese probleem.

Dit is vandag die einde van week drie. Ek en Willem het een geword en ek het geen skuldgevoelens nie.
Willem het die versteende doppe van Celestina se gees, se wese, se menswees, se emosie, se genot, se leef, verwyder.
Willem het Celestina se; nie weet wat is nog verborge in die liefde, wat kan nog ontdek word in die liefde, wat kan nog geniet word in die liefde – en ook in die lewe; Die enkel en enigste lewe, aan jou gegee.
Daar is nie ’n herhaal van die lewe nie. Mors hierdie een op en dit is verby.
Ek gaan myne nie mors nie. Ek is nie gebore net om kinders te baar en dan te vergaan in mense eenvoud en dan tydsaam en siel pynigend te sterf van eentonigheid nie!
En dan nog daarby, die skatkis van verborge genietinge in die liefde, nie eers te beleef het nie.

Ek sit Hendrik se ontbyt gerei reg. ’n die badkamer trek ek my swembroek aan en gooi die strand jurkie oor my skouers, vat my motorsleutels, kyk na die horlosie en sien dit is 02.00, sluit die deur agter my, klim in my motor en ry uit.
Hendrik se snork sal keer dat hy iets hoor.

Ek stop in Willem se oprit. Die buiteligte gaan aan net toe ek die motor se deur sluit.
Voordat ek kan klop, maak Willem oop. Die man se gesig lyk nie soos iemand sin wat uit die slaap gewek is nie.
Sy oë skitter immer grys in die gang se sterk lig:
“En Nou?”
“ Het jy ’n skryfblok?”
“Ek het in die studeerkamer.”
“Dan is dit goed. Maar ek sal verkieslik my egskeidings brief aan Hendrik skryf as ek klaar is met jou. Want, Willem, nou is ek frustreerd en vies. En ek wil nie skei oor ek frusteerd en vies is nie.”

Net daar, in die sitkamer, trek ek uit en terwyl Willem met daardie duisend duiweltjies in sy oë en daardie pragtige glimlag om sy mondhoeke my op en af bewonder, stap ek hom tegemoet, sluit sy wil sê met my lippe af en trurat hom na die kamer.
Hy het my gister belowe van ’n liefdes roete wat ek nog nooit ervaar het nie.

Willie F van Tonder
2012/05/25








Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Musikaal!!!
"Die ritme van sy boudspiere het opgestuwe na sy rug biltonge en soos basvioolsnare kon ek die musikale ritme van die gespierde rug waarneem."

Mensig Willem Wolf! Voorwaar formidabel!
7 jaar 4 maande 2 weke 6 dae 2 ure oud


Celestina
Die naam beteken "hemels"; maar sy is nie 'n engel nie. ☺
7 jaar 5 maande 2 weke 4 dae 4 ure oud


Hendrik
If you snooze you loooooozzze...

Dit was nou lekker lees...
7 jaar 5 maande 3 weke 2 ure oud


Celestina
Aag ek glo geen enkele woord wat jy hier verkoop nie! Dis sommer net fyn 'brag'! maar afgesien, overgesetsynde dit lees lekker... en ek sien in my geestesoog daardie borskas met spiere en al soos dit rus op jou kniekoppe. MJaar nouja mens mag maar droom.... al doen jy dit in iemand anders se naam.... Wel gedaan! Hou van!
7 jaar 5 maande 3 weke 2 dae 15 ure oud


Celestina
Dit was nou wraggies lekkerlees! As jy kan skryf, kan jy skryf!
7 jaar 5 maande 3 weke 2 dae 20 ure oud


Kortverhale
Slaan die kennis van weet darem nie skaamteloos-lekker deur nie...
Aits jou ou runnikkende eros ros!!!
7 jaar 5 maande 3 weke 3 dae 1 uur oud


Celestina
Heerlik...heerlik, Willem...so 'n cocktail in 'n saai lewe!!!
7 jaar 5 maande 3 weke 3 dae 6 ure oud


....
Oom Willem, jy bly 'n ou rakker en romantikus. Maar die verbode liefde maak altyd sulke lekker stories...
Wanner slaap jy?....
7 jaar 5 maande 3 weke 3 dae 7 ure oud


Celestina
Ek het lekker gelees en ook gewonder. As sy nou vir Willem vat, hoe lank voor verveeld weer intree?
7 jaar 5 maande 3 weke 3 dae 16 ure oud


Celestina
Lekker gelees Willie. Om só te kan skryf moet mens darem seker heelwat lewenservaring hê, nè? Hou van jou skryfstyl. Groete, Vic
7 jaar 5 maande 3 weke 3 dae 20 ure oud



Skakerings van Grys

deur Swartberg

n Bundel van 54 gedigte oor n hele aantal jare geskryf. Beskikbaar in elektroniese formaat.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar