Kortverhale

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die windskermveërs gaan in eietydse ritme van links na regs, links na regs. Reëndruppels wrywend deur die wind se asem beur teen swaartekrag die windskerm op. Weerskante van die ruit stroom riviertjies deur die veërs gevorm. Die hemel se sluise is behoorlik geopen vandag. Die enjin luier in eerste rat teen die steil bergpaadjie uit. Plek plek gly dit oor die dik, rooi modderaanpaksels. Twee rye dennebome is soldate weerskante die pad waar hulle ‘n lemoenboord beskerm. Sommige vrugte het al verkleurmannetjie verander na hul winter helder oranje skil. Die grou hemelruim se spieël weerkaarts terug vanuit die twee pare oë, hier binne die verhitte kajuit van die 4x4 voertuig. Die ure lange uittog uit Sodom en Gomorra het sy tol geëis – die spanning is loodswaar tussen die blaaie. Aan die linkerkant van die pad teen die wildsheining met draad vasgemaak is ‘n aanwysing: “Welgevonden” Weens die steilte en aanhoudende rit in eerste rit, skakel die voertuig se waaier aan in poging om die enjin se geveg teen die steilte te oorwin. Ofskoon groot gedeeltes van die fauna hier op die rantjie van uitsterwing huiwer, kon die flora tot op hede die stryd teen mens met sy masjienerie trotseer. Bladwisselende bome getooi in hul Josefskleed vir die seisoen pronk tussen die verskillende groen skakerings van die pragtige bosveld. Die gietende reënbui het afgeneem tot ‘n fyn misreën.

Die plaashek word weer toegemaak, die koperslot weer gesluit en die bakkie kruie weer voort. Omsingel deur doringbome verskyn ‘n grasdakhuis uit die niet. ‘n Sleutel knars in die slot en die groot houtdeur met die uitgekerfde arend open knarsend. ‘n Muwwe ruik wat deur die langdurige reën veroorsaak is, het intrek geneem in die huis. Haastig word vensters geopen in poging om dit te damp. ‘n Floresent lig word aangeskakel om die duisternis te verdryf. Die suurlemoenskyfie van die maan tooi skitterend sy kleed oor die ovaalvormige dammetjie wat vanuit die kombuisvenster waargeneem kan word. Aandete bestaan uit geroosterde broodjies met stomende bekers boeretroos. Tussen die vier spierwit mure is ‘n driekwart bed met ‘n vrolike gestikte lappieskombers wat moederagtig welkom heet.

Die malemeule binne die wit van die Golgota word nie gesus deur Klaas Vakie se stooisandjies nie. Die herhalende rolprent is onaantasbaar en genadeloos. Grammefoonplaat weerklink dit – drie dae, drie dae en als sal tot niet wees. Drie dae is ‘n geslote ewigheid in die nou wat sekonde vir sekonde van die dun middeltjie van die uurglas gerem moet word. Maar onkeer sypel die sekondes selfs nou in hierdie flou maanligverligte vertrek argeloos na die ewige begrafplaas van verspeelde tyd. ‘n Mengsel van die soete herinneringe van jeug en drome met die afgelope jaar se gebeure word bitter soet. Heimwee wat in ‘n cul de sac van die hede se nagmerrie eindig. Die toekoms bestaan nou slegs uit drie dae waarna alle sand in die uurglas aangeklam sal wees. Al wat sal lewe is die reeds vergane gisters – more se hout sal reeds slegs yskoue as van gister se drome wees. Die sirkulerende perde van die malemeule word eindelik met die hulp van twee slaappille tot stilstand geruk.

Die opgewekte verevolkie kondig die breek van ‘n nuwe dag met vrolike koorsang aan. Die reuk van ‘n plaasontbyt kom uitnodigend aangesweef vanuit die ruim kombuis. Aan ontbyttafel is drie plekke netjies gedek. ‘n Vaas met vrolike veldblomme herinner daaraan om slegs vir die oomblik te leef. Vraagtekens is te sien in die twee paar oë wat stilswyend die derde persoon tot rekenskap wil dwing. Maar die besef dat dit slegs retoriese vrae is, verhoed die openlike uitspraak en konfrontasie. Na ete word die normale plaas rotienes streng nagekom. Daarna word ‘n solo vlug na die geheimnisse en stiltes van die berg onderneem. ‘n Gedoemde poging om soos ‘n mot in ‘n spinnekop web van die werklikheid te ontvlug. Langs ‘n kabbelende stoompie word die rugsak afgesaal. Dit is oorlaai met allerlei gunstelinge – pannekoek en rooibos tee as pantser teen die koue. Moeder. Die siel skeur en soutagtig volg die trane die reeds bekende pad oor die wange. Die afgesonderde stuk bosveld word die stille getuienis van hierdie struweling. En die rolprent van die verlede word ten toongestel vir die wydheid van God se genade.

Die begin van die drie musketiere was die bondgenootskap gesluit by die kleuterskooltjie. Oftewel die poniestert meisiekind van leierskap geban was, is sy binne die binnekring van die bendetjie toegelaat. Die vabond wat al die meestersplanne gesmee het, was die kleine Mossie. Die leierskap was sonder enige struweling oorgedra aan Dawid. Dawid wat van jongs af sy toekoms sekuur beplan het en presies sy missie in visier gehou het. Dawid wat wou dokter word. Die trio het tesaam hul kleuterskool graadjies ontvang. Die enigste laerskooltjie op die plattelandse dorp het hul regdeur die laerskool gehuisves. Die vriendskapsketting se skakels het sterk gebly en enige eksterne aanvalle van terggeeste en boelies is deur die saamgesnoerde krag afgemaai. Die jare het aangestap van haasbekkies tot hoërskool dae. Mossie het maar Mossie die vabond gebly. Dawid het in akademie uitgeblink. Die popniestert meisiekind het deur al die metamorfoses van die lewe tot pragtige langbeen vlinder ontwikkel. Beide van Dawid en Mossie het elk ‘n hartkamer in die poniestert geannekseer.

Dawid en Leandrie – die poniestert meisiekind – is beide na ‘n universiteit toe nadat hul gematrikuleer het. Mossie na twaal jaar lange stryd teen die akademie die vryheid binne die polisie gaan soek. Daarmee was die hegte vriendskapsketting aan die spanning van langafstand vriendsakp onderwerp. Leandrie se volgende metamorfose was na die van sosiale vlinder, alhoewel sy nog ‘n berugte en gerespekteerde atleet en student was. Haar nougesette vriendekringetjie is uitgebrei om al hoe groterwordende getal partytjie-voos studende ook in te sluit. Dit was dus geen verassing dat haar akademie aan die kortste ent begin lei het, as die onderste skakel in die ketting van belangrikheidsorde nie. Mossie en Dawid het aanhoudend die sterkte van hul vriendskapsketting probeer te hou, deur gebeure toe te soldeer, maar die verweringstekens het oral in roeskolle begin uitslaan. Haar akademie het sy wonderbaarlik met die minimum punte geslaag. Van die vriendekring se bedrywe het haar stabiele karakter gebombardeer. Die nagtelike kringe was nie meer kamoefleerbaar deur die aangeplakte grimering nie. Dawid wat in stille afsondering keer op keer sukses van sy harde werk kon pluk het doelwitpale na elke wedloop behaal met vleuende vaandels. Die bekommerniswolk het tot ‘n dreigende konfrontasiestorm wolk gebroei. Maar Dawid het bly uitstel… dit is mos maar die studentelewe – gun haar dit, want die verantwoordelikheid hierna is vir die res van mens se lewe.

‘n Engel moes voorwaar gewaak het, want haar finale eksamen het sy nerfloos, maar wel geslaag. Na gradering het sy haar van enige verdere stude gedistansieër. “Genoeg is genoeg.” Sy besluit om die plattelandse stofpaaie vir die swart riviere van Sodom en Gomorra te verruil. Sy het haar gevestig as liggaamsoefening juffrou in een van die goudstad se vooraanstaande pimoefening juffrou in een van die goudstad se vooraanstaande pimêre skole.

Dawid se gradedag het goudstondig gebreek oor die donker ure van opoffering. Die trio het die geleentheid saamgevier. Die dekmantel van Leandrie se vlinderskap, haar luidrugtige geforseerde lag, die alkohol vergrype se bekommernis was gereduseer tot haar uitbundige vreugde vir Dawid se triomferende sukses.
3 Jaar se sekondes is afgepen deur die ketelvormige horlosie wat bokant die stoof in die plaaskombuis hang. Dawid is nou die enigste geneesheer op die plattelandse dorpie – bekend en bemind. Finansieël stabiel. Enkellopend. Daar is net ‘n muisnessie vir daardie langbeen poniestert nooi. Maar die goue oomblik het nog nie aangebreek nie – sy moet eers na die volgende metamorfose van (hopelike) volwassenheid aan beweeg. En dan weet hy oo nie hoe is Mossie se hartklop met die sake van die hart nie.. Mossie het tot kaptein gevorder. Bekend vir sy kenmerkende platjie geaardheid, maar gerespekteer as gedugte polisieman wat vir niks duit nie. Leandrie, Leandrie steeds die sosiale vlinder - die dekmantel word dikker en groter geweef om die groeiende bedrog te bedek. Die trio het besluit om die drie jaar lange skeiding te verbreek. Die verroeste skakels weer te sweis. ‘n Vakansie van son, see, sand en samesyn sal hopelik die doepa met die regte uitwerking wees. Dawid het reeds by Mossie gearriveer. Na vele ure daag Leandrie nie op nie. Haar selfoon gee net ‘n ongeskikte biep geluid. Teleurstelling spoel brander op brander by Dawid se hartkamers in. Dit oorstroom totdat die sout daarvan in sy oë brand. Die skeidslyn kan nou nie meer verskuif word nie. Die waarheid moet nou kaalkop uit.

Hul besluit om haar te gaan soek – al sou dit ‘n deurnag tog beteken. Die adres lei hul na ‘n groot woonstelblok in ‘n gevaarlike agterbuurt. Die twee paar oë waarin net die onrus wat ‘n ouer kan ondervind skuil, spook by Dawid. Al die besige ure se waarde is nou hier van geen nut. Die vlinderpad van goudstad was na die euwels eie aan hierdie eeu. Daar is ‘n lig wat brand deur die half verflenterde, verbleikte pers blommetjie gordyne. Dan weerklink die stemme. Geswets. Pynkrete. Mossie beveel Dawid om te wag, aangesien sy dienspistool aan hom vagegespe is. Dawid agtervolg hom op ‘n afstand. Die wit deur met die swart aanpaksels staan op ‘n skrefie oop. Daar is niemand in die karige oopplan kombuis en sitkamer nie. Die stemme kan vanuit ‘n kamer op die punt van die gang. Dan skop Dawid ‘n blik om wat in die chaotiese vertrek lê. Eensklaps word die stemme verdof. Mossie storm nader. ‘n Man geklee in sjiek-drag verskyn om die hoek. Sonder enige waarskuwing vuur hy op Mossie. “Pote, pote!” Hulle hardloop terug en vlug by die venster uit. Dawid se murg verlaat sy pype. Die geadrinaleërde bloed sirkuleer deur sy vreesbevange brein. “Dis nie haar fout nie, luister – moet nie vir enigeen die waarheid vertel nie.”, word dit sagkens geprewel. Daamee verloor Mossie sy bewussyn. Dawid ondersoek hom so versigtig as moontlik. Die koeël het sy rug getref. Hy hardloop na die vertrek aan die onderkant van die gang. Die vlinder nooi is nou die engel van die nag. Sy sit met ‘n poeieragtige witpoeier verpak in wit plastiek sak by haar. Genoegdoening is geskrywe op haar gesig. “NEE!NEE!”. “Dink Dawid, dink. “Leandrie word in die kar gedra. Die bewyse van haar dubbele lewe word by die spaarwiel weggesteek. Met bewende vingers bel hy die ambulans. Met die aanhoor van sirene, laat hy moeisaam die hand van sy vriend gaan, nadat hy die pols nog flou voel klop het.

Leandrie word onmiddelik na ‘n kliniek geneem – daar is geen ander uitweg. Haar ouers se gesigte doem beskuldigend voor hom op. Dit sal nie moeilik wees om dit van hulle te weerhou nie- Leandrie het hulle al vir jare afgeskeep. Hulle wis van niks. Maar skuldgevoels neem altyd die hoofweg na mens se gewete wat altyd die grammafoonplaat in die nagtelike ure is, wanneer die slaap se vredekombers mens nie bedek nie. Elke krieseltjie het vasgesit teen die verwytingsknop in mens se keel. ‘n Orgaan wat nie in mediese handboeke te vinde was nie, slegs in die flikkerende wanhoop wat uit die oë gestraal het. “Waarom Leandrie? Waarom?” Die mooieblommetuin waarnatoe jou vlindervlerke jou wou neem was te saai vir die neon bestaan wat jy gevoer het. Die nektar van ware vriendskap het jy verruil vir die hartklop van die nag – die fyn, wit poeier.

Die gedagtes word geskeur van daardie verdoemde dag. Stop mallemeule, stop. Traag word daar opgestaan, die laaste geheue foto van die plek geneem. Die spiere het stram geword van die lank sit op die plat rots. Dit is die Getsemane tuin. Die bospaadjies lei weer tot die hart van die berg in. Die inspanning is goeie medikasie tydelik die herinneringe te verdoof. Daar is net twee plekke vir aandete gedek. As voorgehoedmiddel teen al die pynlike geraamtes wat dreig om hul vashakende grammafoonplaat weer te speel, word twee wit slaappille geneem. Daar is slegs nog twee oor – net ontvlugting vir nog ‘n aand.

Die son nooi die oggend met sy warmgloed by die oopgetrekte gordyne in. Die laaste dag moet in die lewenskoffer ingepak word. Die tas waarvan die klere sorgvuldig gekies moet word – die tas wat nooit mag verslyt nie. Die keelknop het weer geswel aan ontbyttafel. Oogkontak word doelbewus vermy – almal is bang vir die ontblote siele wat daarin gevind mag word. Koeitjies en kalfies – alles om die groot saak te vermy in poging om daardie twee wysers van die klok tot stilstand te ruk of ten minste te vertraag. Elke sekonde word vasgevang in die dag se beplande aktiwiteite – eers die gebruiklike staptog, maar hierdie keer is solidariteit te veel van ‘n risiko teen die geraamtes. Dit is ‘n versekeringspolis teen daardie mallemeule. En die metgesel weet van beter as om die tikkende sekondes te verwyl met die as van gister se uitgebrande hout. Die roete is deur die broccoli oerwoud noord van die vorige dag – deur Dawid se doodsvallei. Piekniek word onder die blaresambreel van ‘n reuse kameeldoringboom gehou. Heerlike driehoek-gesnyde gevulde broodjies. Onthou alles – dit is die laaste. Die tekstuur, die smaak , die peper, mosterd. Die sluiers voor die twee paar oë dig getrek om die onderstromende emosies te beteul. Die bosveld son is besondrd skroeiend vandag. Sonbesies sing hul eentonige lied vir hul bosveld gehoor. Selfs die lied word in die reiskoffer gepak – hul eentonigheid sal beter as hierdie eensame hel wees wat gaan volg. Die staptog eindig met besoek aan die waterpomp en die kragopwekker. Die stilte is nou tasbaar. ‘n Siesta word in die middag geneem. Onder die verfrissende lugversorger en uitputting van die lang staptogin die skroeiende hitte, was die oorskakeling na droomland gemaklik en vinnig. Flitsbeelde van die trio laat die liggaam onrustig van heen en weer rol op die driekwart bed. Dan die klapskoot. Met ‘n ruk word droomland weer deur die werklikheid verplaas. Wat is werklikheid en wat is droom? Yskoue sweet is oral uitgeslaan.

Mossie, Mossie waarom jy? Jy met die vuur in jou are, die polsende lewe uit die dieptes van jou siel? Jy wat als wat jy was, wou wees gekruisig het. Nadat Dawid vir Leandrie by die kliniek besorg het, het hy na die naaste hospitaal waarheen hulle vir Mossie sou neem, geneem. Mossie was in teater. Dit was ‘n uitgerekte operasie – ‘n ewigheid in elke minuut vasgevang. Mossie het gelewe – maar sy toekoms sou sonder die vuur van lewe – die polisie wees. Hy was in onderlyf verlam. Mossie het almal verban – net die stille sout riviertjies was die tekens van sy innerlike sielestryd. Dawid het in oudergewoonte hom die oggend besoek – Mossie het die stilte verbreek. Sy besproete hand het na Dawid s’n gereik. “Kan jy vir my iets doen, Dawid?” “Enige iets, Mossie”, het die antwoord skaam gekom. “Ek wil nie so leef nie. Help my Dawid, jy kan.” Dawid het stomgeslaan opgestaan en hangskouers geloop. Leandre se behandeling was suksesvol en sy het haar boetedoening aan Mossie kom doen. Net die vier mure se ore het daardie dag die woorde gehoor tussen die tweeboesemvriende. Leandrie het die vertrek verlaat, bleek soos die dood.

Dawid is skielik na die hospitaal ontbied – Mossie se toestand het onverklaarbaar versleg. Niks maak sin nie – hy het so goed aangesterk. Maar teen skemer is die hartmasjien se grafiek slegs ‘n dun streep met biep geluid wat die seëls dat nog ‘n lewe sy tydelike tent met ‘n ewige woning verwissel het. Die nadoodse ondersoek toon dat ‘n oormaat dwelms in Mossie se drup beland het.

Daar is geen weg hier uit. Maak vrede – mens se dade is tog die resultate van jou besluite en die gevolge daarvan se juk word tog uiteindelik op jou eie skouers geplaas. ‘n Juk nommerpas vir jou gesny maar waarvan die gewig genadiglik nie deur jouself bepaal word nie. Die laaste avondmaal se stremming is stroewig. Kos word van bakoord na stuurboord op die borde geskuif. Na ete word plat op die rug op die groen grasperk na die hemeldoek gestaar. Die nag is koel na die lang nag se hitte. Ver in die agtergrond luier ‘n kragopwekker en is die polsende musiek van die plaasvolkie vaagweg hoorbaar. Sal die nag omgeslaap word net om die ure verby te kry of moet die wysers vasgehou word sodat more nie hoef aan te breek nie? ‘n Wandeling word onderneem in die koelte van die nag om na die bosveldorkes met padda in sy manelpak te luister. Wat is die woorde van hierdie minnesang vannag? Maar hier in die maanlig dra selfs dit die onheilspellende boodskap van more se vrees uit.

Die klok in die kombuis het twee uur geslaan. Slaappille, die laastes en heerlike verlossende slaap. Die oggend se lang sonstrepe brand dit uit: Vaarwel, vaarwel. Laaste oggend ete. Vrae wat brand om gevra te word, stiltes, oë wat van liefde ten spyte van omstandighede praat. Pak die tas – neem laaste foto’s vir die geheue album. Die uittog gaan skommel, skommel van die hoë bergpaadjie af. Die modder het darem geset en verder is dit beslis nuttig dat dit ‘n 4x4 voertuig is. In die dorp aangekom is betogers met skreiende slagspreuke: “MOORDENAAR” . Mossie se ouers – verwese maar met ontvlamde haat in hul wuiwende, beskuldigende vingers. “Hoe kon jy regter oor ons kind se lewe gespeel het.”

Die hofsaal is stampvol gepak. Joernaliste, kameras, familie met starende, vlammende en haatgevulde oë. Beskuldigend – reeds veroordeel. Stroop die siel nakend van alle dekmantels. Maar dit is die twee paar oë en twee siele wat tussen die mense hul paaie deurkruis en lynreg teenoor mekaar staan. Die eens onskuldige poniestert meisiekind en die beroemde dokter. Dit is ‘n magiese band wat selfs deur die afgelope jare se slytasie onbreekbaar is. Daar is geen wesenlike verskille tussen die getuienisse nie. Die bewyse is tasbaar en verdoemend. Onweerlegbaar.

Die koue staal boeie klik om die natgeswete polse. Die twee pare oë staar nogsteeds na mekaar. Die sekondes van al die mores wat kom vries onsmeltbaar vas. Die polisieman stamp. Die blikke word van mekaar geskeur. Buite iewers in die agterwerf van die erf, kraai ‘n haan drie maal. Dit is paasfees.







 



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

The Road to Eden

deur Rachelle du Bois

Once rich and still beautiful, Eve Vermont’s life was in tatters. She found a job as house manager with the wealthy and powerful Blythe family. She soon realised that the compelling Adam Blythe was determined to uncover the painful secret of her past. She was forced to accept that he wasn’t going to stop until he knew what brought her to Oak Manor but was she prepared to open up and allow him to know her as he intended? Or would she keep hiding from Adam and the world? Adam Blythe found a stylish, beautiful and mysterious woman in his home. As house manager. She was totally unsuitable for the job, and he felt compelled to find out more about her. And as he uncovered the layers of this incredible woman, his love for her grew and he knew he had to keep her at Oak Manor at all costs. But would she stay?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar