Kortverhale

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die see se geruis het 'n rustige uitwerking op Janet Bester waar sy in die son lê en bak. Iewers skreeu daar 'n seemeeu skril en fluit 'n skip in die verte. Die son beweeg nou vinnig oor die berge wolke wat die hemel deurtrek.

Skielik trek sy haar asem diep in, dit voel asof sy tussen die oë geslaan is. In die verte kom 'n man nader gestap. Selfs van hierdie distansie af kan 'n mens reeds sien dat hy buitengewoon lank is en dat hy oor heelwat krag beskik. Haar hart bons wild in haar bors en sy weet dat dit hy is. Terwyl hy grasieus nader beweeg is sy alreeds besig om planne te beraam.

Hy het donker bruin hare en blou oë. Dit is definitief die mooiste oë wat sy nog ooit in haar hele sewe en twintig jaar gesien het, en daardie kragtige liggaam en growwe bou vind sy absoluut onweerstaan¬baar. Hy beweeg stadig verby haar en kyk terloops in haar rigting. Dit voel of sy in die wolke is.

'n Paar tree verder word hy voorgekeer en knoop hy 'n gesprek aan met een van die rykste jongmans in die dorp. Die gesprek duur nie lank nie en toe hy skielik omdraai en in haar rigting kyk voel Janet hoedat al die spiere in haar liggaam lam raak. Sy kry die indruk dat hy haar oë op hom voel brand het en kyk skuldig weg.

Sy, Janet Bester, wil en gaan hom nog in haar nette vasvang. Ondanks sy vyftig jaar wat hy agter die blad het is hy nog steeds een van die mees gesogte mans in die hawedorp. Maar tot dusver kon nog niemand hom in hulle kloue kry nie en sy gaan beslis die eerste wees om dit reg te kry. Die uitdaging is te groot en onweerstaanbaar om nie te aanvaar nie.

Tony Ball is diep ingedagte terwyl hy in die vrou se rigting en kyk, hy kan nie ver¬staan wat nou skielik met hom gebeur het nie want hy kan net nie sy oë van die vrou af wegskeur nie. Sy is so perfek gebou, alles is net waar 'n man dit wil hê en soos hy dit verlang. Nog nooit vantevore het hy so aangetrokke gevoel tot 'n vrou nie, en dit nogal 'n wildvreemde vrou.

Die skril fluit van 'n boot ruk hom terug tot die werklikheid en hy besef dat daar werk op hom wag. Die vrou se beeld bly egter gereeld voor hom opdoem en hy moet hard konsentreer op sy werk. Daardie mooi gladde swart kapsel en donker vel pas goed by haar fyn liggaamsbou. Sy is nou wel 'n bietjie aan die kort kant maar dit is nie die ergste nie. Sover hy kan skat behoort sy donker oë te hê wat heel moontlik heelwat geheime verberg.

Gedurende die volgende paar dae merk hy haar gereeld naby sy kan¬toor op waar sy in die son lê en bak. Hy is besig om sy werk te verwaarloos, veral wanneer sy daar naby is. Dit is uiters irri¬terend dat sy so naby aan hom is maar dat hy nie naby haar kan kom nie. Dit is ook toe dat hy uiteindelik besluit om na haar toe te gaan en haar te vra om een aand saam met hom te gaan eet.


Nie lank daarna nie maak sy weer haar verskyning en hy plak sy pen neer en stap selfversekerd in haar rigting. Janet Bester besef dat die tyd nou aangebreek het en kom met grasieus in 'n sittende posisie, sy merk dat hy mank is in sy linkerbeen. Dit is so onopmerklik dat dit nie maklik opmerk word nie, en dit herinner haar daaraan dat hy ook net 'n mens is. Haar hart begin weer roekeloos rond bons in haar bors.

Tony Ball se bene bewe en hoe nader hy aan haar kom hoe meer ver¬loor hy sy selfvertroue. Toe hy eindelik langs haar wil gaan sit val hy oor sy voete en eindig met sy gesig in die sand op. Sy bars uit van die lag en in die proses verloor sy alle selfbeheer, of eerder die bietjie wat sy nog oor gehad het. Nou weet sy verseker dat hy net 'n mens is en nie 'n super wese nie.

Hy voel soos 'n groot aap en wil homself net uit die voete uit maak toe haar soet, sagte stem hom terug roep. Ongemaklik en verbouereerd vee hy die sand wat nog aan sy gesig kleef met 'n sakdoek af. Haar oë vonkel van ondeund¬heid en hy voel sommer dadelik weer op sy gemak.

"Sit gerus meneer Ball."

Dan weet sy wat sy naam is, sy behoort dit tog seker te weet want die hele hawe en sy inwoners ken vir Tony Ball. Die gedagte word uitgedoof toe hy skielik in daardie mooi donker oë van haar kyk. Dit is net soos wat hy hom dit voor¬gestel het. Donker en vol geheime.

"Dankie, ek..", stamel hy ongemaklik en hy voel skuldig dat hy nie in staat is om homself te beheer nie. In die verte fluit nog 'n boot en hy wil net opspring om die radio te gaan beantwoord maar bedink hom en bly sit waar hy is. Hy kan die geleentheid laat verby gaan nie.

"Dit is 'n heerlike dag vandag meneer Ball. Dit is jammer dat jy al jou tyd moet deurbring in daardie bedompige kantoortjie van jou."

Hy merk dadelik dat sy nie sommer enige meisie is nie en hy skat haar ongeveer so vyf en twintig jaar oud. Hy weet nie wat om te sê nie, dit voel asof hy sy tong in¬gesluk het. Haar glimlag skok hom weer terug tot die werklikheid en hy skuif ongemaklik rond.

"Kan ek u help meneer Ball?" Iewers in die verte skreeu 'n seemeeu en hy skrik hom lam toe sy haar hand liggies op syne plaas.

"Ja, uhm....", hy weet nie eers wie sy is of waar sy vandaan kom nie.

"Janet. Janet Bester is die naam.", stel sy haarself bekend. Die arme man is heeltemal verward en weet nie wat om te doen nie.

Haar hand het nou verskuif vanaf syne tot op sy bobeen en sonder om te dink neem hy dit in syne en druk dit liggies. 'n Ligte blos verskyn op haar wange en hy los haar, baie teen sy sin.

"Ek is jammer juffrou, ek wou nie voor op die wa wees nie."

"Alles in die haak Tony, noem my maar gerus Janet."

"Ek, wel ek wil nie te opdringerig wees nie maar ek wil jou vra of jy nie dalk vanaand saam met my sal gaan eet nie."


Die volgende paar weke het hulle gereeld uitgegaan, die meeste van die tyd het hulle na die teater toe gegaan. Hoewel hulle mekaar nou reeds redelik goed ken is daar nog heelwat wat hy nie van die geheimsinnige vrou weet nie. Hy weet nie waar sy vandaan kom nie of wat sy doen vir 'n lewe nie.

Dinge het goed gegaan tot sy eendag nie meer haar verskyning gemaak het nie.

Vir Tony het dit feitlik onmoontlik geraak om sonder haar klaar te kom en hy besef nou eers wat sy werklik vir hom beteken. Hy sal enige iets doen om net naby haar te kan wees vir die res van sy lewe.

Gedurige gedagtes aan haar laat hom sukkel om op sy werk te konsentreer en hy maak onnodige foute, foute wat hom duur te staan kan kom. Die tyd sleep stadig verby.

Dit is nou al 'n week en daar is nog geen teken van haar nie en dit maak hom mal, Hy kan nog steeds nie verstaan dat dit moontlik is dat 'n onbekende vrou uit die niet verskyn en hom holderste bolder kom oorrompel nie. Het sy net kat en muis met hom gespeel? Toe hy die oggend¬blad sonder enige belangstelling deur lees val sy oog skielik op 'n versteekte beriggie. Wat eintlik sy aandag getrek het is die naam. Dit was Janet Bester.

Daarin lees hy dat die ryk Annie Bester, wat sy vader se hart gebreek het, haar moeder is en dat sy skielik oorlede is. Is dit nou toe¬val dat hulle ma en dogter is of is dit werklike liefde wat veroorsaak het dat hulle in dieselfde slagyster as hulle ouers getrap het. Dan is dit ook seker hoekom sy nooit oor haarself of haar herkoms wou uitbrei nie. Heel moontlik was dit haar ma wat haar van hom af weg gehou het.

Was sy dalk bang dat dieselfde met haar dogter sou gebeur as wat met haar gebeur het.

Die vrae en onsekerheid is nou soveel dat hy glad nie meer op sy werk kan konsentreer nie en hy is geforseer om verlof te neem. Miskien sal dit hom goed doen om vir 'n rukkie weg te kom. Maar voordat hy egter kon wegkom maak sy skielik weer haar verskyning.

"My liewe Tony vergewe my tog dat ek niks van my laat hoor het nie.", is haar eerste woorde aan hom. Sy sien daar besonder goed uit en hy merk dat sy nie veel trane oor haar moeder gestort het nie want sy is skaars twee uur gelede begrawe en hier loop sy reeds weer met 'n glimlag rond. Of is dit nou miskien maar net sy verbeelding wat weer op loop is.

"Ek is jammer oor jou moeder se skielike dood. Dit moes seker 'n groot skok vir jou gewees het.", hoor hy die woorde uit sy mond uit kom.

"Ja, my moeder se afsterwe was 'n groot skok vir my gewees en dit het my geforseer om tydelik 'n breek te vat van alles en almal. Maar daar is 'n ander pro¬bleem wat my pla en waarna ek eers moet omsien."

Ek het dit geweet, flits dit deur sy brein, dit was toe nie toeval nie maar tog het hy en sy vader slagoffers geword van die onmenslik¬heid van die rykes. Hulle is so aan geld geheg dat hulle selfs hulle eie lewens sal opoffer daarvoor. 'n Koue hand gryp hom aan sy warm hart en wurg alle meegevoel daaruit.

"Ek is nou met verlof, kom daar na my plek toe dan eet ons 'n heer¬like gereg wat ek voorberei het saam.", sy brein is nou in die hoogste versnelling en hy kan nie glo dat hy in staat is om so te voel nie. Terwyl hy sy kantoor sluit trippel Janet ongemaklik rond asof sy nie weet wat sy moet doen nie.

Die son skyn helderder vanoggend en daar is 'n greintjie hoop op die horison.

Terwyl hy in die dorp se enigste restaurant 'n goedkoop toebroodjie nuttig hoor hy Janet se naam in 'n gesprek by die tafel agter hom. Tony spits sy ore en luister in op die gesprek tussen twee ou vrouens wat skinder oor alles en nog wat. Haar arme ma het skaars die wrede aarde verlaat of sy is reeds onder bespreking.

"Siestog, arme meisie. Net soos haar ma verkeer sy nou tussen twee vure. Sy moet kies, haar geld of haar liefde.", sê die een ou vrou aan haar vet vriendin.

Ek was dus reg gewees flits dit deur Tony se gedagtes.

"Ja, was ek in haar skoene het ek maar eerder die geld gelos en my geliefde gekies.", antwoord haar maer vriendin weer op haar beurt.

Dan het sy tog die geld gekies bo haar enigste liefde, as wat sy gesê het waar was.

Verdrietig en teleurgesteld verlaat Tony Ball die kafee en beland amper voor 'n motor. Die bestuurder skreeu 'n paar kras woorde aan hom maar hy steur hom nie daaraan nie. Sy lewe is vernietig deur 'n geld¬gierige vrou, al daardie mooi lugkastele wat hulle saam gebou het, het tot 'n val gekom.


Die dae sloer stadig verby, net om te verander in weke en dan weer in maande. Na haar moeder se dood en haar besoek aan Tony het Janet Bester skielik verdwyn, sonder 'n woord. Die verdriet en eensaamheid het Tony Ball verander in 'n seniele ou man vir wie die einde ook nie wil aanbreek nie. Hy groet nie meer die mense om hom nie en is baie kortaf.

Dit is nou al ses maande later en dit lyk net of hy nooit weer iets sal hoor nie, die hoop wat hy eens gehad het, het nou heeltemal verkrummel. Ongeduldig betaal hy vir die koerant by die stalletjie toe die koerantverkoper versigtig vir hom wys om na die volgende bladsy te blaai. Hy is so opgewonde dat Tony maar gehoor gee.

Toe hy die berig sien is dit asof sy hart gaan staan, dit kan nie waar wees nie. Asseblief laat dit waar wees mompel hy aan homself. Laat die nagmerrie asseblief tog nou ten einde kom.

"JANET BESTER TERUG OM BESIGHEID REG TE RUK", lui die opskrif in die koerant.

'n Skielike geraas agter Tony ruk hom terug na die werklikheid, dan hoor hy die geroep na hom. Die pragtige stem kan nie gemis word nie, dit behoort net aan een persoon, sy geliefde!

Toe Tony omdraai hardloop Janet hom amper onderstebo en gryp hom styf vas. Die skare wat saam drom begin spontaan te sing...

Die hawemeester het nog 'n skip veilig tuis gebring!

08/02/2015 © C. du Plessis



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Hawemeester
Mooi liefdesverhaal hierdie :)
4 jaar 10 maande 1 week 3 ure oud


hawemeester
Baie dankie vir jou pragtige bydrae tot die Liefdes projek
4 jaar 10 maande 1 week 2 dae 5 ure oud


hawemeester
Lekker gelees en jy bind die leser deurentyd. Goed saamgevat.
4 jaar 10 maande 1 week 2 dae 12 ure oud


hawemeester
Casper jou ou doring goeie verhaal
4 jaar 10 maande 1 week 2 dae 17 ure oud



Voedsel vir die Siel

deur Snuffelgids

Hierdie digbundel is Voedsel vir die Siel. Dit bevat elke emosie se leemtes en na die lees voed dit jou tot in die dieptes van jou siel. Geen emosionele leemtes sal ooit weer kop uit steek nie.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar