Kortverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Dit was 'n egte koue winter oggend, die mis het oor die hele dorp gehang, toe Willemien haar voordeur oop maak, vind sy haar man daar lê, in die koue, koelbloedig vermoor, selfs die bloed wat uit sy wonde geloop het, het gevries van die koue. "Ag nee, wie sou dit aan my man gedoen het" sê sy vir haarself terwyl sy langs die yskoue lyk neersak.

Sy skree kliphard, oom Jan, haar buurman hoor haar en kom dadelik uit sy huis gehardloop. "Wat gaan tog nou aan dogter?" vra hy maar sien eers die lyk toe hy amper by haar is. "Ag nee dogter, wie sou vir André wou vermoor, hy was dan so liefdevolle mens" sê hy toe hy langs haar kom stil staan en haar begin troos.

"Ek...ek weet nie oom, ek kan nie aan iemand dink wat hom sal wil seer maak nie" antwoord sy geskok terug. Oom Jan vat haar toe terug in die huis in, en maak vir haar suiker water vir die skok. "Ek bel dadelik die polisie" sê hy toe hy vir haar die glas in haar hand gee.

Na vyftien minute kom Kroonville se hoof polisie beampte by Willemien en oom Jan aan, toe hy by die voordeur kom, sien hy die lyk van wyle André. "Ag nee, hy was so goeie man gewees" dink Kaptein Vosloo by homself. Hy klop toe aan die deur en oom Jan maak vir hom oop. "Ek is seker Kaptein het die lyk van André hier buite gesien lê?" Vra oom Jan.

"Ja ek het, ek kan nie aan iemand dink wat hom sal wil vermoor nie, hy het geen vyande gehad nie, almal in die gemeenskap was baie lief vir hom, hy sal gemis word." Willemien het gaan lê, om van die aaklige gedoente te vergeet.

"Ek het klaar die regte mense laat ontbied vir die nadoodse ondersoek, hulle is oppad, teen vanaand sal ons alles weet van die moord" begin Kaptein Vosloo weer te gesels. "Baie dankie Kaptein" antwoord oom Jan terug.

Die son skyn al skerp deur en die mis is heeltemal weg, in die klein dorpie Kroonville war hierdie aaklige gedoente afspeel. Willemien kan nie slaap nie, sy rol net die heeltyd heen en weer op haar bed rond. Sy kom toe afgestap na die sitkamer toe, waar oom Jan nogsteeds sit en alles na dink. "Ek gaan nie rus voor die skuldige vasgetrek is nie" sê Willemien toe sy langs oom Jan op die bank gaan sit. Die Kaptein en al die speurders en goed is lankal al weg, besig om die moordenaar van André Pretorius vas te trek.

André was 'n liefdevolle mense, wat baie gedoen het vir sy gemeenskap, veral vir die arm wit mense, maar nou het iemand hom vermoor, dit is 'n groot verlies vir die hele gemeenskap, maar baie baie meer hartseer vir sy vrou, Willemien Pretorius.

Daai aand klop Kaptein Vosloo aan Willemien se voordeur. "Goeie naand mevrou, dit is Kaptein Vosloo, kan ek gou 'n woordjie met u spreek asseblief" roep hy. En Willemien kom toe uitgestap na buite, waar sy staan en gesels met die Kaptein.
"Naand Kaptein, het jy enige nuus vir my oor my man se moordenaar?" Vra sy sommer so met die uitkom slag, sy draai nie doekies om nie, sy wil die waarheid weet, en gereg moet geskied.

"Ja mevrou, dit is hoekom ek juis hier is, ons dink nie dis 'n mens wat jou man vermoor het nie" antwoord hy terug. Willemien staan geskok. "Hoe bedoel hy nou?" Vra sy haarself. " Is dit dalk die ding wat in die nag op die huis se dak rond hardloop?" Dink sy weer by haarself. "Nou wat dan anders?" vra sy vir die Kaptein. Die Kaptein weet nie wat om te antwoord nie, maar stel haar gerus dat die saak nog nie gesluit is nie en hulle sal aanhou soek vir die moordenaar van haar man.

Die res van die aand sit Willemien voor die tv, sy kyk maar fokus nie eintlik nie. Haar gedagtes dwaal na al die goeie tye wat sy en André gehdad het. Eweskielik hoor sy weer die ding op die dak rond hardloop. "Wat kan dit wees?" vra sy haarself. Sy haal die rewolwer uit die kluis uit en stap buite toe om te kyk wat hardloop so op haar dak rond.

Toe sy buite kom sien sy iets verby har huis hardloop, iets wat lyk soos 'n wolf, maar dit kan 'n hond ook wees. Sy rig die rewolwer na bo, sodra sy sien die ding hardloop oor die dak gaan sy skiet. Die volgende oomblik hardloop die ding wat lyk soos 'n wolf oor die dak, sy skiet........................ Sy het mis geskiet en die ding hardloop bo oor die ander mense se dak ook. Die koeël tref 'n stuk plaat en kom terug en tref haar in die kop, sy val neer, morsdood.... Oom Jan kom uit sy huis uit gehardloop om te kyk wat aangaan, maar hy is te laat, toe hy by haar liggaam kom, is sy klaar yskoud...

©Timothy 2015 08H49 am



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Ja, Tim
As ons mekaar weer sien, het jy miskien die opvolg klaar?
GvT
4 jaar 11 maande 2 weke 6 dae 3 ure oud



VuurWerke

deur die Posman

n versameling liefdes gedigte wat die stormagtige verhouding tussen man en vrou uit beeld, en ander gedigte.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar