Kortverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Hierdie werk kom van 'n erg swaksiende vriendin wat nie kan publiseer nie, sy sukkel met die rekenaar. Hoop nie julle gee om nie. Ek doen dit namens haar.

Aletta 1.

Daar is families wat doodgewone dinge doen. Ander hou van wegbreek en om uitdagings te toets. Maak nie saak wat die gevolge is nie.

So gaan kuier hierdie familie by die see. Hulle het 'n eie huis daar. Hoef dus nie te huur nie. As iets verkeerd loop, kan hulle net hulself aankla van skade.

Die eerste aand van die naweek begin met 'n breekspul. 'n Bak slaai breek sommer net. Hoe kan dit dan nou anders as mens alles so gou moontlik van die bakkie wil aflaai en indra. Hoe langer jy sukkel om die goed binne te kry, hoe korter is die naweek vir avontuur. Die slaai en glasstukke was 'n perfekte vermenging om vir iemand, of iets, te voer wat jou gedurende die week kwaad gemaak het. Dit was juis net na oestyd en alle iemande wat in dié tyd moeilikheid gemaak het, of nog gaan maak, kan 'n slagoffer van hierdie mengelslaai word.

In stilte het die gasvrou en haar helpers die vloer skoongemaak. Ten minste was daar een bak minder om te was.

Die pappie des huises verjaar die volgende dag. Geskenke kom van familie en vriende. Daar is een spesiale pakkie van familie wat dieselfde dag nog gebruik Moet word. Pappie moet dit bêre vir vanaand. Daar word immers fees gevier met heerlike braaivleis. Mammie des huises is heeldag besig om heerlikhede voor te berei vir die fees. Sommige van die naweekgaste verwyder hulle uit die geselskap en gaan stap of gaan slaap. Immers moet mens uitgevars wees vir die aand se groot kuier.

Teen laatmiddag daag mense op. Sommer iemand wat 'n troukar ook moet bestuur.Hy kom net gou inloer. Ander familie wys die soekers na die troukarbestuurder sommer buite die huis weg, want hier bly nie so iemand nie. Dit is dan só 'n spesiale motor wat met groot sorg en teerheid hanteer moet word. Gelukkig het die bruid betyds by die kerkie opgedaag.

Die vooraf drankies en versnaperinge maak tonge los, soveel sodat 'n glas breek. Die tweede brekery die naweek. Dis weer tyd vir vloerskoonmaak, die oë inspan vir glassplinters en om die reuk van wyn te verwyder. Iemand moet vannag saam met die honde in die braaikamer slaap. Die honde kan dalk van die glassplinters in hul pote kry. die een wat daar slaap is nie van belang nie. Die wynreuk kan die slaap net aanwakker - al snork die honde nou ook hoe.Die ete gaan goed af. Die skottelgoedwassers is op hul pos. Hulle moet immers hul ete verdien! Die raaiselagtige pakkie moet nog aan die beurt kom. Die mense is versadig, maar reg vir die volgende rondte lekker eet. Mammie se terte is uit die boonste rakke.

Die soetigheid het 'n uitwerking wat skrik vir niks. Daarom word hierdie pakkie nou oopgemaak. 'n Deeglike studie word eers gedoen oor hoe alles daarin werk. Dis twee soorte drankies wat gemeng moet word. Daar is selfs 'n spesiale manier waarop dit gedoen moet word. Die skinker is onseker. Iemand sal eerste moet proe om te kan sê of dit reg gemeng is. Niemand weet egter presies hoe reg nou proe nie. Die skottelgoedwassers wys die aanbod om ook te proe, van die hand, want daar het in die stilligheid nog 'n groot glasbord binne-in die wasbak gebreek!

Die gaste kyk vir mekaar. Dis duidelik dat die vroue meer moed het. Mammie - sy is mos darem die gasvrou aanvaar die uitdaging om eerste te proe. Sy doen dit vinnig - tj-ghoem-ghoem, en dis in, of weg, of bo in die keel. Sy kan nie sê waar hy geval het nie. Daar volg 'n dawerende stilte - onheilspellend - dan volg 'n gejuig en handeklap. Mammie leef nog. Al wat sy te sê het, is dat sy hoeka vaak is en nou mos maar kan gaan slaap. Die ander vroue laat nie op hulle wag nie en sluk - dit hik en stik,gril,jil en burb. Die goed brand die duiwel uit jou - of is dit die duiwel wat ingegaan het? Nee, dit kan nie. Die gewer van die geskenk vertel dan dat dit as medisyne gebruik kan word om die spysvertering vlot te laat verloop.

Die vruoe kan darem nie die manne ore aansit nie. Hulle moet dus ook maar sluk. Teen dié tyd het die skinker al die kuns bemeester om die drankie meer aanvaarbaar te meng.

Die klomp verdwyn een na die ander kamers toe. Dis nie seker of sommiges dalk bekommerd gaan slaap het oor die werking van hierdie medisyne nie. Daar is juis nie 'n dokter in die onmiddelike omgewing nie.

Ten spyte van die honde se rustige, en soms onrustige snorke en vreemde kreungeluide, slaap die iemand in die braaikamer nie té sleg nie. Sy is egter vroeg wakker en hoor hoe twee manne vir mekaar môre sê. Dankie tog hulle lewe! Albei voel goed, so vertel hulle mekaar. Pappie het wel gedurende die nag 'n slag gewonder wat die medisyne besig is om met hom te doen, maar hy is piekfyn. Deur die loop van die oggend kom die ander uit hul kamers en almal bevestig dat die eksperiment baie goed gewerk het. Hulle sien weer kans vir nog 'n ete. Niemand vra egter of daar nog van die doepa oor is nie.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Sirkeldans

deur Driekie Grobler

'n Vars briesie van inspirasie en genotvolle saamkuier



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar