Kortverhale

Bladsye:
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Vertel my ‘n liefdesverhaal wat nie ‘n gelukkige einde het nie? Skryf ‘n gedig wat nie rym nie. Sing my ‘n lied wat nie oor liefde gaan nie. Nee, want wat is ‘n liefdesverhaal sonder daardie gelukkige einde? Wat is ‘n gedig sonder rym en wat is ‘n liedjie sonder liefde? Wat is my lewe sonder jou?
Dis hoe ek oor jou voel.
Ek het altyd geglo ‘n Ridder lewe net in storieboeke: Aspoestertjie se prins, Skoonlief se Ondier, Sneeuweitjie, die sewe dwergies en die prins. Elkeen anders en uniek. Waar was my Ridder, my prins?
Was hy nog vasgevang in ‘n storieboek?

Vandag skryf ek my eie sprokieverhaal en jy is deel daarvan. Soek jy nie na liefde nie, vind dit jou. Jy het my weer geleer om lief te hê. Die klein dingetjies wat ‘n mens nie altyd onthou nie, dus is dit die klein dingetjies wat my altyd sal bybly. ‘n Sjokolade om my verkoue beter te maak. Rooi rose om my hartseer trane op te droog. Jou glimlag in die oggend voor ons padjies skei en die drukkie wat my voorspoed toewens vir die dag wat voorlê. Vir my is elke dag soos die eerste keer wat ons mekaar ontmoet, omdat ek elke dag weer op jou verlief raak. My hart klop nogsteeds vinniger as my foon lui en ek jou naam sien. Ek tel die dae af tot die naweek, want daar is dit net ons wat belangrik is. Daar voel alles reg en veilig. God het jou vir my geleen en ek sal jou vir altyd koester. Ek skryf vandag vir jou ‘n brief om dankie te sê. Ek wil dankie sê vir jou bystand en geduld in die tye wat ek jou die nodigste gehad het. Jy was altyd daar: dag of nag. Ek wil dankie sê vir die persoon wie jy is. Jy is my beste vriend. Dis jy met wie ek alles eerste wil deel. Ons kan saam lag en saam huil, en as ek mismoedig voel na ‘n lang dag staan jy voor my deur met ‘n glimlag wat alles weer beter maak.
Niks sal my gelukkiger maak om elke oggend langs jou wakker te word nie. Wanneer ek in die middae huis toe kom, wil ek jou gesig sien. Dis net jy wat my weer moed gee vir die res van die week wat wag.
Hierdie brief is ons eie sprokieverhaal want jy is my prins en ek jou prinses. Met soveel herinneringe wat ons al reeds saam opgebou het en met ‘n toekoms wat nog vir ons wag, is jy die ridder wat nog altyd in my drome was.
Ek skryf nie ‘n einde aan die brief nie, want ons storie het nog lank nie ‘n einde nie. Ons het nog so baie mooi dinge om saam te deel. Hoekom nou al ‘n einde skryf aan ons sprokieverhaal?
Weet net dat ek jou lief het en dat my hart nogsteeds aan jou behoort.
‘n Paar jaar van nou as iemand my vra wat die beste besluit was wat ek nog geneem is, sal ek nie huiwer om te antwoord nie. Dit was om my lewe met jou te deel.
Vandag sit ek met trots voor my stukkie papier en skryf ek vir jou my liefdesbrief. Elke woordjie wat ek neerskryf kom uit die diepte van my hart.

Ons verhaal het nie ‘n slot nie, net ‘n begin.

Saam sal ons nog ons sprokieverhaal voltooi en afeindig met ‘n gelukkige einde.

Al my liefde
Cyndi



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Die Liefdesbief
Ek vind jou werkstuk oulik, doll, alhoewel ek dit eerder as Happie wou sien as ’n kortverhaal. Die eerste gedeelte vertel van ’n smagting na die “Prins” en in die tweede gedeelte bevestig jy dat die “Prins” in jou liefdesnet gevang is.

Die een ding wat ek weet van liefde is dat dit ’n swaard is met twee kante, albei skerp. Eenkant is geslyp in die hemel en die ander in die hel. Ek dink ook dat die media en storieboeke en mense verwronge idees uitbeeld oor die liefde. Die nie altyd wat dit voorgestel word nie en ek reken baie van die ander emosies wat ons op die agtergrond skuif wat eintlik ’n groot bydra tot ons lewensgeluk kan maak.

Groete

Chenél
8 jaar 8 maande 3 weke 1 dag 8 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    Toe Snoeks nog Snoekie was

    deur Manie Jackson

    “Toe Snoeks nog Snoekie was” Is ‘n storie wat vertel word deur die klein malteser, Snoekie. eindlik is die storie vertelle my ma , Babs Lourens. Dit is die storie van al haar mense en die ander diere wat op die kleinhoewe net buite Pretoria saam met haar gebly het. Dis werklike gebeure en mense, dit begin ongeveer in 1995 – oor ‘n tydperk van ongeveer 6 jaar, geen fiktiewe karakters nie, net die gebeure uit die jong hondjie se oogpunt.



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar