Kortverhale

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Lank nadat die engel met die vuurspuwende swaard van die ingang na die tuin gedros het, het ‘n reisiger by die tuin aangekom. Die reisiger het gesien dat die bome se takke swaar hang met lieflike ryp vrugte. Net duskant die ingang het hy ‘n slang gewaar wat op hom afgeseil het. Die slang het sissend vir hom gesê, “Wees gegroet, reisiger. Welkom in die tuin. Ek is nou die eienaar van die tuin. Jy is welkom om na hartelus van die vrugte te eet, maar jy moet egter eers van die Boom van Begrip vir Het-en-nie-het-nie eet. Nadat jy hiervan geëet het, kan jy jou hande gaan was en water drink uit die fontein daar aan die oorkant van die tuin”.
Die man was dankbaar want hy was honger en dors. Hy het toe van die vrugte van die Boom van Begrip vir Het-en-nie-het-nie geëet. Daarna het hy na die fontein gestap, sy hande gewas en afgebuk om van die water te drink. In die water se refleksie het hy gesien hoe die slang opkrul in sy hare en hy het bevrees geraak. Hy het die kommer op sy voorkop en die spanning in sy kaak gewaar. Toe het die slang vir hom gesê, “Nou mag jy van al die vrugte in die tuin eet, maar wanneer jy weer kom vrugte haal, moet jy iets kosbaars vir my saambring: koper, silwer of goud. Hiersonder sal jy nie kan vrugte kry nie. Die man het geweet dat daar ‘n hongersnood geheers het en hy het geweet dat hy sou terugkeer na die tuin. So is hy daar weg, gereed om koper, silwer en goud in die hande te kry.

Reisigers het gekom en gegaan. Op ‘n dag het daar weer ‘n man by die tuin opgedaag. Hy sien toe die druppende vrugte van elke soort op die aarde. Die slang het hom ingewag. “Welkom reisiger. Jy moet baie honger en dors wees. Kom eet gerus eers van die Boom van Begrip vir Het-en-nie-het-nie, waarna jy jou hande in die fontein kan gaan was en die heerlike koel water drink. Daarna sal jy van al die bome in die tuin kan eet”. Die man was baie dankbaar en het gesmul aan die heerlike vrugte van die Boom van Begrip vir Het-en-nie-het-nie. Toe hy versadig was het hy na die fontein gestap en sy hande gewas, waarna hy afgebuk het om water te drink. In die refeksie van die water het hy gesien hoe die slang in sy hare opkrul. “Wat sien jy?“ het die slang gevra. “Ek sien die oneindigende blou hemelruim wat ons omring. Dit vul my met vrede en hoop.” Die slang was ontsteld en het gesê, “Indien jy nog vrugte wil hê, sal jy vir my iets kosbaars moet saambring: koper, silwer of goud”. Die man het die slang uit sy hare uit losgemaak, hom op die tak van ‘n boom neergesit en gesê, “Ons sal mekaar inderdaad weer sien”. So is hy daar weg die wêreld in.

Die man het toe oor die aarde heen geswerf en ongelooflike dinge gesien. Die gepêrelde kurwes van ‘n brose perlemoenskulp, ongedeerd uit die eindelose maalkolke van die diep oseaan. Die verste sterre ver agter die agterstes wat onverpoosd glim om hul bestaan te vertoon. Die onwrikbare wil van ‘n alleenloper miskruier agteruit op sy voorpote teen ‘n reuse miskluit. Wie wys die kleurryke tulpe die pad van die son om saans toe te vou en hul koppies te sak? Hoe heel die bloeiende wond sonder riglyne vir hoe om te roof en hoe om te klont? Die man word toe een met alles om hom heen en voel homself as deel van die heelal se ewige wese.

‘n Paar jaar later het die man weer aangedoen by die slang se tuin. Buite die tuin het ‘n skare tougestaan om vrugte te koop met bietjies koper, silwer en goud. Toe die man uiteindelik voor kom het die slang vir hom gesê, “O, ek sien jy’s tog terug”. “Ek is hier vir die vrugte van die Boom van die Lewe waaroor jy geen eienaarskap het nie. God self het dit hier geplant”. “Wie het jou vertel van die Boom van die Lewe?” het die slang al sissend gevra. “Die skulp en die tulpe, die agterste ster, die miskruier se wil en die wond se herstel. Sluk jou sis en staan op sy, seil weg op jou maag soos wat jy geag is”. Die man het toe die vrugte van die Boom van die Lewe gepluk en die smaak van die druppende sap geniet. Hy het die res van die vrugte in ‘n sak gepak en oor sy skouer gegooi en na die fontein gestap om sy hande te was. Toe hy hurk om van die water te drink het hy sy refleksie in die water gesien en gesê, “Hier is ek, God”.

Soos wat die man by die tuin uitgestap het, het hy van die vrugte van die Boom van die Lewe met die omstanders gedeel, maar hy het ‘n paar oorgehou om te droog en te plant. Hier was sy triomf van gees oor verstand.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Die Derde Boom
Baie aangenaam om te lees. Goed geskryf.
4 jaar 6 maande 3 weke 1 dag 5 ure oud


refleksie
Lekkerlees interessante bydrae :-) Hoe ons na dinge kyk en wat ons waarneem (en as belangrik ag) het 'n groot invloed op ons gesindheid heens die lewe.
4 jaar 6 maande 3 weke 1 dag 20 ure oud


3de Boom
Baie dankie vir jou pragtige bydrae tot die Spieëlbeeld / Refleksie projek
4 jaar 6 maande 3 weke 1 dag 23 ure oud



BLIKeMMER

deur natasha dutton

"...BLIKeMMER is 'n keur van die beste gedigte van dertien opwindende digters wat skryf oor alledaagse dinge: drome en sprokies, verspeelde tyd en vrese, liefde en diepgewortelde smart, donkerdae en kindergeloof, gebede en godloosheid, omgeeflenters en somergeniet, introspeksie en nostalgie, migraine en stilte, genade en worsteling, selfs Lifebuoy en 'n huis in Vergeetstraat. 'n Bundel wat geniet en waardeer sal word deur die letterkundige, die filosoof asook die doodgewone mens op straat. Geniet dit!" (Lynette Beer: Inspirasie Spreker)



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar