Kortverhale

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Nog nege werksure het uit die uurglas gesyfer.  Onherroeplik het elke goue korreltjie deur die dun middeltjie gegly na ‘n begraafplaas van geleenthede wat soms onmerkbare skimme was.Die vooruitsigte is vinnige maaltyd gekook en dan die koestering van ‘n paar uur samesyn voordat die uurglas vir die volgende dag se sand omgedraai word.  Die deksel van die engele-agtige posbus word gelig.  Tussen al die briewe met al die stempels van dokters en ander skuldeisers is ‘n vreemde verskynsel:  ‘n goue koevert met pragtige sierskrif.  Dit moet beslis kersfees wense van die amper vergete famielielid wees.  Elkeen tog toegewikkel in sy eie jas van belangrikheid, tyd en baie min van die welwillendheid gespaar vir die res van die droë jaar.

In die koelte van die sitkamer word die koeverte op ‘n tafel geplaas en die voete uiteindelik bevry van die spykerhakke.  Die paar minute voor die ete aangepak gaan word, word rustig ingedrink terwyl die siel met musiek bevry word van eng gedagtes wat deur die dag kon nes geskop het. Dan word die koevert opgeneem – die goue een met die onbekende handskrif.
“Kom deel in die fees van al die getroues hierdie Kersdag.  Moenie bekommerd wees oor kleredrag – kom soos jy is, dit sal verskaf word spesiaal vir jou berei.  Verseker dat familie en vriende herinner word aan die geleentheid.  Wees nie bekommerd oor die uur van Vader Tyd wanneer die dag aanbreek.”

Vreemd en eiesoortig voorwaar.  Vinnig word die dae deur skuinstrepe op die almanak vervang.  Die daeraad lyk besonders die oggend van kersdag.  Almal is bymekaar alhoewel met ‘n vraagteken op die voorkop.  Die atmosfeer is swanger van afwagting.

Die deur tussen die twee ewige wêrelde is eensklaps voor ons.  Kaartjies word gekontroleer om te bepaal wie die uitnodiging ernstig benader het en sy kaartjie bewaar het. Genade is bo-oor ons kaartjies gestempel toe ons die deur binnegaan.  Hier kry ons ons beloofde feesklere:  Dit is ‘n Josefskleed!  Hmm – almal moet dus witbroodjies wees hierbinne. Dit is soos dit in die geestesoog was: helder met fluweel, satyn en ander kosbare, duursame materiaal.  Eensklaps verander die hele toneel:  Stof, roet, rook en swart riviere van Babillon verdwyn om vir die Stad van suiwer goud plek te maak.  Die ewige Eden.  ‘n Massiewe deur word geopen en sprakeloos stomgeslaan - daar bykans geen asem oor nie.  Skoene word verwyder. Alles breek in triomf los.  Die kleure splinter in reënboogbane soos van ‘n diamant oor alles.  Die lug gevul met wat selfs die beste aardse parfuum nie kon bereik:  suiwere engele geur.  Die kleure is nog nie eers gedoop.  Die sang….die sang!  Hoe onbeskryflik in alle heerlikheid!  Dit is sag soos water kabbelend oor klippertjies.  Die simfonieorkes is die wydheid van al die diere in ‘n magtige crescendo saamgevoeg.

Daar is ‘n rooi tapyt.  Dan sonder waarskuwing: doodse stilte.  Daar kom ‘n Persoon met hare so wit soos wol.  Kyk die doringkroon van Golgota is verruil vir ‘n koningskroon.  Elke knieg buig. Al die tonge bely:  U is die Heer. ‘n Wit lig wat selfs die kernatome nie kon verskaf nie, x-straal elke hart. 
Met ‘n ruk skrik ek wakker in my sitkamer stoel.  Daar is ‘n goue kaart op my skoot – ‘n seënwens van ‘n familielid.  Ek staan op loop na die Boek van die Lewe.  Die name staan daarin.  Almal wat Christus as Koning besing.  Die kaartjies is klaar gepos.  Die keuse of ons gaste wil wees is ons s'n. Maar die tyd is ons eie nie.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Die keskaartjie
Wie soukon dink 'n verhaal kan gekonstrueer word, deur hoofsaaklik van die lydende vorm gebruik te maak. Deur nie die hoofkarakter te benoem nie, het jy dit juis universeel gemaak. jou kleurryke taal is asemrowend mooi en beeldend. Briljant geskryf! Baie geluk!
6 jaar 11 maande 1 week 6 dae 12 ure oud



Weerloos

deur Maangodin

Eroties Afrikaans - sodat ons in ons eie taal geprikkel kan word.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar