Kortverhale

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende



Die ou lewe loop ook maar sy eie pad en dis nie noodwendig wat ek of jy of die outjie met sy verskeurde stuk boks , wat met ‘n halwe droee pen bekrap is , sy pleidooi uitskree vir blinde siele om hom , om raak te sien nie .

Nee, menig maal het ek ondervind dat my drome en die realiteit van die lewe in twee verskillende rigtings beweeg. As ek moet dink hoeveel keer ek gesit en planne beraam en elke minuut van my lewe in my naiwiteit beplan het en dan kom die lewe en slaan my vol op die neus dat ek maande later nog sukkel om uit te pluis wat met my gebeur het.

Ek erken ek is ‘n dromer , maar ter versagting moet ek seker se ek droom want dit laat my veilig voel . Die lewe is nie baie gaaf teenoor almal nie en my drome is my Utopia waarin ek kan weg kruip en soms speel soos ‘n lawwe kind wat geen pyne en geen verantwoordelikhede het nie. Maar nou moet ek seker ook in alle eerlikheid erken dat my drome dalk die grootste bron van my ontnugtering met die lewe is .
Realiteit sluip nie op sokkies om jou rond terwyl jy rustig droom nie , realiteit maak jou ook nie saggies wakker met mooi woordjie of ‘n sagte soen op die wang nie. Nee, realiteit is wreed en hy put geweldige genot daaruit om jou met kakafoniese geraas of met deurdringende pyn wakker te maak .En terwyl jy onsamehangend babbel of brullend rond krul , lag hy sadisties in jou gesig .
Maar realiteit is nie net ‘n wrede grap wat jou seer of skrik maak en later sleepvoetend kom om verskoning vra nie , nee realiteit gaan hard en sonder genade voort en sleep jou saam, of jy wil of nie.

Veel later sit jy , nog deurmekaar , verward en soms hartseer en probeer om sin te maak van dit wat met jou gebeur het . As die eerste skokke verdwyn , dan raak jy soms kwaad en jy rol jou moue op en begin woes teen alles en almal om jou te baklei .
En dan , nog veel later le jy hygend en snikkend en spartel en besef , jy het weer verloor . Die ou lewe het maar weereens oorwin.

Keuse was daar nie , toe realiteit jou wreed uit jou staat van beswyming geskud het nie . Dit het gebeur en jy sit met die kneus plekke .
MAAR.
Die LEWE was en is en sal nooit onregverdig wees nie .

Nou het ek die keuse , gaan ek bly le en die lewe vir my en almal om my mislik maak, of gaan ek opstaan , die stof afskud, my seerplekke behandel en LEWE se hand vat en vorentoe beur . Maklik was dit nog nooit , maar deur my rug krom te trek en te midde van woeste winde vorentoe te beur , gaan ek daar kom , waar LEWE beplan het daar waar ek moet wees .
WANT
LEWE los nooit my hand nie
LEWE tel my op as my enkel swig
LEWE beskerm my teen dors , honger en son.
Want LEWE is aan ons gegee.
LEWE IS DIE WOORD EN DIE LIG EN DIE WAARHEID.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

lewe
Jou skrywe gee mens hoop!
Wat het van Janetjie geword?
5 jaar 2 dae oud


Lewe
Ons kan maar LEWE by die naam noem ne? JESUS, die naam bo alle name!!
5 jaar 10 maande 3 weke 5 dae 5 ure oud


leef...
Ek het heerlik gelees aan hierdie skryfstuk, omdat ek kan verband hou met dit. Ek dink almal kan en wat wonderlik is, dit laat jou met hoop agter...
5 jaar 10 maande 3 weke 6 dae 5 ure oud


lewe
En geen beproewing sal vir ons te groot wees as ons slegs Boontoe en vorentoe kyk nie.
5 jaar 10 maande 4 weke 4 ure oud



Gister se Onthou

deur borrels

ek pluk 'n klompie letters van 'n laning woord-bome af dan bou ek 'n vers daarmee die trand daarvan soms bietjie laf maar die woorde van die verse kom diep hier uit my hart dit skets die liefde van die lewe soms met pienk en soms met swart



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar