Kortverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die heerser staan en bewonder sy koninkryk van die top-punt van ʼn hoë berg. Hy was die koning oor alles wat hy aanskou het, en nog baie, baie meer. ʼn Magtige ryk. Sy koninkryk was wyd versprei; die magtigste koninkryk in die ondekte aarde.

En dit wat reeds ondek was, was volgens sy adviseurs, bykans die hele wêreld. ʼn Groot uitspansel van land en see. Trots en tevrede tuur die heerser oor sy ryk van sy uitkykpunt daar bo. Hy was die magtigste heerser in die wêreld. Dit was weliswaar asof hy die heerser van die ganse wêreld was.

Maar dit was nie die geval nie. Daar was ander heersers en koninkryke in die wêreld; party was bekend aan hom, maar ander was nie. Ver oor die oseaane het lande gelê waarvan hy sy adviseurs niks geweet het nie. Magtige koninkryke en beskawings het floreer in ander dele van die wêreld, en daar was geen kontak tussen hulle nie, want die wêreld was veel groter as wat hulle ooit kon besef.

In die realiteit was hy nie die koning van die magtigste ryk ter aarde nie, maar net een van vele. Sy koninkryk was nietig net soos hy self, en die konings van die aarde en hulle ryke sou kom en gaan. En nie een van hulle het ooit regtig oor die aarde geheers nie.

Maar eendag sou n magitge heerser kom, en al die koninkryke en volke vereenig. Hy sal oorwin en heers met die magtigste wapen van alles; liefde. En hy sal die eerste ware Koning van die wêreld wees…



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Jesus, die Doper met die Gees

deur Christo Nel

In die taal en idioom van Afrikaanssprekende mense neem Christo gelowiges na die sowat 319 verse in die Bybel waarin daar direk na die Heilige Gees verwys word.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar