Kortverhale

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Dit word also aanvaar dat dinge in volgorde van drie gebeur. Hierdie Donderdag is dit besonder stil in my drankwinkel. Dit pla my altyd want die groot plekke druk my. Gelukkig het ek ondersteuners en maters en is my winkel ook ‘n bymekaar kom plek. Ek lees die nuutste uitgawe van die hengel tydskrif ‘Stywe Lyne’ en het hom nie gesien inkom nie.
“Môre Willem . . .”
Ek sit die tydskrif neer en kyk vir Hennie: “Môre Hennie, kom koop jy ? Jy is mos nie juis ‘n drinker nie.”
Hy tel die tydskrif op en blaai sonder om my te antwoord en ek wag.

Hennie is ‘n motorkar enjin man. Hy ken wat in die binnekant van ‘n enjin aangaan maar dit het ook sy probleem.
Motorkar is nie ‘n ‘lekker ding’ om te besit nie – dit is ‘n ‘moet ding’ om te besit en die enjin moet reg wees en sou die enjin onklaar moet Hennie deurnag want ‘n motor het wiele en wiele is rond en ronde wiele moet kan ry.

Op hierdie manier ry ‘n vrou ook. Wanneer ‘n vrou gatvol is vir ‘n man wat nie sy huis ken nie, dan pak sy en ry by die hek uit en los net ‘n briefie teen die yskas se deur:
“Vertel vir jou pens die kar wat jy gesond maak sal uit dankbaarheid vir jou kom kook ook – jy sal hoor van my Prokureur.”

Hennie se oplossing het gekom uit blyplek. Meisies soek blyplek. Mooi skoon en met kos en met warmte en met beloftes maar Hennie maak darem nie beloftes nie, dit is die skoon wat moeilikheid maak. Karre werk met olie en ghries en petrol en so ‘n oorpak moet week in die bad en dan sal die nuwe meisie vir die eerste week help met raad en daad en die tweede week beswaar byvoeg en na twee maande liewer die pad vat.
Hennie se romantiek, geld, lewe en moontlikheid van ‘n goeie vangs, is dan nie meer geduld en bietjie meer opvoeding as geduld, werd nie en ek kyk vir Hennie met ‘n hout oog.
“Jou bek hang – is jy weer vrouloos?”
Hy bly voortblaai asof hy diep dink en mompel net:
“Jip, Jane het ook die pad gevat – maar dis nie hoekom ek hier is nie” en hy sit die tydskrif neer en kyk op; “ Ek wil die Hengelklub join en jy moet my leer van hengel – na die maai met vroumense in my lewe.”

Ek is verstom en verheug en wik en weeg nog aan die drie dinge wat kan gebeur:
Eers die besondere stil Donderdag in die winkel
Toe kom Hennie met sy stories en behoefte
En . . .
Ek wou nog gis toe kom Groot Faan, hoed op die kop en stowwerige plaasklere en Faan is die voorsitter van ons Hengel klub en Groot Faan is groot in alles en hy groet luidrugtig en stap na die rak toe en roep oor sy skouer:
“Julle twee moet vanaand by my wees – ons vier vanaand.”

Dit is toe nommer drie. Faan koop twee trollies vol en ek vertel van Hennie as nuwe lid en dit is nog ‘n rede en ek slaat die geldmasjien en gee vir Faan sy afslag en vra in dieselfde asem wat ons eerstens vier vanaand?
“Willem, ek kom van die boedel vendusie af – ek wag ‘n ronde vyf jaar – dit is hoe lank die boedel gesloer het – ek het Groengoud gekoop!”

Groengoud lê ook op die wal van die Vaal rivier en is aangrensend aan Faan maar die hekke is sedert die dood van Attie en Lena du Plooy, sowat vyf jaar gelede, met kettings gesluit en niemand had toegang nie.

Ek bewe van opwinding. Daai stuk rivier lê al vir vyf jaar en al wat daar gebeur is visse wat teel en broei en spoke wat loop soos die ou mense sou sê.
“Faan, luister vir my, hierdie naweek is swerwer kompetisie en ek weet jy stroop nou en kan nie gaan hengel nie en ek vra mooi – gee vir my en Hennie die eerste kans op daai water – asseblief en vat my hand – ek weet hoe het jy uitgesien na die kopie.”

Faan steek sy hand uit: “ Die water is julle twee sinne en niemand sal julle daar pla nie – gaan vang gerus die grootse en vetste een daar; ek gee sommer die sleutel al vanaand want daar is nou ‘n nuwe ketting en slot aan.”

Met ‘n waai van die hand stoot Faan die gelaaide trollie uit en Hennie help met nommer twee agterna om dit terug te bring en toe hy weer inkom en die trollies parkeer, wil hy weet van die plaas en die kompetisie.

Attie en Lena se storie het ons almal geruk. Attie was ‘n bedorwe ryk man se alleen kind want sy Pa het geld gemaak uit lusern met die Vaalrivier se soete water en Attie erf. Attie het sy erfgeld geswing en geswaai op jol, toere en langbeen meisies en toe struikel hy oor Lena van die Big Boys Pub & Grill en Lena het klaar geslaap en wou uit haar gesukkel uitkom en het vir Atiie probeer tem deur hand en tand in die boerdery in te spring en alles reg te ruk.
Attie was nie reg te rukke nie en Lena sien nie meer son nie net donkerte en sy vra hy moet asseblief die waterpomp in die rivier gaan nasien want dit werk nie mooi nie. Sy sal die krag afsit en hy moet net bel, dan sit sy weer aan en hy kan toets.

Attie se regterhand het al permanent gekrom soos hy ‘n blikkie bier vashou want Attie gaan toilet ook met die bier en Lena se tydberekening was reg. Toe hy mooi in die water staan en werk met die drade sit Lena die krag aan.

Daar was ‘n groot geregtelike ondersoek met die uitsluitsel :
Hoe kan ‘n gesuipte man nou loop staan en met elektries werk in die rivier en Lena erf alles en sy is giftig en boer lusern beter as haar oorlede skoonpa en wil niks met mans te doene raak nie en drie jaar gaan verby en Lena boer vooruit so op haar alleen en niemand weet wat het gebeur nie.

Dis die Waterfiskaal – die man wat die waterverbruik kom lees, wat haar gekry het toe sy seker al drie dae dood in die water lê - langs dieselfde pomp.
Met geen erfgename nie was dit ‘n moeilike boedel want haar familie het baklei vir elkeen se deel en die plaas is uiteindelik verkoop.

Faan se lewenswens fees het ons behoorlik gevier. Saterdag oggend om agtuur skop die kompetisie af en die manne jaag elkeen in sy eie rigting na sy eie waters toe en ons moet om twee uur Sondag terug wees met die vangs en die skaal sal sê wie het die swaarste vis gevang.

My hengel bakkie en karavaan is altyd gelaai en reg en ons top net op met vars goete en kos en Hennie sluit die hek oop. Ek sien die tweespoorpad soos die vendusie kopers die gras plat gery het en ek draai na die opstal se kant toe net om uit nuuskierigheid te loop kyk.
Die ou plaashuis kort baie aandag en Hennie is kontant genoeg en neem sit op die houtbankie wat verlate op die stoep staan en roep:
“Willem, skree vir Mieta om die koffie en beskuit te bring!”

“Kom Hennie, los maar, spoke loop in die nag en hier is beslis nie ‘n Mieta nie.”
Ek vat die koers rivier toe deur die lang gras en sien skaars-skaars die paadjie wat hulle altyd gery het na die pomp toe. Ek weet hoe om die karavaan te parkeer, lekker naby die water en by die sementblad waar eens ‘n waterpomp was.

Om iemand te leer wat niks van hengel weet nie . . .
Om intussen nog te hengel, ietsie vir die keel en die maag nader te trek en voor te berei, vat tyd en toe die volmaan sy kop in die Ooste oor die digte bosse uitsteek en sulke skadus om ons gooi, noem Hennie dat die dag gevlieg het want die uurwyser van die horlosie het pas die twaalf verby gegaan.

Hennie het eers gaan buitekant staan en voordat ek die watergeluid hoor kom sy roep:
“Willem, daar is beweging by die opstal, ek sien dit in die maanlig.”
Ek trek weer my bootse aan “Dis onmoontlik, jy verbeel jou’ en toe is ek langes hom en ek sien ook die skadu wat beweeg.
“Hennie, daai is rowers, ek het ‘n pik steel in die karavaan, gryp jy die byl” en ek kry my foon en bel na Faan toe en sy foon praat met my terug en ek weet; Faan stroop deurnag en het nie tyd vir ‘n foon nie en ons besluit om met ons wapens die sowat honderd en vyftig meter te stap.

Ons varsgetrapte tweespoorpad is baie duidelik en Hennie, die handewerk man, sê net. “Moenie die flits aanskakel nie; ons hou die verassing en moenie skroom nie, slaat voor die voet!”

Stilte bring ons nader en ons sien geen beweging nie en ons nader en net die stilte begroet toe Hennie my arm vasvat en stoep toe beduie en fluister:
“Die bankie . . . check . . .”

Ons staan en ek check en Hennie check en ons sien duidelik die twee lange mekaar net soos ek hulle onthou. Hulle lyk presies dieselfde net-
Net . . .
Hulle hou mekaar se hand vas en staar na vore na daar waar vêr is.
Ek kon dit nie hou nie en rig my vyfduisend kerskrag flits en skakel aan.
Net die leeg ou bankie staan verlate . . .
En ek skakel af.
Hennie druk weer my arm – toe ons oge gewoond is en ek sien ook.
Ek vat sy elmboog en ons draai weg:
“Hennie, hierdie bly tussen ons twee, gehoor. Hulle het vrede gevind.”

Willie
2014/07/11
Naskrif:
Dit was een maand gelede. Ek en Hennie het die kompetisie gewen.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Vrede
BRAVO BRAVO!!!! Jisso 'n heerlike storie! Ja, vrede is 'n wonderlike ding!!!!
5 jaar 2 maande 1 week 4 dae 9 ure oud


vrede
Willie jou ou doring. Ek het nou lekker gelees aan hierdie een
5 jaar 2 maande 1 week 5 dae 22 ure oud



MAMMON

deur Piet Schoombie

Mammon handel oor 'n beroepsgholfspeler se lewe en ervarings plaaslik en oorsee. Soos die boek se naam aandui, speel geld deurgaans ’n belangrike rol..



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar