Kortverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Welkom in my wêreld. Deurmekaar se moses. Vir organisering is daar nie tyd nie. Sien, my wêreld is deurmekaar en superbesig. Too few hours in a day and too many things to do. I got people to meet and places to be.
Grootword is nie kinderspeletjies nie. Ek is ernstig, okay, dit is nie. Eintlik as jy regtig daaraan dink is niks in die lewe kinderspeletjies nie. Die lewe is nie, so hoekom sal iets in die lewe so wees. Sorry, een van my eienskappe, sal nie klassifiseer of dit ʼn sterk- of swakpunt is nie, ek filosofeer graag. Dit gee waarde aan die mensdom en my lewe (wat nie kinderspeletjies is nie).
Sien ek het besluit om te begin om ʼn dagboek te skryf sodat ek kan kophou met myself en myself kan discover. Ek weet nie juis wie en wat ek is nie. Ek is seker maar ʼn tipiese tiener. Confused as hell and nowhere to run. Ek skat ek kan myself probeer vind in die nuwe kopdokter soos aangestel deur meeste van die mense in die skool. PILLE. Maar dit was nie vir my nie. Het my net meer confuse as wat ek klaar was en nou try ek maar alles anders. Jy weet die gewone: cigarettes and alcohol. Seks het ook nie vir my gehelp nie – as jy wou weet.
Om terug te kom na die point of discovery. Die dagboek idee het nie gewerk nie. Ek raak verveeld met mense en dinge en veral kophou. Ek het seker so twee dae gedagboek en toe gee ek dit op vir ʼn bad job. So lyk 27 Mei: Ek en my ma het vandag ʼn helse uitval gehad. Harde woorde het geval. Too bad ek kan nie hier weg kom nie. Ek haat dit hier. Life sucks, what can I say? Miskien lyk môre beter. Cheers vir eers. Ek het jou gesê ek raak verveeld, en om feelings te verwoord sit nie in my g-string nie. Die 26ste s’n was half beter, my lewe het, glo dit of nie, begin sense maak en toe val alles inmekaar toe ʼn pal amper OD op Mandrax en ons almal gestuur word vir bloodtests. Om alles nog scarier te maak word ʼn ander pal van my daai selfde dag gearresteer vir possession. Ecstasy en Heroïne. I repeat, life sucks.
Ek het nie eintlik drugs nodig nie. Musiek is vir my soos ʼn drug. Jy raak addicted. Ernstig. Musiek move jou uit jou wêreld en sit jou in een waar jy eintlik wil wees. Musiek is ʼn leefstyl soos om te act. Lyrics is eintlik soos klein dramas in die skrywer se kop. Hy bepaal of dit ʼn happy ending het en of die hero doodgaan.
Ek is eintlik redelik weird. Ek is ʼn tiener in die 21ste eeu wat leef saam met Marilyn Monroe en Grease. Ek weet wat jy nou wil doen, maar asseblief moenie nou neersit nie. Kyk eers die scene uit en dan oordeel jy my.
Daar is net iets van die verlede wat my beetgekry het en meevoer na plekke wat jy nie kan imagine bestaan nie. Daar is iets aan Marilyn se way van dinge doen – haar non-caring houding. Die feit dat sy nie ʼn saak gehad het met wat die mense van haar vele verhoudings gedink het nie. Ek admire haar. En dan is daar die Catsby-era wat my opgewonde maak. Die tyd van pelsjasse en stywe wave hare. Die fifties en sixties het my ook gaande. Opgewonde danspassies, wye rompe en ducktails. Die ouens was real en het ʼn girl laat special voel. En moenie die agterseat van die kar vergeet in die drive-in nie. ʼn Girl se sweet sixteen was ʼn never been kissed okkasie. Daar was nie issues soos VIGS en drugs nie. Net die odd teenage-pregnancy – en toe was dit uit die bose.
Glo dit of nie, ek is ʼn sucker vir romance. En ek het al ʼn paar verhale van my eie, maar hulle is sad stories wat elkeen eindig in heartache and pain. My messed up life of boyfriends. Elkeen het ʼn ander angle waaruit hy jou bewerk, maar elkeen het een doel voor oë. En so het ek my al ʼn paar keer vasgeloop. Dalk die dat ek so voel oor ouens. One was too many, and a thousand would never be enough. Dis eintlik snaaks dat daar nie méér selfmoorde gepleeg word deur vrouens nie, want dit wat jy van ʼn man moet opvreet is genoeg om jou selfmoordneigings te gee. Ja, okay ek is dalk net 17 maar life sucks en ouens nog meer. Feelings suck die meeste. Jy moet altyd dink aan jou eie feelings en dan moet jy nog ander s’n ook in gedagte hou. Hoekom gee ons so baie om?
Die hele filosofeer-ding het begin toe ek my skryftalent ontdek het. Ek het seriously begin dink oor die lewe, serious issues en allerhande stuff. Sonder enige feelings het ek oor alles begin skryf, die liefde inkluis. Soos ek vroeër vertel het is musiek my drug en so kry ek inspirasie van songs en natuurlik van ander skrywers.
Met al hierdie gedinkery het ek gedink ek kan my lewe sommer ook so uitsort, maar toe kry ek die wake-up call wat my laat skrik – die lewe is nie instant coffee nie. Die lewe is regte egte moer-koffie en die surprise is dat jy nog eers die koffiebone moet oes. ʼn Hengse lang proses wat liefde (die freakiest feeling ooit) en aandag nodig het.
Sien, dis wat ek bedoel; ek is ʼn sucker vir romance, maar ek is nie te crazy oor feelings nie, veral nie die liefde nie. Die liefde volgens my is over-rated. Dis ʼn moneymaking scheme van een of ander grootkop soos Donald Trump of Richard Brandson – ek sê nie dis hulle scheme nie, maar dit is een. Sonder om op enigeen se tone te trap. As jy my ken sal jy verstaan wat ek bedoel.
Sorry, jy dink seker al teen die tyd wie is hierdie persoon wat jou alles oor haarself vertel en nie eers nice genoeg is om haar aan jou voor te stel nie. Maar sien ek het so in vervoering geraak om jou van my te vertel dat ek vergeet het om vir jou te sê wie ek eintlik is. Jy weet, die persoon soos ek registreer is by binnelandse sake. Ek is Lize. Lize Strauss. Ek is 17 en opsoek na myself. Ek is besig met ʼn inner-discovery van myself. Kleintyd was ek maar die gewone girl-next-door. Niks te special nie. Ek het gewone dinge gedoen en gewone kinders geken. Nou is ek groot en uitgevreet, soos my ma sal sê, en is ek nie meer die gewone meisietjie nie en ken ek nie meer gewone mense nie. O, nee, ek het my eie mens geword, al moet ek haar nog net ontdek, en nou hang ek uit met mense soos ek.
Om terug te kom oor die hele anti-feeling storie. Ek het ʼn filosofie/teorie, noem dit wat jy wil. Ek het vroeër gesê ek haat dit hier. Ek was nie heeltemal ernstig nie, maar hoekom ek die saak aanroer is om my teorie te bewys. Jy dink seker nou: “maar hey didn’t she say she doesn’t like feelings.” Wel, sien ek voel haat is nie ʼn feeling nie. Haat is meer soos passion en passion is nie ʼn feeling nie. So ek reken dit maak dat haat nie ʼn feeling is nie maar eerder ʼn vurige passie.
Ja, okay, ek weet teen die tyd kan jy nie meer wag dat ek jou van ten minste een van my ex’s moet vertel nie. Kom ek dink… aha! Josh. Ag nee wat. Hy was net te boring. Wat van Malan of Conrad? Nee, Alex. Of nee, wag, eerder nie. Dean? Ek het dit, kom ek vertel jou van Lucas. Ons het ontmoet by ʼn pal se party. Ek was smoor verlief op hom en hy op my. Ons het alles saam gedoen en ek bedoel ALLES. Lucas was die perfekte ou. Hy was hot, romantic, sweet, loving en caring. En om die cherry op die koek te sit; hy was nog goed met woorde ook. Dalk net te goed. Hy het my die son, die maan, die sterre en al nege planete belowe en al wat ek gekry het is ʼn gebroke hart. Sien in ʼn plek waar die manlike populasie minder is as die vroulike populasie is daar vir party ouens meer as een girl en Lucas was die lucky kandidaat. Interessant genoeg? Nes ek gedink het jy wou eintlik geweet het oor my... Sorry, daai kas sal gesluit wees tot verdere kennisgewing.
Dêmmit. My cigarettes is klaar. Ek die vir ʼn smoke. Miskien moet ek in die yskas gaan kyk vir iets om te drink. Chappies, waar is die goed nou? A, hier is dit.
Ek is terug. Goed, nou voel ek beter. Waar was ek? O, ja. Ek wou jou vertel van die groot discovery wat ek soos in nounet gemaak het. Ek weet uiteindelik waar ek inpas. Hier. Net hier. Ek is Lize. Ek is weird en proud daaroor. Ek voel beter na elke sigaret. En ek is gaande oor die 20’s, 50’s en 60’s. Ek dra t-shirts met Marilyn Monroe se gesig op. En ek luister net Afrikaanse musiek – nog ʼn weird deel in my lewe. Ek skryf graag oor alles wat ek voel. En ek filosofeer oor die lewe en die rede van ons bestaan. En nog ʼn groot ding wat my Lize maak: I love to hate love. En moenie vergeet nie, ek is ʼn hopeless romantic wat drie maande laas na ouens gekyk het en oppad is om aan die klooster se vereistes te voldoen – daaraan moet ek dringend iets doen (wonder of Owen iets doen vanaand of dalk daai cute waiter). Ek dink ek het vandag my grootste deurbraak gemaak. Ek het myself gevind. Ek het besef dat ek ek is en ek is weird, maar “flippen fabulous”.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Deurmekaar Mind
Hy, f%&**%#$ GREAT!!!
14 jaar 9 maande 3 weke 6 dae 13 ure oud



HOOP

deur Ano

HOOP is 'n hulpmiddel vir persone wat sukkel om die dood van 'n geliefde te verwerk. Die hoofstukke is kort en aan die einde van elkeen is 'n paar vrae wat jy aan jouself kan stel. Vrae soos 'Van watter metodes maak jy gebruik om van jou rou af weg te vlug', of 'Hoe hanteer jy verjaarsdae en ander feestelike byeenkomste'? Hierdeur hoop ek die leser sal tyd in introspeksie deurbring en vir homself 'n paar antwoorde vind.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar