Kortverhale

Bladsye:
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Aries, die Ram, 21 Maart – 19 April
Die Ram begin met die lente ekwinoks, wanneer die dae en nagte ewe lank is. Dit is die tyd van die jaar wanneer die lammers gebore word. Sodra die dae langer word as die nagte, word die son as oorwinnaar oor die duisternis beskou.
Regs van die Ram, is die konstellasie Perseus, met 'n swaard bokant sy kop, die simbool van geweld. Perseus kyk na Andromeda, 'n pragtige vrou gebind in kettings. Links van die Ram is Cetus die seemonster.
In die mite van Andromeda spog haar moeder Cassiopeia dat sy mooier is as die Nereids, die waternimf dogters van die seegod Nereus, wat bekend is vir hul skoonheid. Toe die Nereids, van die gespog hoor gaan kla hulle by Pseidon. In sy toorn skep Pseidon 'n seemonster genaamd Cetus. Toe Andromeda se pa koning Cepheus ʼn orakel raadpleeg oor wat hy kan doen om van die monster ontslae te raak, is aan hom gesê om sy dogter aan die monster te offer. Hy het haar na die rand van die water gelei en met kettings gebind, en oorgelaat aan die genade van die monster. Toe kom Perseus wat die monster dood en Andromeda bevry. ʼn Troue gekombineer met die viering van die monster se dood het gevolg.
Exodus 5-13. Moses se tien plae in Egipte begin in die Nyl water wat in bloed verander. Voor die laaste plaag, beveel Moses sy volk aan om 'n lam te slag en die bloed aan die twee deurposte en die bo-drumpel te smeer, sodat die engel van die dood sal weet wie hulle is. Op Pasga aand, het die Engel gekom en al die Egiptiese eersgeborenes doodgemaak. Dit was genoeg om te Farao te dwing om hulle te laat trek. Netsoos in die mite van Perseus en Andromeda, red Moses die Israeliete van Farao wat deur Cepheus versinnebeeld word. Die vasgekettingde Andromeda versinnebeeld die Israeliete in slawerny.
Taurus, die Bul, 20 April – 20 Mei
Bulle is nodig om lande te ploeg en te bewerk. Bulle trek, netsoos die Israeliete van Farao wegtrek.
Die Eridanosrivier kom voor in die avonture van Faëton, een van die seuns van die songod Helios. Hy het een keer sy vader se toestemming gekry om een dag lank met sy sonwa te ry. Die jong man kan egter nie die sonperde beteuel nie: hulle verlaat hulle roete en die aarde word deur ʼn brand bedreig. Om ʼn ramp te voorkom, tref Zeus Faëton met 'n donderslag, en die jongeling stort in die rivier Eridanos waar hy verdrink.
Sodra Taurus bo die konstellasie Perseus met sy jaarlikse Perseïdes-meteoorreën verskyn. Dit is as Perseus en Taurus wydsbeen oor die Melkweg is. Die Perseïdes-meteoorreën kan gesien word van 23 Julie - 20 Augustus, maar is op 12-13 Augustus die helderste.
Die konstellasie Auriga die strydwadrywer lê bo die horings van die bul.
In Exodus 14 versinnebeeld die rivier Eridanos, die Skelfsee, wat oopmaak sodat Moses en die Israeliete dit droogvoets kan oorsteek. Auriga verteenwoordig Farao se strydwaens en weermag wat hulle agternagesit het en in die Skelfsee verdrink het. In Exodus 16, versinnebeeld die Perseïdes-meteoorreën die manna wat uit die hemel gereën het.
Exodus 14:28 En toe die waters terugvloei, het hulle die strydwaens en die ruiters van Farao se hele leërmag wat agter hulle die see ingetrek het, oordek. Geeneen van hulle het oorgebly nie.
Taurus beskryf die tweede maand na die lente ewening.
Exodus 16:1 Toe hulle van Elim af wegtrek, het die hele vergadering van die kinders van Israel in die woestyn Sin gekom, wat tussen Elim en Sinai lê, op die vyftiende dag van die tweede maand ná hulle uittog uit Egipteland.
Exodus 16:13 En in die aand het daar kwartels opgekom en die laer oordek. En in die môre was daar ’n doulaag rondom die laer.
Exodus 16:14 En nadat die doulaag opgetrek het, het daar oor die woestyn iets gelê wat fyn en korrelrig was, fyn soos ryp op die grond.
Exodus 16:15 Toe die kinders van Israel dit sien, sê hulle vir mekaar: Wat is dit? Want hulle het nie geweet wat dit was nie. Daarop sê Moses vir hulle: Dit is die brood wat die HERE julle gee om te eet.
Exodus 16:31 En die huis van Israel het dit MAN genoem. En dit was wit soos koljandersaad, en dit het gesmaak soos heuningkoek.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    Susanna Maria Magdalena

    deur Lorelei

    Die lewensverhaal van n jongvrou wat gedryf word deur Stemme in haarself. Haar soeke na haarself en God asook n stryd tussen Lig en Duisternis.



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar