Kortverhale

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek is helder wakker. Dit is normaal dat ek nie deurmekaar is wanneer ek wakker word nie. Hoekom ek dit egter nou beklemtoon is dit wat my wakker gemaak het. Dit was so werklik dat ek eers moes kyk of ek in die kamer en in my bed is.
Ons Rotsjagters gaan vandag vir die na-week koers vat. Ek het nie ’n bepaalde koers ingedagte nie, want dit is ‘swerwers na-week’ en dit beteken dat elke jagter gaan sy eie koers in en na die na-week sal ons wys sal ons gevind het.
Rotsjagters en Prospekteerders val in dieselfde kategorie. Subjektief is almal maar opsoek na die skat. Die vind van ’n besondere ‘klip’. Gee dit maar ’n naam soos edelsteen, mineraal of element. Ons hou ook ons grawe plekke en ontdek plekke geheim. Die rede is mos duidelik.
Die visie wat my gewek het, was ’n plek, ’n rigting waarin ek nog nooit beweeg het nie en wat ook onbekend aan my is en die haar rysende aanwyser was ’n vrou. Nie ’n gewone vrou nie, maar ’n uitlokkende beeldskone wese omvou deur ’n onnatuurlike, misterieuse wasigheid. En die roep en uitnooi so dringend en magneties dat ek nou vinnig handel om alles gereed te kry vir die rit.

Gepak en alles wat ek sal benodig vir die naweek gelaai, druk ek die bakkie se neus in die rigting wat sy vir my aangedui het en nog duidelik in my geheue vassteek. Ek draai af van die hoofpad en asof ’n magneet my trek, volg ek die kronkelende grondpad en draai af op die minder gebruikte grondpad en ry kilometers en die magneet laat my afdraai op die tweespoor pad en bring my tot stilstand voor ’n hek.
Ondervinding is dat hekke gesluit is met slot en ketting, hierdie een is egter alreeds oopgesluit met die oop slot en ketting wat loshang. Dit is vir my vreemd, maar ek gaan deur en maak die hek weer toe.
Daar is geen teken van spoor, voetpad of weg te sien nie maar die magneet het my vas en ek ry die hoogte voor my uit. Ek hou stil op die rand van die afgrond hier voor my, klim uit en stap vorentoe en my oog dwaal oor die grootte vallei wat vêr onder my uitstrek en ek sien met skok en verbasing daar onder hierdie massiewe ronde vaartuig wat stomend en blasend op pote staan terwyl talle wesens op die grond beweeg, te vêr om mooi uit te ken. Maar wat ek baie duidelik kan uitken is die massiewe gorrelpyp wat rondswaai en groot rotse en gruis uitspoeg en rondswaaiend, dan op die groot hoop uitspoeg en dan ander kleiner hopies maak.
Ek kliek onmiddelik dat die ding besig is om van sy afval materiaal ontslae te raak en het nie baie tyd om te wonder nie, want die magneet trek my en ek merk die skuinste aan my linkerkant wat ek as pad kan gebruik tot daar onder.
Ek klim in en druk die bakkie se neus die skuinste af en vierwiel tot op die gelykte en draai na die tuig se kant toe en van naby verstom ek my aan die grootte van die ding en die hitte en sagte gesuis van enjins en die donderende geraas van die rotse wat by die massiewe gorrel uit kots. Sonder enige huiwering of vrees klim ek uit en merk onmiddelik die wasige beeld van ’n skoonheid wat met haar nousluitende foelieagtige broekpak my nader en ek herken haar as die een in my droom en visioen.
Sy kom staan reg voor my en ek sien haar effe vreemde skone gesig en haar mond gaan effe oop en sy tweet met die soetste melodieuse voëltjie tweet en steek haar vriendelike hand uit en die ander sien ons en hulle kom aangestorm en omsingel en bevoel en bevat en bekyk en betweet my dat my ore gons en die bedwelmde geur van reukwater of lyfgeur wat hulle omhang maak my effe duislig en hulle tel my op en sonder weerstand laat ek begaan en met arms omhoog dra hulle my die roltrap op na hoog bo die voertuig in.
Ek merk geen manlike kreatuur nie en hulle plaas my neer op ’n lêbank en een is dadelik by met ’n glinsterende vlekkelose staal beker met melkerige drankie en terwyl ek sluk verstom ek my aan hulle opgewonde deurmekaar luide voëltjie getweet en dit klink so mooi asof ek in die paradys na die voëlgesang luister en ek duisel en die binneruim begin effe draai en my laaste gevoel ervaring is talle strelende sagte hande en skone gesigte met vladderende lange wimpers oor dimmende ovaal oë teen my wang.
Ek kom by en sien dat ek alleen met my chaparone in die ruimte is en sy bied my ’n appelsapperige drankie aan en die totale leegheid binne my verdwyn stadig en my krag keer terug. En ek kan sien sy weet ek het herstel en ek kom agter aan die heerlike reuk wat my omvou dat ek skoon gewas en begeurd is. Sy steek haar hand uit en lei my uit die roltrap af en ek sien niemand anders nie maar by my bakkie sien ek wel dat daar ’n vrag van die rots opgelaai is.
Sy tree terug en lig haar hand in die ta-ta houding en huiwerig lig ek my hand ook en sy tru-treë sonder om van my weg te draai, al waaiende en die roltrap neem haar tot bo en die deur skuif toe en die masjiene begin hewiger suis en eers net stadig styg die reus en toe die bene ingetrek is blits dit geruisloos weg die hemelruim in sonder om ’n grassie of haartjie op my kop te versteur.
Ek staar niks siende die leeg bloue hemelruim in, soekende en selfs effe verlangende na nog van hierdie blitsige heerlikheid. Ek kyk na die rotse op my bakkie, voel-vat daaraan en vind dit glad nie warm nie en die besondere tekstuur en kleur en samestelling laat my een optel en ek vind dat dit byna geen gewig het nie en duidelik heel porieus is.
Dit is vir my duidelik dat dit die uitgewerkte oorskot is van die branstof wat die tuig gebruik. Ek kan net nie besluit of dit so gevorm word in die verwerkingsproses en of dit uitgebrande brandstof materiaal is nie.
Sonder energie vir verdere prospekteering, besluit ek om huiswaarts te keer. Heel bo-op die kruin, klim ek uit en swaai my kyk terug oor die stortings terrein en my gedagte vliet terug na die ervaring binne die ruim en ek besef sonder erg wat hulle by my kom haal het inruil vir dit wat ek nog nie kan eien nie.
By die sluithek handel ek asof in opdrag van ’n onsigbare, klim uit en sluit die hek met die ketting en slot en ek vertrek terug huis toe. Met die aflaai van die rots is ek weereens verbaas. Dit lyk soos kompakte sterretjies van gekleurde rotsmateriaal en dit is net my gewoonte om met sterk handskoene te werk dat die vlymskerp punte my hande nie flenters sny nie.
Die aflaai in die ligte windjie dryf van die stoffies oor die beton muur en binne minute loer buurvrou met haar nuuskierige blou ogies oor die muur en ek verstaan nie die onmiddelike reaksie binne my wat my haar met ’n soengroet laat omhels en sy terug soen asof daar ’n verhouding tussen ons bestaan en ons twee skaamteloos in mekaar se oë laat kyk nie.
En ek kan sien iets maak dat Ronel niks omgee nie en met die volgende rol van ’n rots adem sy die stoffies wat opstyg diep in wil summier sommer bo-oor die muur klouter om te kom hand bysit. En sy sit haar teë toe ek haar opgeskuifde rok in plek trek en haar wil keer. Maar ekself is maar traag en weet nie hoekom die vrou skielik vir my so aantreklik is nie.

Willie F van Tonder
2012/07/14






Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

DIE MAAN ROTS
Wel, nou dat die aap uit die mou gelaat is kan ek maar net so wel beken dat ek die lugskippie daar na jou kant toe laat koers het want ek deel mos graag met jou! Veral die lekker van oudwordwensigheidjies! So, jy skuld my vir so 'n lekker lekkerkry!
7 jaar 7 maande 1 week 5 dae 22 ure oud


Sneeuwolf
As jy kom kuier, bring van daardie maanrots saam - ek het 'n baie mooi buurvrou!
7 jaar 7 maande 2 weke 3 dae 19 ure oud


maanrots
Maak poeier en gee dit in plek van die renosterhoring. Dalk kan ons die dier van gewisse uitwis red!
7 jaar 7 maande 2 weke 4 dae 17 ure oud


nog
Gee my nog! Stem saam met Ita. Lekker gelees. Groete
7 jaar 7 maande 2 weke 4 dae 23 ure oud


Ita
maanrots
ek het lekker gelees en al hoe nuuskieriger geword...en ek dink jy moet daai rotse in poeiervorm bottel en bemark ...Viagra van die maan hehehehe
7 jaar 7 maande 2 weke 5 dae 15 ure oud


ROTS
En as daar nou fotos van die bewyse by die storie is, wie is ek om te stry oor die waarheid? Weet nou nie wat jy moet maak met daai gewillige buurvrou nie.
7 jaar 7 maande 2 weke 5 dae 21 ure oud


Die Maanrots
Ga ga ga..... alle vrouens het presies dieselfde uitwerking op my! Ek gaan in 'n trans in en dan kan ek glad nie my gedrag verduidelik nie!!! Ek is tog so bly om te sien jy het dieselfde ervaring, want ek het al gedog ek is van "outer space" en ek is getoor en ek sien gesigte en ek is die enigste een op hierdie planeet wat so deur vrouens bedwelm en bedonner word!!!!
Nietemin, jy is veel dapperder as ek om daaroor te praat.... ek het dit nog nooit aan enige mens erken nie. Baie goed gedoen; was so bly om by die einde te kom sodat ek slag kan asemhaal...
7 jaar 7 maande 2 weke 6 dae 9 ure oud


Verrassende slot!!!
Ek wonder
meneer van Tonder
Waar in jou gees
genereer jy al jou storie-idees

(Net die sien van die rotsfoto's laat my sommer digterlik voel!!!)
7 jaar 7 maande 2 weke 6 dae 11 ure oud


Rots
Beslis nie beton nie, veels te lig en te porieus en vreemde elemente in.
7 jaar 7 maande 2 weke 6 dae 16 ure oud


Maanrots
Lekker storie Willie!

Ek's nou lekker nuuskierig oor die klippe wat in die foto's wys -- het nog nooit sulkes gesien nie -- lyk na beton...
7 jaar 7 maande 2 weke 6 dae 16 ure oud


Oppas
maar vir daai misterieuse pragtige gedaantes...
7 jaar 7 maande 2 weke 6 dae 17 ure oud



Lelani

deur Rachelle du Bois

Lelani Botha bestuur die eksklusiewe boetiek op die dorp. Sy is beeldskoon, stylvol en kunstig. Maar sy dra swaar aan ‘n geheim waarvan niemand weet nie. Tot hul botanis buurman Leon Postma haar eendag betrap in ‘n situasie wat sy nie langer kan wegsteek nie. Hy weet nou baie meer as wat enige ander mens van haar weet en sy verkwalik hom daarvoor. Hy het geen reg om te weet nie. Sy is pragtig, vurig en wantrouig. En sy is in Leon Postma se lyf, in sy kop en sy bloed. Hy sal vir haar ʼn brug oor die water bou wat haar na hom toe sal bring. Of so hoop hy. Maar Lelani bied hewig weerstand teen haar groeiende aangetrokkenheid tot Leon. Sal sy toegee aan die man wat soos ʼn koors in haar binneste kom intrek het? Sal sy uiteindelik die brug na hom toe oorsteek?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar