Kortverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Het Christus werklik geleef? Of is die evangelies bloot gebaseer op ouer mites en die groeiende neiging tot antropomorfisme van hemelliggame. Verwys Openbaring 22:16 – Ek, Jesus, het my engel gestuur om dit alles aan julle in die gemeentes te betuig. Ek is die Afstammeling, die Nakomeling van Dawid. Ek is die helder Môrester. – Merkurius.
Merkurius is die planeet die naaste aan die son, en wentel een keer elke 88 dae om die son. Merkurius vorm nooit ʼn hoek groter as 27º 45' met die son nie, en word gesien as ʼn ‘oggend’-ster net voor sonop, of ʼn ‘aand’-ster net na sononder. In die antieke mites is Merkurius die boodskapper van die gode. Selfs die Hindi woord vir Merkurius is Buddh.
Markus 3:13-18: Die aanstelling van die twaalf apostels
Petrus soos Hy Simon genoem het; Jakobus seun van Sebedeus, en Johannes, die broer van Jakobus – vir hulle het Hy die bynaam Boanerges gegee, dit wil sê “manne van die donder” - Andreas, Filippus, Bartolomeus; Matteus, Tomas, Jakobus, die seun van Alfeus; Taddaeus, of Judas, die seun van Jakobus, Simon die Kananiet, of die Seloot, en Judas Iskariot.
Petrus soos Hy Simon genoem het. Simon ontvang van Jesus die naam Cephas (i.e., Rots, hieruit Petrus, van die Latyn Petra). Die rots waarop Christus sy kerk gebou het versinnebeeld Scorpius. Die Skerpioen verteenwoordig die Hebreeuse maand Margesvan, vroeëre naam Bul – 1 Konings 6:38 – en in die elfde jaar, in die maand Bul – dit is die agste maand – Koring word gesaai, vroeë reëns – Deuteronomium 11:13-15: As julle dan goed luister na my gebooie wat Ek julle vandag beveel, om die Here julle God lief te hê en Hom te dien met julle hele hart en met hele siel, dan sal Ek die reën van julle land gee op die regte tyd, vroeë reëns en laat reëns, sodat jy jou koring, en jou mos en jou olie kan insamel. En ek sal plante gee op jou veld vir jou vee, en jy sal eet en versadig word.
Jakobus wat “die slim een” of “die verdringer” – van die winter beteken versinnebeeld Sagittarius die Boogskutter – Hebreeuse maand Kislef – die 25ste van die maand word die fees van die Tempelwyding gevier – Johannes 10:22-23: En dit was die fees van die tempel-wyding in Jerusalem, en dit was winter. En Jesus het in die tempel gewandel in die Pilaargang van Salomo
Johannes die jonger broer van Jakobus die seuns van Sebedeus versinnebeeld Capricornus die Steenbok – Hebreeuse maand Tebet – Lentegroei, Reën-seisoen – Esra 10:9: Daarop het al die manne van Juda en Benjamin binne die drie dae in Jerusalem saamgekom; dit was die negende maand, op die twintigste van die maand; en die hele volk het op die plein van die huis van God gesit en bewe vanweë die saak self en vanweë reënbuie. Markus 3:17: en verder Jakobus die seun Sebedeus en Johannes, die broer van Jakobus – aan hulle het Hy die bynaam Boanerges gegee, dit is, seuns van die donder – Johannes beteken ook “God is genadig”
Andreas versinnebeeld Aquarius die Waterdraer – Hebreeuse maand Sebat – Wintervye is geoes. Sy Griekse naam beteken “Manmoedig.” ʼn Vierde-eeuse verslag skryf sy dood toe aan kruisiging. Laat Middeleeuse toevoegings beskryf die kruis as ʼn hakekruis of as X-vormig. Hy word ikoongrafies uitgebeeld met ʼn X-vorm kruis (soos uitgebeeld op die Skotse vlag). Die Oudnoors vir Andreas is Andra.
Die vier wat Pisces voorafgaan was vennote in ʼn visvangsaak!
Filippus versinnebeeld Pisces die Vis – Hebreeuse maand Adar – Vlasoes, Laat reëns Jeremia 3:3: Daarom het Ek die reënbuie teruggehou en het die vroeë reëns nie gekom nie, maar jy het soos ʼn hoer geen berou getoon nie, jy het geweier om jou te skaam. – Feesdae 13de-14de: Purim – Ester 9:24 Purim van Pur, dit is met die lot beslis. Filippus beteken “liefhebber van perde”, dit kom van die Griekse woorde “philos en hippo” Die perde verwys waarskynlik na Pegasus en Equuleus nabygeleë aan Pisces.
Bartolomeus versinnebeeld Aries die Ram – Hebreeuse maand Nisan, vroeëre naam Abib [lente] – Garsoes – 14de Paasfees en 21ste Fees van die Oes. Bartolomeus is ʼn familie naam dit beteken “seun van [Hebreeus: bar] Tolmai, of Talmai,” hy kon ook ʼn ander naam gehad het en word dikwels geëien as Natanael die intellektueel (sien Johannes 6:5, 12:21, 14:8). Dit kan ook “Seun van die ryk boer of seun van die man met groot landerye” beteken.
Matteus versinnebeeld Taurus die Bul – Hebreeuse maand Ijar – die graan oes is ingesamel, vroeëre naam van die maand was Sif – 1 Konings 6:1 en 37. Sif beteken ook doureën of riet/vlas bedekte rivieroewer. Matteus is die tollenaar in diens van die Romeine (Matteus / Levi, moontlik die broer van Jakobus seun van Alfeus, wat alfa, begin of stier beteken). As die koppeling tussen Matteus en Levi korrek is beteken Matteus moontlik “Jehova se gawe.” Matteus is skynbaar die Christen naam vir Levi. Levi kan ook wilde koei of ʼn persoon wat smeek vir ʼn eed” beteken.
Tomas versinnebeeld Gemini die Tweeling – Hebreeuse maand Siwan – Versorging van die wingerde. Tomas sy naam in Aramees is “Te’oma” en in Grieks “Didymos” wat “tweeling” beteken.
Jacobus Cancer die Krap – Hebreeuse maand Tammus – Numeri 13:20: Dit was toe die tyd van die eerste druiwe. Matteus 10:3 Jacobus die seun van Alfeus, waarskynlik dieselfde persoon as “Jakobus die Kleine”.
Judas versinnebeeld Leo die Leeu – Hebreeuse maand Ab [vader] – Somervrugte en Somerhitte. Taddaeus, Lebbaeus of Judas, die seun van Jakobus, hy word in Johannes 14:22 onderskei van die ander Judas “Judas, nie die Iskariot nie, sê vir Hom: Here, hoe is dit dat U aan ons U sal openbaar en nie aan die wêreld nie.” Taddaeus beteken “borstepel” – verwys die betekenis van Taddaeus moontlik na die volgende sterrebeeld – die Maagd?
Simon versinnebeeld Virgo die Maagd – Hebreeuse maand Elul – Olyfoes insameling Jesaja 32:10: ʼn Jaar en ʼn paar dae – en julle sal sidder, sorgelose dogters! Want dit is gedaan met die druiwe-oes, daar sal geen insameling van vrugte kom nie. Simon, die Yweraar, was lid van ʼn ekstremistiese guerrilla groep (die Selote), wat die Romeinse juk wou afwerp. Simon kan ook knopneus of stompneus beteken.
Judas Iskariot versinnebeeld Libra die Weegskaal – Hebreeuse maand Tisri, vroeëre naam Etanim – Ploegtyd – 1ste: Nuwejaar: Levitikus 23:23-25 En die Here het met Moses gespreek en gesê: Spreek met die kinders van Israel en sê: in die sewende maand, op die eerste van die maand, moet dit vir julle ʼn rusdag wees, ʼn gedenkdag deur basuingeklank, ʼn heilige vierdag. Geen beroepswerk mag julle doen nie; maar julle moet aan die Here ʼn vuuroffer bring. – 10de: Versoendag: Levitikus 16:29-30: En dit moet vir julle ʼn ewige insetting wees: in die sewende maand, op die tiende van die maand, moet julle jul verootmoedig en geen werk doen nie – die kind van die land sowel as die vreemdeling wat onder julle vertoef. Want op hierdie dag moet hy vir julle versoening doen om julle te reinig; van al julle sondes moet julle voor die aangesig van die Here rein word. 15de-21ste: Loofhuttefees: Nehemia 8 En toe die sewende maand aankom, terwyl die kinders van Israel in hul stede was, het die hele volk soos een man op die plein voor die Waterpoort bymekaar gekom .....] Judas Iskariot, Jesus se verraaier, Iskariot waarskynlik van die Latyn sicarius (“moordenaar of sluipmoordenaar). Die beursdraer en ontvanger van dertig silwermuntstukke. Libra, die skaal was gebruik om geld af te weeg. Dit gee ook die indruk van hoe die skaal dán swaarder aan die somertyd afneig, dán weer na wintertyd toe, EN, onstandvastig is, dus onbetroubaar.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Gebroke Harts Gebede

deur Anze Bezuidenhout

Gebroke Harts Gebede is ‘n digbundel oor die einas van die lewe. ‘n Soeke na liefde op ‘n stormagtige pad. Mag hierdie bundel vir die leser ‘n pad na herstel aanwys. Die diepe besef dat jou krag van Bo kom. Ja jy is tot alles in staat deur Christus wat jou krag gee.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar