Kortverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

My pa het my dikwels gewaarsku oor die gevare van “meisiekindalleen so op die plaas ronddwaal”. Net verlede week is ‘n vrou op een van die buurplase aangval. As jy alleen in die huis is sluit tog die deure agter jou toe, het hy oor en oor gesê. My broers het gesê ek is tog te onnosel om bang te wees en eendag gaan slim nog sy baas vang.
Vanoggend het ek my marmotte wat in die waenhuis bly, omdat my ma nie “die goed” in haar huis wil hê nie kom versorg. Nadat ek die hokke skoongemaak, nuwe saagsels ingesit en kos gegee het, vat ek die emmer om te gaan water haal. Toe ek uitstap by die waenhuis se deur, toe staan ta daar. ‘n Grote. Sy swart vel blink in die son en hy kyk my dreigend in die oë.
Lot se vrou se maai. Ek is versteend. Die vrees oorval my. Ek voel hoe my bene bewe. Die bloed verlaat my liggaam. My hart klop in my ore, doef-doef, kaboem-kaboem. Vandag is die dag dat ek my moses gaan teëkom.
Ek bid saggies hier in my binneste. Met oop oë natuurlik. Dit sou nou heeltemal simpel wees om my oë vir ‘n oomblik van hom af te hou. Uit die hoek van my oog sien ek die een hoek van die waenhuis en soos ‘n trapsuutjie probeer ek die ander hoek ook sien sonder om my oë te draai. Nee, ek kyk hom stip in die oë. Ongelukkig weet ek daar is nie genoeg plek weerskante van hom om verby hom te spring nie. Kry gaan hy vir my kry.
Sy oë wyk ook nie vir ‘n oomblik van my af nie. Hy kyk my. Ek voel hoe tap die sweet van my voorkop af.
Vrees maak ‘n mens braaf, hoor ek my pa se woorde. Wat soek hy in elk geval hier. Nou is ek kwaad. Nou weet ek wat soek hy hier. Toe ek ‘n tree terug gee trek hy sy kop terug en ek weet hier kom dit nou. Ek keer met die emmer vir my gesig en die twee spoegstrale klap teen die emmer vas. Met een reuse sprong spring ek terug in die waenhuis in en ek gryp die hooivurk en pen hom vas teen die grond. Jou vloeksteen, jy sal nie weer my marmotte vang nie! Skreeu ek terwyl ek die rinkhals se kop verbrysel.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

lekker kinkel in die kabel.
11 jaar 2 maande 3 weke 2 dae 10 ure oud


Lekker gelees tot op die end...vervlakste slang!!
11 jaar 11 maande 3 weke 3 dae 10 ure oud


Die groot skrik
Baie baie goed vasgevang doll!

Groete

Chenél
12 jaar 4 maande 1 week 6 dae 9 ure oud


Die groot skrik
Baie goed vertel. Ek het die storie geniet.
12 jaar 4 maande 2 weke 5 dae 9 ure oud


Ta
Wow, en ek dog ons praat van plaasanvalle van 'n ander soort. Lekker stupid, jy't dan gesê ek moet hier lees.....
12 jaar 4 maande 2 weke 5 dae 20 ure oud


Die groot skrik.
Pleks jy't net die hok met voëltjie-draad oorgetrek! Ek dog dan mens moetie slange doodmakie -gegege.
12 jaar 4 maande 2 weke 6 dae 9 ure oud


jy kan darem maar spanning opbou, jitte.
hoop jou marmotte se storie vervolg eendag.
12 jaar 4 maande 3 weke 8 ure oud



Plek van die Flaminke

deur Rachelle du Bois

Delia Kriel is mede-eienaar van die vakansieoord Zeesig. Haar eerste ontmoeting met Alex Vorster, haar sexy nuwe buurman, laat haar hare rys. Hy jaag haar kat die skrik op die lyf en hy jaag haar die harnas in. Kortom, hy pla haar, vreeslik, aanhoudend. Hy het haar rustige bestaan hier op Zeesig kom versteur en sy is vies, baie vies. Alex se broer, Xander, is die diep een, die stil musikant wat sy hart op Delia se vriendin, Madeleen, verloor het. Hy is koppig en hy weet wat hy wil hê, maar sy is versigtig vir die liefde, want net 'n donkie sal twee keer oor dieselfde klip struikel. En sy is nie 'n donkie nie. Hy is egter die ideale model vir haar beeldhouwerk en haar kunsuitstalling lê voor . . .



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar