Kortverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Aquarius, die Waterdraer, 20 Januarie-18 Februarie
Water en lig is die essensie van alle lewe (Genesis 1:2-3). Die son het water nodig om nuwe lewe in die wêreld te bring.
Jesus was 30 jaar oud toe hy met sy sending begin het.
Lukas 3:23 En Hy, Jesus was omtrent dertig jaar oud toe Hy begin leer het; en Hy was, soos hulle gemeen het, die seun van Josef die seun van Eli. Sy 30 jaar dek die eerste 30º grade van die sodiak.
Jesus word deur Johannes die Doper gedoop. Johannes versinnebeeld die sterrebeeld Aquarius.
Jesus se versoeking in die woestyn. Die son is te swak om Satan, die duisternis te oorwin, maar die son draai nie terug na die duisternis nie.
Aquarius dek Matthéüs 3:1 tot 4:11
Pisces die Visse, 19 Februarie - 20 Maart
Die son het voedsel nodig om sy reis voort te sit. Daar is egter tans min graan.
Die son is besig om op die horison te styg, maar daar is nog steeds meer duisternis as lig.
Jesus versamel sy dissipels. Die eerstes is vissers. Matthéüs 4:18-22
Die Visse dek Matthéüs 4:12-22.
Aries, die Ram / Lam, 21 Maart - 19 April.
Aries begin met die lente ekwinoks, as die dae en nagte ewe lank is. Dit is wanneer die son se krag beduidend begin word.
Die tyd van die jaar wanneer die lammers gebore word. Die kudde is besig om te vergroot.
Die bergpredikasie Matthéüs 5:1 tot 7:29. Sy geestelike gids.
Jesus lok volgelinge deur wonderwerke te verrig - Matthéüs 8:01-09:38.
Hy versamel soveel volgelinge as wat hy kan.
Matthéüs 9:37-38
37.Toe sê Hy vir sy dissipels: Die oes is wel groot, maar die arbeiders min.
38. Bid dan die Here van die oes, dat Hy arbeiders in sy oes mag uitstuur.
Aries dek Matthéüs 4:23 tot 9:38
Taurus, die Bul, 20 April – 20 Mei
Bulle is nodig om die lande te ploeg en te bewerk. Die Bulle is sy apostels. Die twaalf apostels en hulle sending (Matthéüs 10:1-42). Jesus sê vir sy apostels wat hulle nodig het om te doen is om volgelinge by te voeg. Sy twaalf dissipels gaan uit om te preek in hulle stede. (Matthéüs 11:1).
Johannes die Doper is 'n bul van 'n ander soort (Matthéüs 11:2-19).
Jesus verwyt die drie onboetvaardige stede (Matthéüs 11:20-24).
Daar is nog baie werk wat gedoen moet word. Dit is tyd om die juk op te neem en te rus.
Matthéüs 11:28-30
28. Kom na my toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee.
29. Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siele;
30. Want my juk is sag, en my las is lig.
Taurus dek Matthéüs 10:1 tot 11:30
Gemini, die Tweeling, 21 Mei-Junie 21
ʼn Tyd van vermeerdering of verdubbeling wanneer die son sy hoogtepunt bereik, wat eindig met die somersonstilstand wanneer die dae die langste en nagte die kortste is. Die son is op die hoogtepunt van sy krag. Die seisoen is aangeteken in Matthéüs 12:1 IN daardie tyd het Jesus op die sabbat deur die gesaaides geloop, en sy dissipels het honger geword en are begin pluk en eet. Matthéüs 12:1-8 Jesus toon Hy is Here van die Sabbat. Matthéüs 12:8 want die Seun van die mens is Here óók van die Sabbat.
Matthéüs 12:9-14. Genesing van die man met die verdorde hand. Jesus toon Sy onbetwisbare mag oor die duiwels. Matthéüs 12:22 TOE het hulle ’n duiwelbesetene wat blind en stom was, na Hom gebring; en Hy het hom gesond gemaak, sodat die blinde en stomme kon praat en sien.
Op sy hoogtepunt het die son sy doelwit bereik, voor hy neerdaal en die duisternis toesak. Die Fariseërs noem hom dan ook die owerste van die duiwels. Matthéüs 12:24 TOE het hulle ’n duiwelbesetene wat blind en stom was, na Hom gebring; en Hy het hom gesond gemaak, sodat die blinde en stomme kon praat en sien. Maar toe die Fariseërs dit hoor, sê hulle: Hy dryf duiwels nie anders uit as deur Beëlsebul, die owerste van die duiwels, nie.
Gemini dek Matthéüs 12:1-24
Cancer, die Krap, 22 Junie - 22 Julie
Die son het sy hoogtepunt verby gesteek, duisternis begin toeneem. Krappe loop sigsag, sywaarts en terug op dieselfde tyd in 'n soort van 'n wederstrewige beweging. Dit is 'n tyd vir waardebepaling en verdeling.
In die gelykenisse, Matthéüs 12:25-37, praat Jesus van verdeeldheid: En van waardebepaling: uit jou woorde sal jy geregverdig word, en uit jou woorde sal jy veroordeel word.
In Matthéüs 12:38-45 Die teken van Jona gelykenis, die mense van Nineve wat na Jona geluister het is gered omdat hulle hul bekeer het. Maar diegene wat nie geluister het nie, sal nie gered word nie.
Jesus het van sy familie weggegaan, want hy kon hulle nie saam met hom neem nie, Matthéüs 12:46-50
Die Krap dek Matthéüs 12:25-50
Leo, die Leeu 23 Julie - 22 Augustus
Dit is 'n tyd van krag wanneer die son die einde van die groeiseisoen bereik en dit is oestyd. Aan die einde van die seisoen, is kos volop, en saad is gestoor vir die volgende seisoen.
In Matthéüs 13:1-23 Gelykenis van die saaier praat Jesus van die van die koninkryk van die hemele, as die plek waar die oes gestoor sal word.
Matthéüs 13:24-30 Gelykenis van die onkruid, skets die seisoen - Oestyd.
30 Laat altwee saam groei tot die oes toe, en in die oestyd sal ek vir die maaiers sê: Maak eers die onkruid bymekaar en bind dit in bondels om dit te verbrand, maar bring die koring bymekaar in my skuur.
In die "gelykenis van die mosterd saad", Matthéüs 13:31-33.
31 'n Ander gelykenis het Hy hulle voorgehou en gesê: Die koninkryk van die hemele is soos 'n mosterdsaad wat 'n man neem en in sy land saai;
40 Net soos die onkruid dan bymekaargemaak en met vuur verbrand word, so sal dit wees in die voleinding van hierdie wêreld:
Leo dek Matthéüs 13:1-53
Virgo, die Maagd, 22 Augustus - 21 September
Virgo word uitgebeeld as 'n vrou met graanstingels in haar hand. Dit is die tyd wanneer die oes in voedsel verwerk word. Sodra die son van sy hoogtepunt begin daal, is dit die tyd wanneer probleme na vore kom.
Die mense in sy tuisdorp Nasaret raak agterdogtig oor sy wysheid en krag (Matthéüs 13:54-58 Jesus word in Nasaret verag.
Matthéüs 13:57. En hulle het aanstoot van Hom geneem. Maar Jesus sê vir hulle: 'n Profeet is nie ongeëerd nie, behalwe in sy vaderland en in sy huis.
Johannes die Doper se lewe eindig met die afsny van sy kop. Wanneer Jesus die dag- en nagewening oorsteek Matthéüs 14:1-12 die onthoofding van Johannes die Doper die kop van die Waterdraer verskyn sonder sy liggaam.
Jesus voed 5000 met vyf brode en twee visse (Matthéüs 14:13-21). Virgo is bekend as die huis van die brood en die twee visse verteenwoordig die Visse. In die sodiakwiel word Virgo en die Visse deur vyf huise geskei.
Jesus loop op water (Matthéüs 14:22-33). Met die oes ingesamel, het die water sy lewegewende wonderwerk voltooi. Dit is die eerste keer dat sy gees verskyn.
In die oorlewering van die ou mense gelykenis, verduidelik Jesus sy rede vir die nie hande was nie, voordat jy eet (Matthéüs 15:1-19).
Jesus voed 4000 manne met sewe brode en 'n paar vissies. (Matthéüs 15:32-39) In die sodiakwiel, is daar vyf huise tussen die Maagd en die Visse, en nog twee as ons Virgo en Pisces bytel.
In die teken van Jona gelykenis: is die bedreiging in die lug. Daar sal geen teken wees nie, behalwe die teken van Jona (Matthéüs 16:04). Die teken sal nie verskyn nie voordat die son vir drie dae op sy laagste draaipunt vertoef netsoos Jona drie dae in die vis se maag was.
Die Maagd dek Matthéüs 13:54-16:04
Vervolg



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

As drome waar word

deur Evelyn van der Merwe

Sewentig gedigte wat ‘n buitengewone vrou se lewe beskryf. Sewentig boodskappe van lief en leed uit die pen van ‘n vrou wat op die harde manier geleer het om meer as die gewone teenslae van die lewe te hanteer, om sterker te word en uiteindelik om sterk te wéés – nie net vir haarself nie, maar ook vir die mense rondom haar.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar