Kortverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die skerp reuk van drank wat aan hom kleef is ‘n kenmerk van ‘n harde en tawwe verlede. Sy hande is stukkend en die vuil baard wat aan sy, eens aantreklike gesig, kleef is vuil. Sy verslete klere en stukkende skoene wat die auntie by die welfare vir hom gegee het getuig van armoede. Sy rug pyn van die harde sement waarop hy sy nagte deur bring. Die mense wat in die straat bly en werk is al bekend met sy gesig. Hulle sien hom nie eens meer raak nie. Ou Jack by die drankwinkel is al persoon wat hom nederig groet, sonder om te kritiseer.
As hy sy omstandighede kon kies, sou hy. Hy sou sy lewenspad soveel anders stap. Sy lot was van die begin af bepaal. ‘n Pa wat nooit deel was van sy lewe nie,’n ma wat straatwerk moes doen om hom en sy suster aan die lewe te kon hou en ‘n ouma wat hom elke keer herhinner het dat hy net so sleg soos sy pa is.
Hy kon nie skool klaar maak nie en hy kon nie werk kry nie. Hierdie dorp het hom uitgewerp, soos ‘n brandsiek hond. Hy is al so gewoond aan die gevoel van verwerping en minderwaardigheid, dat dit soos ‘n kanker gewas aan hom vasgegroei is.

Die koue winterslug byt aan sy wange en hy smag na ‘n sigaret. Hy steek versigtig sy hand uit na die jong blonde vrou wat neus in die lug veby loop. Die kyk in haar oë sê wat soveel ander al vir hom gesê het: “Sies, skaam jou. “

Die noodlot is ‘n nare ding. Sommige nagte as die wind deur sy ribbes sny, verlang hy na sy kinderjare. Sy vreugdevolle onskuld. Sy ma se sagte arms om hom. Die reuk van goedkoop parfuum wat aan haar gekleef het. Dan dink hy terug aan sy suster, wat op sestien haar eie lewe geneem het. Hy dink aan sy drome wat hy gehad het.

Sy omstandighede is nie net bepaal deur die noodlot nie, maar deur die wreedheid en boosheid van mense. Hy wens nie meer dinge was anders nie. Hy het sy lot aanvaar.

Die koue reëndruppels wat skielik neerdaal voel soos ‘n lafenis vir sy uitgeputte liggaam.

Hy baklei nie meer teen die lewe nie. Hy wag nou net vir die ewigheid om hom te kom haal.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kruispad

deur Manie Jackson

Toe Luzette en Manie se paaie gekruis het, en die lewe daarna.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar