Kortverhale

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

“Eksê klimmyt, wat sit en vrieet djy so oopbek soos ‘n hans bobbedjaan?” Elsie vervies haar vir Gysbert. “Dink jy jy is snaaks as jy so simpel praat?” Sy prop nog ‘n homp patats in haar mond, net om hom te verpes. Hy kan nie in rus en vrede aan ‘n tafel sit en eet nie, moet gedurig moeilikheid soek. Sy wou nog iets sê toe sy sien pa se oë trek op skrefies. Gysbert het alweer die tafelreëls oortree. Daar mag nie aan die etenstafel baklei word of skoor gesoek word nie. Die volgende oomblik tref ‘n vurk vol kokende pampoen vir Gysbert op die linkeroog. Hy vlieg gillend op en gryp sy kop vas. Pa het hom gewaarsku, en vir ongehoorsame kinders is daar net een medisyne. As jy nie hoor nie, moet jy voel!

Met die opspringslag val Gysbert se stoel agteroor en tref vir Brakkies wat biddend sit en wag vir ‘n afvalkossie, reg op die voorpote. Die hond is nie meer vandag se kind nie en van vele onverdiende houe het hy al ‘n knorrige verweer opgebou. Byt is die enigste oorlewingswapen in sy hondelewe. Hy pak blindelings die eerste been voor hom. Gysbert, nog gillend met ‘n warm pampoen-oog, spring vorentoe met die briesende hond se slagtande in sy kuit. In sy poging om sy val te stuit, slaan hy met sy regterhand in die bak kokende hoender. Die gebakte hoender styg gaar op. Vlerke en boude met ‘n sousstreep tref pa vol in die gesig. Toe is die duiwel los. Petrus laat hom nie deur ‘n kind aanval nie. As Gysbert nou so vuil wil terug baklei, sy outoriteit wil ondermyn, is daar net een medisyne om die mannetjie tafelmaniere te leer. Hy spring briesend op en ruk die tafeldoek wat iewers vashaak, met ‘n slag op. Die rysbak tref sy vrou Anna. Die omgekeerde rysbak is eers die lug in en val toe styf soos ‘n vrome kerkhoed oor haar kop. Bak-ore netjies teen haar kop vasgedruk. Klein San steek van die slag van eetgerei en bakke kos wat die lug in spring, die vurk wat oppad na haar mond toe was, halfpad in haar verhemelte weg. Oupa Pieta wat nog met sy sop besig was, hap lug en toe die warm bak sop sy skoot tref, is die rolstoel oorbodig. Vir die eerste keer in jare is hy op die been met ‘n reeds vergete vuur wat hom brullend in tru-rat op loop laat sit. ‘n Kokende souskluitjie is niemand se maat nie en ‘n halwe bak stomende soetigheid voor by ouma Grieta se hals in, laat haar skreeuend van haar bloes ontslae raak.

Toe Gysbert sy stomende pampoen oog oop kry, besef hy hy sal moet vlug vir sy lewe. Pa is ‘n ou oorlogsveteraan en met reKKies speel niemand nie, jy dobbel met jou lewe. Hy lê rieme neer met Brakkies kort op sy hakke, die vlaktes in. Anna met die rysbak nog steeds op die kop, kom tot ouma Grieta se redding en gooi ‘n beker yswater by haar boesem in, in ‘n poging om te keer dat die ou mens haarself nakend uittrek om van die brandende souskluitjies ontslae te raak. Oupa se tande is soek en San spoeg bloed. Dit is die gillende vroumense wat vir Petrus tot bedaring bring. Chaos heers en Elsie lyk of ‘n geelslang haar gepik het. Sy is gryswit om die kiewe, stukke patats nog steeds ongekou, bultend in haar kieste.

Op die agterstoep sukkel Petrus vir ‘n uur lank om die rysbak van Anna se kop af te kry. Hy is te bang as hy die glasbak probeer stukkend kap hy nog ‘n dood ook op hande het. Alle pogings misluk, totdat die buurman uiteindelik kom help om haar op haar kop staan te maak in ‘n bak kokende water. Dit is ‘n uitputtende proses, Anna is nie ‘n liggewig nie. Die sweet tap hulle later af om Anna se lyf te ondersteun en bene in die lug te hou. Petrus bid ernstig dat Anna se brein nie gaar word nie. Soos dit is, is sy alreeds ‘n nagmerrie as dit by verwyte kom! Met ‘n gaar brein is sy dae getel! Ouma en oupa is agter geslote deure om hulle wonde te lek. Daardie preek lê ook nog voor! Geluk by die ongeluk is dat oupa darem nou weer op die been is.

Laataand sluip Grysbert terug in die huis en kom vra verskoning vir sy gedrag. Hy is na ‘n stewige drag slae met ‘n yssak op die oog kamer toe. Bou nou ‘n nasie met so ‘n volk! Om hoof van ‘n huis te wees is verseker nie aldag maklik nie veral nie om die etenstafel nie.!

Die klein kampie is maar ‘n eensame stukkie aarde om man alleen in te staan en dit oor tafelmaniere en dat die buurman gesien het Anna het selluliet



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Tafel
Waar op aarde kom jy aan alles! Lekker gelag en laaik veral die selluliet-einde!

6 jaar 2 maande 2 weke 10 ure oud


***
Jammer ek is laat, maar dit het my Saterdagaand ook goed opgehelder. Jy weet van 'slapstick' hoor!
6 jaar 2 maande 2 weke 1 dag 8 ure oud


eetkamertafel
Baie dankie vir die mooi woorde, ek waardeer - hierdie was een van die stories wat vanoggend op Sprinbok Internet Radio voorgelees was... so bly julle het dit geniet - Baie dankie vir die saamlees!
6 jaar 2 maande 2 weke 4 dae 18 ure oud


Eetkamertafel.
Lank laas so geskater van die lag. Net die regte medisyne vir 'n Maandag.
6 jaar 2 maande 2 weke 6 dae 14 ure oud


Ano
chaos
hehehe. Soveel gespook om 'n enkele tafel. :-D Uitstekend en beslis die regte begin vir die week.
6 jaar 2 maande 2 weke 6 dae 15 ure oud


tafel
hahahaha lekker lag ek nou .. sien die hele spulletjie voor my oe gebeur.. wat n konsternasie!!! .. en dit oor n simpel grap .... hehehe
6 jaar 2 maande 2 weke 6 dae 20 ure oud


Hahahaaaa!
Hiehiehie! Het ek darm nou vir jou lekker gelag, my lagpilletjie in vir die dag!
6 jaar 2 maande 2 weke 6 dae 20 ure oud


:-D
Hehe. Dit was nou 'n lekkerlag een so op die Maandagoggend!
6 jaar 2 maande 2 weke 6 dae 21 ure oud



RANGEERWERF

deur Johann P. Boshoff

Hierdie selfpublikasie, met die volledige titel RANGEERWERF: DIE WAARHEID GELIEG, bestaan uit nege (9) homofiliese kortverhale met sterk biografiese inslag opgeneem. Dit is 'n rangering deur die lewe.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar