Kortverhale

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Deel 20.

“Wat is dit?” fluister sy met ʼn dun stemmetjie om Albertus se aandag te kry, maar dis verniet.
“Albertus my hartedief, waar is jy?” dit voel of iemand ook nou die tyd gaan staan en vermoor het.

Daar is geen beweging in die tuin nie, die nagtelike geluide het ook op die vlug geslaan, alles is pikdonker daar buite, knipoog die sterre ook om te wil sien wat aangaan.

Intussen is Mejuffrou Anna Brouer ook besig met haar eie wraakgedagtes, loop sy soos ʼn verwoede tierwyfie in haar aanhoudingskap rond. Sy soek na ʼn laaste poging om haar wraak op Laura uit te stort.

“Ja Laura, jou flerrie, toe het jy al die tyd daardie dokument waarna ek gesoek het by jou gehad. Jy het nou niks en ek het nou net hierdie verwyt dat ek nie my hande op daardie kosbare papier kon geslaan het nie, toe Tom my daardie papier in die hand gestop het was ek te wraakgierig om enige kennis daarvan te neem. Ja, ek sal graag wil weet wat het op daardie papier gestaan. Al wat ek vaagweg kan onthou is dat dit ʼn aardige fortuin was.”

Omtrent na middernag kom die buite nagtelike geluide weer tot verhaal, daar krik ʼn verdwaalde kriek en hier sing ʼn besie om hul teenwoordigheid aan te kondig, so nou en dan wil die nagtegaal ook iets te kenne gee dat die nag besig is om te herstel. Laura skrik wakker met die besef dat die vaak haar iewers tussen die plofgeluide en nou moes oorval het.

“Albertus my hartedief antwoord my assebli-e-e-e-e-ef, waar is jy?” daar is geen geluid van sy kant af nie. Laura seil soos ʼn slang op haar maag, tot waar hulle twee so onlangs nog gesit het. Sy sien niks, daar en dan besef sy, daardie woorde van die Kaptein.

“Laura as julle twee iets nodig het, my deur staan vir julle oop,” sy bel die Kaptein.
“Kaptein dis ek, Laura. Maak gou Kaptein, daar het iets met Konstabeltjie gebeur!” probeer sy haar stem intoom te hou.
“Ek kom!” sukkel hy om sy broek oor sy bene te kry, die skoenrieme bly ook nie vas nie, ja hoe meer haas hoe minder spoed dink hy so by homself.
Laura maak nog ʼn oproep. “Dirk dis ek, Laura. Dirk ek het jou hulp nodig en maak gou asseblief!” die foon word neergesit nog voordat sy baie of enige iets kon verduidelik het, nou wag sy vir Dirk en die Kaptein.

Binne ʼn jap-trap is Kaptein by Konstabel Van der Plooi se huis en Dirk volg op sy hakke. Dadelik val albei in met, “wat het hier gebeur Laura?”
“Iemand moes op ons geskiet het, kom kyk hier, Kaptein,” al bukkend gaan wys sy waar dit gebeur het.
“Gaan bel jy solank die ambulans Laura, en ondertussen sal ek kyk waar Albertus is. Albertus! Albertus! Kan jy my hoor?” Meteens hoor hulle ʼn kreungeluid, stap hul albei versigtig nader.

“Albertus, dis ek en die Kaptein, wat het hier gebeur, Albertus?”
“Dis ʼn goeie vraag Kaptein, al wat ek kan onthou, is dat Laura vir ons iets moes gaan haal het om te drink, toe is daar ʼn plofslag. Ek spring toe op om skuiling te soek, en hier kry julle twee my nou, Kaptein.”
“Damn Albertus, maar jy bloei. Kom hier in die lig dat ek kan sien,” intussen stop die ambulans ook tot Albertus se redding.

“Albertus, ons weet dat jy nou veilig oppad is na die hospitaal. Dirk, ook maar goed dat jy jou honde hier het. Ek wil saam, kom ons gaan kyk nou of ons iets kan kry wat aanleiding gegee het tot die sluipmoord op jou vriend en my werkskollega,” kom dit van die Kaptein.

“Laura het iets gemompel van die honde.”
“Kaptein kan maar net op Dirk se resultaat wag. Hy werk nie saam met vreemde mense nie,” probeer Albertus die Kaptein kalmeer.
“Ek is nie ʼn vreemdeling nie, Konstabeltjie!” kom dit heel verontwaardig van sy kant af.
“Ek weet Kaptein, maar respekteer die man se siening,” met ʼn swaar gewonde stem.
“Goed, ek verstaan. Ek dink ons kom nou moontlik al hoe nader aan die ontmaskering van hierdie sluipmoordenaar.”

Albertus is in die hospitaal opgeneem vir mediese behandeling. Laura weier om huis toe te gaan, sy slaap in die hospitaal se gange wanneer sy nie langs Albertus se bed mag sit nie.

“Wat gaan aan? Het almal saamgekom om my te begrawe?” so al spotenderwys.
“Goeiemiddag, kom nou Albertus,” ons Dokters kyk mooi na jou.
“Het die geheimsinnige mens die een of ander manier weer die lewe gewerf,” kom dit van Dirk.
“Wel daardie ou het misluk, my hartedief. Dit kos meer as ʼn koeël om jou van die gras af te maak.”
“Wat ook al die verduideliking is, die noodlot het al vallende op my afgekom, en daar was niks wat Laura daaraan kon doen nie,” lê die stem diep in sy borskas vasgeklem.

Albertus sterk baie goed aan, Laura het opgestaan van die stoel af, sy beweeg nader en sit haar arms om sy hals. “Albertus,” het sy in sy oor gefluister, “ek’s lief vir jou en ons gaan dit saam doen. Ons sal kom, en hy sal nie weet wat hom getref het, daardie sluipmoordenaar.”
“Ek weet nie so mooi nie!” met ʼn wil wat amper in die graf beland het.
“Ons gaan van elke oomblik gebruik maak, Albertus. Ons kan wenners wees. Beide van ons,” in haar oë is die blik vlymskerp.
“Ek sal erken dit is ʼn uitlokkende vooruitsig. Dit mag dalk net werk en nie net op grond van die onbeperkte geluk nie.”

Haar dryfveer gekombineer met Albertus se jare lange gesonde verstandhouding met sy mense, hy weet dat hierdie moeilike kombinasie onverbeterlik sal kan werk.
“Ja Albertus, ons twee saam sal dit doen, die bloudruk vir 'n oorwinning is hier.”

“Goed dis ʼn ooreenkoms, my liefling,” probeer hy haar gerusstel.
“En totaal in beheer oor alles, niks anders?”
“Kom nou my, liefling, laat ek net eers weer op my bene kom dan praat ons weer.”
“Ek is jou gehoorsame dienskneg, Albertus,” kom lê sy aan Albertus se boesem.

“Hallo. Ek is hier om jou die goeie nuus te bring.”
“Laat ek hoor, Dirk.”
“Die ou wat sy hande aan jou lewe wou slaan, ek weet waar hy hom skuilhou.”
“Mooi man, mooi so ou vriend,” kom die stem nog nie so mooi by soos voorheen nie.
“Een groot plesier my ou maat,” klop Dirk vir Albertus op die skouer.

Dirk het die boef gekry waar hy hom verskuil, hy gaan saam met die Kaptein om die sluipmoordenaar te arresteer. Na ʼn geruime tyd word Peet van der Linde se Appèl toegestaan.

Konstabel Van der Linde se tyd het aangebreek om voor die hof te verskyn. Dit is bloedig warm en drukkend daarbuite, die son is ook nie veel genadigliker nie. Hier en daar is nuuskierige omstanders. Die hofsaal begin gevul raak met diegene wat betrokke is in die verhoor, asook met die weetgierige besoekers.

Die Hofsitting begin. Daar is nie veel van die dorpsinwoners wat die Hofsitting bywoon nie.

“Almal staan.” het die bevel van die klerk gekom. Almal in die hofsaal het opgestaan, en wag vir die regter om sy sitplek in te neem. Daarop het die jurielede, een vir een, plegtig ingeloop gekom na die jurie bank.

Die hof amptenaar lees die verklaring voor en slaak ʼn sug van verligting, dan oorhandig hy die dossier aan die klerk, waarna die regter ook sy afskrif uit sy boonste vakkie neem.

“Sal die verweerder asseblief opstaan,!" beveel die klerk.
“Meneer Peet van der Linde, sweer jy dat jy net die waarheid as waarheid sal getuig.”
“So help my God,” so probeer hy hom beroep op geregtigheid.
“Watter rede sou jy aanvoer waarom jou vonnis in heroorweging gebring moet word?”

“Vir die eerste keer in my lewe het ek geweet iets is verkeerd. Daardie hunkering, om iets te wil hê, maar nie kon kry nie.”
“Toe wend jy jouself tot, as ek dit so mag implementeer, verraad teen die gereg en weerhouding van waardevolle inligting.”

“Maar ek het geen benul gehad, hoe goed of hoe sleg dit sou wees nie, Edelagbare!” probeer hy op die Regter se gevoel speel.

“Jy het geen berou, geen verskoning aanvaar — ”
“Appèl, Edelagbare!”
“Van die hand gewys.”

“ Net die volle druk op die volgende voorraad verkope! Ek onthou dat ek so opgewonde was oor my prestasie om van hierdie warm opkikkers te kon verkwansel,” in emosielose toonhoogte.

“Vertel so ʼn bietjie hiervan aan die hof.”

“ — Ek kyk elke moontlike koper suspisieus en sorgvuldig deur, my verkope het aanhou styg, dag na dag. Ek het gevoel soos ʼn hero onder al hierdie deursnuifde wit poeier verslaafdes....”

“Was daar dan geen sweempie medelye nie?” val die staatsaanklaer hom in die rede.

“Dalk in ʼn sekere mate. Vir baie jare, was ek 'n jong dwase man, met my eerste beginsels vir onderhandeling. Ek het elke fout wat ek gemaak het op ander se skouers gelaai soos.....” rig hy sy oë na die plafon om te dink hoe kan hy die Regter oortuig van sy foute.

“Ek luister.”

“Ek laat my emosies nie beheer deur ander se besluite nie,” met ʼn dowwe blik in sy oë staar hy na die Regter.
“Is dit al wat jy wil sê, Mnr. Van der Linde?” met ʼn dalende intonasie draai die staatsaanklaer sy pen op die punte van sy vinger rond.

“Ek koop enige een om, ongeag hoe hoog geprys hy ookal is.”

“Is dit al?” gaan sit hy op sy stoel om te probeer hoor wat Peet te sê het.

“Ek het dit gedoen vir elke oomblik se plesier,” leun hy ewe gemaklik terug in die stoel.

“Wow, geen bero-o-o-ou, jy laat my spraakloos, Mnr. Van der Linde,” rol hy sy oë so al in die rondte wat boekdele spreek.

“Maar van al die lesse wat ek geleer het, is die grootste enkele les; om altyd te weet wanneer die tyd daar is om kop uit te trek!”

“Om jou eie bas te réd?” wil hy sy hand op die bank laat ontplof en dan bedink hy homself.

“Ek het geleer nadat dit een van my eerste oortredinge was, en die vonnisoplegging wat op my nek gelê is. My ikon het my op hierdie dag soos ʼn warm patat gelos,” probeer hy kyk of hy dalk sy ikon kan sien.
“Wie is hierdíe ikon, waarvan jy so ewe praat?” met ʼn intonasie in sy stem.

“Ek het nou hierdie warm verbode voorraad, en my ikon het vir my gesê; “ek ken jou nie,” dis al,” verergd trek hy sy skouers op om te probeer sê dis nie my skuld nie.

“Maar wie is hierdíe ikon?”
“Hy was altyd gemaskerd sonder naam.”
“Mmmmm ek sien, gaan voort asseblief.”
“Ek was nie so trots op myself, om nie een stap slimmer te wees as my ikon nie, nou weet ek dit, noudat dit te laat is. En natuurlik my ikon was vinnig genoeg om krediet en lof toe dit dig as my voorraadverkope deur hierdie verslaafdes verorber word,” kom hy so half arrogant voor.

Daar hang ʼn doodse stilte in die hof. Peet van der Linde kyk verbouereed om hom heen vir ʼn bietjie simpatie van die gehoor se kant af. Die gehoor deurboor Peet met hul oë wat so vuurrooi vlam, ten behoewe van al die onskuldige jeug wat nie kennis dra van die gevare van hierdíe gewetenlose boewe se doelstellings en motiewe nie. Peet besluit om sy pleidooi te lewer ter versagting van sy vonnis.

“Ek dink julle kan raai wat die volgende gebeur het. Die eie ego trots val soos 'n rots na benede!” met handgebare beduie hy hoe die rots na benede val.

Nog steeds heers dáárdie doodse stilte in die hof, party mense se bloeddruk is aan die kook, sommige is lankal nie meer lus om te luister na so ʼn gewetenlose boef se pleidooi nie.

“Ek het al my vertroue wat ek opgebou het onder hierdie verstandlose verslaafdes, in my eie selfbegeregtiging van hierdie belegging... hy bedink homself. Ek wil nie sê hoeveel nie, want dit is nog steeds en dit maak my mal wat op daardie dag van verdediging gebeur het!”

“Maar sê vir my; wat van die jeug wat jy so vergiftig het met hiérdie goeters van jou?” kan die staatsaanklaer nie meer sy stem onder beheer hou nie.

“My eie ego was ʼn vrye val, elke dag het ek probeer om myself wys te maak. Ek benodig antwoorde! Wat gebeur nou? Moet ek kop uittrek? Moet ek vashou aan al hierdie vals illusie?” kom hy met ʼn ander invalshoek, hy het gesien dat die vorige pleidooi nie veel vrugte afgewerp het nie.

Peet se Advokaat is spraakloos. Die hofsitting sal môre voortgaan.
“Die Hof verdaag.” Die dorpsbewoners is baie verontrus oor wat hulle vandag in die hof gehoor het.

Laura leun terug in die sagte leerrusbank. Sy betrag die mense op die straat, maar haar gedagtes is elders. Tot nou toe het sy gedink aan haar verhouding met haar kêrel, hoe sou dit sonder hom wees. Sy gaan haal iets om te drink, dan leun sy weer terug in die leerrusbank, beweeg dit stil op en af, wonder sy by haarself of sy miskien, êrens tekort geskiet het. Haar gedagtes is skielik versteur deur die blik van die twee mans in die straat.

Onverwags is daar ʼn klop aan die deur, versteur dit haar gedagtegang. Sy maak die deur op ʼn skrefie oop. Sy’s nie baie lus vir hierdie soort geselskap nie.

“Ja, kan ek help?” nie met ʼn vrolike stemmetjie.

“Ek is hier om jou te vertel dat ek ʼn belangstelling het in iets besonders.”
“Nou, as jou slaaf?”
“As jy my gevolgtrekking wil volg," gly sy oë oor haar beeldskone lyfie.
“Wat!”

“Wel Laura jy moet my nie onderbreek,” die blik in sy oë is nie so vriendelik as wat dit wil voorgee nie.
“Ek is bewus van jou verpligtinge teenoor ʼn kliënt en om vertroulikheid te handhaaf, Mnr.”

“Ek is geïnteresseerd in enige inligting wat verbonde is aan die geval, die verhoor van my ... Sy reg en die polisieloopbaan hou nie verband nie,” probeer hy om in die huis te kom.
“Ek verstaan nie so mooi en ek het geleer om niemand te vertrou nie, Meneer G,” net hoorbaar genoeg dat hy reg moet verstaan, kyk sy hom vreesloos aan.

“Laura, gebasseer op jou goeie werk in die verlede, wil ek nou aan jou ʼn versoek rig vir inligting met betrekking tot die ondersoek wat verband hou met die Meneer L se saak,” pols hy haar om vir hom die inligting te bekom wat hy soek.

“Ek wil ook weet wat jy tot dusver geleer het, Meneer G — “ nog net die oë waar sy dit wil hê.
“Jy weet te veel.”
“Moet my asseblief nie in die rede val nie, my hoë opinie van julle Mnr. G, kan ek dalk verander.”
“Kom nou, Laura,” kom dit met ʼn paaiende stem.

Laura se stem is sag, daar’s ʼn glimlag op haar gesig, maar Mnr. G ken ʼn bedreiging wanneer hy hoor een.

“Met alle respek Mnr. G, sou die insluiting van sodanige inligting — is so verkeerd as, byvoorbeeld, ek is bekend aan enigiemand, die resultate van die ondersoek, dan doen ek dit namens jou,” nog steeds kommerkoel dring haar stem tot diep in sy ore.

“OK, ʼn bedreiging vir ʼn bedreiging,” sy was gereed vir dit.
“Mnr. G, ek is seker jy is bewus daarvan dat enige optrede, om my te beledig, my kêrel nie sal skroom om van die volle regstappe gebruik te maak nie, asook van gekombineerde hulpbronne nie.”
“Ek is van mening jy weet, Laura.”

Mnr. G sweet en veg om homself in toom te hou. “Ek kan dit ondersteun,” maar die uitdrukking op hierdie vrou se gesig is ʼn blik wat hy net een keer vantevore gesien het.

“Mnr. G, jy het ʼn lewe met geen gematigde waardes nie en ek dink jy het lank gelede geleer, om te oorleef al was daar tye wanneer ʼn mens moet onttrek. Ek sal jou aanraai om so gou as moontlik uit die pad van die horings te bly, anders kan ek jou nie help nie,” dring die stem kristalherder tot hom deur.
“Dit blyk dat ons op die rand van ʼn misverstand is, Mej Laura.”
“Ek is bly om dit te hoor, Meneer G,” vou sy haar arms in ʼn triomfantlike houding.

Terug in die Hof, hervat Van der Linde sy verdediging, “wat hét ek besef; dit was nie meer die dae van sukses nie. My ikon het nie omgegee wat ek gedoen het om my verkope op te jaag nie. My werk was nie om geld te maak nie, my werk was om te verkoop!”

Nou gooi Peet al sy troefkaarte van berou op die tafel om die Juries te beïndruk, waar hy so nou en dan na iemand se kant toe loer, om te sien of daar enige reaksie van enige een se kant af sou kom.

“Hierdie leuse; ons is saam met jou in elke dag se stap, deur heel jou lewe. Wanneer ons uitreik vir ʼn aanbeveling, het ons ook die prys bepaal tot díesulkes se eie ondergang.”

Uit die gehoor is daar ʼn stem. “Hy verdien nie om te lewe nie!”

Die hof onaard in chaos.

“Stilte in die hof, stilte in die hof asseblief!
Stilte anders moet jy die hofsaal verlaat!”

Daar’s weer doodse stilte in die Hof, alle oë is nou op Van der Linde gerig.

“Na die koop aanbeveling, jý is die leë dop verslaafde, en ons die monitering van die voorraad te alle tye. As ons voel dit is tyd vir jou om aan te beweeg — sal ons ʼn aanbeveling maak om ons wins op te jaag!”

“Met ander woorde wat jy sê; as jy gereed is, ons ondersteun jou op elke stap van die pad ... “
“Appèl, Edelagbare!” probeer hy die saak red.
“Van die hand gewys.”

“Jy het geen berou, geen verskoning aanvaar — Mnr. Van der Linde!” trek hy sy baadjie se kraag reg met verontwaardiging om te hoor wat hy nie wou hoor nie.

“Geen verdere vrae meer.”
“Staan, die Hof verdaag tot na middagete.

Die dokters het hulle hande vol om vir Albertus in die bed te hou. Hy wil weet wie het sy mes in vir hom of Laura en dit dryf hom tot raserny.

“Albertus, jy word om tienuur ontslaan dan moet jy nog steeds dit rustig vat by die huis.”
“Dokter hoef nie bekommerd te wees nie, ek sal hom in die bed hou,” sê Laura dit met deernis aan die dokter.

Albertus is met siekverlof, hy geniet terdeë al die aandag wat hy van Laura ontvang. Sy het haar voorgeneem om hierdie Stoftrappertjie tot in die afgrond te bederf. So is ou Agie ook die ene belangstelling, is hy nou ook in sy sewende voël hemel om sy baas by die huis te kan hê. Dirk ken sy vriend terdeë, hoe koppig hy kan raak wanneer hy homself nie kan help nie. So kom Dirk en Merie ook gereeld vir hulle kuier om te hoor of Laura alles onder beheer het. Sy hoor die klokkie lui op daardie spesiale kode, maak sy die deur oop. Daar word gegroet met ʼn effense weemoedige stemming. Dirk en Merie weet nie wat om te wagte te wees nie.

“Goeiedag julle twee, kom maak julle gerus tuis hier by Albertus in die kamer. Dit is altyd lekker om julle hier by ons te kan hê. Wil julle iets te drinke hê?”
“Goeiedag Albertus, en hoe gaan dit vandag met julle twee?”
“Dit sal lekker wees, dankie Laura vir jou gasvryheid om ons altyd welkom te laat voel.”
“Dit is ʼn groot plesier, my twee wonderlike vriende Dirk en Merie,” kom dit van Albertus se kant af. Stap die twee vroue kombuis toe om die twee man op hul besonderse manier te bederf. Soos gewoonlik ken tyd nie van stilstaan nie en is die dag altyd te kort om al die gesels op datum te hou.

“Gaan julle twee saam met ons aandete eet?”
“Moenie moeite doen nie Laura,” kom staan sy nader na Laura se kant toe en vat aan haar skouer met ʼn drukkie.
“Nooit sal dit vir my moeite wees vir my twee wonderlike vriende nie.”
“Dankie vir die wonderlike aand saam met julle twee, dan groet ons sommer ook.”
“Goeienag julle twee, ons sien julle binnekort weer.”


Woorde; 44518 is 47944.

Vervolg op; Dan hak hulle tonge vas om die naam reg uit te spreek.

Boek; DIE ONHEILSPELLENDE MAANSVERDUISTERING.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Nagtegaal
Jy is duidelik 'nkenner van hofgebeure. Sjoe.
4 jaar 3 maande 5 dae 15 ure oud


nagtegaal
Lekker gelees Arnold
4 jaar 3 maande 2 weke 6 dae 12 ure oud


Nagtegaal
Mooi geskrywe, en 'n paar nuwe verwikkelinge.
4 jaar 3 maande 2 weke 6 dae 15 ure oud


hof
Arnold jou hofbeskrywings is uitstekend en voel dit of mens in die hofsaal sit
4 jaar 3 maande 2 weke 6 dae 21 ure oud



BLIKeMMER

deur natasha dutton

"...BLIKeMMER is 'n keur van die beste gedigte van dertien opwindende digters wat skryf oor alledaagse dinge: drome en sprokies, verspeelde tyd en vrese, liefde en diepgewortelde smart, donkerdae en kindergeloof, gebede en godloosheid, omgeeflenters en somergeniet, introspeksie en nostalgie, migraine en stilte, genade en worsteling, selfs Lifebuoy en 'n huis in Vergeetstraat. 'n Bundel wat geniet en waardeer sal word deur die letterkundige, die filosoof asook die doodgewone mens op straat. Geniet dit!" (Lynette Beer: Inspirasie Spreker)



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar