Kortverhale

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

“Sal die dame wat die ryker, en die heer wat die kousband gevang het asseblief in die middel van die dansvloer bymekaarkom?” hoor ek die afkondiging.
Ek sidder oombliklik toe ek besef wat die tradisie lui. Die pragtige, unieke ryker lê skuins voor my op die tafel, ‘n enkele konings protea gering met ‘n ry pienk rose reg rondom. Ek loer onderlangs daarna en verwens myself omdat ek dit gevang het.
My oë agtervolg ‘n aantreklike man wat stap tot in die middel van die dansvloer en daar saam met die seremonie meester angstig wag. Ek ken hom dadelik uit aan sy silwer das as deel van die bruidsgevolg. Hy is die strooijonker.
Ek loer huiwerig na Dieter, my goeie vriend wie ek vergesel vir die troue. Hy staar onseker en beskermend na my. ‘n Paar hande klap onmiddellik toe ek opstaan. Ek trek my blompatroon rokkie reg en begin om in die rigting van hulle te stap met almal se brandende oë op my. Dit voel soos ‘n ewigheid, maar ek bereik die middelpunt en gaan staan onseker langs die seremonie meester. My hart mis ‘n klop toe ek vir die strooijonker kyk en hy selfversekerd terug na my staar met ‘n glimlag. Sy aanloklike gelaatstrekke het ‘n natuurlike reaksie op my, ek sluk ongemaklik en my binneste raak warm.
“Ons stel aan julle voor...” die seremonie meester hou die mikrofoon voor my mond. Niemand by die troue ken my nie, omdat ek slegs ‘n metgesel is. Ek herken ook nie meeste van die mense nie, dus besluit ek om ‘n sport te wees indien hierdie pragtige man die kousband om my been moet sit.
Met ‘n giggel sê ek my naam in die mikrofoon. My stem klink skaam en bewerig van die senuwees.
“Desiré,” herhaal die seremonie meester en gaan voort; “Almal ken dan natuurlik vir Ruhandré,” hy wys met ‘n vermaaklike buiging na die man wat langs my staan. My hart mis weer ‘n klop. Ek hoor myself sy naam dromerig agterna noem in my gedagtes.
“Sal julle asseblief die gaste vermaak met ‘n dans?”
Riana Nel se pragtige stem vul die markies tent en ek voel verlig. Daar is geen omdraai kans toe Ruhandré my hand in syne neem nie. Die vingerpunte van sy ander hand gly verleidelik, maar met respek oor my arm tot op my skouer waar sy hand ‘n oomblik rus. Dit gly verder afwaarts tot op my lae rug, waar dit stop. Hierdie héér slaan my asem weg. Ek staan sprakeloos betowerd in opwagting vir sy volgende beweging.
“Ontspan, jy hoef nie so senuagtig te wees nie. Ek sal nie op jou tone trap nie, ek was in ‘n dansskool,”
“Dis nie dit nie.”
Hy tol my onverwags in die rondte en trek my op tot teen sy bors in amper een beweging. Ek snak na my asem toe ek vir die eerste keer opkyk in sy ysblou oë. Tussendeur die gaste se geklap hoor ek ‘n paar fluite en gille. Ruhandré lag gemaak en ek neem aan dat dit sy van sy familie en vriende moet wees.
“Ek herstel nog van skok dat jy,” ek kyk skaam af, “Dat jy nie die kousband om my been hoef te sit nie.”
Hy lig my gesig met sy duim onder my ken op, dat ek weer in sy deurdringende blou oë staar.
“Soos die tradisie,” hy lag. Dit is aansteeklik en dan hy my tol my nog ‘n slag in die rondte voor hy verder praat, “Ek sou nie omgee om aan jou pragtige been te vat nie, maar ek het amper vir ‘n oomblik gedink dat jy nie met my wil dans nie.”
Ek sou ook nie omgegee het as Ruhandré die kousband aan my been moes sit nie. Ek gee ook glad nie om, om met hom te dans nie.
Dit wil ek natuurlik nie dit aan hom noem nie en sê liewer; “O, nè Cassanova?”
‘n Magiese gevoel van fladderende vlinders vorm in my maag ter selfde tyd wat kuiltjies vorm in sy wange. Hy plaas my hand op sy skouer en sy hand weer op my lae rug. Ons gaan voort om grasieus elke stap rit maties op die maat van die musiek te neem. Dit voel asof ek die beweging van sy lyf so goed ken soos ‘n jare lange getroude paar.
“Beeldskoon, preuts en wat nog?”
“Alles, niks en miskien nog ‘n bietjie meer,” antwoord ek gemaklik met ‘n knip-oog.
Terwyl die wêreld om my en Ruhandré spin en uitdoof, verloor ek nie oogkontak met hom nie. Ek is meegevoer met sy teenwoordigheid wat my aandag vereis. Ek sal hom baie graag beter wil leer ken.
Ons swier oor die dansvloer sonder enige moeite en dan eindig ons die liedjie af met dieselfde draai as waarmee ons begin het. Die gaste klap hande. Ek is spyt dit is verby. Die aand is ook amper om.
Asof hy my gedagtes lees gee hy my ‘n drukkie en fluister in my oor; “Dankie, dit was net so asemrowend soos jy, maar kom ek gaan jou ‘n aanbod aan? Kom ons los dit in die noodlot se hande. As ek jou weer sien en hierdie liedjie speel, belowe ek dat ek met jou sal dans. Maak nie saak waar ons is nie, elke keer.”
“Deal,” het ek gesê met die wete dat Ruhandré my hart gesteel het.

Nie lank daarna nie het ons mekaar raakgeloop in ‘n winkelkompleks waar ek inkopies gedoen het. Ek het hom nie dadelik raakgesien nie.
“Dezi,” het hy uitgeroep en na my gewaai.
Ek was dadelik opgewonde om hom te sien en het stilletjies gehoop dat ons liedjie moet begin speel. Die noodlot was in my guns gewees. Ons al twee het in verwondering na die plafon opgekyk op soek na die luidspreker. Hy het skaam begin lag en dit was aansteeklik.
“Nou ja,” sê hy met ‘n breë glimlag en steek sy hand na my uit om te dans.

© Kopiereg Voorbehou – L Badenhorst



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Die Konneksie
Soos oorle Ouma altyd gesê het as sy aangedaan was en nie geweet het hoe om haar verleentheid te verberg nie: " Oooooo, so pragtig tog!"
5 jaar 4 maande 5 dae 1 uur oud


Konneksie
Ai sommer 'n lekker storie wat my baie vinnig die hoek laat sluk het om end-uit te lees.
5 jaar 4 maande 3 weke 4 dae 18 ure oud


Konneksie
Baie mooi verhaaltjie, ek het lekker gelees hieraan. Kyk net in jou tweede paragraaf moet dit nie "Ek sidder DIE oomblik" moet daar nie 'n die inkom nie? Anders my verskoning asb.
5 jaar 4 maande 3 weke 4 dae 20 ure oud


Konneksie
ag hoe lekker romanties!!! Mooi gepen Zellie ek het heerlik gelees
5 jaar 4 maande 3 weke 5 dae 18 ure oud


Die konneksie
Gelukkige kêrel. Baie mooi storie.
5 jaar 4 maande 3 weke 5 dae 19 ure oud


konneksie
Mooi storie zellie
5 jaar 4 maande 3 weke 5 dae 19 ure oud


Konneksie
Mmmm, die jonge liefde so soet en lekker.
5 jaar 4 maande 3 weke 5 dae 23 ure oud



Grafte op die Berg

deur Johannes de Swart

Prosigma, dagboek van 'n paranoiese skisofreen



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar