Kortverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

As Jesus 'n historiese persoon was, was hy een van 'n aantal kultiese mense wat op daardie tydstip Armageddon verkondig het. Die verhaal-meesters wat die Evangelies geskryf het geen inligting oor hom gehad nie, behalwe stories wat na 'n paar dekades van mondelinge oorvertelling tot legendariese proporsies gegroei het. Die man, as hy bestaan het, was moontlik 'n Joodse Rabbi. Dit wat oor hom geskryf is, is ʼn kombinasie van die Katolieke Kerk, Konstantyn en sy moeder die heilige Helena se versinsels.
Gelukkig kon die eeue van geskrifte verbrandery nie die sterre uitwis nie. Deur na die evangelies deur die oë van 'n sterrekundige te kyk, sal ons verstaan waarom die Evangelies dieselfde verhaal uiteensetting volg. Die hele Jesusverhaal het binne 'n sodiakjaar afgespeel. Deur die Evangelies volgens die twaalf sodiakkonstellasies af te breek, kan ons Jesus langs die son se baan volg, waar elke hoofidee met die konstellasies ooreenstem.
Die astrologiese eras is gebaseer op die aarde se presessiesiklus wat oor ongeveer 26,000 jaar strek. Die era van die Visse het ongeveer ʼn eeu v.C. begin, dit is waarskynlik die rede vir die verwysings na die visse in die evangelies. Volgens die Maja berekenings sou die era van die Waterdraer op 21 Desember 2012 begin het. Die christene wag dus al vir meer as 2000 jaar op Jesus se wederkoms. Lukas gee hoop dat hy in die era van Aquarius kan terugkeer.
Ek gebruik Matthéüs as die primêre Evangelie. Matthéüs het sy evangelie 10 jaar na Markus geskryf en hy temper die kosmiese Jesus van Markus om minder na Christus en meer na Moses te lyk. Sy evangelie word ʼn evangelie vir mense wat ideologies nader aan die oorspronklike Jesusbeweging se mense is; wat vrede gemaak het met Rome en die wêreld waarin hulle leef, en wat in harmonie wil leef met hulle Joodse bure in die sinagoge. Hy het ʼn wenner geskryf want sy evangelie het die voorkeur evangelie vir die kerk geword en dit is eerste in die Nuwe Testamentiese kanon geplaas.
Capricornus, die bok-vis, 22 Desember - 19 Januarie
Die son se posisie begin by sy laagste punt op die horison en soos dit opwaarts styg word die dae langer. Bokke is geassosieer met die rotsagtige berge habitat, wat hoër as die son op die horison is hierdie tyd van die jaar. Rotse simboliseer onvrugbaarheid en bokke kan verbind word met donker plekke soos grotte en krippe, waar hulle aangehou is. Dit is die tyd van die duisternis wanneer bose magte in beheer is.
Die bok helfte van Capricornus het waarskynlik 'n simboliese verwysing na die sondebok wat gebruik is om die sondes van die mense die woestyn in te stuur. Levitikus 16:08 En Aäron moet oor die twee bokke die lot werp, een lot vir die HERE en een lot vir Asásel.
Die vis gedeelte verwys na water, chaos en geboorte soos in Genesis 1:2. En die aarde was woes en leeg, en duisternis was op die wêreldvloed, en die Gees van God het gesweef op die waters.
Matthéüs 1:18-2:23 vertel ons van Jesus se geboorte en Herodes, wat die Kindjie soek om Hom dood te maak. Herodes versinnebeeld die konstellasie Cepheus – die koning in die konstellasie, daar is nog twee belangrike sterre Errai en Alfirk in die konstellasie; Errai beteken herder en Alfirk beteken kudde.
Lukas 2:12 En dit is vir julle die teken: julle sal ’n Kindjie vind wat in doeke toegedraai is en wat in die krip lê. – dit verwys na Capricornus wanneer Lukas ons vertel dat die baba in 'n krip [grot] gebore is. Grotte is donker plekke waar daar geen lig is nie.
Die son word eers op 25 Desember gebore, wanneer die dae begin om merkbaar langer te word.
Dit is 'n nuwe son in sy maagd stadium. Dit is soortgelyk aan die term, 'n nuwe maan, wat uit die dae van die ou maan aanbidders oorleef het.
God versinnebeeld die hele jaar of die bewegende son. Sy seun die boodskapper versinnebeeld Merkurius. Openbaring 22:16 – Ek, Jesus, het my engel gestuur om dit alles aan julle in die gemeentes te betuig. Ek is die Afstammeling, die Nakomeling van Dawid. Ek is die helder Môrester. – Merkurius.
Die drie wyse manne in (Matthéüs 2:1) versinnebeeld die drie sterre wat die gordel van die winter konstellasie Orion vorm.
Die ster van Bethlehem (Matthéüs 2:2) word versinnebeeld deur die helderste ster in die winter lug, Sirius, in die konstellasie Canis Major. Vir die Egiptiese sterrekundiges, het die stygende Sirius "die begin van die nuwe jaar aangekondig.
Die drie sterre in Orion se gordel is die tyd van die jaar in lyn met Sirius, die ster van Bethlehem wat die wyse manne lei. Omdat sterre netsoos die son altyd in die ooste opkom, kom dit voor of drie sterre die helder ster Sirius, volg. Of dat die Ster van Bethlehem die wyse manne lei. Matthéüs 2:10 Toe hulle die ster sien, het hulle hul met groot blydskap verheug.
As die wyse manne op land was, kon hulle nie van die ooste af gekom het en 'n ster uit die ooste gevolg het nie. Maar as beide in die lug is, maak dit sin.
Die konstellasies het blykbaar direk bokant Bethlehem gestop, sodat die wyse manne die "huis" van Capricornus kon binnegaan.
In die eerste twaalfde van die siklus, is hy die twaalf jarige wonderkind (Lukas 2:42-52).
42. En toe Hy twaalf jaar oud was, het hulle, volgens die gebruik van die fees, na Jerusalem opgegaan.
43. En nadat die feesdae vir hulle verby was, en terwyl hulle teruggaan, het die Kind Jesus in Jerusalem agtergebly; en Josef en sy moeder het dit nie geweet nie.
44. Maar omdat hulle gedink het dat Hy by die reisgeselskap was, het hulle 'n dagreis ver gegaan en Hom onder die familie en onder die bekendes gesoek.
45. En toe hulle Hom nie vind nie, het hulle teruggegaan na Jerusalem en Hom gesoek.
46. En ná drie dae het hulle Hom in die tempel gevind, terwyl Hy in die midde van die leraars sit en na hulle luister en hulle uitvra.
47. En almal wat Hom gehoor het, was verbaas oor sy verstand en sy antwoorde.
48. En toe hulle Hom sien, was hulle verslae. En sy moeder sê vir Hom: Kind, waarom het jy so met ons gemaak? Kyk, jou vader en ek het jou met angs gesoek.
49. En Hy sê vir hulle: Waarom het u My gesoek? Het u nie geweet dat Ek in die dinge van my Vader moet wees nie? [die tempel met sy ingewikkelde mosaïek ontwerpte vloer wat al die tekens van die diereriem ingesluit het, m.a.w. die sodiak.]
50. En hulle het die woord wat Hy aan hulle gesê het, nie verstaan nie.
51.En Hy het saam met hulle gegaan en in Násaret gekom, en Hy was hulle onderdanig. En sy moeder het al hierdie dinge in haar hart bewaar.
52 En Jesus het toegeneem in wysheid en grootte en in genade by God en die mense.
As konstellasies, kon die wyse manne nie Herodes terug te keer. Hulle het weswaarts voortgegaan. Matthéüs 1:18 tot 2:23 dek Capricornus.
Vervolg.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

HOOP

deur Ano

HOOP is 'n hulpmiddel vir persone wat sukkel om die dood van 'n geliefde te verwerk. Die hoofstukke is kort en aan die einde van elkeen is 'n paar vrae wat jy aan jouself kan stel. Vrae soos 'Van watter metodes maak jy gebruik om van jou rou af weg te vlug', of 'Hoe hanteer jy verjaarsdae en ander feestelike byeenkomste'? Hierdeur hoop ek die leser sal tyd in introspeksie deurbring en vir homself 'n paar antwoorde vind.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar