Kortverhale

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Terwyl ek staar na die sakkie en die inhoud, draai baie vrae deur my kop.
Vroumense doen partykeer snaakse dinge. Die nagte by die boormasjien is lank. In die stilte en vreedsaamheid van die Natuur met net die vlamme van die vuur waarin ons staar, gesels ek en my boormaat oor baie dinge.
Vroumense kom so af en toe op. Hy is gelukkig getroud en ek is ‘n alleenloper. Hy praat oor sy vrou en van haar gewoontes, soms vreemde gewoontes.
Die papegaai wat oorlede is. In ‘n boek sal sy een mooi veertjie vasplak en bêre.
Baba skoentjies, sekere kleding stukkies, een van die lokkies van die seuntjie wanneer hy sy eerste seuns snit van die hare kry, alles word mooi gebêre as herinnering.
Vrouens is sentimenteel.
Ek staan en wonder of Amanda dan nou sentimenteel is en van die weggooi liefdes vloeistof uit my liggaam, wil staan en bêre?

Ek het haar nie hoor inkom nie en haar stem laat my effens skrik. Ek plaas die sakkie terug in die vries kassie, maak dit vinnig toe en kyk om na haar waar sy stil agter my staan en kyk:
“Willem, snuffel jy rond?”
Ek is nie humeurig nie, kyk haar in die oë en op en af. Ek sien haar met ‘n ander oog en sien ‘n dekselse mooi vrou.
“Amanda, vir wat bêre jy die goed? Is jy kens of verlief?”
Sy vat my aan my arm, kyk my naakte lyf op en af:
“Jy moes al klaar gewees het. Toe, loop stort en trek aan. Ons gaan boot ry. Die maanlig en see wag vir ons. Ons sal praat op die boot.”

Sy het geduldig gewag terwyl ek klaarmaak en saam, stap ons na die vasmeerplek.
Ek verstom my aan die groot, luukse jag. Ons stap met die loopplank aan boort en ’n man kom ons te gemoed:
“Willem, dit is Johan, hy is ons stuurman.”
In die helder ligte van die boot sien ek sy gesig. Ek sien dit is dieselfde man wat ek in Harrismith by die badkamers in die gang gesien het.
Terwyl ek sy hand skud, besef ek dat die Johan ’n soort van ’n lyfwag vir Amanda is, of, en dit wil ek nie graag aanvaar nie, ‘n bykomende oppasser vir my is.
Ek wys nie my vertwyfeling nie en volg Amanda na die bo dek met die leun stoele.

Die kragtige enjins van die boot skakel aan en ons vaar reguit, diepsee in. Amanda stap na ’n toonbank en maak ’n koelkas se deur oop en bring ‘n groot bord met eetgoed uit. Sy sit dit op die toonbank en skink twee glase vrugtesap.
Sy neem plaas oorkant my agter die toonbank en kyk my reguit aan.
“Is dit nie wonderlik vreedsaam nie?”
“Dit is, Amanda. Dit is egter nie die werklikheid nie. Môre, oormôre moet ons die werklikheid van die lewe daar buite ingaan. Dit, meisiekind, is heel anders.”
“Willem, indien ek jou vertel dat dit, die wêreld daar buite kan verander, sal dit vir jou aangenaam wees?”
“Jy praat van ’n feetjie sprokie, van ’n onwerklikheid, Amanda.”

“Terwyl ons peusel en sip aan die koeldrank begin sy praat. Met ’n opgewonde entoesiasme skilder sy die hele Aardbol situasie. Lande se politieke probleme. Mense se sosiale probleme, Die vernietiging van die natuur en waterbesoedeling en alles omdat die Aarde te swaar dra aan te veel mense.
Ek luister in stilte dink net wat ek as ’n nietige wese aan die situasie wat haar kwel, kan doen.

Sy hou op praat toe die boot tot stilstand kom en ek hoor die ketting se geraas; Die ketting wat die anker laat sak.
Johan kom verby en nooi ons saam. Ons volg hom die trappe af na die laagste dek. Die water is naby en ek kan met my hand oor die reëling die louwarm seewater voel.
Sy kom staan langs my en Johan kom met ’n emmertjie aan:
“Willem, hou dop.”
In die helder maanskyn en met die lig van die sterk ligte van bo af, sien ek sy gooi sardyne en mossels in die see. Enkele sekondes later wemel dit van al wat vis is. Hulle gryp gretig na die kos, kom tot teen die boot en sy en Johan vat aan die visse en streel.
Vir my is dit ’n ongelooflike toneel. Ek neem deel aan die speletjie en die dolfyne, met hulle ewige Mona Lisa glimlag, neem versigtig die sardyne uit my hande.

Ek knip my oë toe ek sien Johan duik poedelnakend die see en tussen die visse in. Amanda huiwer nie, trek haar klere uit en duik saam. Vanuit die water roep sy:
“Kom Willem, kom ervaar wat die die lewe werklik is!”
Die toneel, die atmosfeer, die hele situasie gryp my so aan dat ek sonder enige gewetens wroeging, uittrek en ook inspring. Ek sien die groot rugvin van die haai.
“Amanda, die haaie!”
“Kalm wees, Willem. Hulle is ons goedgesind, moenie bekommerd wees nie.”
Tyd staan stil. Die ervaring is net te groot vir my. Duisende vrae sonder antwoorde duisel deur my kop. Die see paradys en my deelname daarin is net té groots om werklik te wees.
Die verstommendste is om die twee te sien swem en onder die water verdwyn en na ‘n onrusbarende lang periode, weer te voorskyn te kom. Dit is vir my, menslik net nie moontlik nie.

Johan klim uit en hang handdoeke oor die reëling. Terwyl ons afdroog en aantrek, merk ek dat dit vir Johan en Amanda ‘n dood natuurlike ding is, dat naaktheid nie snaaks is nie.
Ek is anders. my oë vreet haar liggaam op. Emosie en opwinding deurtrek my wese. My aanskou van haar soepel liggaam bring ’n tinteling en warm gloede deur my are.
Ons twee het op die leun stoele gaan plaasneem en Johan het stadig en rustig die see ingevaar totdat ek nie meer die kuslyn kon sien nie.
Amanda se stoel is styf teen myne. Sy het my hand op haar maag vasgedruk en niks gepraat nie. Ek weet dat sy my kans gee om die ervaring heeltemal te absorbeer.
Ek kon nie anders nie.
“Amanda, wanneer gaan jy die lig aansteek. Die lig wat die duisternis waarin ek verkeer sal opklaar?”
“Môre oggend, Willem, dan begin ek met les een.”
Ek is rustig. Ek sal wag. Die begeerte in my, die begeerte na dit wat ek onder my hand voel, is groter as die rede. My hongerte na die nuwe ontdekking, die nuwe avontuur na jare se uithonger, is nog baie vêr van versadig af.
Ek gee nie om nie. Indien sy saad wil bymekaarmaak, sal ek voorsien. Ek het baie om weg te gee; Met groot genot, gewilliglik weg te gee.

Johan het vasgemeer, afgeskakel en ons gegroet. Hand aan hand is ek en Amanda terug huis toe.
Ek het nooit geleer nie. Innige soene soos wat my boormaat entoesiasties beskryf het, ken ek nie. Amanda is ook nie juis ‘n soen mens nie. Ons het nie die tong ding gedoen nie. Net die wange, lippe liggies en oral.
Amanda is vrou soos in die volheid daarvan. Na elke sessie het sy verdwyn en met ‘n glas van die onbekende, maar heerlike vrugtesap teruggekom, my afgekoel en later toegelaat en meegegee aan my opvreet van haar vrou wees.

Ons ontwaak toe is dit al laat oggend. Die ontbyt is heerlik en ek volg haar na die laboratorium.
Dit is meer ’n kwekery en sy verduidelik:
“Ons kweek hier groente, spesiale vinnig groeiende gewasse sodat ontbossing en versteuring van die natuur uitgeskakel word.”
“Mense het protein ook nodig, Amanda.”
“Vis is ideaal. Net vis, kom ek gaan wys jou.”
Sy het vir my die damme gaan wys.
“Tot visse eet vis. Ons droog, maal en korrel vis en daarmee teel ons genoeg in ’n beperkte spasie.”
Ek word al hoe meer bewus van ’n anderste soort van lewe en stem met haar saam dat dit ’n haalbare oplossing is. Ek stem saam, juis deurdat my lewe in die veld, baie vêr verwyderd is van luukshede, resepte en lewe om te eet inplaas van eet om te lewe.
“Willem, jy kyk maar soos alle mense, sien julle nie. Kom ons gaan ry dan wys ek jou.”
Ons ry. Ons ry elke dag. Saam sien en beleef ons die vernietiging van die natuur. Oral waar mense uitkap, plat maak krotte en massiewe wonings oprig. Waar eens pragtige valleie met waterstrome en heuwels was, is nou dorpe, woongebiede en verstikkende besoedelde lug.
Ons vaar met die boot die kuslyn op en aanskou die kamtige vooruitgaan, fabrieke met rook skoorstene en uitlaat gasse. Duisend motors wat die lug besoedel en mense wat uitskei en dit in die pragtige see pomp.
Met haar uitwys en attent maak, verbly dit my dat ek in my daaglikse lewe baie vêr verwyderd is van die gemors.

Die dae het verbygevlieg. Ek verloor begrip van tyd. Ons sit op die stoep na weer ’n dag op die boot en speel met die visse en swem. Dit is donkermaan en die nag stilte is tasbaar. Die branders wat breek teen die rotse, is musiek in my ore. Ek dink aan alles wat die vrou onder my aandag gebring het.
Asof sy my gedagtes lees, begin sy praat:
“Willem dit is tyd dat ek jou vertel. Jy en ander is betrek in ‘n projek. Sit en luister na my. As jy ’n vraag het, sal ek dit beantwoord.
Die mens het die Aarde se se hele samestelling verander. As gevolg van aanwas, dra die Aarde te swaar. Die oorgrote meerderheid van die bewoners is nuttelose vernietigers. Diegene wat nie vernietig nie, is nuttelose niksdoeners.
Seks is ‘n wonderlike genieting maar sonder dissipline en orde, teel die mens op hierdie manier onverpoosd.
In die natuur heers dissipline en orde. Jy sien die eier doppie op die grond, maar die hoeveelheid voëltjies word nie meer nie. Dieselfde met die skoenlapper, die by en gogga. Die natuur beheer getalle.
Vat nou eers ’n slukkie van jou koeldrank en haal diep asem.”
Ek hoor wat sy sê. Ek verstaan alles, Dit is dalk die rede waarom ek nie wil trou nie. Onbewustelik wil ek nie bydra tot die probleem nie.
“Willem, jou ervaring by die toring is waar.”
Sy talm asof sy haar woorde wil laat insink.
“Die ruimteskip is waar. Die ruimteskip is van ‘n ander planeet soortgelyk aan die Aarde. Die betrokke een is net in jou taal ’n taxi, ’n vrag tuig met staanplek hoog bokant die Aarde bokant ‘n plek wat julle die Bermuda driehoek noem. Dit is seine wat hy uitstuur wat verhoed dat nuuskieriges dit optel.
Die goggas, soos jy hulle noem, is wesens wat geskep is. Hulle is alreeds oral op die Aarde gevestig. Hulle doel is om die nuttelose mense te kom verwyder.
Sleutel persone is al oral vervang. Die weermagte en topbestuur in meeste lande is besig om vervang te word.”
Sy bly stil toe sy my gedagtes lees.
“Amanda, jy is nou te vinnig vir my. Jy moet nou eers verduidelik.”
“Willem, Aardse mense word gedryf deur ‘n faktor wat julle emosie noem. Die ruimteskip het weer ‘n vrag vroue gebring. Die vroue is ietwat anders wat betref hulle liggaam fisiologie. Hulle produseer talle eiertjies en nie net een per maand soos Aardse vroue nie. Die eiertjies word onttrek en met Aardse mans sperm bevrug, in ’n laboratorium ontwikkel en in spesiale plekke grootgemaak. Hulle gaan na spesiale skole toe wat te duur is vir Aardse kinders. Hier in Suid-Afrika word tans een duisend per jaar geproduseer.
Alle seun kinders is steriel maar nie impotent nie. Daar sal altyd Aardse mans nodig wees. Ook net spesiale uitgesoekte mans. Gesonde, gebalanseerde mans. Jy is een. Daarom oes ek jou sperm.”

Die skok woorde tref my soos ’n doodskoot.
“Amanda, wil jy my vertel jy is een van die wesens?”
“Nee, Willem, ek kom wel uit so ‘n laboratorium uit. Daarom het jy agtergekom dat ek fisiologies anders is. Die projek is al vir veertig jaar aan die gang.”
“Amanda, wat nou? Wat van my lewe? Wat van jou?”
“Daar waar jou boortoring staan, word tans ‘n skool opgerig. Ek en jy gaan terug. Jy gaan ’n tegniese onderwyser word en ek gaan ook onderwys gee. Ons teiken datum is oor sowat twintig jaar. Dan is alles in plek en is genoeg goggas in plek. Jy hoef nie bekommerd te wees nie. Hulle is geprogrammeer en is na hulle taak self vernietigend. Hulle gaan mekaar opvreet.”

Dit is vandag tien jaar later. Ek sit voor die rekenaar en vertel die storie. My klas is besig met prakties in die werkswinkel en Amanda sit en merk vraestelle.
Ek besef dat jy die leser, sit met talle vrae. Ek weet ook dat ek vir ander moontlik hoop gee. Woes is te klein om alles te verduidelik.
Ek het nie een dag ouer geword nie. Die geheim lê in die vrugtesap wat hulle produseer en wat Amanda so mildelik vir my voer.
Amanda hou die geheim van die resep vir haarself.
Jammer ek kan jou nie help nie.




Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Projek.
Agge nee man, jy is useless! Ek wil van daai vrugtesap he. As jy die resep uit daai vrou kan ryg, maak ek jou 'n deal. Hier tussen die ryk Arabs, kan ek en jy ook stink ryk raak en ook nog jonk bly. Is jy in?
O ja, dis net 'n storie. Ek lees lekker! My verbeelding hol weg, met jou aanmoediging!
8 jaar 6 maande 1 week 1 dag 15 ure oud


O
Hmmmmm ja nee herkou sal ek herkou ..... waaraan weet ek nie mooi nie ,,, maar daai vrugtesap klink goed :-)
8 jaar 6 maande 1 week 1 dag 15 ure oud


Projekte
Bliksem ek soek ook van daai 'orange juice', jy kan dit nie alleen drink nie! Willem ek dink hierdie verhaal is jou beste nog!Sulke storie...of is dit stories is nogal 'mind blowing'.
Groete
8 jaar 6 maande 1 week 2 dae 8 ure oud


Lekker storie
Dankie - ek vrek mos oor 'n lekker storie.
8 jaar 6 maande 1 week 2 dae 13 ure oud


Ongelooflik!
'n Goeie wetenskaplike verhaal...Willie...baie mense glo en floreer op sulke uiterstes...maar, sjoe...ek het dit heel interessant gevind!
8 jaar 6 maande 1 week 2 dae 15 ure oud



KIEKIES

deur Kiekies

'n Potpourri van aardse en menslike insidente, wat wissel van skreeusnaakse humor tot hartroerende tragedie.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar