Kortverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die Konsentrasiekamp :

Dis die vroeg oggend gehuil van ʼn baba…, die aanhoudende irriterende gekerm…, en gekerm…, wat ʼn mens teen die mure wil uitdryf…, wat my laat wakker skrik …, en vir die volgende twee ure martel en by die dood laat omdraai.. Dink jy ek oordryf...?! Ek oordryf nie..., maar ek word gedwing om te luister...
Die boonste is maar net beeldspraak..., van die werklikheid wat werklik om my aangaan..., nie om jou nie..., maar om my...! Die perfekte lewe van die ander raak my nie..., en net soos ons regeringsamptenare elke dag te sê ...” Hier is geen krisis nie...!” So het baie van julle ook nie ‘n krisis nie..., en kan ook nie een identifiseer nie...
Dit veroorsaak ʼn sekere wroeging in my wat my net wil laat vloek en donder..., maar my mond is toegeplak met die Kruis...!
Ek onthou die dae toe ons slegs ʼn lae draadheining voor die erf gehad het..., om sekere mense uit te hou...! Daai tyd het sekere mense nie die kennis gehad van hoe om oor ʼn..., lae draadheining te spring nie...! Né...! Kom tog net by...!!
Dis lekker om soms net twak te praat..., en vir die wat dit nie vang nie..., vergeet dit maar...!
Die heining was daar om my brakkie binne te hou..., wat alewig oor die pad wou hardloop om vir die teenoorgestelde geslag te gaan hallo sê...
My fiets het elke dag voor in die erf op die gras gelê..., en as ek die more wou skool toe ry..., was dit nog steeds net daar waar ek dit gelos het.
Die wreedste nuus wat ek gehoor het was Haas Das se Nuus Kas..., nie dit wat vandag daar op die nuus is nie.
Daai tyd was dit SA sonder grense..., en jy kon gaan waar jy wil. Vandag is daar net Radio sonder grense..., en die se syne gaan ook seker een van die dae gekaap word.
As ons op die plaas gaan kuier het..., het ek en klein Tsotsi lekker saam kleilat gegooi by die dam..., en lekker sonder moeilikheid saamgespeel. Die werkers op die plaas was ordentlik en menslik behandel..., en die naam rassis was nie ter sprake in ons kringe nie.
Maar ek onthou ook toe die Berlyn muur tussen Oos en Wes Duitsland afgebreek was..., en hoe dit toe stukkie vir stukkie na Suid Afrika verskeep was. Niemand het daarop gelet nie..., want Suid Afrika was mos reeds ʼn Westerse land.
Maar stadig maar seker is die muur herbou..., en vandag is dit al driekwart klaar gebou..., en ʼn mens begin al hoe meer agterkom hoe jou beweegruimte ingeperk word.
Die Engelse het daai tyd vuil gespeel en ons boere-vrouens en kinders in konsentrasiekampe gevange gehou..., misbruik..., verkrag..., en vermoor...!
Vandag het iets nuuts plaasgevind..., en is ʼn kommunistiese stelsel besig om stadig maar seker in te kruip. Die swartes van hierdie land te same met die Noordelike invloei, hou die blanke gevangene in ʼn nuwe konsentrasiekamp. Een wat jy verder nog self moet bou..., en die mure van vrees raak al hoe hoër en hoër.
Jou beweging word jaar vir jaar al hoe meer ingeperk..., en die blankes se getalle word uitgeroei deur immigrasie en moord..., duisende minder elke jaar. Die wêreld skree nie want die gevreesde woord ‘k....r’ en apartheid’ word nie genoem nie. Die kamoeflering is baie goed gedoen..., en aan ons te danke...
Ons het die Egiptenare onder Farao se bevel geword..., en ons bevryding sal ook kom na die tien plae die land getref het. Plaag vir plaag sal hierdie land nog tref..., en net soos die Bybel sê...’ Maak ʼn slaaf die koning van ʼn land..., en die land sal ten gronde gaan...!” so sal dit hier gaan..., soos die res van Afrika...
Gaan soek dit maar..., dit staan daar.., en die bewyse is vandag reeds sigbaar..., dat dit die waarheid is.
Ek was nooit ʼn rassis nie..., en ek wil ook nie een word nie..., maar ek is besig om van die Kruis los te skeur..., soos die spykers uit my voete en hande skeur....
Ek vra vriende en mense om my elke dag...” Kap asseblief nog spykers deur my voete en hande...!” maar hulle lag vir my..., dryf die spot met my...
Ek vrees die dag wanneer ek van die Kruis af val..., en ek nie reeds gesterf het nie.
Die pyn van elke dag..., in die koerant..., en om my...
Was ek maar ‘n klip..., maar ek is net vlees en bloed..., en my vlees en gees is besig om van mekaar te skei.
“ʼn Gevangene het ek geword...
In gevangenisskap is daar baie tyd om te dink..., om te beplan...
Dit is net ʼn kwessie van tyd ..., voor daar iets groots gaan gebeur..., iets..., en as jy ingesteld is daarop..., voel jy dit alreeds..., die trillings op die grond..., in die verte..., ‘n gedreun...
Gaan daar ʼn Moses kom om hierdie land te bevry...?
Die blankes is vandag in ʼn konsentrasiekamp geplaas in sy eie land. Die wat die geld het..., koop hulleself vry van gevangenisskap..., ten koste van ander...! Die res vergaan in armoede en siekte..., maar niemand sien hulle raak nie. Hulle kruip weg in gate ..., onder struike en in agterplase.
Ons ander hou ook maar net aan om te verdra..., draai wang vir wang..., links..., regs...links..., regs..., en klou aan die Kruis vir lewe en dood...
Ons wil nie beweeg nie..., en hang net doodstil aan die Kruis..., want ons wil die onvermydelike nie bespoedig nie..., en gouer afval as wat.....
Dit is goed so..., want was daar nie ʼn Kruis nie..., was daar ook nie vandag ʼn konsentrasiekamp nie....



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Hoor hoor!
8 jaar 8 maande 3 weke 6 dae 11 ure oud



ENGELE EN ROWERS

deur Piet Schoombie

Vier-en-twintig lekker lees kortverhale, sketse en artikels oor uiteenlopende temas en situasies.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar