Kortverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die koffiekroeg in Langstraat is halfleeg toe ek net na ses-uur daar instap. Behalwe vir ‘n groepie buitelanders wat eenkant in ‘n hoekie sit en gesels, is daar nie veel lewe in die plek nie. Ek is nie juis lus vir die onderhoud wat ek moet voer nie, maar ‘n opdrag bly eenmaal maar ‘n opdrag.

‘n Jongerige kelner kom vinnig na my aangestap-duidelik gretig om ‘n fooitjie te verdien voor die son finaal water se all pay trek. Ek bestel koffie en loer na my selfoon om te sien of ek nie enige miscalls het nie, of selfs enige aanduiding dat die ou wat ek veronderstel is om ‘n onderhoud mee te voer oppad is nie. Ons afspraak was vir ses-uur en daar is nog geen teken dat my bron oppad is nie.

My gedagtes dwaal na vroeër vandag toe ek die vreemde oproep ontvang het.

“Ek het ‘n lekker juicy storie vir jou, indien jy dalk belangstel,” het die stem gesê nog voor hy homself voorgestel het.
“En as jy weet wat nuus is vir jou, sal jy beslis nie die storie deur jou vingers wil laat glip nie.”

Ek’s gewoond aan mense wat gereeld bel en voor wil gee dat hulle die “scoop van die jaar” het wat hulle uit die goedheid van hul diepste wese met my wil deel.

“Ja meneer,” het ek gesê terwyl ek my bes probeer het om geinteresseerd te klink.
“Ek moet ten minste weet waaroor die storie gaan sodat ek dit eers met my nuusredakteur kan bespreek.”

Daar was ‘n geamuseerde laggie aan die ander kant van die telefoonlyn.
“Maar natuurlik,” het die stem tergend geantwoord.
“Sê vir jou baas ek is die Seun van die Mens en het ‘n boodskap wat almal daar buite moet hoor.”

Aah, het ek gedink-alweer ‘n malletjie. Ek was na jare by die koerant al gewoond aan al die vreemde karakters wat van tyd tot tyd met die vreemdste van stories ingebel het. Die een was volgens my dus g’n uitsondering nie.
Met die belofte dat ek hom sal terugskakel, is ek toe na my nuusredakteur se kantoor om hom van die ou se storie te
gaan vertel.

“Ja, ek dink jy moet die ou gaan interview,” het my nuusredakteur laggend gesê.
“Die storie kan dalk lekker uitdraai en ons het hoekal lanklaas ‘n storie oor een of ander malletjie in die koerant gehad.”

So, hier sit ek nou en wag op ‘n ou wat claim om die klong van God te wees, maar duidelik nie ‘n benul van tyd het nie. Hy’s al meer as twintig minute laat vir ons afspraak en my smaaklose koffie is al yskoud.

“Hmmm, soos altyd haat jy dit as mense jou laat wag nê?”

Ek wip van die skrik. Verdomp, ek was so ingedagte dat ek niemand hoor aankom het nie. Die effense donkerte maak dat ek aanvanklik nie die man se gesig kan uitmaak nie.

“Ekskuus?” vra ek in ‘n poging om my ongemaklikheid te verberg.
“You say sorry,but you don’t look sorry-jou pa het mos altyd so gesê nê?”

Ek kan voel hoe my mond van verbasing oopval. Die man lag, trek ‘n stoetjie uit en kom sit dan by die tafeltjie, terwyl hy hom behaaglik uitstrek.

“Jy moet ophou om jou so oor dinge te worry, Barney.
“If you worry you die, if you don’t worry, you also die, so why worry?”

Ek raak yskoud. In die eerste plek het ek in my wildste
drome nie gedink dat ons aanvanklike gesprek sou so uitdraai nie, wat nog van ‘n wildvreemde man wat my met sêgoed van my pa sou bombardeer. Hy’s goed, moet ek erken en dit lyk asof hy ‘n fraudster is wat sy huiswerk bitter goed gedoen het.

“Ek is niemand se fraudster nie,hoor.
“Inteendeel, daar is ‘n paar fraudsters in die wêreld by wie ek beslis ‘n paar tips kan gaan vang,” lag die man, terwyl die vonkel is sy oë begin om die irritasie soos ‘n broeis hen in my wakker te maak.
Die kelner maak weer sy verskynings om ons bestellings te neem. Ek besluit om die keer maar ‘n hot chocolate te vat.

“Ek gaan ‘n Black Label vat, asseblief,” sê die man, terwyl hy vir my knipoog. Die meisie skarrel weer weg om ons bestellings te gaan kry.

“Ja, ek’s lus vir ‘n biertjie weet jy-daar’s niks so lekker om die stof van die dag met ‘n koue enetjie af te sluk nie.
“Dis mos nou vyftien maande dat jy nie meer drink nie nê Barney?”
Ek weet nie wat om te sê nie.
“Maar ek is trots op jou,” gaan die man voort.
“Ek kan egter nie sê ek’s verbaas dat jy finally die drank gelos het nie want ek het altyd geweet dit hou jou terug, hou jou van die mens wat ek altyd geweet het jy kan wees.”

Nou is ek eers ongemaklik. Nie baie weet dat ek die afgelope jaar of wat nie meer drink, of die stryd waardeur ek is om my ewige drankdors vir altyd aan bande te lê nie.

“Uhm, kan ons met die onderhoud begin, asseblief. Daar is nog ‘n ander storie wat ek ook nog in Bellville moet gaan doen.”
Die man skuif sy stoel agteruit en staar vir ‘n wyle na my.

“Weet jy,” sê hy na ‘n ruk.
“Onthou jy daar was eens op ‘n tyd dat jy nie kon lieg nie en dat jou ma net in jou oë kon kyk om uit te vind of jy die waarheid praat of nie.
“En hier kyk jy my nou straight in die oë en praat van ‘n Bellville-storie wat eers more gedoen moet word.”

‘n Ongemaklike stilte daal onder ons en ek is meer as verlig toe die kelnerinnetjie met ons bestellings opdaag. Die man wat ‘n sluk van sy bier en loer dan geinteresserd oor die straat waar twee karwagte oor ‘n R5’tjie stry.

“Aai, dis darem sad hoe meaning-loos die lewe geraak het, Barney.
“By the way, my naam is Jerry en ons kan maar met die onderhoud begin sodra jy reg is.”

Ek krap gretig in my sak vir ‘n notaboekie en ‘n pen. Dit is beslis ‘n onderhoud wat ek so gou as moontlik agter die rug wil kry.

“Wat is jou van Jerry?” vra ek terwyl ek reg sit om die interview so gou as moontlik uit die pad te kry.
Jerry vat ‘n sluk van sy bier en kyk dat stip na my.
“Ek is Jerry Gourd-daai is G-O-U-R-D, spel hy dit vir my.
“My ouderdom is nie tydgebonde nie en vir so lank was wat die hemelruim bestaan, soveel langer al is ek die seun wat vir jou sonde moes sterf, Barney.”

Ek is nie lus vir enige oogkontak nie en kyk maar net na my notaboekie.
“Jy sê jy het ‘n boodskap vir die mensdom, Jerry?”
Jerry leuen vorentoe.
“Ja, ek het want dit is ‘n kerlike feit dat mxit nie die antywoord is nie. So ook nie please call me’s, facebook en you tube nie.
“Die vrae oor waarheen jy en jou drome oppad is, is baie male in die hart wat talle so time and again verhard.”

Ek kan nie help om te lag nie. Nee wraggies, ek is besig om ‘n nutcase uit die boonste rakke te interview.
“Ek dink nie dis is snaaks nie hoor-net so ook soos dit nie snaaks vir jou was toe die onnies altyd op skool jou van plagiaat beskuldig het oor hulle nie kon glo jy foutlose opstelle kan skryf nie.

“As ons anyway klaar is met die onderhoud, gaan jy mos jou status update oor die malletjie wat jou so lekker laat lag het.”

Ek weet nie wat om te sê nie.

“Weet jy wat, die waarheid is dat ek gatvol is,” gaan Jerry voort.

“Soveel oorloë was al in my naam gevoer, soveel drome ter ere van my vergruis.
“Maar die eintlike waarheid is dat ek net graag wou voel hoe dit is om deur jou ge-interview te word.”

Jerry vat nog ‘n sluk van sy Black Label. Vir die eerste keer vat ek die tyd om werklik na hom te kyk.
Hy lyk soos ‘n bergie op ‘n slegte dag by die office: ‘n ou, verweerde jas en kroes hare wat smeek vir relaxer. Hy pas eenvoudig nie by die prentjie van die Jesus portret wat ouma altyd bokant haar grêm uitgestal het nie.

“Weet jy Jerry, selfs al is jy die seun van God soos wat jy claim, fit jy nie die profile nie,” sê ek na ‘n ruk.

Jerry lag en in ‘n oogwink word die onlangse somberheid in sy oë deur ‘n glans van ondeundheid vervang. En vir die eerste keer sien ek hom ongemaklik op sy stoel rondskuif.

“Jy weet tog hoe die ou mense van destyds gesê het ‘ ‘n hond kak hare’ Barney.
“En die vet, ronde neus wat jy sien, is my eie en ek het nog nooit oorweeg om vir ‘n nosejob te gaan nie.”

Jerry skud soos hy lag en ek kan ook nie anders as om die snaagsigheid in die hele affêre te sien nie.

“Hoe mense my sien, is hulle eie interpretasie van hul diepste begeertes. Onthou, ek is verleë vir niemand nie want my ou toppie het ‘n hotel met baie kamers en hoewel ek nie die moonwalk kan doen nie, is ek nogal nie so dangerous soos wat sommige my wou voor uitmaak nie.”

“Maar wat laat jou lag,” glip die vraag uit.
Jerry kyk verras na my.
“Wat laat my lag? Hoekom sal jy nou dit wil weet, Barney?”
Ek trek my skouers op.

“Ek weet nie-ek hoor hoe maklik jy vir alles lag en ek wonder net: as jy is wie jy claim om te wees, moet daar tog humor in jou lewe wees?”

Jerry wink vir die klenerin om vir hom nog ‘n bier te bring. Ek maak sommetjies in my mind want dis nog ‘n week voor paydag en ek sal dié geldjies van die werk moet terug claim.

“Weet jy, Paris Hilton is my all time favourite. Aai daai meisie is glad nie so dom soos wat julle dink nie hoor.
“En ek het altyd ge-likes hoe ou Tiger die gholfbaan sy eie maak-behalwe sy gejollery, hoe sport nasies kon verenig en terselfdertyd teen mekaar opsweep.

“En ek wens ek kon so goed soos Nadal ‘n tennisbal moker, of so vinnig soos Usain Bolt oor die atletiekbaan sweef, of die moonwalk soos ou Migiel kon doen, ‘n klavier soos Beethoven kon bemin, ‘n pragbeeld soos Picasso kon optower...”

Ek kan nie anders as om heimweë in Jerry se stem te bespeur nie. Die vonkel in sy oë is ook nie meer daar nie-so asof dit hom nooit in die amandelbruin oë bevind het nie.

“Hoe gaan dit met die skrywery van jou digbundel?” vra Jerry uit die bloute.
Die vraag vang my onkant. Niemand weet dat ek tans kliphard besig is met planne om my skrywery die lig te laat sien nie. Niemand!
Jerry maak asof hy nie my verbasing opgemerk nie.

“Daai eerste gedig van jou-wat was dit nou weer-‘ die wind en ek’ –ja, dis reg.
“Ek’t dit nogals gelike.”
Ek weet nie wat om te sê nie en haal maar my kamera uit. Jerry hou sy hand omhoog.

“Geen foto’s van my nie, asseblieftoggies. Jy kan mos sien ek is nie juis fotogenies nie,”

“Maar,” probeer ek protesteer.
“Ons doen nie stories sonder foto’s nie.”
“Barney,” sê Jerry terwyl hy my stip aankyk.
“Mens lewe nie sonder foute nie en ‘n foto vertel nie ‘n storie nie- daai’s jou lewe se job.”

Met die woorde staan hy op. Hy’s nogal ‘n kort mannetjie, merk ek vir die eerste keer op. En toe hy sonder ‘n verdere woord uitstap en in die Kaape vroeë-nag verdwyn, kan ek nie anders as om die mank huppel in sy stap op te merk nie.

Ek sug en wys vir die kelnerin om maar die rekening te bring. Ek weet nie of my nuusredakteur nog in die storie belang sal stel nie en ek moet wikkel om die laaste trein na Eersterivier te haal.

Ek wou nog vir Jerry sê dat ek voor ons onderhoud uitgevind het hy was vir jare in die Lentegeur psigiatriese hospitaal, dat die cops kliphard opsoek is na ene Jeremiah wat ‘n paar dae gelede spoorloos verdwyn het, dat die polisie ‘n foto van die Jeremiah na my deurgestuur het, dat...

“If you worry you die, if you don’t worry you also die...” dreunsang egter deur my kop.

So hoekom sal ek worrie, dink ek terwyl ek my sak gryp en die naglug my winterkombersie maak.

Paris of Parys, die foute van die wêreld is so uiteenlopend soos die weë van name en die verkeerde ID foto’s wat somehow daarby pas.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Onderhoud.
Ek salueer jou! Wat 'n great storie! Baie goed geskryf.
8 jaar 6 maande 1 week 4 dae 10 ure oud



Mari

deur Rachelle du Bois

Die pragtige Mari Wolmarans vat haar seuntjie en vlug weg uit ʼn gewelddadige huwelik. Sy is die rykmanslewe gewoond, maar nou is sy sonder heenkome of inkomste. Sy gaan woon by haar broer Thinus waar sy die aantreklike kunstenaar Dewald Bosman ontmoet. Sy is geskok en verward toe hy aanbied om met haar te trou ter wille van die drie-jarige Dirkie. Sy is nie gereed vir ʼn tweede huwelik nie, maar sy neem tog sy huweliksaansoek aan ter wille van haar seun. Dit sal egter slegs in naam wees tot sy anders besluit. Maar sal sy? Sal sy vir Dewald kan liefkry soos hy vir haar? Dewald is betower deur die verruklike Mari. Sy het sy voete onder hom uitgeslaan en sy enigste begeerte is om haar lief te hê as sy vrou. Die oulike Dirkie kruip vinnig in sy hart en hy neem hom voor om vir hom ʼn toekoms te verseker, want hy kan en hy wil. Vir Mari en vir Dirkie. Sal hy daarin slaag om haar hart te wen?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar