Kortverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Sy staan by die voor hek vir Thomas agterna en kyk. Haar lyf is nog steeds gespan soos ʼn kobra wat reg is om te strike. Sy is so kwaad dat sy nie woorde het om agterna te spoeg nie. Die oë swart en giftig. Toe, net so, lig sy haar hand en wuif, ontspan en seil by die trap op.

Hy sien die groet. Dis toe dat hy die gevoel kry dat sy al vir maande lank stil en geduldig soos ʼn spinnekop in ʼn perfek geweefde web sit en dat sy hom gaan eet. Daardie koue en berekenende oë . Hy gril ! Thomas kom agter dat sy kneukels wit uitstaan soos hy die Mercedes se leer stuurwiel vas klou. “Sy is ʼn wyfie spinnekop. Sy gaan my lewendig op vreet. Klaar gepaar en nou is ek die hoofmaal.”

Dis ʼn soel ster besaaide fluweel aand. Thomas staan een kant op die terras van die golf klub en klingel die ys in sy Johnny Walker. Hy sug swaar en kyk oor die 18 de putjie wat hy so ʼn half uur terug klaar gespeel het. Hole en One se moer. Hy is so moeg. Beatrice is nou al vir drie maande in ʼn koma en die kinders ly, hy wat Thomas is ly. Dierbare getroue matriek kys Beatrice lê net daar en asem haal. Hy trek swaar om kop bo water te hou met die finansies en die emosies. Dis werk, skool, kinders, hospitaal. Sy lewe het ʼn ewige repeterende Niks geword. Die een niks volg op die volgende niks.

Hy is bewus van Jasmyn in die lug. Hy kyk om. Sy staan daar in ligroos chiffon wat in die briesie om haar lang bene warrel. ʼn Engel. Die sprei ligvorm ʼn Halo om haar sagte blonde hare. Diep poele swart oë suig hom in. Sy oe suig vas in die gul lippe wat glimlaggend ʼn string perels kussing. “Lang dag ?” sy vee vraend ʼn denkbeeldige haar het haar lang sag pink naels van sy lapel af. Vlinder hande, dink hy.” “Lang lewe” antwoord hy en sug weer.

“Ek is Liz, Elizabeth, noem my sommer Liz” sê die droombeeld liggies en lag skalks. Vir die eerste keer in maande breek daar ʼn glimlag deur tot in Thomas se grys oë. Hy dink “Ja nee, lizz ek is ook lizz. En voel dadelik skuldig. Vir lank baai hulle in die Stilte wat tog so baie se tussen vreemdelinge. Later stap hulle saam klub huis toe en bestel nog ʼn drankie. Hy ontspan. Sy kwetter. Nog baie drankies later neem hy haar na haar huis toe. Presies ʼn week later, het sy by hom ingetrek en na die kinders begin omsien. Na alles begin omsien.

Alles het beter gevoel gelyk en gebeur. Daar was weer orde en die huis lewe gekry. Almal het geborrel soos vars oopgemaakte Sjampanje in ʼn kristal glas. Behalwe, maar hy het dit eers later besef. Behalwe dat sy besitlik was. Hy moes gedurig rapporteer waar hy was en hoekom, en, sy was baie behoeftig aan groot en duur geskenke. Wat Liz wou hê het sy gekry. Liz was saans witwarm en sensueel in die spaarkamer bed, in die linker vleuel waar sy haar intrek geneem het. Thomas was versot.
Sy het nooit saam Hospitaal toe gegaan nie. Mettertyd kon hy ook sy verliefdheid en wellus regverdig want, daar was geen verandering nie. Sy huwelik was op stand-by, sy vrou was op stand-by.. net daar gelê, maand in en maand uit.

En verlede Maandag, in die middel van ʼn konferensie kry hy ʼn oproep van die hospitaal. “Beatrice is wakker.!”. Na ʼn hele lang jaar, is sy wakker en sy is Okei ! Hy juig ! hy lag en huil. Gaan haal die kinders uit die skool en vat hulle na hulle Ma toe.
Dis toe ook waar Liz hom in die hande kry op die foon om op te check . Bel omdat hy nog nie by die huis is nie, en net daar word Liz toe listig en anders. Baie anders ! “Jou vrou is dood.. Lankal. Jy lieg ! Ek is jou vrou ! Dis my kinders en my huis. ...” “Jy loop rond ! dis hoekom ek jou moet dophou !” Sy krap die Merc tot op die been met haar motor se sleutels.

Hy het juis ook net gou die leen motor gaan aflaai en is bly hy het sy Mercedes terug. Sonder skrape en sommer gediens ook. “ Sy is Mal !” dink hy weer, “Ek weet nie eers hoe dit gebeur het nie.? Beatrice sal verstaan” Gisteraand het hy en die kinders in die hotel gaan slaap. Vanoggend net by die huis gestop om skoon klere gekry en om vir Liz te vertel dat sy vrou vandag ontslaan word. Liz het hard en lelik in sy gesig gelag totdat hy haar sê dat hulle as ʼn gesin, ook vanaand op die vliegtuig klim Switserland toe vir ʼn lang vakansie.
Toe het sy spierwit van gesig geword en soos ʼn Mfesi opgestaan. “ I think Not !” het Elizabeth geantwoord. Toe hy by die voordeur uit stap met sy klere, sommer vinnig in die gym sak gebondel, staan sy in die roos bedding langs die Mercedes met ʼn snoei skêr in die hand. Sy skop na die kar agterna toe hy weg trek. Toe loop sy hek toe en kyk hoe hy weg ry. “Me thinks Not” dink sy. Sy wuif en loop die trappe op.

Thomas Rheede, verander rat, mik na die oprit na die N2, “Beatrice kom huis toe !” Hy glimlag sag. Hy rem om toe te gee vir die vragmotor. Daar is niks. Hy swenk en rem, niks. Hy voel die slag teen die trok, hoe die metaal skeur en toe is daar niks. Hy sien ʼn spierwit spinnekop met swart oë naderkom, sy bespring hom en met lang pienk naels krap sy aan sy motor. Die spinnekop spring op hom en suig die lewe uit sy lyf. Swart alles swart......



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Affair
Menige affair loop op een of ander affêre uit. Goed uitgedink.
6 jaar 9 maande 4 weke 5 ure oud


Affair
Nee, jy weet presies hoe om storie te vertel! Puik man!
6 jaar 10 maande 2 dae 3 ure oud


Thomas Rheede
Shoe! wat 'n einde! Lekker gelees dankie.
6 jaar 10 maande 2 dae 5 ure oud


*
Interresant om goed uit te dink dat dit 'sin' maak. Ek het nog baie te leer oor storie vertel.
6 jaar 10 maande 2 dae 23 ure oud


***
Mooi storie, dankie.
6 jaar 10 maande 3 dae 2 ure oud


Dankie oom snowdrop
:_)
6 jaar 10 maande 3 dae 4 ure oud


Die affair . . .
Ai, maar jy kan alte grend wees!
Mooi , baie mooi storie!
6 jaar 10 maande 3 dae 5 ure oud



Volg net die Skoenlappers

deur Anria

Volg net die skoenlappers ... Binne jou hart is daar vrolike fladderende skoenlappers. Vir elke gevoel, ’n skoenlapper van ’n ander kleur. Wanneer jy gelukkig is, vlieg jou skoenlappers vrolik en vry rond net waar hulle wil wees. Hulle vlieg buite jou hart en reis die wêreld vol. Hulle bring vir jou geluk terug. Nou en dan ontmoet mens iemand wat jou skoenlappers vang en in ’n hok sit. Die helderkleurige skoenlappers vervaal dan ... hulle raak dof en vol stof en as jy nie self besluit om die hok se slot af te breek en jou skoenlappers weer los te laat nie, word hulle almal swart. Maar sodra die son weer ingelaat word, sodra ’n ligte windjie oor die swart skoenlappers waai ... sal die stof sommer self besluit om af te klim en jou skoenlappers se vlerke sal groot oop sprei en hulle sal weer die wêreld invlieg en jy ... dan sal jy weer weet hoe om te lag. Daar is altyd hoop.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar