Kortverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende



Die oomblik is te groot vir haar en sy bars uit in trane. Dis regtig jy, kry sy dit uit tussen diep snikke. Regtig jy. Sy neem haar twee hande en vou dit om sy gesig. En trek hom nader. Hoe het jy geweet waar ek bly, wie was saam in hierdie wegkruipspeletjie? Sê toe, seblief man. Hy lag oopmond en kyk vir haar. Haar naam begin met ʼn M. En dis al wat ek gaan sê. Sien vinger op my lippe.

Hoog bo lag ʼn seemeeu ewe verwaand. En swenk weg tot ver oor die see. Tafelberg se hoed is op en die wind se waai roer die blare net-net. Kom ons gaan drink iets, ek is so dors na die wag en jy seker ook van die ryery. Hy gryp haar hand en trek haar nader en plak ʼn soen op haar neus. As jy wil kan ons eerder vanaand lekker gaan eet. Of is daar ’n ander man wie jou dalk klaar uitgenooi het?

Sy lag uitbundig. Nee, nee....ek sou net TV gekyk het vanaand. Kom ons gaan drink ʼn koeldrank en dan wil ek graag langs die see gaan stap. Dit is as jy nie omgee om langs my gesien te word nie. Hy gaan staan voor haar, kyk stip, met jou stap ek enige plek. Met jou hand in myne. En hy lag, dis te sê, as jy wil. Ondeund trek hy haar nader en vir ʼn oomblik is die wêreld net vergete. Dis ʼn soen wat die aarde laat bewe. Sy maak keel skoon, trek haar klere reg en stap vooruit. Kom, ek is dors, kom koop vir my ʼn koue vrugte sap.

Die geselskap vloei, dis ongelooflik dat die gesels net aangaan waar hulle laas opgehou het. Woorde op ʼn rekenaarskerm wat altyd net klankloos was. Nou lewe alles. Daar is klank en daar is betekenis en daar is HY. Sy voel ʼn blos wat oor haar sprei met gedagtes wat sy nie kan of wil keer nie. Haar hele lyf gloei.

Kom ons gaan maak voete nat, terg sy hom. Of is jy bang vir ons koue water? Dis net Blouberg. Hy spring op, gryp haar hand en gooi ʼn twintig rand fooi neer op die tafel. Hy is vir geen oomblik spyt hy het daardie duur vlug op die ingewing van die oomblik gemaak nie. Die kredietkaart se balans het beslis ʼn duik weg maar dis môre se probleem. Hierdie vrou is mos goud.

Kaalvoet stap hulle op die warm sand. Haar lag word ʼn klokkespel en sy dans voor hom deur die vlak waters. Branderplank ryers durf branders aan, geklee vir die oomblik. Die son skuif laer en die goudoranje horison raam die blye oomblik.

Hy kyk op sy horlosie. Dit raak laat en hy raak honger. Hy het ʼn dubbel kamer bespreek maar hy het nog nie die moed gehad om te vra om sy die aand sal oorbly nie. Die hotel lê by die see en sy kan haar kar binne parkeer.

Troetels, ek wil jou iets vra maar as jy nie kans sien sal ek dit ook verstaan. Sien jy daardie hotel, dis waar ekke bly vir die naweek. Ek het gehoop dat...sy storm hom onderstebo dat hy in die water val. Ja ja ja...ek wil die aand by jou deurbring. Ek sal my mooi gedra Willempie. Ek belowe. Kom laat ons gaan, my maag skree. Ek het vanoggend laas geëet.

Gelukkig het hy darem ʼn handdoek wat hy saam gebring het om op te sit. Kom ek droog jou af en dan kan ons met my motor ry. Toe maak vinnig. Jy mors kosbare sekondes. Met groot treë vat hulle die kortste pad tot by haar kar. Troetels, jy ken jou kar en jy weet waarheen. Ek het die sekuriteitskaartjie by my sodat jy binne kan parkeer.

Hy rus sy hand op haar been, hy verkyk hom aan hierdie eenvoudige beeldskone vrou. Sy hartklop vinniger as ʼn resiesperd op spoed as hy voel hoe haar hand op syne rus.

Sommer gou is hulle tuis en hy spring uit en maak die deur aan haar kant oop. Dankie my prins sê sy en buig diep voor hom. Ek sluit net my motor en dan kan ons ingaan. Ek het niks saam gebring vir die oorslaap nie maar ek glo nie ek het enige iets nodig behalwe myself nie.

Die hysbak is leeg en soos blits is hulle op die boonste vloer. Dit moes jou ʼn fortuin gekos het meneer. En waar kry jy al die geld mmm. Moet jou nie kommer nie Troetels, dis môre se probleem. Sy soen hom weer terwyl hulle stap na kamer nommer 7. Binne is dit ruim en splinternuut. Sy storm na die balkon en sien die prag van die see wat onder in die laaste son verdrink. Willem, kom hier, kom staan hier langs my en kom soen hierdie vrou wat oorloop van geluk. Hy neem haar sag in sy arms, die soene innig en weet net hierdie aand is dit hulle aand.

Hy kyk vir haar, en sy kyk vir hom. Dis in die lug. Dis liefde wat hang tussen gister en nou. En sy weet sy begeer daardie lyf wat nog see-nat aan sy lyf kleef. Ek is honger vir begin hy. Sy val hom skerp in die rede. Ek dink ons gaan eers ons ete maal geniet. Sy stap nader en trek sy nat T-hemp met een beweging uit. Dan gryp hy haar bloes en knoop dit so vinnig as wat sy dom vingers hom toelaat oop. Asof die wind waai spat klere in alle rigtings en die rusbank word die naaste bed.

Twee lywe wat mekaar vir die eerste maal ontmoet word met soene bedek. Tonge wat honger mekaar vir ʼn tweegeveg uitdaag. Lippe word ruspers en vingers kry voete om liggame te verken. Dit bly neem en gee en gee en neem. Liefde word ʼn passie wat koorsagtig die wenpaal soek. En met twee mense wat soveel om gee en weet dis wat hulle begeer, word twee gedagtes net een en die mikpunt om die klimaks van die oomblik saam te ervaar. Uitgeput klou hulle aan mekaar, nie een wil los nie. Ware liefde het vanaand sy plek gevind in twee harte.

Is jy honger Troetels, ons kan gaan uiteet as jy so voel. Willem, my Willem. Al waarvoor ek honger is, is vir jou my engel. Ons kan later eet.

© Werner Die WoordSkilder – 20 November 2015



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

die koevert
lekker stomende en romantiese verhaal .. lekker gelees
3 jaar 10 maande 4 weke 14 ure oud



Tong in die kies

deur Delene de Wet

My menswees: my blydskap, humor, nostalgie, ironie, walging en poppies uit pram gooi, en ja, natuurlik ook vuurwarm liefde in die vorm van kortverhale, gedigte, monoloë en briewe. Die boek is 'n gesprek met jou, die leser, want op die einde van die dag is ons eintlik almal besig met dieselfde avontuur in die soeke na oorlewing.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar