Kortverhale

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Deel 19.

ʼn Week later in Caracas Venezuela.

“Buenos días.”
“Good morning,” kyk sy rond wie nou met haar in die vreemde wil praat waar sy by ʼn swembad lê en ontspan. Lig sy haar sonbril so effe op, dan sien sy dit is twee polisiebeamptes.
“Señora Janette van der Linde,” dan hak hulle tonge vas om die naam reg uit te spreek, hulle sê die “J” soos ʼn “G” — en probeer weer ʼn slag.
“Si,” baie vriendelik sê sy dit op ʼn regte Afrikaanse manier.
“Acompañanos por favor,” met geen toon van emosies nie.
“¿Por qué?” probeer sy dit soos ʼn gekunstelde dametjie sê.
“No haga preguntas, solo hágalo,” staan die twee geregsdienaars voor haar sonder enige emosie. Enkele sekondes daarna begelei hulle vir Janette na die vangwa vir deportasie na S.A.

Die lang arm van die gereg, wat sy voelers oor die waters uitstrek om sy prooi in die vreemde te gaan vang soos ʼn jantjie-trapsoetjies, dodelik snel vinnig skiet hy sy tong uit om sy prooi te vang, sonder dat die prooi weet wat aangaan. Sy spook en strotter oor ʼn vreemde taal se klinkers en medeklinkers, dat haar tong so knoop, dat sy self nie eens weet wat sy probeer verduidelik of praat nie. Al haar gesoebat val op die dowe ore van die Internasionale Veiligheidspolisie. Daar verloor jy al jou regte en moet maar net die snater toe zip.

“Almal staan,” het die bevel van die klerk van die hof gekom soos deur die regter aangestel. Almal in die hofsaal het opgestaan, en wag vir die regter om sy sitplek in te neem. Daarop het die jurielede, een vir een, plegtig ingeloop gekom na die jurie bank.

Die hof amptenaar lê die verklaring af met ʼn sug van verligting, dan oorhandig hy die dossier aan die klerk, waarna die regter ook sy afskrif uit sy boonste vakkie neem.

“Die tweede getuie is Mevrou Janette van der Linde,” kom sy half skaam na vore waar die hele dorp haar ken as die vroutjie met gevoelens vir haar pasiënte.
“Sal die verweerder asseblief opstaan!" beveel die klerk.

Die klerk betrag die woorde vir die soveelste keer wat gedruk is in goue letters op die regter se bankie: In God Vertrou Ons. Hy staar na die swaar houtdeure en dan weer na die eikeboom-paneel mure, by die hof seëlsteen vertoon dit prominent uitgesny, wonder hy of dit nog die moeite loon om op so ʼn klug voort te gaan en uiteindelik staar hy na sy teëparty, die assistent prokureur, wat waarskynlik gevul is met sy eie self-twyfel, versigtig ondersoek hy sy bolpuntpen waarop hy al soveel kere probeer steun het.

“Mevrou Janette van der Linde, sweer jy dat jy net die waarheid as waarheid sal getuig.”
“So help my God,” kom die stemmetjie baie swemmerig deur.

“Vertel vir die hof; waarom het jy so skielik jou voelers na die vreemde uitgesteek?”
“Is ek nie geregtig op my jaarlikse verlof nie?” half verdedigend.
“Daar is geen twyfel daaraan nie. Maar waarom het jy drie maande se verlof geneem, en jou bedanking is klaar ingedien dat jy nie weer jou pos sal kan beklee nie?” kyk die staatsaanklaer haar ferm in die oë aan.

“ — “ sy soek spoeg om haar lippe te bevogtig.
“Antwoord jy niks hierop nie, Mev. Van der Linde?” vandag gaan die geluk aan my kant wees om haar skuldig te laat pleit, dink hy so in sy eingheid.

“Ek, ek het tyd nodig om te probeer dink,” kyk sy verwilder na die Regter om hulp.
“Al die toetse wys positief met jou aandeel aan Laura se verdwyning en dat jy medepligtig is. Wat is jou verweer?” proe hy die triomfantlike soet smaak so effe in sy mond.

“Geen verweer Edelagbare.”
“Vertel in jou eie woorde waar pas jy in.”

“ — Ek is ʼn assistent Chirurg en Anna Brouer het dit geweet. Sy het my hulp kom vra en ek het my hulp aangebied. Ek’s genooi vir daardie magiese ambrosyn feesmaal, min wetend, dat ek nou die prys moet staan en betaal, sy moes seker ook iets in my koffie gegooi het.”

“Appèl, ek weet nie wat het dit met die saak te doen nie,” probeer hy Anna Brouer se bas red met die Appèl.
“Van die hand gewys.”

“Ek is met my lewe gedreig as ek enige iets sou sê,” kyk sy weer na die Regter met ʼn uitdrukking op haar gesig van: wat sou u in my posisie gedoen het.
“Gaan asseblief voort. Wat was jou verbintenis met Anna Brouer?”

“Aan my is ʼn klomp geld in die hand gesteek, ek moes net die werk doen. Daarna moes ek later net van die kaart af verdwyn. Hier is die bewys van die geld wat my aangebied was,” met ʼn bewerige hand steek sy die bewysstuk uit na die staatsaanklaer.
“Geen verdere vrae meer.”

“Die derde getuie is Meneer Dan Kloete,” met veel brawade stap hy na die aanklagbank.
“Sal die verweerder asseblief opstaan!” beveel die klerk.

“Dan Kloete, sweer jy dat jy net die waarheid as waarheid sal getuig.”
“So help my God,” met ʼn stem wat kraak soos ʼn brulpadda s’n.

“In jou verklaring het jy verklaar dat jy vir Mejuffrou Laura Hoffmann die aand met Tom se moord gesien het, nie waar nie?”
“Ja, Edelagbare,” sê hy dit sonder vertwyfeling aan die staatsaanklaer.

“Kan jy beskryf wat se klere sy aangehad het?” met ʼn effense stembuiging, ontsenu hy vir Dan Kloete sonder om daaroor te twyfel.
“Dit was maansverduistering en ek kon nie so mooi sien nie. Die persoon, ek dink, het ʼn grys langbroek en wit hemp aangehad. Verder kan ek nie help nie,” met ʼn gesigsuitdrukking asof hy weer probeer kyk wat daardie aand met maansverduistering gebeur het, of hy haar wel herken het as Laura Hoffmann.

“Hoe rym jou verklaring waarin jy getuig dat dit Mej. Hoffmann is nou, die kledingstukke stem dan nie ooreen nie?” sit hy die bewysstukke voor hom neer.

“Dalk kon ek my misgis het met haar,” dan sien hy vir Laura in die hofsaal raak, krimp hy so half weg in die aanklagbank.
“Dan neem ek aan dat dit nie Mej. Hoffmann is wat Mnr. Tom Brend vermoor het nie.”
“Dankie vir jou samewerking, geen verdere vrae nie,” hy voel hoe Laura se oë hom wil verteer, kruip die skaam gevoel op tot teen sy hart vas. Hy probeer sy lugpyp oop hoes soos die vrees nou sy longe omklem.

“Hof verdaag, na middagete is die vonnisse.”

“Die vierde getuie is Mejuffrou Anna Brouer,” slingerstap sy na die aanklagbank, besef sy dat die uur van waarheid nie meer langer uitgestel kan word nie.
“Sal die verweerder asseblief opstaan!" beveel die klerk.

Mejuffrou Anna Brouer is sigbaar in siddering, sy probeer om kalm voor te kom deur ʼn onwrikbare emosielose blik op haar gesig, kyk sy deur vae nat betraande oogvliese na die Regter.

Die hoofjurie staar na die vel papier wat hy in sy hand hou waarop die uitspraak van die jurie aangeteken is. Daar heers ʼn doodse stilte in die hof.

“Mnr. die hoofjurie, het die juries tot ʼn beslissing gekom?”
“Ja, ons het, Edelagbare,” staan hy heel besadig en orent om die uitspraak te lewer.

“In die klagstaat word die aangeklaagde aangekla vir poging tot manslag in die eerste graad en dit is strafbaar.” Sy wend ʼn laaste poging aan om kontak met die Regter se oë te maak, “Ons vind die aangeklaagde skuldig!”

Anna Brouer begin ineenstort, ʼn hand word aangebied om te verhoed dat sy val, die besoekers en nuuskieriges in die hofsaal sing ʼn klaaglied van verligting. Die kameras kliek die een na die ander foto om die emosies vas te vang.

“Anna Brouer jy word skuldig bevind op die tweede aanklag van ontvoering van Mejuffrou Laura Hoffmann. 8 jaar sal jy uitdien, en op die eerste aanklag 5 jaar waarvan net twee jaar opgeskort word. Op die moord van Tom Brend word jy vrygespreek as gevolg van onvoldoende bewyse.

“Peet van der Linde jy word aangekla as medepligtige met die ontvoering van Mejuffrou Laura Hoffmann en word vir 5 jaar gevonnis waarvan 2 jaar opgeskort is. As verraad teen die gereg word jy vir 7 jaar gevonnis.” Hy probeer kyk waar Stoftrappertjie is, om hom die verwyt van sy lewe toe te snou, maar sien hom glad nie.

“Janette van der Linde jy word as medepligtige gevonnis vir 5 jaar met geen versagtende omstandighede op die vonnis nie, omdat jy die saak nie by die polisie aangemeld het nie en dus inligting weerhou het.” Sy klem die bank vas dat sy nie na benede moet stort nie. Vloei die trane van selfverwyt vrylik oor haar wange.

“Dan Kloete jy word vir 3 jaar gevonnis vir die weerhouding van inligting.” O dis nie te sleg nie, ek is gelukkiger as die ander dink hy so by homself. So word die gevonnistes weggelei na die hofselle toe.
“Die Hof verdaag.”

“Nou kan ons ontspan nadat die Hofverrigtinge verby is. Daar is twee dinge wat my bly pla, en dit is dat ons nie weet wie die ander een is wat jou van die gras af wou maak nie en Tom se moordenaar. Een ding is verseker dat ek nie sal rus voordat ek al die bewyse het nie Laura.”

“Albertus kom ons vergeet wat gebeur het en soos jy sê, ek gaan met ʼn ander perspektief by die lewe aanpas. Daarvoor is ek lief genoeg vir jou en saam sal ons ʼn toekoms bou,” haak die twee by mekaar in en loop al dralend huis se kant toe.

“Kom ons bel vir Dirk en Merie, dan braai ons Saterdag by hulle.”
“Dit is nou ʼn fantastiese idee, Albertus.”

Na die hofsaak het Kaptein Van der Boud aansoek gedoen dat Konstabel Van der Plooi se verlof hertoegestaan sal moet word.

“Môre Kaptein.”
“Môre Albertus. Ek het vir jou goeie nuus. Jou verlof word aan jou hertoegestaan.”

“Hoe so Kaptein?” kom dit heel spontaan na vore.
“Eenvoudig, omdat jy jou verlof gebruik het om die skuldiges vas te trek,” sê hy dit met trots.
“Van wanneer af tree my verlof dan in werking, Kaptein?”
“Jy kan reël wanneer jy dit wil hê,” dan glimlag hy met tevredenheid na Albertus se kant toe.
“Baie dankie Kaptein,” borrel die opgevondenheid deur sy hele liggaam.

“ Baie geluk Konstabel, jy kry bevordering tot Sersant, wat vanaf die eerste van volgende maand in werking tree. Veels geluk met jou bevordering, Konstabel Van der Plooi.”
“Nogmaals baie dankie, Kaptein,” kan skaars glo wat hy nou net gehoor het.

Intussen doen Peet van der Linde aansoek om Appèl.

“Peet, jy moes al hierdie dinge uitgepluis het voordat jy begin handeldryf het met die jeug se lewens. Nou vra jy vir versagtende vonnis.”
“Hoekom mag ek nie?”



“Handeldryf met ander se lewens, is riskant genoeg, maar jy het dit gedoen sonder ʼn sweempie van omgee. Jou wedyweringstryd kos jou nie net geld nie, maar jou hele Peet-wees,” kyk hy hom aan met sy eie gedagtes, wat hy nou van die hele petalje dink.

“Al wat ek vra, is Appèl,” nie juis ʼn sweempie simpatie nie.
“Kort voor lank, sal ons jou ware kleure sien, en jy sal niks anders as ʼn stapel oorskot wees nie, dan sal jy sê; as ek maar net geluister het.”

“Nou goed, ek sal die nodige dokumentasie doen. O Peet, as jy bereid was om beheer oor jou eie lewe te neem, dan was jy ook bereid gewees om te besluit in watter ongelooflike winste jy sou deel. Onthou jy nog hierdie woorde: Dis belangrik om te verstaan, al het die lewe sy op en af tye, jy kan nie elke keer wen nie,” dink Albertus omwillekeurig terug aan die dae toe Peet dit vir Oom Koos gesê het, toe hy in verknorsing was.

Peet kry so ʼn wrang smaak in sy mond, toe hy weer sy eie woorde hoor...... op daardie dag van geen simpatie te wys nie...... kyk hy net na Albertus met afguns.

“Jy sal my nou moet verskoon Peet ek kan ongelukkig nie meer veel vir jou doen nie,” hy teken af vir die dag se skof, al tydsaam loop hy eers winkel toe vir ʼn paar dingetjies vir die huis en iets om te peusel vir die aand saam met sy toekomstige lewensmaat. Laura kan nie meer wag dat Albertus huis toe moet kom nie, die verlange word elke dag net meer en meer intens om saam met hom te wees.

Albertus en Laura ontspan die nag in die tuin, daar waar die nag se eie nagtelike simfonie begelei word deur die nagdiertjies, insekte en die nagtegaal. Is die hemelruim geskilder met sterretjies wat ogies vir mekaar maak.

“Vanaand is een van daardie aande met sy eie bekoring, liefling,” al flikkerend wapper die kerslig in die ligte ritseling van die aandwindjie.
“Hap hier, dis ʼn Gooey Caramel.”
“En hier is vir jou ʼn Triple Treat.”

“Ja hierdie een en jy maak dit sommer ʼn Six Treat,” terg hy haar met ʼn piksoentjie in die nek.
“Ek gaan vir ons iets ingooi vir die dors, wat van ʼn rooi wyntjie?” buk sy oor vir ʼn soentjie.

“Mmmm, dit sal nou lekker wees liefling,” al bewonderend kyk hy haar aan hoe beeldskoon sy in die maanlig se strale tot haar eie vroulike reg kom.

Sy is net in die huis toe slaan die duiwel toe, met ʼn plofgeluid teen die huis se muur, is alles nou doodstil onder die nagtelike gewelf. Wat sal dit nou wees, wonder Laura by haarself, sy probeer luister, sy hoor net haar eie hartklop. Wat het van haar Stoftrappertjie geword? Met ʼn bewende hand probeer sy die kombuislig af te sit, dan hoor sy weer daardie plofgeluid teen die muur.

Woorde, 42226 is 44518.

Vervolg op; Die Hofsitting neem ʼn dramatiese wending.     

Boek; DIE ONHEILSPELLENDE MAANSVERDUISTERING.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Tonge
Dis altyd lekker om jou stories te lees.
4 jaar 3 maande 3 weke 5 dae 8 ure oud


Tonge
Jy ken beslis die hofverrigtinge. Nou moet ons weer naels kou tot volgende keer.
4 jaar 3 maande 3 weke 5 dae 15 ure oud


tonge
weereens het jy die hof verrigtinge knap beskryf en die leser op n hoogte punt gelaat
4 jaar 3 maande 3 weke 5 dae 21 ure oud


Geregtigheid seevier
o toggie.. hoe eindig jy dan nou hierdie hoofstuk so in spanning? Ek wag gretig vir jou volgende aflewering.. lekker gelees
4 jaar 3 maande 3 weke 6 dae 8 ure oud


Tonge
O kakkerlak, nog 'n kinkel in die kabel, jy maak my ongeduldig met die wag. Pragtig!
4 jaar 3 maande 3 weke 6 dae 8 ure oud


Tonge hak vas
Genade ... jy het 'n ongelooflike talent om hofverrigtinge weer te gee. Uitstekende dialoog, spannend verby ... en ... WAAR is stoftrappertjie? :))
4 jaar 3 maande 3 weke 6 dae 9 ure oud



Oak Seed

deur Rachelle du Bois

Alicia Venter was a cool librarian with her life and her career mapped out. Until she looked into the compellingly familiar eyes of a stranger. She was shaken to the core. Why was she so powerfully drawn to the stunningly attractive Martin Blythe, yet they’ve never met? Martin Blythe was rich, he was a successful engineer doing research in the university library. And then he looked into the familiar green eyes of a strange young woman. The earth moved for him then as he recognised her somehow. In an instant he knew she was a part of him without which he could not live. Would these two people find the answer to the strange coincidence that kept pushing them into each other’s lives? Would they resist or choose love?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar