Kortverhale

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Sarel Skoonspruit was nie 'n man van wie jy dít sou verwag nie; selfs tant Kerrie Kekkel was (byna) spraakloos geslaan: "En om te dink dat al sy Bybelvers-vermanings so saam-saam met Dominee se huisbesoeke sommer net windmakery, pure skynheiligheid was!"

Nie dat dié tante self op 'n troontjie van hoogheilig gesetel was nie; nee wat, te veel kere was sy (én haar uithangbates; te meer nog haar doen en late ook) die jongemanne van die dorp se weeklikse warmste lip-aflek-nuus. Jy kén mos van 'n kleindorp se vel(d)brand-aanhitsers, dan nié? Dis die mannetjies wat nog óf te jonk is om te weet presies waar en hoe warm die vuur is, óf die ou glasogige spoegsluk- en-kweelstemme wat alles as die reine waarheid beaam en bevestig; riemstertjies in dopmompelings nog by te las.

Kyk, sy was diskreet (volgens normale? standaarde), maar hóé diskreet kan 'n rooikop nou eintlik op 'n kleindorp tussen te veel gewilliges met net té veel vrywilligers en vrylustiges wees? Ewenwel, ....

"Patat....?"

Hy staan in my kantoor se deur; kyk intens nuuskierig na die haastig-toegeklapte skerm van my skootrekenaar: "Wat maak jy, jong?" Ek vlie orent, vat hom aan die arm en loop hom met smelt-in-die-mond en koeitjie-en-kalfie storietjies die gang af: gmff, 'n ougetroude man word nie maklik gebluf nie en hy rem terug na my lessenaar.

"Wát skryf jy?" en sy grou oë skrefies-kyk na my. Ek trap-trap links en regs; wieg herwaarts en bedink liegstories, maar sy vingerwys is reguit en ongelukkig té waar in woorde: "Jy't dan gesê jy gaan nie...!"

Ja-ja, dit ís so. Maar dit was gister met goeie bedoelings en vandag...; wel, vandag is 'n ander dag en ek is lus vir...

"Jy wil skinder!" beskuldig hy. Ek pruimlip hom en kyk anderpad.

"Dis lelik om te skinder!" My tong kom kinderlik verspottig uit en hy haal sy knipmes stadig uit sy sak.

Ek sug.

Miskien moet ek net 'n bietjie langer oor hierdie lekerrrr sappige storie nadink; miskien net tot... môre?




Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Ai Rina ..... Môre is nou al twee dae terug gewees .....
!Vertel! nou vêrder!

Darem maar 'n *NaNNaS* woord daai, gesetel.

!SPRANKELEND! geskryf soos wat net jy kan.
9 jaar 1 maand 3 weke 2 dae 21 ure oud


Die naam ter ere
Wat van: skryf die sappige stories onder 'n skuilnaam ?
9 jaar 1 maand 3 weke 2 dae 21 ure oud



Buffelshoek se nuwe stasiemeester

deur neels claasen

n Spoorwegroman oor die lewe op die buitestasies in die sestiger en sewentiger jare



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar