Kortverhale

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Langs my, terwyl die helikopter deur die lug swiep, kyk Amanda deur die vensters aan haar kant.
Ek is stil. My oë volg net die landskap soos ons oor vlieg.
Ek het nie daadwerklike rede om ongemaklik te voel nie. Ek weet nie wat sy bedoel het met haar antwoord nie:
“Ons het jou nodig vir ’n projek.”

Sy verbreek die stilte:
“Willem, dit is ’n mooi land, stem jy saam?”
Ek werk – het gewerk, in die veld. My lewe het bestaan uit die boor van diep eksplorasie gate vir die myngroep. My tuiste was die veld en die Natuur.
Weg van mense en hulle komplikasies, weg van politiek en menslike konkel, slegs die veld en Natuurlewe om my geselskap te voer. In totale vryheid kon ek met myself saamleef.
“Luister jy Willem?”
“Ja, Amanda, hier waar die mens nog nie kom mors het nie, is dit mooi. Dit sal egter nie lank só bly nie. Ek het nog nie enige rif raakgeboor nie, maar daar sal wel wees, anders het hulle my nie daar laat boor nie. Kry ek die rif, beloof ek jou, sal dit nie lank wees nie, dan is hier ’n miernes van bedrywighede.”

“Willem, vat my woord, hier sal bedrywighede wees, maar nie dieselfde as waaraan jy dink nie.”
Ek voel nie lus vir argumenteer nie, en praat nie verder nie. Ek kyk op en sien Pretoria in die verte.
“Amanda, wat is nou verder op die program ?”
“Willem, die motor sal gereed staan. Ons vertrek sodra ons land. Net ek en jy. Ek het nie ’n probleem met jou nie en jy moet maar tevrede wees met my geselskap. Ek kan daaraan nie verander nie.”

Ons daal af na die militêre basis hier voor ons. Die landingsplek is naby die kantoorgebou en ek sien ’n lid van die grond personeel kom maak die deur oop.
“Willem, stap saam met de Klerk, hy sal jou na die badkamers neem. Ek kry jou by die motor.”
Twee dinge val my op. Amanda is anders, minder formeel en meer ontspanne. Ook die informele manier van kommunikeer tussen range.

Ek steek my hand uit na de Klerk:
“Willem, noem my net Willem.”
Hy vat my hand en ek voel die besondere stewige druk
“Kom Willem, gaan maak jou gemaklik, Amanda stop nie graag langs die pad nie.”
“Praat jy uit ondervinding?”
“Beslis, sy ry reguit van punt A na punt B, ek weet.”

Hy het geduldig gewag en ek stap saam met hom na die wagtende motor. Amanda kom van iewers te voorskyn, klim in en ek klim langs haar in.
Ek sien op die agter sitplek twee reis tasse staan.
“Sit op jou donker bril Willem.”
Ek sien ’n effense glimlag op haar gesig.
Sy is behendig agter die stuur en ek kyk spesiaal uit vir fotograwe toe ons deur die hekke gaan.
”Dit lyk my die fotograwe is al weg.”
“Moenie glo nie, Willem, hier is nog drie. Ons weet waar hulle skuil. Hulle het spesiale lang lens kameras, kameras wat alles raaksien.”

Amanda bestuur behendig en ek merk dat ons nie grootpad se rigting ry nie. Sy ry reguit middestad toe. Ek praat nie. Ek voel aan dat ek nie nou moet vrae vra of opmerkings maak nie,
Ek ken die middestad nie juis nie maar aan my natuurlike sin vir rigting, en kyk na die son, kom ek agter sy ry net draaie.
Meteens, sonder om ’n flikker aan te sit, draai sy regs by ’n groot gebou se ondergrondse parkering in.
Asof sy verwag is, gaan die valhek oop en sy ry deur sonder om spoed te verminder.
Ons ry af na die tweede vlak en sy ry na ’n hoek parkeer area, hou in die hoek stil en draai na my toe.
“Willem, verskoon die onduidelikheid, maar glo my dit is nodig dat ons jou uit die publieke oog hier hou.”
Ek trek my skouers ongeërgd op asof dit nie saak maak nie en bly stil.

“Nou vriend, dit is jou tas daar agter jou. Jammer vir die ongerief, maar ons twee moet net hier verklee. Sit jou uniform op die vloer by die agter sitplek, en kyk in jou tas, daar is klere, trek dit aan.”


Sonder om te skroom, klim sy uit maak die agterste deur oop, maak haar tas oop en begin haar uniform uit trek.
Ek is aan die oorkant van die motor teen die muur en kyk oor die dak van die motor.
Sy kyk op terwyl sy haar bra afhaal.
“Kom Willem, ons het nie tyd nie, maak klaar.”
Ek maak die deur oop, bo in die tas sien ek broeke eenkant en hemde die anderkant. Ek krap en sien onderbroeke en sakdoeke in die agterste vakkie. Ek haal uit wat ek nodig het en tree terug om uit te trek.
Ek kyk nie na haar kant toe nie en beteuel myself met inspanning. Ek dink net hoe dit gaan wees om met hierdie skaamtelose vrou saam te gaan leef, ʼn hele maand saam met haar op vakansie gaan?

Sy gaan ongestoord voort asof ek nie bestaan nie. Ek doen maar ewe ook my ding. Sy is voor my klaar, en ek sien sy maak haar tas toe en pak haar uniform en onderklere op die vloer tussen die sitplekke, haal haar tas uit en maak die deur toe.
“Is jy klaar Willem?”

“Wag Amanda, ek is nou klaar.”
Sy kom om na my kant toe, vat my uniform bymekaar en pak dit ook op die vloer tussen die sitplekke. Ek maak klaar, maak my tas toe en haal dit ook uit die motor.
“Moet ek sluit Amanda?”
“Nee, dit is veilig hier. Ons gaan met ʼn ander motor verder, kom en bring jou tas.”

Ek volg haar, loop effe agter en merk vir die eerste keer op na haar slanke lyf.
Sy het ’n styfpassende Denim lang broek en haar bloes is by die broek ingesteek.
Sy stap en stop by ’n silwer sport motor kar en maak dit oop. Ek sien sy druk ’n knoppie en die bak van die motor spring oop.
“Sit in jou tas, laat ons weg wees.”
Sy sit haar tas ook agter in en klim agter die stuur. Ek sit langs haar en bekyk die binnekant van die spog motor.
Sy trek weg en ry na die uitgang op die grondvloer. Die valhek gaan vanself oop, sy ry uit en kies haar koers.

Ek is van nature nie geselserig nie. In stilte ry ek net saam. Ons bereik die groot pad en ek sien sy draai Oos.
By die tolhek, betaal sy en ons ry verder.
“Amanda, nou moet jy praat. Het jy iets om my te vertel?”
“Willem, dit is belangrik dat jy ontspan, wanneer laas was jy by die see?”
“Baie jare gelede. Ek vat nooit vakansie nie, ek is maar redelik mens sku.”
“Wel mens, ek sal probeer om jou te laat ontspan om jou kop skoon te kry. Kyk in die bêrekassie daar by jou, daar is koeldrank.”
Ek haal die twee botteltjies uit, sien nie strooitjies nie, maak vir haar een oop en gee dit aan.
Na ʼn lang stilte, kan ek die ingehoue spanning nie meer vat nie.

“Amanda, wie se motor is dit die? Wat is jou storie? Ek sien nie ringe aan jou vingers nie. Watse vakansie besigheid is die? Ek weet niks van jou nie, jy trek sommer voor my jou klere uit en nou gaan net ek jy met ʼn soort van ʼn vakansie. Ek verstaan nie.”
Vir die eerste keer lag sy hardop.
“Willem, jy en die meisie wat het of sal ek sê, gehad het, was die verhouding vas? was die verhouding intiem?”
“Nee, ek het haar net ontmoet, ons het bevriend geraak en dit is dit. Ek is maar versigtig en wil nie in ʼn vaste verhouding soos trou en huis opsit betrokke raak nie.”

Sy haal uit die vakkie van haar deur ʼn plastiek sakkie, sit die leë botteltjie daarin en gee dit vir my.
“Willem, jy praat in my kraal. My werk is my alles, in teen deel, ek het ʼn taak om te verrig en nou gaan ons eers ontspan.”

Daarna kom haar tong los. Erg polities, opper sy haar besware oor Aard besoedeling, te veel mense, samelewing ontstuimighede, wêreld Politiek en probleme, alles wat vir my ook ʼn probleem is.
Dit het die gesprek laat vlot en ek het met haar denke en sienswyse saamgestem.
Ek het net nie ʼn oplossing vir die probleem nie en het my bekommernis oor ʼn oplossing vir die probleem, uitgespreek.

Gerusstellend vat sy my aan die arm.
“Willem, daar is ʼn oplossing. Ek en jy het baie tyd om daaroor te debatteer en dit is vir my ʼn groot verligting om te weet ek het reg gekies om jou saam met my te vat. Ek weet nou ons gaan geesgenote en groot vriende word.”
Haar woorde het ʼn soort van vrede in my gebring en ek sien haar nou in ʼn beter lig, ten spyte van die geforseerde gevangeskap soos ek dit nog steeds ervaar.

Op Harrismith geniet ons ʼn ligte middagete. Sy is ʼn vegetariër en verkies net slaaie en vis. Aan tafel bekyk ek haar beter en is tevrede dat sy glad nie ʼn onaangename metgesel is nie.
Na ete is ons badkamers toe. Toe ek uitkom, staan daar ʼn man in die gang.
Ek huiwer ʼn oomblik toe hy vir my bekend lyk, groet hom net en stap terug na waar sy alreeds wag.

Die rit verder was baie meer ontspannend en ons het oor alle onbenullighede gesels. Ek sien sy draai af op die Suidkus roete en vra:
“Waar het jy bespreek Amanda?”
“Willem, die Weermag het sy eie private oord hier langs die Suidkus, net vir offisiere, lede van die publiek word nie toe gelaat nie.”
Ons ry in stilte verder. Ek ruik die seelug en kan die see net so af en toe deur die digte bose aan die kant sien. Sy verminder spoed en draai links in ʼn half weggesteekte pad. Ek sien die hoë muur en groot staal hekke. Sy verminder net effe die spoed en die hekke skuif vanself oop. Sy ry deur en ek sien die wagte se huisie aan die kant:
“Amanda, hulle kon ons nie sien aankom nie, hoe werk die hekke?”
“Die motor is toegerus met ʼn sender. Geen persoon of voertuig sonder die sender kan hier ingaan nie. Dit is wat ek bedoel met privaat.”

Sy volg die kronkel pad en ek sien oral huise, goed versteek in die bosse. Meteens sien ek die grote oseaan voor ons. Sy ry in by ʼn huis wat op die see uitkyk. Die motorhuis se deur gaan vanself oop, sy ry in en die deur gaan agter ons toe.
“Uit en tuis Willem, welkom hier.”
Aan haar kant is ʼn oop deur. Ek kry die tasse en volg haar die huis binne. Sy gaan ʼn kamer binne en ek sien ʼn deur wat lei na die aangrensende kamer.
“Maak jou tuis. Ek is hier langs jou, ek hoop nie jy loop in jou slaap nie.”

Sy vat haar tas by my en gaan deur na haar kamer toe en ek pak my klere uit in die kaste. Ek sien die kamer het sy eie badkamer en dubbelbed is netjies opgemaak. Ek stap deur die huis en skuif die groot glasdeur op wat op die stoep uitlei. Ek adem die die vars seelug in en bewonder die die see en branders wat hier voor my uitstrek.

Ek het haar nie gehoor nie, voel net haar hand op my skouer. Haar stem is sag en verleidelik:
“Is dit vir jou ook mooi, Willem?
Sy staan stywer teen my en die sagtheid van haar liggaam, maak my effe van balans.
Voel ek ʼn toenadering? Is dit net die passie wat sy vir die Natuur het, wat sy wil oor dra?
“Amanda, is hier koffie in die plek?”
“Gaan kyk maar in die kombuis. Alles is hier. Ons eet nie hier nie, hier is wel genoeg versnaperings, ons eet in die restaurant. Dit is net hier om die draai. Jy kan vir jou koffie maak, ek drink nie tee of koffie nie, daar is koeldrank in die yskas.”
Ek draai na haar en is nuuskierig.
“Jy ken die plek, kom jy dikwels hier?”
“Nie dikwels nie. Ek was al hier so ʼn jaar of wat gelede. Gaan maak vir jou koffie ek stap saam.”

Alles is op sy plek in die netjiese kombuis. Sy gooi vir haar koeldrank in ʼn lang glas en ons stap uit op die stoep en sy nooi my na die lang stoepbank:
“Kom sit hier langs my, wanneer ons klaar gedrink het, trek ons swembroeke aan en gaan toets die water.”
Ek merk nie ander mense nie en is weer nuuskierig.
“Dit is so stil en rustig hier, waar is die ander mense?”
“Dit is nou stil, hier is wel enkelinge maar ek dink hulle is al uit op die see. Hier is ʼn groot boot vir ons gerief. Ons sal dit gaan beproef.”
“Amanda, hierdie plek kos baie geld om in stand te hou en dit net vir die gerief van die Weermag offisiere, is dit nie bietjie oordryf nie?”
“Nee, Willem, hulle doen ook navorsing hier. Ek sal jou eendag gaan wys, hier is ʼn goed ingerigte laboratorium.”

Sy staan op, neem my leë koppie en sê:
“Kom, ons moet gaan aantrek, later gaan die son ons braai.”

Ek stap kamer toe en hoor hoe sy die koppie en glas in die kombuis uitspoel. Ek druk die deur toe en verklee my. Die swembroek pas my perfek. Ek besef dat die klere spesiaal vir my uitgesoek is.
Vrae maal deur my kop terwyl ek die hand doek van die bed af neem en uitgaan stoep toe.

Die vrou loop so stil soos ʼn muis. Haar stem ruk my uit my gedagte gang:
“Ek kan sien jy leef in die veld, kyk hoe mooi bruin is jy gebrand.”

Ek kyk om. Klere is bedrieglik. Klere bedek geheime.
Sy staan met die handdoek oor haar een skouer. Sy het haar hare los gemaak en die sonbril hou dit bo op haar kop terug.
Lank en slank met ʼn kleine bikini wat haar bates sterk beklemtoon.
Ek sien die volronde borste en die broekie wat nie veel aan my verbeelding oorlaat nie.
ʼn Tinteling gaan deur my are en versteur my hormone. My hele manwese bruis van sensasie en emosie wat ek nie goed ken nie.

Sy staan doodstil en laat my oë inneem wat ek sien. Haar oë het ʼn uitdagende lig en haar half oop mond glimlag van tevredenheid.
Sy vat my aan die arm:
“Kom Willem, jy het ʼn maand om te kyk, die see wag vir ons.”




Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Moeilikheid?
Oee-la-la! Nou's ek lekker nuuskieig...
8 jaar 3 maande 2 weke 4 dae 17 ure oud


Projek
Sooo geheimsinnig...ek laaik!
8 jaar 3 maande 2 weke 4 dae 22 ure oud


:)
ek hoop soommer die tweede stuk kom vinnig uit XD
8 jaar 3 maande 2 weke 5 dae 18 ure oud


Projek
Jy het my in dieweb van hierdie storie vas gespin! Al van die 2e paragraaf af! Moet tog nie dat ek te lank wag vir die vervolg nie, asb.
8 jaar 3 maande 2 weke 6 dae 14 ure oud


*
Lank, slank en blank.
Daai maand gaan te kort wees.
8 jaar 3 maande 2 weke 6 dae 15 ure oud


D
Hou my asem op vir die volgende episode...
8 jaar 3 maande 2 weke 6 dae 18 ure oud


die projek
Dis nou werklik 'n verhaal wat my op die punt van my stoel laat sit het en net toe ek nou dink ek lees nog, toe is dit ..............niks mee nie, Nou het jy ons almal nuuskierig. Moenie te lank wag met die ander helte nie. Ek het 'n gevoel hier kom 'n kinkel in hierdie kabel. Puik en spannend ................ toe ons wag!!!
8 jaar 3 maande 2 weke 6 dae 20 ure oud


=)
jy kan die storie ne net hier laat nie! ek dink ek weet wat die maand gaan gebeur! lol
8 jaar 3 maande 2 weke 6 dae 21 ure oud


Projek
Interessant!
8 jaar 3 maande 2 weke 6 dae 21 ure oud


Welgedaan
Man, ek hou baie van die manier waarop jy 'n klomp gedetailleerde inligting oordra sonder om langdradig te wees. Baie mense kan maar kers opsteek by jou! En jy hou mens se aandag tot op die einde sodat mens nuuskierig uitsien na die vervolg.
8 jaar 3 maande 2 weke 6 dae 22 ure oud


O
Shit ou broer ..... en waarmees jy nou besig .... klink vir my maar gevaarlik ne .... een van daai dinge wat jy nie wil doen nie maar nie anders kan as om te doen nie ;-)
8 jaar 3 maande 2 weke 6 dae 22 ure oud



Katarsis

deur http://www.woes.co.za/

Katarsis, ’n versameling gedigte deur 3 skrywers, tribalmoon, Berg en Chenél Pieterse-Boyle in Afrikaans, bevat ’n uiteenlopende versameling gedigte wat ’n ryk diversiteit van temas en denke byeenbring.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar