Kortverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende



Die dag toe Tessa met haar seuntjie in Derby inry, en by Grieta se B&B stilhou, sal die ou dorpie nie sommer maklik vergeet nie. Sommerso met die intrap, het die mense
gevoel, die besoekers is besonders. Hier gaan iets aan. Snaaks hoe mense die goed aanvoel, want daar kom tog nou en dan besoekers hier aan…
Maar van dag een af het die blink silver 4X4tjie wat daar by Grieta staan, almal se verbeelding aangegryp. Toe Tessa die volgende dag die straat afstap om by die wimpy te
gaan eet, toe kom die mensies uit die winkeltjies en kantore soos reismiertjies na’n lekker reenbui. Die ou wimpy het daai middag soos lanklaas gewemel van kliente. “hoe lyk sy!”
“Sy’s mooi en gaaf en die ou seuntjie is te pragtig!”vertel die wat daar was, “Onee!” het Marie Pelser, die koster se vrou gewaarku,” die vrou bring ‘n skande hier na ons dorpie toe”, ou Marie was bekend vir haar spookstories, swartkatte het gedurig oor haar wee gehardloop. Almal het gelag vir haar nonsense, tog laat dit so krakie in mens se gedagtes. En so het Tessa die kuiergas, Tessa die “onbekende vrou” in Derby geword. Almal het haar elke beweging fyn dop gehou.
Volgende oggend, staan die nat gedoude 4X4tjie steeds by Grieta se B&B. Almal is half bly want, jitte! daar gaan maar min aan in die ou plekkie. Woensdagmiddag, toe Derby Laer teen Groot Marico rugby speel, toe’s sy en die seuntjie daar . “sy’t ‘n kombers uitgegooi en hulle het behoorlik piekniek gehou” vertel die ma’s “daar op die grasperk! Nogal lekker gelyk.” Snaakse vrou .
Toe die spannetjies speel toe begin sy skree;”Derbies! Derbiebulletjies! Komaan!” en hoe meer sy ondersteun hoe harder speel die mannetjies, daai middag wen hulle sowraggies vir die eerste keer ooit vir die Marikoesies! Toe die fluitjie blaas toe hol daai klomp laities na Tessa toe, kniel so ewe om die kombers en se”Tannie ! tannie het ons laat wen ! Volgende week speel ons teen Bekker, kom asseblief weer, sal tannie?”
“En daar gryp sy klein Wouter die wesie en gee hom ‘n yslike druk en ‘n soen !”
Die ma’s wat so altyd gil,”skopnou!” en “tackle!” en “pasop!” en “aggeneewat!” kyk verbaas na die spulletjie, en die outjies hardloop sommer tweekeer om die veld van pure lekkerte, “snaakse vrou, wat maak sy hier?” wil almal weet, wil niemand vra nie .
Die manne hoor hoe gesels die vroue, maar hou hulle ewe skaam. Sy laat ‘n ou voel jou boebie is te groot, en skielik wonder ‘n ou oor al jou khaki klere ? Sy’t Maandag
hier ingery en teen Donderdag voel almal en alles bietjie anners. Bietjie lewendig?
Vrydagoggend is die 4X4tjie weg. Vroeg oggend al. Almal maak of dit niks is nie, maar almal sms vir Grieta “wars Tesa?”. Saterdag, gun karretjie. Sondag na kerk ry die mense so ekstra draai om te kyk of die 4x4tjie al terug is..niks. Waar’s die vroumens nou? ”eers kom sy uit die bloute hier aan en dan verdwyn sy weer!”
Hoe kan ‘n vreemde vrou en ‘n seuntjie ‘n dorpie so roer in ‘n paar dae?

Maandagmiddag toe daai klein silver 4X4tjie, die dorpie in ry en by Grieta gaan
stilhou, toe’s die kaap sommer weer hollands en almal het weer iets om oor te gesels, “sy’s terug !” kom die nuus “en sy soek ‘n plekkie om te huur!” wil blykbaar ‘n paar maande net kom stilwees weg van die gewoel van die grootstad. Nou wonder hulle eers!

****************

Die petroljoggie spring flink voor Tessa se waentjie in,” hierso madam, dankie madam!”, sy vra dat hy moet volmaak,”water, olie? Als reg madam!” wil hy weet.
“Lewies!” lees se sy sy naam op sy borsplaatjie, “waar kom jy vandaan?”
“Pietersburg, madam” glimlag hy terug , “maar Lewies is mos nie ‘n bosveld naam nie!”
“haai, ma die madam is reg, disse uit die kaapse naam !”, nou hoe so wil sy weet ?
“my pa en ma kom uit die kaap uit, het hier in Piertersburg kom bly, madam,”
“en, jy, is jy al oud genoeg om te kan werk” vra Tessa, “nee, disse bietjie van ‘n sad storie daai,” se hy baie skaam, en gee haar die slippie om te teken, wat sy doen.
“Lewies, jy gaan my die hele storie kom vertel”,sy kyk hom in die oe, “weet jy waar ek bly?”, ja antwoord hy, “by miss Grieta se B&B.”nou toe, kom as jy ‘n kansie kry.”
Sy ry stadig die straat af, in haar truspieeltjie hou sy vir Lewies dop, hy staan roerloos met die pen en bordjie in sy hande, wat, gaan nou aan , wonder hy .

*********

Tessa was ‘n gewilde meisie op skool , die onnies het ook van haar gehou, nou nie so dat mens daaroor sal praat nie , maar tog. Sy’t eerste span hokkie gespeel en was
‘n prefek, maar ook maar net net. Meisies skool in Pretoria, sy was gek oor hokkie en het wedstryde om geskree en het haar maats laat skater, ‘n yslike beker op die spanfoto is bewys dat dit nie tevergeefs was nie ! Oulike meisiekind , en mooi, baie mooi.
Oulik, want sy’t oulike ouers gehad .Pa Wynand , een van daai stil sterk slim hardwerkende ouens, engineer by ‘n bekende firma. Hy’t nooit veel oor die brue en torings gepraat wat hulle gebou het nie, maar hy kon nie ophou praat oor al die stories wat die hyskraanmanne, die trokdrywers en die rowwe ouens op die werke hom vertel het nie. Hy het saam met hulle gebraai en ‘n biertjie gemaak, net om hulle stories te hoor. Al die jare Porsche gery, vir Tessa vertel,” ek moet bietjie inspirasie kry vir die dag se werk,
en die ding is lekker stukkie engineering .” Handsome ook, in matriek het die meisies hom raak gesien as hy vir Tessa soggens aflaai, dit het haar nogal getiekel. Sy was mal oor hom en hulle het dikwels saam gaan fliek en eet. Net die twee van hulle.
Ma, Tielie was ‘n amazing vrou, nie baie het geweet wat sy alles aanvang nie. Haar Volvo stasiewa het soos ‘n portugese groentewinkel geruik, agter sitplekke altyd afgeslaan, reg vir die volgende vrag. Tielie het ‘n hart vir oumense en arm swart kinders gehad en daai Volvotjie van haar het soggens vroeg gaan kos optel by woolies en dan’s ma vort na oumense en die wesies in die tehuise in die weste van Pretoria. Smiddae as sy vir Tessa moes optel by die skool was daar nog altyd een of twee draaie om te ry. So, het Tessa geleer om anner mense lief te kry, mense wat nie maklik is om sommer lief te he nie. Ma was lief vir reis, en sy en Tessa het ‘n hele paar maal saam oorsee gaan rondloop.
“n Lekker huis, lekker ouers, lekker skool , heerlike sonnige land, die lewe was lekker, en sy’t warm gevoel in die genade en liefde om haar .

******************


Tessa het Zirk ontmoet in ‘n tandarts se stoel, ‘n lekker ongemaklike plek. Sy’t ‘n voortand gechip op ‘n bootjie in Mosambiek, haar eie tandatrs was nog op vakansie en sy
kon nie vir hom wag nie. Die jong dokter was baie nice, en sommer dadelik het hulle lekker begin gesels, “jy’t ‘n mooi litteken op jou ken,” skerts hy toe hy sy ondersoek begin, “ja,”antwoord sy vinnig voor sy haar mond moet oopmaak en stilwees,” dit was ‘n hou met ‘n hokkiestok..””’n hokkiestok? Inbrekers!” , nee antwoord sy, “ons het teen Westelike Provinsie gespeel, en hulle het so groot bruin meisie in hulle span gehad wat ons met haar stok geteroriseer het ! Sy’t my bygekom ! En, sy’s speel vandag vir Suid Afrika !”….”oopmaak asseblief, en wat doen jy deesdae?” “etch swhuth litbtetuur”.
Hy glimlag nou lekker,”as ek my kort lewe kan oor he sou ek ook liewers lit
geswot het, ek’s mal oor boeke en skrywers,”hy werk en praat rustig voort, “ ons het op ‘n plaas net buite Bethal gebly, en ek het amper elke middag met die fiets CNA toe gery,
net om deur boeke te blaai en stukkies te lees, dis ‘n ou piepklein krakie die, gaan sommer jou tand so bietjie poleer,” siirrrrrrrrrtttttsssss,” my pa wou he ek moet landbou swot, een van sy 34voormanne word en eendag die besigheid oorneem, spoel bietjie,”
Sy spoel en kyk die dokter van nader,”toe praat jy jou ma om en sy praat jou pa om en toe word jy ‘n tandarts”gaan Tessa aan met die storie, “en nou’s ek ‘n tandarts wat
my dae omsit in Exclusives met koffie en boeke, by the way, wat doen jy moremiddag so
na ses?” maar hy wag nie vir ‘n antwoord nie, “ kom drink saam ‘n koffie, dan chat ons verder. Jou tand is beautiful!” hy hou haar ken vas en bekyk sy handewerk van nader, “jy’s mooi, is jy vas of kan jy dit maak?”daarmee vee hy saggies die spoegies van haar lippe af, “hang af wat die rit in jou stoel my gaan kos,” hy draai om met, “’n koffie. Sien jou daar, Menlyn, nice om te ontmoet Tessa.”
En so het hulle oor die volgende jare saam gekuier en gesels en gefliek en vakansie gehou. Zirk se pa was ‘n breker van ‘n boer, arms soos Swanzenegger en ‘n lag soos wyle oom Tolla sin. ‘n Man wat brandarm begin het en nou die land se grootste mielieboerdery bedryf. Tessa was sy droomdogter, hy’t al amper vir Zirk vergewe met die wete dat Tessa eendag vir hom ‘n kleinseun sal gee.Klien Hendrik! Vakansies is hulle almal Mozambiek toe, dae voor die tyd moet die plaasbestuurders al met die kouetrokke en bote en speelgoed opry, want GrootHendrik werk en speel ewe hard. Tessa was net so erg oor oom Drikkie, hy was soos haar pa Wynand, ‘n man van ‘n man
In Tessa se finale jaar is sy en Zirk getroud .Dit het net sommer so gebeur, lief geword vir Zirk, sy liefde gedeel vir boeke, flieks en rondreis. Baie lief geword vir paHendrik, wat haar gruwelooslik bederf het, net waar hy die kans gekry het. Hulle wittebroodreis het begin in die Seychelles en daarna is hulle Indie toe, daar , in ‘n klein hotelletjie naby die Taj Mahal, het sy en Zirk die eerste keer regtig seks gehad. Dit was ook daai selfde aand wat klein Hendrikkie verwek is. Sy kan goed onthou hoe sy na die tyd op die balkonnetjie gaan sit het, oor die maan verligte wonderskone gebou van liefde in die verte uit gekyk het, en vir die eerste keer gewonner het,”sjoe Tess, jy’s ‘n vrou!”
Hulle lewe het rustig soos ‘n groot rivier voort gevloei, Zirk het gewerk, sy’t ‘n huis vir hulle gemaak, en soos ‘n broeis hennetjie gewag vir KleinHendrikkie. Hy’s op dag en datum gebore, perfek, tien vingertjies en tien toontjies en Tessa kon net nie genoeg kry van die nuwe skepseltjie in haar lewe nie . Toe op ‘n dag kom Zirk by die huis met ‘n heel snaakse versoek,”kan ek met ‘n pel gou Venesie toe gaan vir ‘n week?”
So bietjie verstom, vra Tessa, “’n pel? Wie!” Zirk skink vir hom ‘n biertjie,”o, jy ken hom nie!” “Ken hom nie!” sy skrik toe sy hoor hoe hard sy die woorde uitskree, “ek ken hom nie? Zirk! Wat praat jy man !” Hy drink amper halfte van sy bier met een tuig, “jy ken hom nie want jy sal nie van hom hou nie.”
Tessa voel hoe haar maag bollemakiesie slaan binne haar, sy gaan sit stadig, voor haar oe val derduisende stukkies van ‘n legkaart bymekaar, klein goedjies wat oor die jare al in haar onderbewussyn opgebou het, daar vasgesteek het, sonder om moles te maak, maar nou gil dit hier binne haar, ”hoekom gaan ek nie van hom hou nie?” vra sy so sag as wat sy kan, “want hy’s gay,en..” sewe duisend trompette blaas ‘n helse rumoer in haar los, “hoekom Zirk, is jy ook gay,” dit was nie ‘n vraag nie, dit was ‘n wereld wat uitmekaar skeer, haar klein model wereldjie.
Dit, was tien dae gelede, vandag sit sy hier in Derby in ‘n klein ou kamertjie in Grieta se B&B. Sy en KleinHendrikkie .Sy’s nie in die minste bitter of kwaad nie. Besef net, “hier’s ‘n stukkende ding en ek moet dit heelmaak.” Amper soos iemand wat wakker word na ‘n vreeslike ongeluk, net om te hoor, “jou man is dood.” Skree gaan nie help nie.

************
Grieta skrik haar lam toe sy die voordeur oopmaak en daar staan ‘n jong kleurling
,” Mag ek vir Miss Tessa sien”, vra hy skaam , hy was skaars in haar kamer toe blits die smse “ kleurling met Tessa in kamer” en erger. Dit woel in Derby “ek’t jul mos gese!”
En daar vertel Lewies haar van sy lewe “daar’s lekker en daar’s seer miss Tessa”,
Hulle het lekker gebly, sy pa was ‘n skrynwerker, agter die huis ‘n werkswinkel gehad, baie kaste en goeters gemaak vir die universiteit, hy wat Lewies is het van Standerd 8 af al vir die eerste span heelagter gespeel, “ek kon drop en place en score en nes Monty, net nie die goldi locks het ek nie,” spot hy. Selfs al Cravenweek gespeel, toe, laas desember, terwyl hy en sy ma en sussie krismis shopping gaan doen het, was daar ‘n hengse donderstorm oor die dorp, en sy pa en kleinboet is dood gebrand toe hul huis deur die weerlig getref is.”toe ons terugkom by die huis toe’s alles swart.”
“Nou ,” gaan Tessa voort,”nou sorg jy vir jou ma, en jy’s uit die skool uit?”
“my pa was my hero, hierboe het hy tot ‘n BlouBul geword ! Nou moet ek werk, ek’t my ma belowe, ek’s oppad Joe’s toe, daar’s goeie werk.”
Van daai dag af, kom Lewies elke middag bietjie balle skop met Hendrikkie, terwyl Tessa allerande planne maak. Die dorpie se skinder het stadigaan plek gemaak vir deernis, “Sjoe, sy’s eintlik ‘n dierbare mensie.” En toe…
Toe ‘n paar dae later ry daar ‘n blink sportskar die plekkie in…en stop daar by die spoorweghuisie wat Tessa gaan huur en skoonmaak en skrop ! ‘n Porsche nogal. Daar klim jou wragtag ‘n man uit wat Tessa omhels en rond draai in sy arms, tot die seuntjie spring rond van die genot , “hy’s ouer , baie ouer as sy “, skinder die klomp, “ “en good looking!” voeg ‘n ander by, “ hier kom die waarheid nou uiteindelikheid uit!”.”seker ook ‘n getroude man .”
Maar toe die twee karretjies daardie aand langs mekaar gaan slaap by Grieta se B&B, toe weet die Derby-vrouens “hier kom die skande wat ons nog altyd voor wag !”
Dis nog niks, die volgende oggend woerwoer daar ‘n helikopter oor die dorpie, en land by die polisie stasie,”kyk!” gons dit “daar klim ‘n man daaruit, so groot en sterk soos ‘n bees,”die fone lui nou orals, “kyk daar onder, daar kom Tessa en die Porsche ou hand aan
Hand aan gestap!””kyk oos mense! Daar kom die helikopter bees aan gestap!” dis Saterdagoggend en tot die kinders is die straatjie vol op hulle fietse,”dis High Noon!” gil Marie van die koster af !”dis oorlog die !
Voor die wimpy loop hulle mekaar raak, die manne groet so ewe, maar jy kan sien, hulle’s nie gelukkig nie, toe die helikopter bees die seuntjie optel, toe loop die trane by Tessa ! Hy vou hulle sommer altwee toe in sy arms…”wie is wat ?” gons dit orals.
Teen die tyd was die wimpy amper al Tessa se eetplek, met die instap roep sy vir Rebecca die bestuurder,”Rebecs, dis nou KleinHendrikkie se een oupa en sy ander Oupa!” dis toe dat almal kon sien die trane is van blydskap, “maak vir ons jou lekkerste brekfis, hulle het ver gekom vir jou lekkerkos!”
Rebecca het mooi probeer luister na wat hulle praat, maar al wat sy kon hoor is, “nee pappa,” en weer “nee pappa,” en weer, “gun my net ‘n brekie.” en “asseblieftog”.
Dinsdag staan die spoorweghuisie toe van die trokke en werkers, Vrydag toe’s die huisie toegespan in ‘n veiligheidsdraad en spierwit ! Van Saterdag af staan die wit Chubb
Golfie voor die huisie , en daar het hy wag gestaan totdat Tessa die dag daar uitry.
Maar dit was ‘n baie baie treurige dag ….toe huil almal saam .
Maar lank nog voor daai donkerdag, is Lewies Monnas toe met Tessa, koshuis toe met ‘n beurs of twee, bleikbaar van ‘n engineersfirma of ‘n boerdery, en ‘n petrolmaatskappy. Hy’t almal met die hand kom groet, so mooi opregte seun,”eendag as ek Springbok word,” het hy gegroet, “sal ek hulle vertel van my dae in Derby!”
So paar keer in die maande wat Tessa en Drikkie daar in die wit spoorweghuisie gebly het, het sy Lewies gaan haal op Sondae, dan’t hy en Drikkie balle geskop in die veld langs die spoorlyne. Wat daarna gebeur het kon hulle maar net raai, maandae het sy Lewies terug geneem Krugersdorp toe..en eers baie laat weer terug gekom. ‘n Paar keer het duur duitse motors met manne in pakke daar by Tessa kom kuier, dan’t Drikkie alleen buite gespeel, “die arme seuntjie.”Altyd daarna by die wimpy gaan eet, gelag en gesels, “kyk, die vroumens is populer!”
Die jaar se winter het sommer vroeg kop uit gesteek, die akkerboom laning by die melkplaas langs die dorpie het vroegvroeg al sy blare afgegooi, dit het kompleet gevoel of die weer iets voorspel wat die mense gaan laat bibber die jaar. Almal het gepraat van die gestroopte bome, en Marie het natuurlik weer grootoog van vooraf gewaarsku.

************

Die sang en lofprys in Derby se ou kerkie was nou nie eintlik so dat mens hoendervleis kon kry daarvan nie, die oggend was dit ook maar soso.
“More gemeente” groet pastoor, “vandag wil ek nie vir julle preek nie, hier’s iemand wat vir julle iets wil se, vra…Tessa.” En daarmee staan hy eenkant toe…
Tessa gee vir KleinHendrik en Lewies, wat ook ewe in die kerk sit die oggend, elkeen ‘n drukkie, en stap verlee vorentoe, die gemeente sit grootoog en sjoepstil.
“Hello almal, “ begin sy, en draai haar na die pastoor, “ sit maar, ek gaan olraait wees.”hy gaan sit en vat sy vrou se handjie.
“..ek, wil vanoggend net ‘n paar woorde vir julle kom se,” Tessa vat ‘n snesie,”ek bly nou al ‘n paar weke, maande hier tussen julle, en nog nooit met iemand my hart oop gemaak nie…wil vir julle kom se: dankie! Julle my nooit veroordeel nie, my nooit skeef gekyk nie, nooit beskinder nie, en julle kon so maklik.” Die vrouens se koppe sak soos Tessa praat, ‘n paar manne glimlag stilletjies, “my wereld het uit mekaar gespat, weet julle, as ‘n vrou haar man verloor, dan kan sy amper nooit weer ‘n ander mooier jonger
vrou vertrou nie, nog baie erger, mens verloor jou selfvertroue, skielik het die mens in jou spieel ‘n treurige gesig” handsakkies gaan oop en daar word gesnuffel na snesies, ”maar weet julle hoe voel dit as jy jou man verloor vir ‘n ander man?” Tessa se oe blink in die volheid van die oomblik, sy’t nog nooit hieroor gepraat nie, “wel, so, het my klein wonder lewetjie uitmekaar gebars.Dit was of iets die lewe en lus uit my gesuig het in een oomblik, en ek het weg gehol, toe ek my kon kry toe sit ek en Drikkie vir die see en kyk. Net ‘n stukkie strand tussen ons en die see. Met ‘n stem wat skree hier binne,’dis ‘n 4X4 die, jaag die see in!’ toe ek terugkyk in die truspieeltjie, sit my seuntjie in sy stoeltjie vas gegordel, met albei sy vuisies in sy mond, met trane wat rol oor sy wange…ek sal daai gesiggie nooit vergeet nie,” sy kyk na Drikkie op Lewies se skoot, “ dis toe dat ek die pad-kaart gryp, en uitroep, Here,waarheen!” almal wip van die skrik soos sy weer uitroep,”waarheen? Ek gryp daai kaart en die eertse naam wat ek lees is Derby. En, dis hoe ek hier geland het…wou net erens stil kom sit en my legkaart stukkies een vir een weer optel en bymekaar sit…en, julle het dit my toegelaat. Wou nie praat nie, wou nie kuier nie, net heelword. Dankie. Julle’s wonderlik.”
Een aand, vertel sy, het een van hulle, ‘n man, aan haar voordeur kom klop, “my oe was toe so dik gehuil, ek kon hom nie erken nie, hy’t net daar gestaan en saggies gese:
Tessa, vee die trane af, daar’s ‘n hele lewe wat wag op jou, wat gebeur het met jou, was nie jou skuld nie, gaan aan met jou lewe, om Jesus naam…hy’t sy hand op my skouer gesit, en daarmee het al die pyn uit my gevloei, wievan julle was dit?” vra sy…
Geen hand gaan op nie, “want as dit nie een van julle was nie,” haar gesig blink
van geluk en vrede, “ dan was dit ‘n Engel!”

*************

Maande na Tessa daar weg is, het die mense nog gepraat van die Sondag en hul sonde, en elke keer as iemand verby die spierwit spoorweghuisie ry…het hulle gedink aan die Engel van Derby. Baie keer het hulle sommer bietjie daar gaan stilhou, en gebid.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Engel van Derby
Wat on ongelooflike mooi storie. Jy het dit so gemaklik en ontspanne vertel met die hoogtepunte presies op die regte plekke. Daar is niks geforseerds aan jou skryftegniek nie. Absoluut briljant gedoen. Baie besondere skryfstyl hoor !! Ek het dit nou ontsettend geniet!
10 jaar 7 maande 2 dae 4 ure oud


rex
Die engel ...
Mooi storie, LouisW.
11 jaar 2 weke 4 dae 23 ure oud


Louis, van jou eerste storie af, het ek gevoel ek word een vd karakters, klim sommer binne in daardie omgewing in, maar hierdie is kosbaar, ek het gelees en gelees en gewens die einde moet nog bladsye ver wees.
dankie jy dit deel.
a.
11 jaar 1 maand 3 dae 7 ure oud


wat 'n mooi storie!!! het dit baie geniet!!!
11 jaar 1 maand 1 week 21 ure oud



Oak Seed

deur Rachelle du Bois

Alicia Venter was a cool librarian with her life and her career mapped out. Until she looked into the compellingly familiar eyes of a stranger. She was shaken to the core. Why was she so powerfully drawn to the stunningly attractive Martin Blythe, yet they’ve never met? Martin Blythe was rich, he was a successful engineer doing research in the university library. And then he looked into the familiar green eyes of a strange young woman. The earth moved for him then as he recognised her somehow. In an instant he knew she was a part of him without which he could not live. Would these two people find the answer to the strange coincidence that kept pushing them into each other’s lives? Would they resist or choose love?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar